• No results found

2 TEORETIESE VERANTWOORDING: DIE PRINSIPIELE AARD VAN DIE

2.4 ENKELE SAMELEWINGSVERBANDE EN HUL PLEK IN DIE OPVOEDING 1 Inleiding

2.4.2 Die ouerhuis

2.4.2.1 Die struktuur van die ouerhuis 1 Inleiding

'n Duidelike onderskeid is te bespeur tussen die huwelik en gesin as samelewingsverbande. Wanneer twee mense van verskillende geslagte, naamlik manlik en vroulik met mekaar in die eg verbind word, ontstaan daar 'n huwelik in die tradisionele sin. Indien daar uit die biotiese vereniging of deur aanneming van die huweliksgenote 'n kind bykom, kom 'n gesin tot stand, 'n Volledige tradisionele huisgesin bestaan uit 'n vader, moeder en kinders (Van Schalkwyk, 1981:90).

Die struktuur van die huisgesin bestaan uit twee dele, naamlik 'n volwasse deel wat as ouers verantwoordelikheid aanvaar vir 'n onvolwasse deel wat as kinders afhanklik van hulle ouers is (Van Loggerenberg et al., 1976:98).

Vir die Christen is die huisgesin in die oorspronklike skeppingsordinansie van God gewortel (Erasmus, 1942:9). God wil die menslike geslag binne die gesinsverband uitbou. Die Christen is volgens Postma (1987:98) geroepe om die gesin wat uit een man, een vrou en kind(-ers) bestaan in stand te hou en tot eer van God te respekteer. Die gesinsamestelling het 'n bepaalde invloed op die kind se opvoeding, maar dit hang nou saam met die aantal kinders in die gesin, die gesin se sosio-ekonomiese status, die geslag van die betrokke kind en die ouderdomsverskille van die kinders. Die aantal kinders in 'n gesin en die ordinale posisie van 'n kind in die gesin het bepaalde implikasies vir sy/haar sosiale en persoonlikheidsontwikkeling (Louw et al, 1984:319). Volgens Lasko (1954:97-137) is die oudste kind die enigste kind in die gesin wat vir 'n bepaalde tyd ten voile albei ouers se aandag gehad het. Daar is ook gevind dat die

oudste kinders dikwels baie suksesvol is en konserwatief ingestel is, maar terselfdertyd in 'n mate angstig is en neig om ander mense se geselskap en hul goedkeuring op te soek.

Die middelste kind word dikwels die moeilike kind genoem. Alexander, Roodin en Gorman (1980:293) skryf dit daaraan toe dat die middelste kind emosioneel verwerp voel, omdat hy/sy nooit 'n eksklusiewe verhouding met sy/haar ouers kon he nie. Daar is ook gevind dat die middelste kinders veral in die puberteitsjare dikwels hegter bande met die portuurgroep as met hulle ouers vorm.

Die jongste kind word volgens Louw et at (1984:319) vir baie jare as baba van die gesin behandel. Omdat hierdie kinders van kleins af baie aandag van hul ouers, broers en susters ontvang, kan die gevaar ontstaan dat die aandag so bevredigend vir die kind is dat daar nie motivering bestaan om die besondere geleenthede van die puberteit te gebruik om tot selfstandigheid te ontwikkel nie.

Die voorafgaande was 'n aanduiding van die tradisionele visie ten opsigte van die gesin. Die toename in enkelouergesinne het ongekende afmetings aangeneem. Grotendeels is hierdie enkelouergesinne te wyte aan egskeidings. Soos blyk uit die ondersoeke deur die RGN het die egskeidingsyfer in die RSA sedert 1915 tot 1985 van 0,6% tot 14,8% toegeneem (Pieterse, 1989:8). Soos egskeidings toeneem, het die voorkoms van alleen- loperouers ook toegeneem.

Die ouerhuis as samel ewingsverband vertoon ook die vier struktuurmomente van die werklikheid, naamlik die religieuse, temporele, modale en individuele struktuurmomente. 2.4.2.1.2 Die religieuse struktuurmoment van die werklikheid en die gesin

Die huwelik vorm 'n deel van die werklikheid wat deur God geskape is (Postma, 1985:10). Dit was God self wat in sy skeppingsplan die eerste huwelikspaar daargestel het met die opdrag om te vermeerder (Genesis 1:28 & Genesis 2:18).

Omdat die huwelik deur God self ingestel is en omdat mense vandag nog trou, is die fUnderingsfunksie van die huwelik die kultuurvormende of historiese modaliteit. In liefde trou die man en vrou met mekaar en daarom is die bestemming of kwalifiseringsfunksie van die huwelik die etiese modaliteit (Postma, 1985:10).

In gehoorsaamheid aan die opdrag van God dat die mens moet vermeerder, word 'n kind in 'n besondere huisgesin die eerste deel van 'n opvoedingsgemeenskap, 'n God- gegewe opvoedingstruktuur - gebore vir ouers aan wie God die primere opvoedingstaak opdra (Kruger, 1983:31).

Die gesin kan gestalte neem in diens van God (anastaties) of in diens van 'n afgod (apostaties) (Postma, 1987:85). Hierdie vergestalting bepaal ook hoe die ouer sy kind opvoed.

2.4.2.1.3 Die tydse of temporele struktuurmoment van die werklikheid en die gesin

Volgens Dooyeweerd (1969:100-104) word die bestaan van alle dinge deur tyd bepaal. God wat ewig is, het tyd saam met die kosmos geskep en daarom is die ganse skepping onderworpe aan tyd. Tyd wat dinamies en voortdurend is, geld ook vir die ontstaan en ontplooiing van die gesin as 'n samelewingsverband. Die temporele faset van same­ lewingsverbande en in besonder die van die gesin, impliseer dat daar 'n begin, 'n bepaalde duur en 'n einde vir die funksionering van die gesin is (Postma, 1987:86). So is daar 'n tyd vir trou en vir kinders kry (Postma, 1987:98). Ouers moet saam met hulle kinders al die ontwikkelingsfases vanaf babadae tot uiteindelike volwassenheid met vreugde en dankbaarheid beleef (Postma, 1987:99).

2.4.2.1.4 Die modale struktuurmoment van die werklikheid en die gesin

In sy bestaan openbaar die gesin al vyftien modaliteite van die werklikheid. Die modaliteite

sluit die volgende in: pistiese, etiese, juridiese, estetiese, ekonomiese, sosiale, linguale, historiese, logiese, psigiese, biotiese, fisiese, kinetiese, ruimtelike en getalaspek. Die modaliteite het te doen met bepaalde grondtrekke (aan die wetsy) van dinge wat in die werklikheid aangetref word (ook opvoeding) (Postma, 1987:99, Van der Walt et al., 1983:91). Dit is dan ook hierdie modaliteite wat as riglyn dien by die formulering van die doelstelling van Christelike opvoeding.

Die funderingsfunksie van die gesin, anders as die van die ander samelewingsverbande (ook die huwelik) waar 'n kultuurhistoriese funksie geld, is bioties omdat die samestelling van die gesin op bloedverwantskap berus (Postma, 1987:87).

2.4.2.1.5 Die individuele struktuurmoment van die werklikheid en die gesin

Kalsbeek (1970:202) meen dat elke gesin 'n eie individualiteitstruktuur besit. So het elke gesin, net soos die ander samelewingsverbande, eie gesagsdraers en 'n gesagstruktuur. In terme van die individualiteitstruktuur van die werklikheid openbaar die huwelik en so ook die gesin as samelewingsverband 'n unieke samestelling wat horn onderskei van die ander samelewingsverbande (Postma, 1985:10).

Die gesin staan in 'n enkaptiese verhouding met ander samelewingsverbande soos die kerk en die skool. Verder vorm dit ook deel van die gemeenskap waaraan die moeder en die vader behoort en is ook deel van die staat of volk waarvan die gesinslede burgers is (Postma, 1987:55).

2.4.2.2 Die gesin gesien vanuit 'n opvoedingsperspektief