• No results found

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.2 DIE AARD EN WESE VAN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.2.4 Opvoedingsdoel 1 Algemeen

Die opvoedingsdoel is om die kind te lei tot verantwoordelike volwassenheid. Hierdie doel staan altyd in verband met opheffing, verbetering, veredeling en heenleiding van die kind deur volwassenes na wat behoort te wees (Griessel, 1983:149). Uit 'n Refor- matoriese perspektief is die uiteindelike doel van die opvoedingswerk die religieuse terugbinding van die hart van die kind na God asook die vasbinding van die hart van die kind aan God. Uiteindelik wil die Christenopvoeder die kind wat aan horn toevertrou is na God toe lei, en wil hy die kind se hart as't ware aan God self vasbind. Met ander woorde die Christenopvoeder voed 'n kind wat deur God op sy weg gestuur is op deur horn te rig en te lei tot 'n Godgewilde toekomsbestemming (Van der Walt,

1983:54,57).

Deur instrumented te wees in die terugbinding van die hart van die kind aan God, kan die opvoeder daarin slaag om deur Gods genade in Jesus Christus, die enigste ware en uiteindelike doel met opvoeding bereik (Schoeman, 1975:44,45). Coetzee (1965:222) se samevatting van die opvoedingsdoel is dat die mens die Here moet vrees, die waarheid moet soek, die kwaad moet ontwyk, die goeie moet doen en die vrede moet najaag. In 2 Tim. 3:16-17 word na die opvoedingsdoel verwys as: die mens van God, wat volkome is, vir elke goeie werk volkome toegerus. Dit moet die doel van elke Christenopvoeder wees om die kind in die vrese van die Here op te voed. Die ideaal waarna gestreef moet word, is die stadium waar die ouers heeltemal oorbodig is en die kind die volgende mikpunte bereik het:

2.2.4.2 Sinvolle bestaan

Die doel van die mens se bestaan is gelee in taakaanvaarding en -vervulling. Die ouer maak die kind toenemend bewus van die lewe en sinvolle bestaan sodat die kind moet begryp dat hy op verantwoordelike wyse moet lewe deur op verantwoordelike wyse te reageer op die eise wat die lewe aan horn stel (Landman, 1984:12). Vanuit Skrifperspektief is die doel van die opvoeding en sinvolle bestaan die opvoedeling se vrywillige en roepingsbewuste aanvaarding en uitlewing van sy roeping om God met sy hele lewe te dien, sy koninkryk op alle terreine uit te brei en sy naaste se heil te soek en te bevorder en die kosmos te ontgin en tot voile ontsluiting te bring (Van Rooy, 1993:72).

2.2.4.3 Selfbegrip

Die doel van die opvoeder met die opvoeding van die kind is om die kind te lei tot selfkennis deur mensekennis. Deur die ouer se leiding word die kind tot die besef gebring dat hy ook onder gesag van norme staan wat hy moet gehoorsaam om as volwaardige en behoorlike mens erken te word (Landman, 1984:12). Opvoeding tot identiteitsekerheid is 'n besondere opvoedingsdoelstelling. Vir die Christen is die betekenis van selfbegrip opgesluit in die wete dat hy as mens geskape is na die beeld van God en dat hy 'n bepaalde roeping van Godverheerliking ontvang het (Monteith, 1988:170). Die opvoeder moet aan die opvoedeling voldoende geleentheid bied om met verskillende rolle te eksperimenteer, om so homself te leer ken.

2.2.4.4 Menswaardigheid

Sonder 'n doel (norm) is die lewe sinloos en waardeloos. Die normatiewe is van wesenlike belang wanneer die opvoedingsdoel nagestreef word (Pistorius, 1971:26). Die kind moet gelei word tot die besef van die waardigheid van sy eie menswees. Die doel van die opvoeding is om die onvolwassene bewus te maak van sy waardigheid as mens en om agting vir die menswaardigheid van ander mense te he (Kilian, 1974:232). Sonder kennis van homself as mens, kan die opvoedeling nie die eie en ander se menswaardigheid respekteer nie (kyk 2.2.4.3). Die afleiding kan dus gemaak word dat identiteitsekerheid en respek vir menswaardigheid hand aan hand gaan (Van Rooy, 1993:82). Die mens wat sy menswaardigheid respekteer, leef volgens die lewensreel soos dit deur God vasgestel is, en in die lig van sy genade (Van der Walt & Dekker, 1978:66,67).

2.2.4.5 Sedelik selfstandige besluite en handelinge

Die doel van opvoeding is ook dat die kind as uiteindelike volwassene verantwoordelike keuses sal maak en getrou die keuse gestand sal doen (Landman, 1984:13).

Dit is ook 'n kenmerk van volwassenheid as die mens op verantwoordelike wyse kan kies, vasstaan in sy beslissings en uitvoering kan gee aan sy keuses (Griessel, 1983:159). Die doel kan slegs bereik word deur die opvoeders se steun aan die onvolwassene sodat die besef van verantwoordelikheid aan die kind oorgedra word aangesien die kind nie met hierdie kennis gebore is nie (Landman, 1984:13). Sedelike volwassenheid is een

van die belangrikste verwyderde doelstellinge van opvoeding en vra 'n religieus begronde kennis waarvolgens goed en kwaad beoordeel word en alle gedrag gerig word (Scott, 1988:146). Die spesifieke religie wat beslag le op die mens se hart dien as bron vir sy beginsels, norme en waardes.

Die kind moet gebring word tot 'n beginselbegronde waardesisteem wat sy denke en gedrag rig. Vir die Christen is dit 'n waardesisteem wat gegrond is op die Christelike religieuse grondmotief. Die vorming van so 'n waardesisteem word baie sterk bei'nvloed deur gesins- en sosiale faktore. Waar die hedendaagse sosiale milieu geweldig heterogeen is wat betref die groot verskeidenheid waardes (goed en sleg) wat gehandhaaf word, is dit vir die kind dikwels moeilik om 'n positiewe waardesisteem te ontwikkel (Scott, 1988:155).

'n Eie waardesisteem is egter 'n noodsaaklike komponent van die kind se selfstandig- wording, identiteitsverwerwing en selfaanvaarding (Du Plooy & Kilian, 1980:100). 2.2.4.6 Normidentifikasie

Die kind moet reeds van jongs af gehelp word om tussen reg en verkeerd 'n keuse te maak (Du Plooy & Kilian, 1980:101). Om die kind in die vorming van 'n eie waardesisteem te help, behoort die klem vir elke verbondsouer op die deurlopende opvoeding in Christelike morele beginsels te val - toegepas op alledaagse ervarings (Marais, 1989:33). Aanvanklik word hulp verleen met die keuse tussen reg en verkeerd, en geleidelik ontwikkel die kind die vermoe om self sedelike waarde-oordele te maak volgens waar- demaatstawwe (Fourie, 1975:74).

Die voorleef van norme deur die opvoeder dien as voorbeeld vir die nievolwassene op sy weg na volwassenheid. Dit is die volwassene se besondere taak om 'n genormeerde lewe by die kind te laat posvat sodat die besef dat selfs die volwassene onder die gesag van die norm moet buig by die kind tuisgebring word (Du Plooy, 1983:140).

Die kind moet homself met hierdie norme identifiseer om as volwaardige volwassene beskou te kan word.

2.2.4.7 Gevolgtrekking

Met verwysing na opvoedingsinvloede waaraan die kind blootgestel word, kan uit die voorafgaande afgelei word dat die kind deel in die opvoedingsinvloede deur daarop te

reageer. Die kind is as Godgeskape wese iemand wat antwoord op die opvoeding. Hy kan positief of negatief reageer op die invloed wat uitgeoefen word (Landman, 1984:16). In bree terme is die doelstelling van opvoeding om die kind te help om alles wat hy aanvanklik met die hiilp en leiding van volwassenes gedoen het, uiteindelik selfstandig en verantwoordelik te doen (Landman, 1983:21).

Hierdie opvoedingsdoel is bereik wanneer die jong volwassene in staat is om op al die terreine van die lewe, onafhanklik en selfverantwoordelik te kan handel. Vir die Christen is hierdie handeling alleen sinvol as dit in gehoorsaamheid onderwerp is aan die lewens- beginsels soos uiteengesit in die Woord van God.

2.3 DIE VERBAND TUSSEN LEWENSOPVATTING EN OPVOEDING