• No results found

3.2 POLITIEKE TENDENSE EN GEBEURE IN DE WET SE LEWE TUSSEN 1930 EN

3.2.7 DIE AFRIKANER-BROEDERBOND

Die tyd wat De Wet aktief tot die politiek toegetree het, is volgens Giliomee (2007:289) omtrent dieselfde tyd wat die Afrikaner-Broederbond in 1929 ’n geheime organisasie geword het. Alhoewel die Broederbond reeds in 1918 in Johannesburg tot stand gekom het, was dit nie aanvanklik daarop gemik om die meeste van sy bedrywighede in die geheim te bevorder nie. Giliomee (2012:265) beskryf in ’n latere werk dat die Broederbond aanvanklik gestig is omdat

40 Hoër Kritiek (Literêr-Historiese kritiek) is ’n belangrike vakgebied in die teologie wat benewens die studie van tekste in die Bybel ook die outeurskap en datering van verskillende Bybelboeke krities navors. Dit probeer ook die verskillende bronne vasstel waaruit die Bybelskrywers geput het. Dit probeer terselfdertyd die verskillende literêre genres van die Bybelboeke te onderskei (Brümmer 2013:1)

71

soldate ’n NP-vergadering in Johannesburg uiteen probeer jaag het. Wilkins en Strydom (2012:44-45) beskryf hierdie gebeure soos volg:

“On the night of April 17, 1918 a Nationalist meeting addressed by the party’s Cape leader, Dr D F Malan, who had left the church for politics, was broken up by a mob. The National Club building in Johannesburg was vandalised, fittings and furniture were smashed up and set alight in the street. In the mayhem, members of the audience were beaten up. It had a marked effect on three young Afrikaners, HJ Klopper, HW van der Merwe, and DHC du Plessis. Still in their late teens, the three met on a koppie in Kensington, Johannesburg the following day and pledged themselves to form an organisation to defend the Afrikaner and return him to his rightful place in South Africa. They were helped in their task with advice from the Reverend JF Naude, a Dutch Reformed Church minister. On the evening of June 5, 1918, they held a meeting with a few others at the home of Danie (D H C) du Plessis in Malvern. This meeting can really be taken as the formation of the Afrikaner Broederbond, at that stage called Jong Suid-Afrika.”

Die aanvanklike doelstellings was om die Afrikaanse kultuur en die ekonomiese aksies van die Afrikaner op gekoördineerde wyse te bevorder. Dommisse en Esterhuyse (2005:26) beskou die stigting van die Broederbond as “teenvoeter vir die Vrymesselaars en Sons of England”. Daarmee saam noem hulle dat die primêre doel was om Afrikanerbelange te bevorder. Giliomee (2007: 289) wys daarop dat die organisasie in 1933 uit 1003 lede bestaan het, versprei oor 53 takke of afdelings. Slegs vier van die afdelings was in die Kaap terwyl die res oor die Transvaal en die Vrystaat versprei was.

Giliomee (2007:289) is van mening dat die werklike dryfkrag van die Broederbond hoofsaaklik vanuit die Potchefstroomse akademici gekom het, mense waaronder De Wet gereken is. Hulle was die mense, soos Giliomee (2007:289) dit stel, wat van die “Neo-Calvinistiese denke deurtrek” was. Dit kan aanvaar word dat waar die Broederbond sy vernaamste invloed op die gebied van die kultuur en die onderwys uitgeoefen het, De Wet homself aanvanklik met hierdie doelstellings vereenselwig het. Wilkins en Strydom (2012:60) stel dat prof. JC van Rooy wat in 1934 as voorsitter van die Broederbond gedien het, baie duidelik van die hoogste politieke oogmerke met hulle handelinge beoog het. Van Rooy het in ’n rondskrywe dit soos volg gestel:

“Brothers, our solution for South Africa's ailments is not that one party or another shall obtain the whip hand, but that the Afrikaner Broederbond shall govern South Africa”.

Bloomberg (1990:96) beweer dat CJH de Wet ten volle betrokke was by aktiwiteite van die Broederbond wat volgens hom op verskeie terreine meegewerk het om ’n netwerk van Christelik

72

Nasionalisme te bevorder. Volgens Bloomberg (1990:80) het JD du Toit (Totius) in baie opsigte gepoog om in die vestiging van die Potchefstroomse Universiteit, wat aanvanklik as Kollege opgerig is, ’n replika van die Vrye Universiteit van Amsterdam in Suid-Afrika te vestig. Die studente wat Totius om hom vergader het, is dan hiervolgens uitgesoek om in talle opsigte die sterkste verteenwoordigers van Afrikanernasionalisme in Suid-Afrika gevestig te kry. Bloomberg (1990:79) beskou dit as ’n doelbewuste operasionele strategie wat deur die Broederbond daargestel is om hieraan uitvoering te gee. As hy na JD du Toit (Totius) verwys, dan stel hy dit soos volg:

“Among those who fell under his spell were JC van Rooy, LJ du Plessis, HG Stoker, DW Kruger, AH van der Walt and DJ van Rooy. All later became professors at the college. Taken as a group, they constituted the most virile and extreme exponents of Afrikaner Nationalism. During the 1930’s and 1940’s they were responsible for almost all the theoretical work on Christian-Nationalism. The majority of this group also became leaders in the AB, and doubtless played a leading role in its conversion into a Christian-Nationalist organ.”

Al bevat hierdie lys nie aanvanklik die naam van CJH de Wet nie, wil Bloomberg wel vir De Wet op verskeie maniere by van die Broederbond se werksaamhede betrek. In dié geval word De Wet en N Diederichs, ’n latere Staatspresident van Suid-Afrika, dikwels in dieselfde asem genoem as Broederbond-lede wat op verskeie wyses die studentelewe via organisering vanuit die Broederbond tot Afrikanernasionalisme kon laat meewerk. Hiervolgens stel Bloomberg (1990:96) dit soos volg:

“Two important youth organisations were established under Broederbond auspices. The first was the students organisation, the Afrikaanse Nasionale Studentebond. In April 1933 a conference of student militants from the universities of Pretoria, Potchefstroom and the OFS decided to break away from the integrationist National Union of South African Students (NUSAS) which had been founded in 1924. The split paralleled the growing split between Nationalist die-hards and fusionists in politics; it was not only a rejection of the 'liberalism' of NUSAS, but also of Hertzog's concept of co-operation between the two white groups at all levels. Meeting at Potchefstroom, the 200 delegates decided to form a new all-Afrikaans student movement. The leading figure within this project was Dr. N Diederichs of the University College of the OK and a future Chairman of the AB. The full extent of Broederbond involvement is revealed in the list of conference speakers which included JC van Rooy. LJ du Plessis, CJH de Wet and G Cronje, a sociology lecturer at Pretoria University, who represented the pro-Nazi Dietse Studentbond. Other brethren or future brethren who attended included JD du Toit, G Dekker, DF Malherbe and Theo Wassenaar.”

73

Giliomee (2007:289) beskryf hierdie nuwe studentebeweging wat ontstaan het as ’n “radikaal nasionalistiese studentebond”. Daar moet daarop gewys word dat Giliomee en Bloomberg wel in hulle historiese benadering en beskrywing van die Broederbond deur verskillende brille kyk. Waar Bloomberg, ingesluit ook die latere werke van Wilkins & Strydom, na lede van die Broederbond as o.a. “Super Afrikaners” verwys en dat Broederbond besluite en medewerking as absoluut deurslaggewend in die politiek (ook in die kerklike lewe) deur die genoemde outeurs beskou word, Giliomee dit as oordrewe beskou.

Giliomee (2004:372) stel dit dat daar verskeie joernaliste e.a. was wat aan die Broederbond “’n belangrikheid buite alle verhouding” toegeskryf het. Dit kom daarop neer dat die Broederbond beslis nie die grootmeester in alles was en alle lede eintlik maar soos marionette moes handel nie. Latere werke wat in detail op die invloed van die Broederbond fokus, ook die studie van ’n historikus soos Ernst Stals, wys daarop dat daar beslis nie die magtige invloed van die Broederbond uitgegaan het, soos sommige beweer nie. Waar Giliomee (2004:373) vir Stals aanhaal, wil Stals daarop wys die bond het in baie opsigte “geen finale besluite geneem of besliste leiding gegee nie”. Eintlik was die bond volgens hierdie skrywers ’n sukkelende organisasie waarvan die invloed baie beperk was en “wat gedien het as ’n debatsforum vir ’n klein groepie aktiviste wat meestal ver van die werklike politieke aksie verwyder was (Giliomee,2004:373). M du Preez (2012:xx), wat die voorwoord in “The Super Afrikaners” versorg het, verskil van Giliomee ten opsigte van die werklike impak wat daar vanuit die Broederbond in Kerk en politiek was. Dit wil voorkom of Du Preez en Giliomee se oordeel wel krities bejeën moet word. Du Preez se siening dat die Broederbond eintlik die frontorganisasie was wat alle politieke handelinge kon bepaal lyk in baie gevalle oordrewe te wees maar Giliomee is weer te huiwerig om die invloed wat die Broederbond wel kon hê, te onderskat.

Hoe groter die getal lede van die Broederbond geword en hoe meer aktivisties hulle rol geword het, kan wel aanvaar word dat die invloed van die Broederbond algaande groter geword het. Dit gee nog nie die bewyse dat dit ’n super-liggaam was wat alles kon beheer nie. Dis wel duidelik, selfs in die bloeityd van CJH de Wet se politiek, waar die Broederbond in baie opsigte op nog wankelrige bene gestaan het, dat daar gesiene politici in die Broederbond gereken was en andere in dieselfde tyd groot vrese vir wat die invloed van die Broederbond kon wees, gekoester het.

Iemand wat sulke vrese duidelik na vore gebring het, is genl. JBM Hertzog. In die tyd van sy politieke skeiding met DF Malan, kon Hertzog sy vrese vir die Broederbond nie besweer nie.

74

Malan self was ’n Broederbond-lid vanaf Aug. 1933. Hertzog het sy probleme met die Broederbond in April 1937 in ’n Broederbond-rondskrywe soos volg gestel:

‘‘Die Afrikanerdom sal sy uiteindelike lots bestemming van oorheersing in Suid-Afrika bereik. ....Broeders, ons oplossing vir Suid-Afrika se moeilikhede is nie dat hierdie of daardie party die oorhand sal hê nie, maar dat die Afrikaner-Broederbond Suid-Afrika sal regeer.’’

Terselfdertyd het Hertzog “die bond daarvan beskuldig dat dit ’n Potchefstroomse fanatisme versprei wat daarop uit is om die Engelse as ware burgers uit te sluit” (Giliomee, 2007:289). By hierdie fanatieke kring het Hertzog vir CJH de Wet ingereken.

Hertzog se aanvalle op die Broederbond het wel al heel vroeër begin. Volgens Coetzer e.a. (1991:194) was Hertzog self nooit lid van die Broederbond nie en het hy reeds op 7 Nov. 1935 ’n skerp aanval op die Broederbond gemaak. Wilkins en Strydom (2012:54) beskryf Hertzog se aanval op die Broederbond soos volg:

“However, when the sun set over Smithfield that clear November day the carefully nurtured, closely guarded secrecy lay shattered. The venerable old Boer general, Hertzog, had launched a blistering attack on the Broederbond and poured scorn and contempt on its creators' claims to be better Afrikaners than anybody else. The echoes of that speech, delivered in a strained and croaking voice by Hertzog, who was suffering from a throat infection, were to reverberate around South Africa for years to come. Even today, the organisation must look back at what became known as the Smithfield address with a shuddering distaste for the unwelcome memories it recalls. Smithfield was a watershed for the Broederbond, from which it has never fully recovered. It launched a wave of suspicion and mistrust which has worried the organisation ever since.”

Hertzog het in hierdie tyd die Broederbond daarvan beskuldig dat hy van sy kulturele grondslag afgewyk het en hom al te veel met die politiek begin bemoei het. Hertzog se aanvalle op die Broederbond het veral in skerpte toegeneem toe hy al meer predikante begin verdink het, CJH de Wet ingesluit, dat hulle volgens hom ’n te groot rol in die politiek speel. Dr. NJ van der Merwe was ’n NG-predikant wat ’n leidende rol in die Broederbond gespeel het in die verdediging van die organisasie teen Hertzog se striemende aanvalle daarop (Van Schoor, 1987:853).

Giliomee (2007:289) bevestig dat Hertzog nooit bewyse kon lewer vir die invloed wat hy aan die Broederbond toegeskryf het nie. Die Broederbond het wel volgens Giliomee die verdelings in die geledere van die Afrikanernasionalisme weerspieël. Terselfdertyd wil Giliomee dit ontken dat die

75

Broederbond enige beduidende rol in die ontwikkeling van apartheid gespeel het. Eintlik was dit net ’n klankbord vir meningsverskille in die geledere van die Afrikanernasionaliste. Soos hy sit stel: “Die organisasie het probeer om die kabinet te beïnvloed, maar oor die algemeen was dit eerder die kabinet wat die bond gebruik het” (Giliomee,2007:289).

Dieselfde sterk gevoelens wat Hertzog teen die Broederbond gehad het, was ook by genl. Jan Smuts teenwoordig. Steyn (2015:169) wys daarop dat Smuts in 1945 daarop aangedring het dat geen lede in die Staatsdiens lede van die Broederbond mag wees nie. Smuts het hierdie organisasie beskryf as “anti South-African and dangerous and had laid down that no Broeder would be permitted to hold a post in the civil service”. Smuts het selfs so ver gegaan ná hy die verkiesing in 1948 teen dr. DF Malan verloor het, om die regering te beskryf as “this Broederbond Government” (Cameron, 1994:181).

Uit wat volgens die ontstaan en verloop van gebeure in die Broederbond bevestig is, is dat CJH de Wet in Potchefstroom met sy politieke doelwitte in baie opsigte deur lede in die Broederbond ondersteun kon word. Giliomee (2012:265) maak die stelling dat “teen die 1930’s het die Afrikanernasionaliste organisasiemense geword”. Die Afrikaner-Broederbond het in die organisasie van die Afrikaner in die tyd ’n deurslaggewende rol gespeel.

Dit bly egter ’n ope vraag, gesien in die lig van die geheimsinnige aard wat die Broederbond in die tyd aangeklewe het, in watter mate De Wet se latere vervreemding en spanning in die politiek en nog later in die GKSA, nie deur die lede van die Broederbond aangewakker en selfs moontlik aangevuur is nie. Daar is tekens dat De Wet sy strydbyle in die spanninge wat gevolg het hoofsaaklik met lede van die Broederbond in Potchefstroom opgeneem het. Om konkrete bewyse van Broederbond-aktiwiteite direk teen De Wet te vind, het nie na vore gekom nie.

Dit val op dat in die latere Geyser-saak in die sestiger-jare daar groot gewag gemaak word dat die Broederbond in hierdie saak ’n deurslaggewende rol gespeel het. Alhoewel die Geyser-saak in baie opsigte ooreenkomste toon met die De Wet-saak is die rol wat die Broederbond teen Geyser gespeel het volgens sommige historici blatant herkenbaar. Beyers Naude (1995:74) beskryf in sy outobiografiese werk dat hy van oordeel is dat die Broederbond ’n magtige organisasie is wat sy “invloed in die Afrikaner se politieke, kulturele (en kerklike lewe)” laat geld het.

76

Dreyer (2016:8) wys daarop hoe verskeie teoloë oorsee en ter plaatse (PA van Stempvoort, Hendrikus Berkhof, JN Barkhuizen van den Brink, B Gemser) in die klagtes teen Geyser vas oortuig was dat die Broederbond in die geval ’n deurslaggewende rol gespeel het. Hy stel dit soos volg:

“They were unanimous in their view that the charge of heresy against Geyser was politically motivated, orchestrated by the Afrikaner Broederbond and devoid of all theological substance.”

Dreyer (2015: 191) het in ’n vroeëre studie aangetoon hoe die media en nuusberigte in die tyd rondom Geyser deurtrek was van die oortuiging dat die Broederbond ’n baie groot invloed in die kerke met die saak teen Geyser kon hê. Dieselfde studie (2015:191) beweer dat al hoe meer invloedrykes onder die Afrikaners dit nie langer kon verduur dat die Broederbond die politiek, die ekonomie, die religie en selfs die SAUK so moes beheer nie. Ds. Kálmán Papp II, vroeër van Hongarye wat ’n gewaardeerde predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk geword het, het na die skuldigbevinding van Geyser op 8 Mei 1962 hom ook aan die kant van Geyser gestel. Papp het die vraag gevra: “Is status-subordinasie kettery?” Volgens Kálmán Papp III (2010:313) het sy vader uitsprake van talle ander bekende teoloë en Skrifgegewens aangebied om Geyser se onskuld aan te toon. Dit is egter nooit deur Papp vir publikasie aangebied nie, omdat hyself bang was vir ’n moontlike klag en afsetting uit die amp (Papp:2010:313). Sy vrese het die Broederbond ingesluit.

Geyser se eie agenda teen die Broederbond was openlik en hy het vir homself baie vyande in die proses gemaak. Volgens Dreyer (2015:191) was selfs ’n broer van Geyser, wat ook in die kerkverband as predikant verbonde was, een van die felle stryders teen sy eie broer. Volgens die waarneming het hy eintlik sy broer weerstaan in die sin wat genl. CR de Wet en genl. Piet de Wet as broers politiese weersin teen mekaar ontwikkel het. Van Aarde e.a. (2014:7) stel dit dat Geyser se broer hom as die duiwel wat hom soos ’n engel voordoen beskryf het. Dit is ook bekend dat hierdie spanning en hartseer rondom Geyser veroorsaak het dat sy vrou meermale in hierdie buitengewone omstandighede behandeling moes ontvang en dat hulle seun selfmoord gepleeg het.

Geyser het hom openlik as “vyand” van die Broederbond verklaar en alles in die stryd gewerp om geheime doelwitte en persone bloot te lê (Van Aarde, e.a. 2014:6). Die skade wat die Geyser- saak aan die beeld van die Broederbond aangerig het, is volgens Van Aarde e.a. (2014:7) van so ’n ingrypende aard gewees dat ná hierdie saak die Broederbond eintlik moreel bankrot en blootgelê was. Hierdie skrywers is oortuig dat die Broederbond het na Geyser nie weer na behore

77

kon herstel nie. Volgens hulle het daar ná Geyser eintlik maar net ’n skaduwee oorgebly van wat die eens magtige geheime organisasie was. Ironies dat dieselfde uitsprake ook na Hertzog se aanval op die Broederbond gemaak is. Tog het die Broederbond daarna eintlik net nog sterker na vore gekom (vgl. die Bloomberg-uitsprake).

In die lig van die Broederbond se baie groot rol in die Geyser-saak kan latere navorsers rondom De Wet dit oorweeg om vas te stel of die Broederbond nie in die saak téén De Wet dalk ’n heelwat groter rol gespeel het as wat aanvanklik gedink is nie.