• No results found

CJH DE WET AAN DIE LEERSTOEL VAN JD DU TOIT

4.2 TEOLOGIESE AKSENTE IN DE WET SE STUDENTEJARE (1909-1915)

4.2.2 TEOLOGIESE AKSENTE IN POTCHEFSTROOM (1912-1915)

4.2.2.2 CJH DE WET AAN DIE LEERSTOEL VAN JD DU TOIT

Vanaf 15 Apr. 1911 het JD du Toit hierdie vaders se werk voortgesit. Na hom word verwys as ’n “Calvinis in die egte sin van die woord” . Dit word aanvaar dat toe De Wet hom nege maande later, aan die begin van 1912, by die geledere in Potchefstroom voeg, die meeste invloed en teologiese aksente vanaf JD du Toit uitgegaan het.

Met JD du Toit se werkywer en diepgang in sy teologie, bewys Van der Vyver (1969:127) dat daar vanaf 1910 ingrypende besluite in Potchefstroom rondom die teologiese opleiding geneem is. Die studie is vanaf drie jaar na vier jaar verleng. Wanneer daar ’n vergelyking gemaak word na die hoeveelheid vakke wat in 1869 in die teologiese opleiding aangebied was en wat vanaf 1910 die hoeveelheid vakke was wat De Wet in sy teologiese opleiding moes ontvang, is daar ’n merkwaardige verskil. In 1869 was daar sowat 7 hoofvakke met dan hulle kleiner onderafdelings, maar vanaf 1910 was daar in die vierjaar-opleiding ten minste 16 hoofvakke wat in twee dele verdeel was. Elk van die 2 dele het bestaan uit 8 verskillende onder-afdelings.

In dié tyd is die voorneme duidelik uitgespreek dat Potchefstroom die Vrije Universiteit van Suid- Afrika moes word, soos wat die Vrije Universiteit van Amsterdam in die tyd van Abraham Kuyper dit in Nederland was (Van der Schyff, 2003:74).

Tegelyk is aanvaar dat Suid-Afrika in totaal ander omstandighede as Nederland verkeer. JD du Toit het volgens D’Assonville (1971:68), terwyl hy in Nederland was, sekere aspekte in hulle teologie aangestip waarmee hy nie saamstem nie. So het hy sterk in reaksie gekom teen die selftevredenheid en “gearriveerdheid” waarmee sommige vraagstukke in Kampen en Amsterdam gehanteer is.

JD du Toit het sy voorneme duidelik gemaak dat hyself eerstehands die teologiese wetenskap sou ondersoek. Hy wou as oorspronklike denker werk. Soos hy dit gestel het: “Ik wil dan probeeren en zelf die kwesties voor mijn gemoed op te lossen”. In sy latere vollediger werk rondom JD du Toit het D’Assonville (1993:94) aangedui dat hy geskryf het dat dit “heilloos sou werk as jong Suid-Afrika eenvoudig die teologie van Nederland net so sou oorneem”. Daar moes oorspronklike denke wees en Suid-Afrika moes sy eie Gereformeerde teologie uitbou. Om alles maar net so van Nederland oor te neem, het Du Toit gesê, dra ’n “Judaïstiese gevaar”.

142

Wanneer JD du Toit in April 1911 as die enigste teologiese professor begin arbei, was sy inougurele rede daarop ingestel om calvinisties te wees. Die titel van sy inougurele rede is “De zestiende-eeuwse profesie en haar betekenis voor onze tijd.” Du Toit (1911:5) vergelyk hulle omstandighede met die tyd van Nehemia toe daar so baie opgebou moes word. Hy wys verder daarop dat hierdie opbou nie onbepland en willekeurig mag geskied nie. Hy wys verder na die besondere taak wat die jongmense, soos o.a. CJH de Wet, in hierdie oprigting moes verrig. In dieselfde rede lê Du Toit die klem op die amp van die gelowige, wat hy noem “die al te zeer verwaarloosde ambt”, wat hy meen daar veel meer oor gepraat moes word.

Du Toit (1911:5) het daarvan werk gemaak om dikwels na sy buitelandse studie rondom “Het Methodisme” te verwys. Hy huiwer nie om die gevaar van die Metodisme na vore te bring nie, veral waar dit gaan om die teologiese aksente wat by teologiese opleiding behoort te geld. Hy stel dit dat die metodisme in sy skoonheid maar ook in sy swakheid raakgesien moes word.

Du Toit (1911:6) betuig instemming met HH Kuyper waar Kuyper die belang van wetenskaplike arbeid aan hulle as studente geleer het. Volgens Du Toit het die hervormer Zwingli ’n moeilike stryd met die wederdopers gestry omdat hulle die wetenskap verag het. Volgens Du Toit moes opleiding in diens van die Woord op wetenskaplike wyse geskied. Die wederdopers met hulle “drijving des Geestes” was vir Du Toit ’n gevaarlike tendens waar “iedereen de vrijbrief gaven om voor de gemeente op te treden”. Hierin kom na vore die erns waarmee Du Toit in sy klasse sy studente geleer het dat daar wel geleerdheid in “de kennis van de grondtalen van de H Schrift” moet wees en die uitlegging en toepassing daarvan was eweneens belangrik. Dit wat Du Toit dan onder die opskrif plaas van alleen na behoorlike opleiding en toerusting kon daar as “profeten gesproken” word. “De gewone gemeenteleden mochten in het openbaar de Schrift niet uitleggen, maar hadden de gelegenheid nadat de profeten gesproken hadden, om óf kritiek op het gesprokene uit te brengen of iets nieuws eraan toe te voegen”.

Dit val op dat Du Toit voortdurend bekommerd was dat die standaard van werk wat gelewer word, nie aan die hoë standaarde voldoen wat hy daaraan gestel het nie. Aan die einde van 1914 het hy ’n rede gelewer wat handel oor die “Methode van echte studie”. Dit was woorde gespreek by die oordrag van die rektoraat aan die tweede teologiese professor, dr. SO Los, wat vanaf 1915 as rektor aangestel is.

In die student se metode van studie onderskei Du Toit (1914:4) twee deurslaggewende faktore. Eerstens moet die student in die studie sekere dinge duidelik kan raaksien (opmerken). In die

143

tweede plek moet die student in staat wees om die geleerde teorie behoorlik toe te eien en te verwerk. Du Toit het terselfdertyd beklemtoon dat om opmerksaam te wees moet daar reeds ’n duidelike standpunt bestaan waaruit die opmerkings voortspruit en om hierdie opmerkings behoorlik te verwerk moet daar in de studie rus en kalmte wees. Du Toit het dit baie duidelik teen die oorhaastige aframmeling van werk wat nog die opmerklike, nog dit wat verwerk moet word, kon nakom.

In hierdie metode van studie was Du Toit oortuig dat studente eerste geleer moes word om te studeer en hulle geleer moes word “om te leren denken”. Du Toit (1914:12) beskou Dr. Abraham Kuyper hierin as ’n goeie voorbeeld om na te volg as dit gaan om die vreugde van denke wat die vreugde van studie word. Die grondbeginsels, wat Du Toit ook vir De Wet in hierdie metodes van studie vasgelê het, was dat in die metode van studie daar op so ’n wyse gewerk moes word dat die metode die student in staat stel om die werke sy eie te maak.

’n Volgende beginsel was dat studente die vermoë moes aanleer waardeur hulle insig tot die dag van hulle dood vermeerder kon word. In die opsig was Du Toit van mening dat die professor- student-verhouding sodanig moes wees dat hy die student nie net in die klaskamer onderrig nie, maar dieselfde student in sy studeerkamer moes inneem en presies aantoon hoe hy werk, hoe hy lees, hoe hy aantekeninge maak, hoe hy daardie aantekeninge tot ’n geheel verwerk. Dit het vir Du Toit om meer as net opvoeding gegaan, dit moes daadwerklike akademiese vorming word.

In die tyd wat De Wet sy studies onder Du Toit voltooi het, is dit duidelik dat Du Toit nie net behoorlike rekenskap gegee het rondom die metodes om behoorlik te studeer nie, maar het Du Toit in 1916 sy publikasie voltooi wat hy “Preek-Methode” genome het. Weereens het Du Toit gewys op die belang dat studente wat die Teologiese Skool verlaat die lewende bewyse moes wees van die wetenskaplike metode wat gevolg is. Hierin was Du Toit (1916:3) se standpunt soos volg:

“Hoofdoel en strekking van onse Skool is nog altijd prakties, hoewel dit nie uitsluit nie dat naar strenge methode gearbei word.

Du Toit het in die metode van prediking wat hy in die tyd aan De Wet geleer het twee aspekte in die metode van preekmaak onderskei. Die eerste belangrike vraag was hoe die preekstof verkry is en daarna hoe dit behandel moes word. In die verkryging van stof was daar vir Du Toit net een bron, nl. dat die skrifverklaring net kon werk met Skrifopenbaring... “die prediker moet sijn stof eenvoudig aan die skrif ontleen”.

144