• No results found

Makroekonomiese oorsake

4. Persoonlike aanspreeklikheidsinsentiewe

3.2 Die oorsake van bankkrisisse

3.2.1 Makroekonomiese oorsake

Claessens (2001:277) bespreek die direkte en indirekte oorsake van bankkrisisse. Volgens Claessens is makroekonomiese probleme een van die direkte oorsake van bankkrisisse. Die makroekonomiese probleme wat bankkrisisse negatief beïnvloed, is swak markroekonomiese beleid en makroskokke op die ekonomie, soos groot begrotingstekorte en ’n afname in BBP-groei. Dit sluit ander faktore soos ’n afname in die ruilvoet en toenames in reële rentekoerse en inflasie in. Grootskaalse depresiasie van die wisselkoers kan ook probleme vir banke veroorsaak.

Die aard van banke veroorsaak dat groot relatiewe prysveranderinge of veranderinge in vertroue, ’n groot impak op ’n bank het. Aangesien bankiers veronderstel is om die beste oor die kredietwaardigheid van hulle leners ingelig te wees, is die lenings gewoonlik

illikied en baie moeilik om in die mark te herverkoop. Dit vererger die aard van die bankkrisisse as dit plaasvind, omdat al die banke dan van hulle bates ontslae wil raak en daar dan nie kopers beskikbaar is wat die lenings wil oorneem nie.

Banke hou ook soms klein bedrae aan reserwes en kapitaal en opereer op ’n groot hefboomverhouding. Die groot hefboomverhouding verhoog die relatiewe impak van prysveranderinge op die bank. As daar grootskaalse volatiliteit in die verhouding tussen die waardes van die bank se bates en laste intree wat groter is as waarvoor die kapitaal van die bank, die voorsiening vir verliese op lenings en die reserwefondse voorsiening maak, is die bank baie blootgestel aan moontlike ineenstorting.

’n Verdere probleem met makroekonomiese krisisse is dat dit gewoonlik al die banke gelyktydig tref. Dit maak dit vir die individuele banke moeiliker om die kliënte wat op die lang termyn steeds goeie kliënte sal wees, te identifiseer (Hawkins en Turner, 1999:17). Soos wat daar in die bespreking aangetoon sal word, het die volatiliteit van makroekonomiese veranderlikes se impak op banke verhoog deur die feit dat bankiers dikwels as ’n groep optree (“hunting in herds”). Die banke tree in ’n groep op, omdat hulle bekommerd is dat hulle markaandeel sal verloor as hulle nie soos hulle mededingers groter risiko’s neem nie (Hawkins en Turner, 1999:17).

Die volatiliteit van die ontwikkelende markte is afkomstig van eksterne en binnelandse bronne. Die eksterne bronne van volatiliteit sal vervolgens bespreek word.

a. Veranderinge in die ruilvoet of wisselkoers van ’n betrokke land

Een van die bronne van probleme van banke is grootskaalse veranderinge in die ruilvoet. Die kliënte se vermoëns om lenings te betaal, neem gewoonlik af as die ruilvoet negatief beïnvloed word. Caprio en Klingebiel (1996a), aangehaal in Goldstein en Turner (1996:9), wys daarop dat 75 persent van alle lande wat bankkrisisse ondervind het ’n verswakking van ten minste 10 persent in die ruilvoet voor die krisis beleef het. Die gemiddelde daling in die ruilvoet in die studie van Caprio en Klingebiel was 17 persent.

Kaminsky en Reinhardt (1999:473) identifiseer ook die verswakking van die ruilvoet as een van die oorsake van bankkrisisse in klein industriële lande en ontluikende markte.

Volgens Hausman en Gavin (1995) soos aangehaal in Goldstein en Turner (1996:11) het die ruilvoet in die Latyns-Amerikaanse ontluikende markte gemiddeld meer as dubbeld die koers van verandering as in ontwikkelde lande getoon. Hausman en Gavin wys ook daarop dat die volatiliteit van die ruilvoet veral beduidend is in lande waarvan die uitvoere nie baie gediversifiseer is nie.

Kaminsky en Reinhart (1999:474) wys daarop dat ’n groot appresiasie in die wisselkoers dikwels bankkrisisse voorafgaan. Een van die redes hiervoor is die negatiewe impak wat die appresiasie in die wisselkoers op uitvoerders het. Die appresiasie van die wisselkoers word dikwels ook geassosieer met hoë reële rentekoerse en disinflasie. Hierdie hoë plaaslike rentekoerse veroorsaak dat daar meer in buitelandse valuta geleen word. Dit

veroorsaak groter blootstelling aan valutarisiko, wat weer tot bankkrisisse aanleiding kan gee. Aangesien die ruilvoet een van die oorsake van bankkrisisse is, is die lande gevolglik ook meer vatbaar vir bankkrisisse. Die kousale verband tussen valutakrisisse en bankkrisisse is egter nie so eenvoudig nie. Dit hang baie af van die spesifieke omstandighede in die betrokke lande waar die krisisse voorkom (Kaminsky en Reinhardt, 1999:474).

b. Volatiliteit van internasionale rentekoerse

’n Volgende belangrike eksterne faktor in bankkrisisse is die impak van volatiliteit van internasionale rentekoerse op private kapitaalvloei. Veranderinge in die internasionale rentekoerse verander (direk of indirek) die koste van lenings vir ontluikende markte (Goldstein en Turner, 1996:10). Dit verander ook die relatiewe aantreklikheid van ontluikende markte as beleggingsbestemming. Volgens Goldstein (1995) aangehaal deur (Goldstein en Turner, 1996:10) kan tussen die helfte en twee-derdes van die toename in kapitaalvloei na ontluikende lande deur die verandering in internasionale rentekoerse verklaar word. Die Asiatiese lande, wat lede van APEC1 is, se netto invloei van fondse op hul kapitaalrekeninge het verdubbel van 1984-1989 na 1989-1993 (Khan en Reinhardt,1995).

1 Apec is die Asiatiese Stille Oseaan Ekonomiese Vereniging wat poog om die ekonomie van die gebied te bevorder (APEC, 2003:1)

As die invloeie nie volledig gesteriliseer2 word nie, verhoog dit die bankdeposito’s. Die verhoging in bankdeposito’s lei weer tot verhoogde lenings, selfs al is die kredietkwaliteit laer. As daar dan ’n uitvloei van kapitaal in die land as gevolg van ’n verlies aan vertroue plaasvind, kan dit tot ’n “fire sale” van die banke se bates lei.

Aangesien die rentekoerse in die krediteurlande deur die binnelandse ekonomiese situasies in die lande bepaal word, is die probleme wat banke in ontluikende lande as gevolg van die volatiliteit van internasionale rentekoerse ondervind, dikwels buite hulle eie beheer.

Die volatiliteit van die binnelandse rentekoerse kan ook ’n bydraende faktor tot bankkrisisse wees. Een voorbeeld hiervan is die “onderlinge spaarbank”-bankkrisis aan die begin van die tagtigerjare in Amerika. Volgens Seelig (1998:220) was dit reeds aan die einde van die sewentigerjare met die stygende inflasie duidelik dat rentekoerse in Amerika aan die styg was. Die rentekoerse het tussen 1977 en 1978 vanaf 4.5 persent tot meer as 9 persent in Amerika gestyg. Die rentekoerse het eers weer in 1982 in Amerika begin daal. Die stygende rentekoerse het tot wanbalanse op die onderlinge banke se bateboeke gelei. Die industrie het in 1980 verliese van $123 miljoen gely. Dit was in skerp teenstelling met die wins van $1miljard in 1979 (Seelig,1998:221). Die verlies was te wyte aan die grootskaalse uitvloei van fondse uit die onderlinge spaarbanke. Die verliese van die banke het tot 1.25 persent van die bates gestyg in 1982. Nadat die rentekoerse in 1982 weer begin daal het, het die probleem verminder.

Die impak van rentekoerse op die onderlinge spaarbankkrisis moet ook in die lig van die historiese verloop van die Amerikaanse ekonomie op daardie stadium verstaan word. Die gebeure was in dieselfde dekade as die val van die Bretton Woods-ooreenkoms. Aan die einde van die sewentigerjare het die volatiliteit van die belangrikste ekonomiese veranderlikes sterk toegeneem. Soos wat daar in Hoofstuk 2 aangetoon is, het die volatiliteit van die belangrikste makroekonomiese veranderlikes in die negentigerjare skerp toegeneem.

c. Die impak van wisselkoerse op bankkrisisse

Wisselkoerse is die derde lid van die volatiliteitstrio. Die ander lede van die volatiliteitstrio is veranderinge in die ruilvoet en rentekoerse. Die volatiliteit van die reële wisselkoers kan banke direk en indirek raak (Goldstein en Turner,1996:10). Banke word direk deur die volatiliteit van die wisselkoerse geraak as daar ’n valuta- of looptydwanbalans tussen die bates en laste van ’n bank is. Die valutaverliese wat op die valutamark gelei word as gevolg van die volatiliteit van wisselkoerse, kan die banke ook indirek negatief raak. Die verliese wat op die valutamark gelei word, beperk die kliënte se vermoëns om hulle lenings aan banke terug te betaal. Hausmann en Gavin (1995) wys daarop dat die volatiliteit van wisselkoerse in ontwikkelende lande soos in Latyns- Amerika twee keer meer was as die volatiliteit van wisselkoerse in industriële lande die afgelope twee dekades.

verkoop om die groei in die geldvoorraad en impak op rentekoerse te kanselleer.

Volgens Kaminsky en Reinhardt (1995:3) word die meeste bankkrisisse deur ’n skerp appresiasie van die reële wisselkoers voorafgegaan. Een van die redes waarom die appresiasie in die wisselkoers tot ’n bankkrisis lei, is die negatiewe impak wat dit op die winsgewendheid van die verhandelbare sektor het (“tradables”).

Appresiasie van die reële wisselkoers gaan ook gewoonlik met verhogings in die reële rentekoerse of met deflasie gepaard. Deflasie veroorsaak dat die kliënte van die banke dit eerder verkies om buitelandse valuta te hou. Dit stel die kliënte aan valutarisiko bloot.

Die binnelandse makroekonomiese faktore wat tot bankkrisisse aanleiding gee, sal vervolgens bespreek word.

i) Veranderinge in die vlak van ekonomiese groei en inflasie

Die probleem wat veranderinge in die vlak van ekonomiese groei en inflasie vir banke inhou, is die feit dat dit vir ’n bank moeiliker maak om kredietrisiko te evalueer. Die goeie groeikoerse wat ’n maatskappy byvoorbeeld in ’n tydperk van hiperinflasie behaal, is nie noodwendig ’n goeie aanduiding van die prestasie wat van die maatskappy verwag kan word in tye van stabiliteit nie.

In die navorsing wat oor die voortydige identifisering van bankkrisisse gedoen is, is daar gevind dat ’n skerp afname in ekonomiese aktiwiteit die waarskynlikheid van bank- en

betalingsbalanskrisisse verhoog. Caprio en Klingebel (1996b), soos aangehaal in Goldstein en Turner (1996:11), wys byvoorbeeld daarop dat die volatiliteit in groei en inflasiekoerse vir lande met sistemiese bankkrisisse tussen 1960-1994 ’n stygende tendens getoon het. Dit is in teenstelling met lande wat nie met die relatiewe groei en inflasiekoerse gekonfronteer was nie, en wat nie sistemiese bankkrisisse ondervind het nie.

In Tabel 3.1 word daar aangetoon dat die Latyns-Amerikaanse lande oor die algemeen groter volatiliteit in hulle groei- en inflasiekoerse getoon het as die drie grootste industriële lande, naamlik Amerika, Japan en Duitsland. Die lande met die grootste volatiliteit in hulle makroekonomiese veranderlikes was ook die lande wat oor die algemeen die groter volatiliteit in bankdeposito’s en bankkrediet (uitgedruk as ’n verhouding tot die BBP) getoon het. Daar kan daarom verwag word dat die Latyns- Amerikaanse lande ’n groter risiko het om bankkrisisse te ondervind, as die drie industriële lande.

Tabel 3.1. Die volatiliteit van makroekonomiese indikatore en bankveranderlikes vanaf 1980-1995 BBP3 (Persentasie) Inflasie4 (persentasie) Bankdeposito’s 5 (persentasie) Bankkrediet

toegestaan aan die private sektor6 (persentasie) Argentinië 5.5 860.0 23.5 34.4 Brasilië 3.7 767.6 20.7 32.8 Chili 5.8 7.5 20.9 21.8 Colombië 1.5 3.9 9.0 9.1 Meksiko 4.2 39.4 33.2 22.1 Verenigde State van Amerika 2.1 3.1 4.4 3.4 Japan 1.8 2.0 2.5 2.5 Duitsland 1.8 1.9 5.4 3.1

Bron: Goldstein, M en Turner, P 1996 Banking Crises in Emerging Economies: Origins

and Policy Options. Working Paper no 46, Basel: Bank vir Internasionale Verrekeninge,

p12.

3 Gemeet as die standaardafwyking van die verandering in die jaarlikse groeikoerse. 4 Gemeet as die standaardafwyking van die verandering in die jaarlikse groeikoerse. 5 Gemeet as persentasie van nominale BBP.

ii) Toenames in lenings, die ineenstorting van batepryse en ’n toename in

kapitaalinvloei

Kindleberger (1978) verteenwoordig ’n siening dat baie bankkrisisse veroorsaak word deur die uitermatige kredietskepping en swak finansieringbesluite deur banke in ekonomiese opswaaie wat tot krisisse lei as die voorspoedige tye tot ’n einde kom. Honohan (1997:3) wys daarop dat die endogene “boom and bust”-siklus voorkom waar banke te veel lenings in ekonomiese opswaaie aan projekte toestaan wat swak langtermynvooruitsigte het. Die feit dat die lening toegestaan word, dra dikwels tydelik by tot die sukses van die projek. Die rede hiervoor is omdat die leners se verhoogde vraag die pryse van die grond, eiendom of die projek laat styg.

In hierdie geval is dit, in teenstelling met ander makroekonomiese oorsake van bankkrisisse, nie ’n geval dat die makroekonomiese probleme bloot die onderliggende swakheid in die bankstelsel openbaar nie. Die bankstelsel verhoog self die ekonomiese opswaai deur sy uitermatige lenings. Hierdie verhoging in ’n ekonomiese opswaai lei weer daartoe dat ander banke dieselfde fout maak en deur ook uitermatig te leen. Die uitmatige uitlening vind plaas op grond van die oorgewaardeerde pryse en prysneigings (Honohan,1997:3). As ander banke wel dieselfde fout maak kan dit tot ’n spekulatiewe borrel lei. As die spekulatiewe borrel bars, word die banke aan ’n ekonomiese afswaai blootgestel wat deur die banke se optrede veroorsaak is.

Daar het in die geskiedenis heelwat van hierdie “boom en bust”-gevalle voorgekom. Honohan (1997:3) meld byvoorbeeld dat die ervaring in Argentinië, Chili en Urugauy in 1979-1983, die Nordiese bankkrisis van 1987-1994 en die Japannese bankkrisis voorbeelde van die probleem is. Die bankkrisis in Meksiko in 1994 is ook verwant aan die probleem. Die internasionale skuldkrisis van die tagtigerjare, met die toename in lenings in die sewentigerjare en die ineenstorting van terugbetalings deur die Meksikaanse regering in 1982 was ook te wyte aan die probleem.

Die probleme as gevolg van die toename in lenings is ’n kombinasie van mikro- en makro-oorsake. Vir die probleem om voor te kom, moet daar mikroprobleme in die optrede van banke wees. Voorbeelde van mikroekonomiese probleme is byvoorbeeld dat banke nie voornemende kliënte se kredietrisiko behoorlik evalueer nie (Honohan, 1997:3). Dit kan ook gebeur dat die leningsbeamptes se salarisse aan die aantal lenings gekoppel is wat hulle toestaan. Die feit dat hulle salarisse so bepaal word, kan hulle oordeel in die toestaan van lenings beïnvloed.

Daar kan ook gebreke wees in die manier waarop die makroekonomiese en monetêre beleid uitgevoer word. In terme van die makroekonomiese beleid benodig die tipe opswaai genoegsame groei in die geldvoorraad. Die gevolg hiervan is dat daar dikwels ’n invloei van kapitaal na die land is aan die begin van die leningsgroeisiklus. As die Suid-Afrikaanse Reserwebank byvoorbeeld gesonde monetêre beleid uitvoer, sal hulle

probeer om die groei in die geldvoorraad te beperk7. Die groei in die geldvoorraad kan beperk word deur rentekoerse te verhoog. Die probleem is dat die verhoogde groei in rentekoerse weer tot ’n groter invloei van kapitaal sal lei. Die monetêre owerhede kan probeer om die invloei van kapitaal te steriliseer.

Behalwe in gevalle waar die bankstelsel baie gekonsentreerd is, is dit nie vir een bank moontlik om ’n oplewing in batepryse te vooroorsaak nie (Honohan, 1997:3). Die oplewing in batepryse word gewoonlik deur ’n aantal banke wat saam optree, veroorsaak. Dit mag dalk rasioneel vir elke individuele bankier wees om so op te tree, omdat hy kan leer deur die optrede van ander banke te beoordeel. Die bankier kan ook kritiek van aandeelhouers en senior bestuur vermy deur die marknorme vir lenings te aanvaar.

Die probleem is dat bogenoemde optrede in ’n sekere sin selfvervullend is. Die feit dat die lenings deur al die banke aan een sektor toegestaan word, sal tot prysstygings en groter winste in die sektor lei. As die bankier nie aan hierdie leningsbedrywighede deelneem nie kan dit die winsgewendheid van sy betrokke bank tydelik negatief beïnvloed. Dit lei tot die kritiek van die aandeelhouers.

Drie eienskappe van onlangse bankkrisisse neig om die siening van Kindleberger te ondersteun. Kaminsky en Reinhardt (1999:5) wys daarop dat beide groot toenames in

7 Die Suid- Afrikaanse Reserwebank het in die negentigerjare byvoorbeeld ’n groei van tussen nege persent en twaalf persent in die M3-definisie van geldvoorraad gestel as teiken vir monetêre beleid. Op die stadium is die doelwit om inflasie tussen 6 persent en 3 persent te kry. Die twee doelwitte word negatief beïnvloed deur uitermatige groei in lenings.

banklenings en afnames in aandelepryse dikwels bankkrisisse vooruit geloop het. Die ontluikende markte wat die meeste kapitaalinvloei ontvang het, was ook die lande wat die grootste groei in hulle banksektore beleef het. Krugman (1995) toon aan dat die toename in kapitaalvloei in die negentigerjare ’n spekulatiewe borrel opgebou het oor die moontlike beleidshervorming in die lande waar die banke gevestig is. Die voorveronderstelling van hierdie siening is dat dit in tye van ekonomiese voorspoed baie moeiliker is om tussen goeie en slegte kredietrisiko te onderskei, omdat selfs swakker kliënte in tye van ekonomiese voorspoed winsgewend en likied kan wees. Groot toenames in eiendomspryse verhoog net hierdie effek as gevolg van die hoë leningskonsentrasie in een subsektor van die ekonomie. As die markwaarde van die bates, wat as kollateraal aan banke gegee is, daal lei dit tot probleme.

’n Kredietgedrewe opswaai as gevolg van die toestaan van lenings kom gewoonlik skielik tot ’n einde (Honohan,1997:4). Die rede hiervoor is dat ’n afname in die invloei van buitelandse kapitaal daartoe kan lei dat daar minder krediet toegestaan word. Die vermindering in krediet wat toegestaan word, lei daartoe dat die styging in batepryse verminder en dat banke likiditeitsprobleme ondervind. Onder die omstandighede kan van die banke weier om die lenings om te rol of hulle kan versoek dat van die lenings afgelos moet word. Dit lei tot verkoopsdruk in die batemark wat baie van die banke se leners onder finansiële druk kan plaas. Die waarde van die banke se kollateraal neem ook af. Aangesien die val in batepryse so prominent is, kan daar vrae oor die lewensvatbaarheid van die banke ontstaan. Dit kan weer tot stormlope op van die banke lei. Die stormlope

op banke kan daartoe lei dat hulle aandelepryse daal. Die verlaagde verwagtinge in die mark kan dan ook teen bankaandele draai wat die omvang van die probleem net vererger.

Die empiriese navorsing wat gedoen is om bogenoemde voorveronderstelling te toets, dui daarop dat die verwantskap tussen die toenames in lenings en die afnames in aandelepryse en bankkrisisse in verskillende omstandighede verskil. Kaminsky en Reinhardt (1999:3) het gevind dat toenames in lenings slegs beperkte waarde as vooruitskatter van bankkrisisse gehad het. Hulle is van mening dat afnames in die waarde van aandele ’n beter vooruitskatter van toekomstige bankkrisisse is. Caprio en Klingenbiel (1996b) het tot die gevolgtrekking gekom dat die verwantskap in Latyns- Amerika goed gehou het, maar die verwantskap het buite die gebied verswak.

iii) Toenemende banklaste met groot looptyd/valutawanbalanse

Een van die aanduidings dat ’n land se finansiële markte besig is om te verdiep en dat die ekonomie besig is om volwasse te word, is as die verhouding van die monetêre groothede tot die BBP in ’n land toeneem (Goldstein en Turner, 1996:14). Dit is nie noodwendig altyd voordelig vir die ekonomie van ’n land nie. As die laste van banke baie vinnig in verhouding tot die grootte van die ekonomie en ’n land se internasionale reserwes toeneem, kan die groei in laste nadelig wees. Groei in die laste van banke is ook ongewens as die samestelling van die laste in terme van valuta en looptyd baie verskil van die bates van banke. Banke moet ook hulle voorsienings vir verliese en/of bankkapitaal verhoog om voorsiening vir die groter volatiliteit in die bank se bates te

maak. Al hierdie faktore kan in tye van eksterne skokke op die ekonomie tot ’n bankkrisis aanleiding gee (Goldstein en Turner,1996:14).

Honohan (1996) soos aangehaal in Goldstein en Turner (1996:14) wys daarop dat die verhouding tussen die M2-definisie van die geldvoorraad en die BBP, as gevolg van deregulering en tegnologiese innovasie, in 59 ontwikkelende lande toegeneem het van agt en twintig persent tot vyf en dertig persent, in ongeweegde terme, sonder dat die bankkapitaal in die lande verhoog het. Die verdieping van die ekonomie as gevolg van deregulering en tegnologiese innovasie kon moontlik tot bankkrisisse bygedra het. Goldstein en Turner (1996:14) toon aan dat die reserwes vir die verliese op lenings van drie banke wat op die punt gestaan het om ’n bankkrisis in Latyns-Amerikaanse lande te beleef, nie hoër was as die reserwes vir die verliese op lenings wat banke in Amerika gehou het nie, ten spyte van die groter risiko in Latyns-Amerika.