• No results found

4.2 Die Ontwerp en Ontwikkelingsnavorsingsparadigma

4.2.4 Navorsingsmodelle

4.2.4.8 Oorsigtelike beskouing van die modelle

Tabel 4.5 Oorsigtelike beskouing van die kernelemente in al die modelle

Tipe model Kernelemente van die model

Rothman se Social R&D  Kennisverwerwing

 Formulering van konsepte  Voortoets

 Hoofveldtoets  Hoofveldtoets 2  Produkontwikkeling

 Verspreiding en bemarking Thomas se RD & U  Analise

 Ontwerp  Evaluering  Diffusie  Aanvaarding Rothman en Thomas se O&O  Analise  Inligtinginsameling  Ontwerp  Loodstudie

 Evaluering en voorlopige ontwikkeling  Verspreiding

Bannan-Ritland  Ondersoek  Uitvoering

 Evaluering en impak  Evaluering en breër impak

Nel en Nel  Analise

 Ontwerp  Ontwikkeling  Evaluering

Fenton se PSKROM  Pre-intervensie navorsingsfase  Intervensie-ontwikkeling

 Doelgerigte navorsing  Effektiwiteitsnavorsing  Praktyknavorsing

Coughlin en Collins  Toegang en analise  Ontwerp

 Ontwikkeling

 Samewerking en evaluering

Bron: Outeur, 2011

4.2.5 ‘n Kritiese beskouing van die ontwikkelingsnavorsingsmodelle

4.2.5.1 Inleiding

Losstaande beoordeel van die omslagtigheid onderliggend aan die hele spektrum van fases, kan vier fases, naamlik navorsingsanalise, -ontwerp, -ontwikkeling en -diffusie as selfstandige vertrekpunte dien in die ondersoek van ander modelle (sonder om noodwendig wetenskaplikheid en eenvoud in te boet). Die stappe impliseer nie noodwendig ‘n bepaalde opeenvolging nie en met inbegrip van vraagstukke wat mag opduik, kan op enige tydstip terugbeweeg word na ‘n vorige fase en aanpassings gemaak word. Met bovermelde rigtingwysers en tematiese fokus, kan die volgende kritiese beoordeling gemaak word:

4.2.5.2 Rothman se model

Die inhoud van Rothman se model is sekerlik een van die uitdagende toevoegings. Dit is ‘n ryk verwysingsveld waarteen toekomstige ontwikkelingsmodelle gemeet en wat as aansporingsmeganisme gedien het. Dit tref ‘n essensiële onderskeid tussen ontwikkeling- en toepassingsnavorsing. Op ‘n dieper vlak kan kritiek egter wel daarteen gelewer word: die onkonvensionele omgang met taal en begrippe vanweë die vervlegtheid daarvan met die natuurwetenskappe kan dit moeilik maak vir die geesteswetenskaplike om geredelik te begryp. Die lang proses wat elke stap vereis, mag ook weerstand skep.

Die implementering van die stappe en fases in die model is op sigself ‘n projek; hoofsaaklik vanweë die gebrek aan simplisiteit wat die begrip van die standaard- elemente daarvan soms ook bemoeilik, veral omdat dit nie altyd volledig uiteengesit word en nie geredelik verstaanbaar is nie. Heelparty van die stappe is gerig op die meting van ‘n innovasie in byvoorbeeld die industrie, dit behels die bestuur van personeel en is moeilik en oorbodig om toe te pas op die ontwikkeling en toets van ‘n intervensie deur ‘n enkele navorser in ‘n relatief afgebakende navorsingsveld. Dit skep daarom ‘n behoefte aan ‘n meer konvensionele modelraamwerk van ‘n meer simplistiese aard.

4.2.5.3 Rothman en Thomas: Intervensie-Ontwerp en -Ontwikkeling (O&O)

Soos in die geval met die RD & U model van Thomas, word die aanvanklike analisefase en die inwin van inligting (as bykomende fase voor die ontwerpfase) in bogenoemde model beklemtoon. Ruimte word ook gelaat vir gevorderde ontwikkeling en die toepassing van die intervensie in ‘n natuurlike omgewing. In wese verskil hierdie ses-fase model nie van beide Rothman (se aanvanklike) en Thomas se latere model nie. Laasgenoemde is meer kompak en word gekenmerk deur logiese opeenvolgende stappe.

Die noodsaak vir die toevoeging van twee bykomstige fases is (as dit vergelyk word met Thomas se (RS + U) model wat van eenvoud spreek) egter nie verhewe bo kritiek nie (‘n fase wat ook in hierdie fases omsluit word, kan lei tot mistasting).

4.2.5.4 Bannan-Ritland se Geïntegreerde Leerontwerp-

ontwikkelingsmodel

Die outeur het sonder om weg te beweeg van die begrippe ontwikkeling en ontwerp, fases in wese verkort en kom sodoende veel gouer by die prototipe en die finale ontwerp uit. Sy beskou ‘n intervensie as ‘n sosiale konstruksie wat

sistematies saamgestel moet word en ook gereeld hersien moet word. Vandaar die voorgestelde uitlating en vervanging van byvoorbeeld die diffusie- en aanvaardingsfases (soos in Thomas se RD&U-model vervat is). Verkorte stappe impliseer ook dat die uitvoerbaarheid van die studie, die ondersoek na beskikbare hulpbronne, ‘n voorstudie en die bepaling van beskikbare hulpbronne, eweneens weinig aandag geniet.

Die aanwending van die praktykproduk staan ook sekondêr tot die hertoets/hersiening van die intervensie. Hierdie model is ‘n verkorte variant van Thomas se RD & U-model en kan met veel vrug aangewend word in navorsing wat deur ‘n enkele navorser onderneem word, ook in die geval van die onderhawige navorsing waar hulpbronne nie werklik benodig word nie en die intervensie reeds oor tyd in verskeie hooggeregshofsake getoets is.

4.2.5.5 Die Geïntegreerde Ontwikkelingsmodel van Nel en Nel

Hoewel die Geïntegreerde Ontwikkelingsmodel verskeie mededelers met ander ontwikkelingsmodelle deel is, kan dit in wese as veral toepaslik in ‘n ontwikkelings- opleidings-milieu en programontwikkeling beskou word. Dié outeurs verbind hulle ook nie werklik ten opsigte van bronraadpleging nie en daar bestaan ook ‘n gebrek aan die ontwikkeling van ‘n bepaalde innovasie- of evalueringstegniek. Wat die rolverdeling en –beskrywing (soos inbegrepe in die ontwerpfase) betref, word veel aandag gewy aan die toeken van verantwoordelikhede aan diegene wat betrokke is by byvoorbeeld opleiding.

Daar word ook pertinent melding gemaak van die identifisering van leerbehoeftes en onderrigstrategieë. Dit lok kortliks die volgende kritiek uit: in die geval waar sielkundige intervensies in die praktyk getoets word, word die bedrewenheid en professionaliteit van die toetsproduk en –gebruiker as ‘n gegewe aanvaar en behoort dit in die onderhawige ondersoek nie soveel prominensie te geniet as wat die outeurs voorstel nie. Die verandering wat die intervensie teweegbring, behoort

steeds die primêre fokus van navorsing te wees en die daaruit voortvloeiende opleidingsbehoeftes sekondêr tot eersgenoemde.

4.2.5.6 Die Programmatiese Sosiale Komplekse Intervensie- Ontwikkelingsmodel (PSKIOM) van Fenton

Die onderskeie stappe wat deur Fenton in sy PSKIOM-model voorgestel word, blyk uiters gepas te wees in die mediese veld, in besonder die geval van goed gekontroleerde deelnemers en te midde van die noodsaaklikheid van eksakte bepaling van die uitkomste en die versekering van interne geldigheid. Dit verwyder die toepaslikheid van die ontwerp egter grootliks van die terrrein van innovasies wat gerig moet wees op die kontemporêre werklikheid - “the real world settings“ soos Fenton (2000, p. 114) dit tereg omskryf.