• No results found

Algemene vereistes en beginsels vir psigoforensiese evaluering

3.3 Die forensiese sielkundige

3.3.4 Die regsposisie van forensiese sielkundiges

3.3.4.4 Algemene vereistes en beginsels vir psigoforensiese evaluering

Kundiges in die psigiatriese en sielkundevelde het oor jare ’n raamwerk probeer daarstel waarvolgens forensiese verslagdoening en evaluering kan geskied (Conroy, 2006; Heilbrun & Collins, 1995; Nicholson & Norwood, 2000). Die volgende is as eenvormige vertrekpunte aanvaar, naamlik dat:

i) die verslag aanpasbaar moet wees;

ii) dat dit dus van forensiese situasie-tot-situasie verskillend mag wees; en iii) dit ook ruimte moet laat vir die individuele afbeelding.

Hierdie verslag behoort nie net die betrokke vraagstuk in die regsveld aan te spreek nie, maar moet ook aan bepaalde standaarde gemeet kan word. Onder meer word gemeld dat daar bepaalde regsvereistes bestaan, dat hierdie vereistes uitgespel word deur die statute en dat daaraan voldoen moet word. Die inhoud en strekking van die hofbevel, asook inligting wat van die regspan bekom word, behoort ook as rigtinggewers vir verslagdoening te dien. Die volgende standaarde word onderskei:

 Die Conroy standaarde: Conroy (2006) identifiseer bepaalde professionele standaarde waaraan ’n forensiese verslag behoort te voldoen, en dus ook aan watter tipe inligting in so ’n verslag weggelaat of vermy behoort te word. ’n Opsommende ontleding van haar voorstelle word in Tabel 3.3 aangebied.

Tabel 3.3 Die Conroy standaarde:

Noodsaaklike inligting Aspekte wat vermy moet word

Die rede vir verwysing Vakterme wat moeilik verstaanbaar is ’n Bespreking van die klagtes Nie-direk verbandhoudende inligting ’n Toestemmingsbrief van die

beskuldigde; dit wil sê ’n mandaat aan die sielkundige om inligting in die verslag weer te gee

Subjektiwiteit soos simpatieke taalgebruik en treurmares

’n Aanduiding van kollaterale inligtingsbronne wat benut is

Feitelik onbegronde inligting

Die evalueringsproses wat gevolg is

Kommentaar oor inligting en

vraagstukke buite die deskundige se ervarings- en kennisveld

Die forensiese afleidings en ’n slotopinie

Aspekte wat die sielkundige se mening kan weerlê

Aspekte wat nie pertinent in Conroy se raamwerk vervat word nie, maar tog noodsaaklik is, is die identifiserende besonderhede, die modus operandi wat deur die beskuldigde gevolg is en inligting met betrekking tot die dokumentasie (byvoorbeeld getuigskrifte en korrespondensie wat in die bylaes aangebied word). Ruimte word ook nie in haar model gelaat vir

verslagdoening oor berou by die oortreder, strafverswarende en -versagtende faktore nie. Klem word wel gelê op die besonderhede

betreffende kollaterale inligting: wanneer, hoe en by wie dit bekom is. Hierdie inligting mag van deurslaggewende belang wees wanneer oortreders feite verdoesel of verdraai, of wanneer vergesogte aansprake inderdaad waar mag wees.

 Heilbrun se beginsels: Volgens Heilbrun, Marczyk, DeMatteo, Zillmer, Harris en Jennings (2003) kan die volgende beginsels as raamwerk vir psigoforensiese evaluering gebruik word:

Tabel 3.4 Heilbrun se beginsels vir psigoforensiese evaluering:

Vereistes vir objektiwiteit

 die psigoforensiese evalueerder moet deurgaans bewus wees van die bepaalde regsvraag, moontlike faktore wat kan bydra tot subjektiwiteit en partydigheid en veral die feit dat bepaalde deskundiges dienste lewer op ’n gebeurlikheidsbasis (dit wil sê dat betaling vir dienste geskied na gelang van die uitkoms van die saak). As objektiwiteit moontlik in gedrang kan kom, moet die verwysing nie aanvaar word nie

 die evalueerder behoort ook deurgaans te waak teen die versoeking om die rol van terapeut te vertolk (nie tydens die voorafbestudering van dokumentasie en ook nie of later tydens die evaluering nie), maar om te hou by dié van die evalueerder

Inleidende fase:

 bepaal of die opdrag binne die deskundige se spesialiteitsveld val en klaar die potensiële bydrae van die deskundige uit met die regspan  verkry skriftelike verwysingsmagtiging en onderhandel oor die

geldestruktuur

 kies ’n bepaalde evalueringsraamwerk wat gevolg gaan word om data in te win

Insameling van inligting

gebruik veelvuldige inligtingsbronne en verkry historiese inligting

 ondersoek kliniese gedrag, simptome en regsverwante optredes op ’n geldige wyse

 verseker dat die omgewing waarin die evaluering geskied bevorderlik is vir die verkryging van betroubare resultate

 verseker dat die beskuldigde nie die evaluering as terapeutiese verhouding beskou nie, die beperkte vertroulikheid van inligting begryp en insig het in die wyse van en rede vir die evaluering

Vertolkingsfase

 identifiseer bepaalde regskonsepte, -gedrag en -bewyse en bring dit (op wetenskaplik verantwoordbare wyse) in verband met die resultate verkry  gebruik geldige en betroubare meetinstrumente

 benut kollaterale/derdepartye as inligtingsbronne om hipoteses te staaf of te weerlê

 beskryf die bevindinge en die beperkings van data en waak om nie die regsvraag onmiddellik te beantwoord nie

Formulering- en oordragingsfase

 verbind die verkreë inligting met die bronne wat geraadpleeg is  vermy tegniese en hoogdrawende taalgebruik

 formuleer die verslag op so ‘n wyse dat inligting sistematies in die hof aangebied kan word

Bron: Aangepas uit Heilbrun et al. (2003).

Bogenoemde beginsels kan met sukses in bepaalde psigoforensiese evaluerings benut word, mits die stappe nie rigied gevolg word nie, maar ruimte gelaat word vir vloeibaarheid en aanpassings namate nuwe inligting ingewin word. Die vertolkingsfases is verreweg die noodsaaklikste fase en moet die regsvraag daardeur beantwoord word. Hoewel leemtes in hierdie fase tot hewige kritiek in die hof teenoor die sielkundige kan lei, behoort dit aanvanklik (en aan die begin van getuielewering) aan die hof uitgewys word.  Sageman (2003) propageer die volgende vereistes:

Tabel 3.5 Sageman se psigoforensiese evalueringsvereistes:

Kennis van die regsaspekte:

 Begrip vir die term kriminele aanspreeklikheid  Begrip vir die term regsbevoegdheid

 Die regsvraag en die geestestoestand van die beskuldigde moet in verband gebring word

Vaardighede wat deur die regstelsel vereis word  Die inwin van volledige inligting

 ‘n Rekonstruksie moet van die verlede gedoen word  Die toekoms moet voorspel word

Praktiese vaardighede

 Die aanbied van inligting binne die raamwerk van die verwysingsbron se strategie

 Doeltreffende kommunikasie

 Die regsvraag moet met versigtigheid beantwoord word. Dit is uiteindelik die voorreg en prerogatief van die regter of ander voorsittende beampte

Bron: Sageman (2003).

Die waarde van hierdie raamwerk is geleë in die beoordeling van inligting teen die agtergrond van regsaspekte en die relevansie daarvan tot die pleit. Inligting word ingewin om hierdie aspekte te sinchroniseer met die optrede van die misdadiger en regsaanspreeklikheid. Dit vereis noodwendig ‘n herskepping van die verlede (die “geskiedenis van die misdryf”). ’n Leemte bestaan egter in die feit dat die praktifisering en die “van toepasmaking” van hierdie gebeure op die misdryf en die

modus operandi per se nie ’n onderdeel van die model vorm nie en die uitwys van

atipiese gedrag by die oortreder ook nie belig word nie.

Omrede psigometriese toetse dikwels die meeste tyd van die psigoforensiese evaluasie in beslag neem en ook heel dikwels ’n punt van dispuut in hofsake is, behoort dit volledig toegelig te word.