• No results found

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

3.6 Die waarde van deskundige getuienis

Reynolds en King478 meen dat die betroubaarheid van ‘n deskundige se getuienis van sy geloofwaardigheid afhanklik is. Indien dit nie die geval is nie, is daar geen nut om getuienis aan te bied nie.

Dit is egter ook nodig om na die akkuraatheid van wetenskaplike toerusting te verwys, aangesien dit verband hou met die betroubaarheid en die geloofwaardigheid van die deskundige se opinie.479

In die beslissing van S v Van der Sandt480 het Regter Van Dijkhorst opgemerk dat die mens net so feilbaar soos wetenskaplike toerusting is en dat daar slegs op wetenskaplike toerusting gesteun kan word indien

478

1992:3.

479

Meintjes-Van der Walt 2003(b):46.

480

S v Van der Sandt 1997 (2) SASV 116 W:131D-F - The accused had been charged with and convicted of the offence of contravening s 122(2)(a) of the Road Traffic Act 29 of 1989 in that he drove a motor vehicle whilst the concentration of alcohol in his blood was not less than 0,08 grams per 100 millilitres, to with 0,19 grams per 100 millilitres. He was sentenced to a fine of R2 000 or eight months' imprisonment, wholly suspended for five years on certain conditions. The evidence for the State had been that a traffic inspector had arrested the accused for drunken driving. A blood sample had been taken by the district surgeon within an hour and a half, properly sealed, marked and dispatched to the laboratory. A forensic analyst handed in a certificate issued by himself in terms of s 212(4)(a) of the Criminal

Procedure Act 51 of 1977, in which he stated his qualifications and occupation. In the

performance of his official duties he had received the blood specimen, which he had 'submitted . . . to a process requiring skill in chemistry' and established that the concentration of alcohol in the blood specimen was 0,19 grams per 100 millilitres of blood. The specimen had contained a sufficient amount of sodium fluoride to prevent alcohol being formed therein.

dit akkuraat en betroubaar is en korrekte resultate lewer. 481 Beheermaatreëls is nodig om akkurate wetenskaplike resultate te verkry.

After having read this certificate into the record, the forensic analyst testified that he had used a gas chromatograph to analyse the blood sample. He explained the method of analysis and the workings of the gas chromatograph in detail. In respect of each blood sample two analyses were done on two separate machines, which were calibrated daily prior to use, by utilising standard mixtures of fluid containing, in the cases of tests for alcohol, ethanol. The standards were sent through the apparatus for calibration purposes. The ethanol contained therein was weighed on a scale or by means of a volumetric vial, the correctness of which in turn had been determined by weighing the fluid used in testing it. In the weighing process the scale was counterbalanced by small weights from a set of platinum weights calibrated by the Council for Scientific and Industrial Research (CSIR). The evidence had made it clear that the standard by means of which the gas chromatograph was calibrated was obtained by a process in which the scale and set of weights in the laboratory played a vital role. After having obtained the standards, they were also checked by a chemical process called titration. The State also handed in a statement by a metrologist in terms of s 212(4) of the Criminal

Procedure Act. It had been intended as an affidavit, but there was, however, no indication

that the metrologist had taken the oath. She stated that she was employed by the Custodian of the National Measuring Standards, CSIR. She had submitted the set of mass units used by the forensic analyst, 'to a process requiring skill in physics' and 'calibrated them in accordance with and conforming to the national measuring standard of mass, as defined in the Measuring Units and National Measuring Standards Act 76 of 1973'. She found that the said mass units complied with and were traceable to the conditions and requirements of the said national measuring standard. On review, the Full Court considered the effect of s 7(5) of the Measuring Units and National Measuring Standards Act 76 of 1973 on criminal prosecutions for contravention of section 122(2) of the Road Traffic Act and the purpose and scope of s 212(4) of the Criminal Procedure Act.

481

In die saak van S v Mthimkulu 1975 (4) SA 759 A – Die feite was kortliks dat die beskuldigde (appellant) skuldig bevind is aan die misdaad van besit en handeldryf van 200 g dagga. Die hof moes beslis oor die getuienis wat aangebied is aangaande die werking van die wetenskaplike instrument wat die dagga geweeg het. Appèlregter Corbett het egter faktore neergelê alvorens getuienis met betrekking tot ‘n wetenskaplike instrument aangebied staan te word. Hierdie faktore is die aard van die wetenskaplike proses, asook die aard van die instrument in die betrokke saak, die omvang van die getuienis wat bevraagteken word en die

In die beslissing van S v Maqhina482 is sekere beheermaatreëls vir DNS- toetsing neergelê. Die beheermaatreëls hou verband met die oopbreek van die seëls waarin die DNS-monster geplaas is, die notering van die nommer wat op die seël verskyn, en die herseël van die monster. Bogenoemde maatreëls verseker akkurate resultate wat gevolglik bydra tot ’n betroubare en geloofwaardige deskundige verslag.

Die opinie van ‘n leek word in die algemeen aanvaar as prima facie- bewys van die inhoud daarvan. Die opinie van ‘n deskundige is, soos in die geval van ‘n leek, toelaatbaar indien sodanige getuienis relevant is. Dit is relevant indien die deskundige juis as gevolg van sy spesiale kennis en vaardigheid beter gekwalifiseerd is om ‘n gevolgtrekking te maak as die voorsittende beampte.483 Dit sal derhalwe verkeerd wees om ‘n vaste lys van aangeleenthede te noem waaroor deskundige getuienis gelewer kan word.484 Die toets in elke geval is of die getuie in ‘n posisie is om enige bydrae tot die howe se waarneming te lewer.

aard van die ondersoek en die facta probanda in die betrokke saak. Baie sal egter van die feite en omstandighede van elke saak afhang; S v Bester 2004 (2) SASV 59 KPA:63A - Die feite was kortliks as volg: die appellant is in die landdroshof te Vredenburg skuldig bevind aan die oortreding van artikel 65(5) van die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996, deur die bestuur van ’n motorvoertuig op ’n openbare pad terwyl die konsentrasie alkohol in ’n monster van sy asem nie minder as 0.24 mg per 1000 ml asem was nie. Getuienis van die korrekte gebruikmaking van die apparaat is onvoldoende om die facta probanda te bewys by die ontstentenis van bewys van die korrektheid van die toetsingsproses.

482

S v Maqhina 2001 (1) SASV 241 T.

483

Meintjes-Van der Walt 2000(c):772; Meintjes-Van der Walt 2000(b):62.

484

Meintjes-Van der Walt 2001(c):243 - Die howe swyg gewoonlik oor die besondere velde of areas van deskundigheid. Die graad/mate asook die aard van die deskundige se gespesialiseerde kennis is ‘n kwessie wat deur die hof vasgestel moet word.

So kan ‘n leek wat veral bekend is met ‘n ander persoon se handskrif dit wel identifiseer, 485 terwyl slegs ‘n deskundige twee onbekende handskrifte kan vergelyk.486

Beëdigde verklarings en sertifikate word as instrumente van deskundige getuienis gebruik.

Artikels 212(3) en 212(4) van die Strafproseswet487 bepaal die volgende:

(3) Wanneer die vraag in strafregtelike verrigtinge ontstaan of 'n aangeleentheid ingevolge 'n wet geregistreer is of dat 'n feit of transaksie daarkragtens aangeteken is of dat enigiets in verband daarmee daarkragtens gedoen is, is 'n dokument wat voorgee 'n beëdigde verklaring te wees deur 'n persoon wat in daardie beëdigde verklaring beweer dat hy die persoon is aan wie die betrokke wet die bevoegdheid verleen of die plig opdra om bedoelde aangeleentheid te registreer of om bedoelde feit of transaksie aan te teken of om bedoelde ding in verband daarmee te doen en dat hy die betrokke aangeleentheid geregistreer het of dat hy die betrokke feit of transaksie aangeteken het of dat hy die ding in verband daarmee gedoen het of dat hy hom vergewis het dat die

485

R v Malan 1925 TPD 807 – In hierdie saak was die feite kortliks die volgende: die appellant

was aangekla van die misdaad vervalsing nadat hy ‘n versekeringspolis op 18 November 1924 onderteken het as ene PJH Coetzee. Die hof moes beslis oor die toelaatbaarheid van getuienis wat deur ’n handskrifdeskundige gelewer is.

486

Lansdown NO v Wajar 1973 (4) SA 329 TPD:332.

487

betrokke aangeleentheid geregistreer is of dat die betrokke feit of transaksie aangeteken is of dat die ding in verband daarmee gedoen is, by blote voorlegging daarvan by sulke verrigtinge prima facie-bewys dat bedoelde aangeleentheid geregistreer is of, na gelang van die geval, dat bedoelde feit of transaksie aangeteken is of dat die ding in verband daarmee gedoen is.

4(a) Wanneer 'n feit wat bepaal is deur 'n ondersoek of proses wat bedrewenheid -

(i) in biologie, skeikunde, natuurkunde, sterrekunde, aardrykskunde of geologie;

(ii) in wiskunde, toegepaste wiskunde of wiskundige statistiek of in die ontleding van statistiek;

(iii) in rekenaarwetenskap of in 'n vakrigting van ingenieurswese;

(iv) in anatomie of in menslike gedragswetenskappe; (v) in fisiologiese skeikunde, in metallurgie, in

mikroskopie, in 'n vertakking van patologie of in toksikologie; of

(vi) in ballistiek, in die identifisering van vinger- of palmafdrukke of in die ondersoek van betwiste dokumente,

vereis, by strafregtelike verrigtinge by die geskilpunt relevant is of mag word, is 'n dokument wat voorgee 'n beëdigde verklaring te wees deur 'n persoon wat in daardie beëdigde verklaring beweer dat hy of sy in diens is van die Staat of van 'n provinsiale administrasie of in diens is van of

verbonde is aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing of 'n universiteit in die Republiek of 'n ander liggaam wat vir die doeleindes van hierdie subartikel deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant aangewys is, en dat hy of sy bedoelde feit deur middel van so 'n ondersoek of proses bepaal het, by blote voorlegging daarvan by sulke verrigtinge, prima facie-bewys van daardie feit: Met dien verstande dat die persoon wat bedoelde beëdigde verklaring kan aflê, in 'n geval waarin bedrewenheid in skeikunde, anatomie of patologie vereis word, 'n sertifikaat in plaas van bedoelde beëdigde verklaring kan uitreik, in welke geval die bepalings van hierdie paragraaf mutatis mutandis met betrekking tot so 'n sertifikaat van toepassing is.

(b) Iemand wat 'n sertifikaat ingevolge paragraaf (a) uitreik en wat in daardie sertifikaat opsetlik iets verklaar wat vals is, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met die straf wat vir die misdryf van meineed voorgeskryf is.

Die opinie van ‘n deskundige, net soos in die geval van ‘n leek, is toelaatbaar indien dit relevant is.488 Relevansie moet egter nie verbind word met verskillende kategorieë van getuienis of uitsonderings nie.489

488

Meintjes-Van der Walt 2000(c):772; Schmidt en Rademeyer 2006:459 – As die praktyk in

oënskou geneem word, blyk dit dat opiniegetuienis eerder in die reël toelaatbaar as ontoelaatbaar is. Dit is ook geensins ’n ongewenste situasie nie. In beginsel behoort ’n opinie toelaatbaar te wees as dit relevant is, dit wil sê as dit tot ’n juiste feitebevinding kan bydra. Aan die ander kant moet darem ook sorg gedra word dat ’n misleidende opinie nie ontvang word nie. In die praktyk het deur die jare sekere riglyne, wat as

Dit is ’n buigsame begrip wat op logika en ondervinding gebaseer is.490

Dit is egter verkeerd om na sommige getuies te verwys as deskundige en ander as nie-deskundig, aangesien alle getuies wat gevra word om ‘n opinie te lewer, as ’n deskundige geag kan word, bloot omdat hy gevra word om ‘n opinie te lewer vanweë sy ondervinding of vaardigheid op die betrokke gebied. Vir praktiese doeleindes is dit nuttig om tussen twee tipes ondervinding te onderskei, naamlik:491

• Ondervinding wat verkry word vanuit algemene ondervinding, met ander woorde dit wat algemeen tussen alle mense is.

toelaatbaarheidsvereistes bestempel kan word, ontwikkel. Van hierdie vereistes is onder meer dat die getuie bevoeg moet wees om ’n opinie oor die betrokke onderwerp uit te spreek.

489

Zeffertt ea 2003:219-222 – Relevance is essentially a matter of reason and common sence.

The degree of relevancy which the law requires is not a uniform standard. Relevance, as the law sees it – or should see it – is a function of two variables of which logical relevance, “the tendency in reason to prove any material matter”, according to common-sensible, present- day standards, based on experience, is but one. The other is the extent to which the reception of the evidence is for various reasons undesirable; Schmidt en Rademeyer

2006:387 – ‘n Aantal skrywers beskou relevantheid as ‘n vereiste wat apart staan van

toelaatbaarheid. Dit is wel waar dat die vraag of getuienis relevant is, beantwoord word deur eenvoudig te kyk of die getuienis, indien toegelaat, redelikerwys daartoe kan bydra om die feit wat in geskil is te bewys of te weerlê (’n leek kan dit gewoonlik doen), terwyl die vraag of getuienis byvoorbeeld hoorsê is, die toepassing vereis van dié regsreëls wat toelaatbare en ontoelaatbare hoorsê definieer.

490

Du Toit ea 2004 (31):24-27 § 212; In die saak van R v Matthews 1960 (1) SA 752 A:758B verklaar Appèlregter Schreiner die volgende: Relevancy is based upon a blend of logic and

experience lying outside the law.

491

Du Toit ea 2004 (31):24-27- § 212. The importance of this distinction is that special

experiential capacity – unlike general experiential capacity – must be satisfactorily established before the testimony of the expert witness may be received.

• Ondervinding wat spesiaal uit een of ander vorm van opleiding verkry is.

Meintjes-Van der Walt 492 meen egter dat die persoon ook nie noodwendig sodanige deskundigheid op te gedoen het in ‘n bepaalde professie nie, solank as wat die deskundige voldoende kennis uit ondervinding opgedoen het.

Dit is egter nie die omvang van die getuienis wat deurslaggewend is nie, maar wel die gewig wat daaraan toegeken word. Die gewig wat aan sodanige getuienis geheg word, is van die volgende faktore afhanklik, naamlik:493

• Die getuie se eerstehandse kennis van die gebeure.

• Die omvang van sy ondervinding met soortgelyke deskundige velde.

• Die rol of aansien wat hy op sy deskundige gebied het.

• Die standaard van die navorsingsmateriaal waarop sy opinie gebaseer is.

• Die voorsittende beampte se siening met betrekking tot die deeglikheid van die getuie se ondersoeke.

• Die betroubaarheid van die deskundige.

• Die indruk wat die getuie by die hof gemaak het met betrekking tot sy eerlikheid en betroubaarheid. 492 2000(c):773. 493 Reynolds en King 1992:23.

In Holtzhauzen v Roodt494 het Regter Satchwell die relevante beginsels vir die toelaatbaarheid van ‘n deskundige se opinie soos volg opgesom:

• Die hof moet ter aanvang bepaal of die aangeleentheid waarmee hy gekonfronteer word, wel spesiale kennis en vaardigheid vereis ten einde ‘n bevinding te kan maak.

• Die voorsittende beampte moet besluit of die getuie oor genoeg vaardigheid, opleiding en/of ondervinding beskik om hom as ‘n deskundige op die betrokke gebied uit te maak.

• Die deskundige moet redes vir sy opinie verskaf.

• Die deskundige se opinie moet relevant wees vir die aangeleentheid voor die hof. Dit is die uitsluitlike taak van die hof om hieroor te beslis.

• Opiniegetuienis behoort nie die funksie van die howe te oorskadu nie.495

494

Holtzhauzen v Roodt 1997 (4) SA 766 W; Raulinga 2002:2; In die saak van S v Mokgiba 1999 (1) SASV 534 O het Regter Edeling bevind dat ‘n geneesheer nie gekwalifiseerd was

om ‘n opinie te lewer nie aangesien hy nie ‘n ballistiese deskundige was nie. Die geneesheer het verder geen redes vir sy opinie verskaf nie. Sy siening is derhalwe as blote spekulasie deur die hof beskou. Die feite was kortliks die volgende, die appellant is in ‘n streekhof skuldig bevind aan moord. Uit die getuienis het dit geblyk dat die appellant en ’n vrou waarmee hy saamgewoon het een nag in hul sinkhuisie geslaap het, toe iemand aan die struktuur begin kap het. Die appellant het die deur oopgemaak en die oorledene buitekant gewaar. Die oorledene het niks gesê nie, en die appellant het die deur vinnig toegemaak. Daarna het hy ’n waarskuwingskoot afgevuur wat die oorledene noodlottig getref het.

495

Zeffertt ea 2003:293 - R v Theunissen 1948 (4) SA 43 C which are authority for the

proposition that a witness cannot ‘usurp’ the function of the court by giving his or her opinion on the very question that the court has to decide; R v Jacobs 1940 TPD 142:146-147 - Judicial officers should be careful, therefore, not to allow the opinion of witnesses to take the place of their own findings of fact; S v Nthati en ‘n Ander 1997 (1) SASV 90 O - Die hof moet

Opiniegetuienis is in die algemeen ontoelaatbaar tensy dit deur ‘n deskundige gegee word.496

Appèlregter Hoexter het in die beslissing van S v Adams497 die vereistes vir toelating van deskundige getuienis uiteengesit, naamlik:498

• Die vereiste dat die getuie bevoeg moet wees om ‘n opinie oor die betrokke onderwerp te lewer.

• Die vereiste dat die getuie gronde vir sy opinie moet aanstip.

• ‘n Hof is nie gebonde aan ’n opinie van ‘n getuie nie en ‘n getuie, hetsy ‘n deskundige of nie, moet die feite waarop sy opinie berus, weergee.