2.3 Impulsmoorde: kenmerke, determinante en regsbegronding
2.3.1 Oriëntering en definisies
Soos reeds beklemtoon, sluit geweldsmisdaad as anargistiese verskynsel onder meer roof, verkragting, moord en poging tot moord in. Voorgenoemde geweldsfenomene is kenmerkend van beide aggressie en voorafbeplanning. Stanford et al. (2003, p. 183) onderskei en definieer egter ook ’n bykomende subtipe naamlik impulsiewe aggressie as “... a hair-trigger aggressive response to
provocation with loss of behavioral control”. Monroe (1970) het dit meer as 40 jaar
beskouing van impulsmoord dit vereenselwig met reaktiwiteit, ‘n prikkelbare gemoed, fisiese opwekking en gevolglike beheerverlies.
Dobash en ander (2009, pp. 194-195) voeg hierby die begrip “out of the blue
murders”, gesneller deur provokasie en gevolglike “unthinkable act of violence beyond ... ‘normal’ character’”. Die impulsiewe daad geskied sonder
voorafbesinning (Alswang & van Rensburg, 1995; Gouws, Louw, Meyer, & Plug, 1979).
Laasgenoemde moorde is en bly ’n kategorie van geweldsmisdaad in die algemeen, maar dit is ’n komplekse verskynsel en die strewe om dit te verstaan is nog betreklik resent. Die onversoenbare verskille tussen hierdie twee tipes moord behoort eers opgeklaar te word voordat reg kan geskied aan die opvattings wat daaraan gekoppel word. Ten einde verwarring uit te skakel, kan die volgende vergelyking benut word:
2.3.2 ’n Vergelyking tussen impuls- en gepremediteerde moorde
Elemente van impulsmoorde word in hofsake soos S v Chretien 1981 (1) SA 1097 (A) en S v Domoney (90/86) [1986] ZA SCA 81 (26 Augustus 1986) en S v
Nursingh 1995 (2) SASV 383 (N) belig. Uit hierdie en ander sake, asook die
beskikbare literatuur (veral die geskrifte van Bartol (1995), Cartwright (2002), Dobash et al. (2009), Exner & Thurstone (2009) en Ludsin & Vetten (2005)), kan elemente geïdentifiseer word, maar nie noodwendig ’n vergelykende ontleding gemaak word nie. In hierdie elemente, asook verskeie hooggeregshofsake rondom impulsmoorde waarby die ondersoeker oor jare betrokke was, tree die volgende onderskeid tussen impuls- en gepremediteerde moorde na vore:
Tabel 2.1 Die onderskeid tussen impuls- en gepremediteerde moorde:
Impulsmoorde Gepremediteerde moorde
’n Oënskynlike, egalige en
voorspelbare persoonlikheidstruktuur bestaan by die oortreder
Hier is sprake van emosionele
opwekking en soms gedereguleerde “oorspoeling” deur impulse en woede by die moordenaar
Geen voorafbeplande optrede kan
geïdentifiseer word nie – gedrag is
impulsief, grens aan outomatisme en is refleksief
Impulsiewe geweld word gesneller
deur ’n eksterne gebeurtenis
’n Element van passie is dikwels
gelyklopend met die impulsmoord
Gemeenskaplike en eenvormige
beoordeling deur kollaterale bronne
bestaan ten opsigte van die
persoonlikheidsbeskrywing en
atipiese optrede van die oortreder
Die moordwapen is toevallig tot die
oortreder se beskikking en vorm deel van die oortreder se impulsiewe refleksiwiteit
’n Sistematiese psigiese opbou van
frustrasie kan oor tyd geïdentifiseer word en lei uiteindelik tot die impulsmoord. Die kumulatiewe opbou
van spanning kulmineer in ’n
impulsmoord
’n Emosionele verbintenis bestaan
tussen die oortreder en die slagoffer
Psigopatologie (soos middelafhanklikheid,
en bepaalde persoonlikheidsversteurings)
word dikwels met hierdie misdaad
vereenselwig
Hierdie misdrywe gaan nie noodwendig
gepaard met skielike opwekking,
verminderde beheer en impulsiwiteit nie
Deeglike voorafbeplanning ten opsigte van
die uitvoer van die misdaad is gewoonlik primêr
Geweldsoptrede spruit dikwels uit
gewoontehandelinge en geskied dus
sonder ’n eksterne sneller
Dit is onwaarskynlik dat ’n element van
passie teenoor die slagoffer ter sprake is
Minder eenvormigheid bestaan by
kollaterale bronne ten opsigte van die beoordeling van die persoonlikheidstipe van die oortreder
Die oortreder maak voorsiening vir die
aanval deur geskikte wapens te bekom en dit met oorleg te gebruik; dikwels met militêre presisie
Aggressie manifesteer nie noodwendig as
gevolg van provokasie nie en volg ook nie noodwendig na die opbou van innerlike spanning nie
’n Verbintenis tussen die oortreder en
Die oortreder is gewoonlik ’n individuele oortreder wat bekend is aan die slagoffer
Berou is gewoonlik teenwoordig
Sekondêre gewin is selde ter sprake
en gevolglik ook nie ’n duidelik omlynde motief nie
Seksuele stimulasie speel nie ’n rol
nie
Amnesie bestaan dikwels ten opsigte
van gebeure as gevolg van psigogene redes
’n Kortstondige beswyming/droom-
toestand/verwarring volg gewoonlik na ’n impulsmoord. Hierdie alter-
toestand met verminderde
bewustheid verklaar die amnesie
Die oortreder se verwardheid en
gebrekkige insig maak dit moeilik om die redes vir die gewelddadige optrede te verklaar
Oortreders kan hulself gewoonlik nie
assosieer met die brutale handelinge nie; vandaar die verdringing van die trauma.
Oortreders is gewoonlik psigies
geskok, kontak paramedici en
geregsdienaars en gee hulself oor
In die meeste van die gevalle word
die impulsmoord in sosiale isolasie gepleeg en word die enigste getuie vermoor
Dit is nie ’n makro-sosiaal
problematiese fenomeen nie en word dikwels onderrapporteer
Hierdie geweldsoptrede word dikwels in
groepsverband beplan en gepleeg en die slagoffer is nie altyd aan die oortreder bekend nie
Selfverwyt en berou manifesteer as ’n reël
nie
Die motief is duidelik en die doel is dikwels
finansiële, seksuele en fisieke gewin (soos tydens rooftogte, ontvoerings, kapings en verkragtings)
Seksuele opwekking kan nie uitgesluit word
nie
Die gebeure word helder in die geheuebank
vasgelê
Die oortreder is helder, tree rasioneel op en
geen dissosiatiewe simptome volg na die moord nie. Geen alter-toestand ontwikkel nie
Die oortreder bly geestesgeoriënteerd en
het insig in die redes en motief vir die handeling
Oortreders vereenselwig hul met die
misdaad, optredes, die toneel en met tye ook die gewin wat daaruit verkry is
Na die pleeg van die geweldsdaad vlug die
oortreders en gee hulself selde uit vrye wil oor.
In die geval van alledaagse
gepremediteerde geweldsmisdade bestaan daar gewoonlik ’n bron van getuies
Dit gaan gepaard met wetteloosheid en ’n
besetting van die bevolking se vryheid en geniet gewoonlik wye aandag in die media
Vanweë die impulsiewe aard van hierdie moorde is dit nie werklik
moontlik om voorkomende en
proaktiewe maatreëls en intervensies te tref nie
Hierdie moordenaars is geneë tot
samewerking in die ondersoek
’n Pleit van skuldig (met verminderde
toerekeningsvatbaarheid) word meer geredelik aangeteken
Dwingende en wesenlike straf-
versagtende omstandighede is meer geredelik teenwoordig
Die oortreder kan die verloop van
gebeure nie altyd logies verklaar nie,
maar aanvaar wel
verantwoordelikheid vir die daad (al is dit indirek en vanweë hul latere vereenselwiging met byvoorbeeld die toneel en bepaalde bewyse)
’n Impulsmoord is ’n eenmalige
misdryf wat onwaarskynlik weer in die toekoms sal herhaal. Die prognose en rehabilitasie-uitkoms is goed
’n Tradisionele beskouing word nog
gehuldig dat die slagoffer se
geëmansipeerde geslagsrolverdeling die oorsaak is vir die geweld
en die statistiese vergelykings van misdaad
Voorkomende en proaktiewe maatreëls kan
in ’n mate getref word op grond van beskikbare misdaadintelligensie en ander tendense
Moordenaars is dikwels nie bereid om met
die vervolgingsgesag saam te werk nie
Oortreders pleit dikwels onskuldig en
verwag dat hul skuld in die litigasieproses bewys moet word
Meer strafverswarende as strafversag-
tende omstandighede is gewoonlik
teenwoordig
Dit is nie vreemd vir oortreders om
verantwoordelikheid te ontken deur
esoteriese dryfkragte soos satanisme aan te voer as motiewe vir die moord nie
Hierdie is dikwels gewoontegebaseerde en
herhalende moorde. Oortreders staan dikwels tereg op meer as een klag van
moord. In die algemeen bestaan
onsekerheid oor die prognose en die residivisme-syfers is hoër
Tradisionele oortuigings en -posisies speel
selde ’n rol in die pleeg van hierdie tipe moord
Bronne: Bartol (1995); Cartwright (2002); Dobash et al. (2009); Exner & Thurstone (2009); Ludsin & Vetten (2005) en die huidige ondersoeker.