• No results found

HISTORIESE ONTWIKKELING VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

2.5 Historiese ontwikkeling in Duitsland

Met die resepsie197 het die Romeinse reg inderdaad die gemenereg van Duitsland geword.198 Voor die 14de eeu was daar geen Universiteit in Duitsland nie en regstudente is in Italië en Frankryk opgelei. 199 Derhalwe het hierdie studente ’n grondige kennis van die Kanonieke en Romeinse reg gehad, maar nie van die Duitse reg nie. In 1495 is ’n opperste appèlhof, die sogenaamde Reichskammergericht, vir die hele Ryk ingestel.200 Hierdie hof het uit agt opgeleide juriste en agt lede wat tot die ridderstand behoort het, bestaan.201 Die Reichskammergericht moes die Romeinse reg toepas tensy ’n litigant kon aantoon dat die Romeinse reg op ’n bepaalde punt nie geresipieer is nie, maar dat die ou Duitse reg op die geval van toepassing was.202 Daar was onder Duitse juriste ’n opvatting dat die Romeinse reg in die Ryk van toepassing sou wees.203

Dit was veral Hugo de Groot se werke oor die Volkereg, waarin hy die natuurreg op die menslike rede baseer, wat verantwoordelik was vir ’n

197

De Vos 1992:61 - Met die begrip resepsie word gewoonlik bedoel die oorname en absorbering, in ’n mindere of meerdere mate, van Romeins-regtelike beginsels en instellings in gebiede wat, oor die algemeen, reeds oor reg – minstens in die vorm van gewoontereg - beskik. 198 De Vos 1992:97. 199 De Vos 1992:99. 200 De Vos 1992:101. 201 De Vos 1992:101. 202 De Vos 1992:101. 203 De Vos 1992:102.

herlewing van die Natuurreg.204 De Vos205 meen dat die natuurregskool van die 17de en 18de eeue heelwat blywende waarde het alhoewel die basiese uitgangspunt van die Natuurreg volgens De Vos vals is. De Vos206 meen in hierdie verband dat dit nie moontlik is vir ’n mens om ’n volkome en volmaakte regstelsel wat van nature op almal bindend moet wees as’t ware kan ontdek deur net te gaan sit en dink oor wat klaarblyklik billik en redelik is nie.

Hierna vind ons ’n belangstelling in die Duitse reg van Germaanse oorsprong. Die Germaniste het hulle op die Germaanse reg se geskiedenis toegespits.207 Die Germaniste het tog ’n invloed op die ontwerp van die Deutsche Bürgerliches Gesetzbuch gehad.208 Von Savigny was egter die vader van die Historiese Skool oftewel die Skool van die Pandektiste en het ’n nuwe benadering tot die reg in Duitsland ingelui. 209 Von Savigny was van mening dat die reg deur die volksgeist geskep word.210 Die verteenwoordigers van hierdie skool het die regswetenskap in Duitsland in die 19de eeu tot ’n hoogtepunt gevoer.211

204

De Vos 1992:106 – Die publikasie van Hugo de Groot se beroemde werk oor die Volkereg,

De Jure Belli ac Pacis Libri Tres in quibus Jus Naturae et Gentium, item Juris Publici praecipua explicantur in 1625 was ’n mylpaal in die geskiedenis van die Natuurreg.

205

1992:109 - Die Natuurregskool het byvoorbeeld die weg vir verskillende kodifikasies van die Wes-Europese reg gebaan en op politieke gebied het dit groot invloed gehad.

206 1992:107. 207 De Vos 1992:112. 208 De Vos 1992:113. 209 De Vos 1992:116. 210 De Vos 1992:116. 211 De Vos 1992:117.

Hulle het veral die Corpus Iuris Civilis bestudeer om sodoende ’n verbeterde Duitse gemene reg te skep.212

Na die unifikasie van Duitsland is daar besluit om ’n Burgerlike Wetboek vir die hele Ryk op te stel.213 Die Deutsche Bürgerliches Gesetzbuch het op 1 Januarie 1900 in werking getree.214

Casper ea215 is van mening dat die Schwurgericht, oftewel die jurie, in 1924 reeds verdwyn het. Die destydse nie-professionele regters, oftewel die schöffengericht, het die jurie vervang. Twee schoffen het voortaan saam met een professionele regter in die verhoor voorgesit. Hulle het oor dieselfde stemreg rakende skuld en vonnis as die professionele regter beskik.216 Aanvanklik was die schöffengericht se jurisdiksie beperk tot die Polizeistrafsachen oftewel minder ernstige misdade.217

2.5.1 Strafsake

Vervolgens sal die proses wat tydens strafverhore gevolg is, bespreek word. 212 De Vos 1992:118. 213 De Vos 1992:123. 214 De Vos 1992:124. 215

1972:135 – Die Duitse jurie het ietwat ongesiens in 1924 verdwyn.

216

Casper ea 1972:138.

217

By die aanvang van ’n strafsaak sal die beskuldigde gewoonlik sy persoonlike besonderhde aan die hof voorhou. 218 Dit is die sogenaamde über seine persönliche Verhältnisse.219 Die voorsittende beampte word verbied om vrae met betrekking tot die beskuldigde se vorige veroordelings in hierdie stadium aan hom te stel.

Die aanklaer sal hierna die aanklag aan die beskuldigde stel. Tensy die beskuldigde sy swygreg uitoefen, sal die aanklaer van die beskuldigde vereis om op die aanklag te antwoord. Hierdie fase staan as die

Vernehmung des Aangeklagten zur Sache bekend.220

Die beskuldigde sal gewoonlik `n gedetailleerde verklaring gee. Tydens hierdie fase sal die voorsittende beampte vrae aan die beskuldigde stel om enige onduidelikhede uit die weg te ruim. Indien die beskuldigde sy swygreg uitoefen, word geen benadelende afleiding daaruit gemaak nie.221

Hierna volg die Beweisaufnahme-fase.222 Dit is gewoonlik die fase waartydens getuienis aangebied word.223 Hierna word getuies geroep, waaronder ook deskundige getuies oftewel die Sachverständige, en die beskuldige kan ook self getuig. Hierdie prosedure het verskeie voordele, deurdat dit aan die beskuldigde die geleentheid bied om

218 Du Plessis 1988:306. 219 Du Plessis 1988:306. 220 Du Plessis 1988:306. 221 Du Plessis 1988:306. 222 Du Plessis 1988:306. 223

getuies224 te ondervra225 en hy word derhalwe die geleentheid gebied om op die getuienis te reageer. In praktyk kan dit die vorm van ’n gesprek tussen die voorsittende beampte en die beskuldigde of selfs tussen die voorsittende beampte, die beskuldigde en die getuie aanneem.226

Du Plessis227 meen dat hierdie ’n uitstekende prosedure is in die soeke na die waarheid. Alhoewel daar voorsiening gemaak word dat getuies ingesweer word, gebeur dit selde.228 Getuies word egter gewaarsku dat hul van meineed aangekla en daaraan skuldig bevind kan word indien hul leuens sou vertel. Dit is interessant dat hierdie waarskuwing geld vir getuienis wat valslik gegee is wetende dat sodanige getuienis vals is, asook getuienis wat onnadenkend valslik is. Dit is die sogenaamde

fahrlässige Meineid. 229 Die aflegging van die eed, oftewel die

beeidigung, geskied gewoonlik ook nadat die getuienis afgelê is.230 Die inkwisitoriese aard van hierdie regstelsel is veral sigbaar in die aktiewe rol wat die voorsittende beampte in die ondervraging van die getuies

224

Du Plessis 1988:308 - Die voorsittende beampte bepaal watter getuies geroep word. This

saves the time of witnesses and also results in the courts having a tidier appearance than South African courts.

225

Du Plessis 1988:307 - One feature of the German criminal procedure which most South

African practitioners would not like at all is that the accused is also allowed to question witnesses. Allowing an accused to question witnesses could be as dangerous as giving an infant razor blades to play with.

226

Du Plessis 1988:306; Langbein 1985:831 - German civil proceedings have the tone not of

the theatre, but of a routine business meeting – serious rather than tense.

227 1988:306. 228 Du Plessis 1988:306-307. 229 Du Plessis 1988:307. 230 Du Plessis 1988:307.

speel.231 Hierdie is in kontras met die Engelse proses waar die hof deurgaans ’n passiewe rol vervul.232

Die voorsittende beampte sal die getuie lei asook ondervra en kruisondervra en, indien nodig, die beskuldigde vra om kommentaar hierop te lewer, die beskuldigde weer ondervra en die getuies vra om op die beskuldigde se kommentaar te reageer. Na afloop van sy ondervraging sal die voorsittende beampte die ander beamptes, die aanklaer,233 die teenkant en die deskundige getuie die geleentheid gee om dieselfde te doen.234

Du Plessis235 is glad nie met dié kruisondervraging beïndruk nie en merk as volg op:

The impression gained was that in Germany cross-examination is not the art which it is in the Anglo-American countries.

231

De Vos 1988:216 - Volgens die Anglo-Amerikaanse tradisie speel die hof in beginsel ‘n passiewe rol. Die Kontinentale tendens, aan die ander kant, is om ’n meer aktiewe rol aan die hof toe te sê; Ryan 2003:284 - The inquisitorial system is that adopted in many European

jurisdictions. The judiciary plays an active and proactive part and is involved in the examination and questioning of witnesses.

232

Ryan 2003:284; Du Plessis 1988:307 - … and is directly actively involved in about 80% of

the proceedings, besides keeping a watchful and controlling eye over the rest; Erasmus

1991:265 - Die Suid-Afrikaanse howe is meer passief. … the adversary character of the

system and the predominant role of the parties in the conduct of the litigation, the passive and neutral role of the court, and the orality, immediacy and publicity of its proceedings.

233

Du Plessis 1988:308 - Die aanklaer vervul ‘n passiewe rol, deurdat dit sy funksie is om toe te sien dat die getuienis in die korrekte perspektief voor die hof geplaas word.

234

Du Plessis 1988:307.

235

Deskundige getuies word slegs toegelaat om vrae aan die getuie te stel wat met sy besondere vakgebied verband hou.236 Afgesien van die voorreg wat die beskuldigde het om ’n getuie te ondervra, kan hy ook die hof toespreek aan die einde van die verhoor.237

2.5.2 Siviele sake

Vervolgens sal die proses wat tydens siviele verhore gevolg is, bespreek word.

Die Zivilprozessordnung (ZPO)238 is in 1877 kort na die totstandkoming

van die Duitse Ryk verorden.239 Hierdie prosedure het aan partye die bevoegdheid verleen om die inhoud van hul saak te bepaal en te bestuur.240

Tydens die 26ste en die 33ste Duitse Regskongres, wat onderskeidelik in 1902 en 1924 gehou is, is moontlike maniere om verhore te bespoedig bespreek in die lig van die funksie van die hof.241 Tydens hierdie kongres is die drie funksies van die howe as volg omskryf, naamlik: 242

… to clarify unclear statements, to translate the party’s allegations (which may have been articulated in laymen’s language) into

236 Du Plessis 1988:307. 237 Du Plessis 1988:307. 238 http://www.law.umn.edu/library/tools/pathfinders/germanlaw98.html Op 2007/09/12. 239 Gottwald 1983:687. 240 Gottwald 1983:687. 241 Gottwald 1983:687-688. 242 Gottwald 1983:690.

precise legal terms, and to point out relevant and irrelevant allegations and proof.

In 1955 is weereens ondersoek ingestel na die vertraging van verhore.243 Dit was veral professor Fritz Baur se aanbevelings wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van die Stuttgart Model.244

Gottwald245 beskryf die Stuttgart Model as volg:

The basic idea of the model is the turning away from a succession of formal hearings to prepared pleadings and the restoration of a genuine oral main hearing (trial), as in the criminal procedure.

Die Stuttgart Model is gunstig deur die howe ontvang en is in die wysiging van die Duitse siviele prosesreg deur die Bundesgesetzblatt van 3 Desember 1976, wat op 1 Julie 1977 in werking getree het, opgeneem.246

Langbein 247 meen dat die Duitse howe die hulp van deskundige getuienis inroep op dieselfde wyse as wat die Amerikaners deskundige hulp vir byvoorbeeld hul besigheids- of persoonlike probleme verkry. Hiervolgens sal ’n deskundige wat voldoende gekwalifiseerd is en wat op ’n objektiewe manier kan adviseer, ingeroep word om te getuig. ’n Verdere vereiste is dat die deskundige se advies oortuigend moet wees

243 Gottwald 1983:692. 244 Gottwald 1983:692. 245 1983:693. 246 Gottwald 1983:693. 247 1985:837.

alvorens dit gevolg sal word.248

Dit is vir die Duitse howe om te bepaal of die deskundige se hulp ingeroep moet word tydens die verhoor. Die howe sal ’n deskundige uitverkies en hom opdrag gee om te getuig indien sy getuienis ’n bydra kan lewer tot die oplossing van die geskil.249

Die Zivilprozessordnung (ZPO) §404(I)250 magtig die howe om van deskundiges gebruik te maak of om van deskundiges gebruik te maak indien een van die partye so `n versoek rig. In terme van die

Zivilprozessordnung (ZPO) §404(III)251 mag die howe die partye versoek

248 Langbein 1985:837. 249 Langbein 1985:837. 250

Langbein 1985:837; Zivilprozessordnung ZPO. Ausfertigungsdatum: 12.09.1950. Vollzitat: Zivilprozessordnung in der Fassung der Bekanntmachung vom 5. Dezember 2005 (BGBl. I S. 3202; 2006 I S. 431), zuletzt geändert durch Artikel 3 Abs. 6 des Gesetzes vom 26. März 2007 (BGBl. I S. 370) Stand: Neugefasst durch Bek. v. 5.12.2005 I 3202; 2006 I 431, zuletzt geändert durch Art. 3 Abs. 6 G v. 26.3.2007 I 370.

§ 404 Sachverständigenauswahl

(1) Die Auswahl der zuzuziehenden Sachverständigen und die Bestimmung ihrer Anzahl erfolgt durch das Prozessgericht. Es kann sich auf die Ernennung eines einzigen Sachverständigen beschränken. An Stelle der zuerst ernannten Sachverständigen kann es andere ernennen.

(2) Sind für gewisse Arten von Gutachten Sachverständige öffentlich bestellt, so sollen andere Personen nur dann gewählt werden, wenn besondere Umstände es erfordern.

(3) Das Gericht kann die Parteien auffordern, Personen zu bezeichnen, die geeignet sind, als Sachverständige vernommen zu werden.

(4) Einigen sich die Parteien über bestimmte Personen als Sachverständige, so hat das Gericht dieser Einigung Folge zu geben; das Gericht kann jedoch die Wahl der Parteien auf eine bestimmte Anzahl beschränken.

251

om deskundiges te nomineer of die hof kan enige deskundige, waarop die partye ooreengekom het, gebruik. In die algemeen sal die howe ’n deskundige nomineer en self uitkies.252

Hierdie diskresie van die howe om ’n deskundige te kan kies word deur

Zivilprozessordnung (ZPO) §404(II) beperk deurdat daar spesiale

omstandighede moet bestaan alvorens deskundiges gebruik word wat nie amptelik afgevaardig is nie.253

Wetgewing magtig die amptelike en gelisensieerde professionele liggame om ‘n lys van deskundiges saam te stel en onder voorsittende beamptes te sirkuleer. So magtig die Gewerbeordnung (GewO) handelskamers om deskundiges op die gebied van die handel en nywerheid, die Industrie- und Handelskammern, te identifiseer.254

Langbein255 meen dat regters in die uitoefening van hul keuse van deskundige veral deur hul vorige ondervinding met die deskundige as getuie beïnvloed word. Dit sal derhalwe in ’n deskundige se guns tel indien hy tydens ’n vorige verhoor ’n goeie indruk op die regter gemaak het.

Someone who renders a careful, succinct, and well-substantiated report and who responds effectively to the subsequent questions

252 Langbein 1985:837. 253 Langbein 1985:837. 254 Langbein 1985:838. 255

1985:838 - When judges lack personal experience with appropriate experts, I am told, they

turn to the authoritative lists described above. If expertise is needed in a field for which official lists are unavailing, the court is thrown upon its own devices.

of the court and the parties will be remembered when another case arises in his specialty.256

2.6 Samevatting

Die deskundige getuie se verslag speel ’n groot rol. Die howe sal ’n verslag257 wat ‘n deeglike, bondige en gestaafde opinie bevat, gunstig oorweeg.258

Die Zivilprozessordnung (ZPO) §412(I) verleen aan die howe die bevoegdheid om ’n verdere verslag van ’n ander deskundige te bekom indien die eerste verslag onvoldoende is. 259

Uit bogenoemde blyk dit duidelik dat die Engelse sowel as die Duitse regsreëls met betrekking tot deskundige getuienis, soos wat dit deur die howe toegepas is en uit die voorgaande regspraak blyk, ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg gespeel het.

Dit is opvallend hoe die funksie van die voorsittende beampte tydens die hofverrigtinge in hierdie lande verskil. Die voorsittende beampte se benadering tot byvoorbeeld die ondervraging van die deskundige getuie

256

Langbein 1985:838.

257

Langbein 1985:839 - ZPO § 411(I) authorizes the court to require the expert to report in

writing. The language of the statute may make this look exceptional (if a written report is ordered). But in practice ordering the report is quite the norm.

258

Langbein 1985:838.

259

en die klem wat op die deskundige se verslag geplaas word, verskil grootliks in bogenoemde lande.

HOOFSTUK 3