• No results found

Ontwikkeling ná Republiekwording op 30 Mei

HISTORIESE ONTWIKKELING VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

2.3 Historiese ontwikkeling in Suid-Afrika

2.3.5 Ontwikkeling ná Republiekwording op 30 Mei

Die Wet op Bewyslewering 14 van 1962 het die hervormings van die Engelse reg met betrekking tot dokumentêre getuienis ingevoer.158 Die

Wet op Bewysleer in Siviele Sake159 is aangeneem om eenvormigheid teweeg te bring.

2.3.5.1 Strafsake

Vervolgens sal die proses wat tydens strafverhore gevolg is, bespreek word.

’n Beskuldigde kon ingevolge twee verskillende prosesse vervolg word.160 Die eerste manier was ingevolge die sogenaamde Ordinary

Process en die tweede manier was ingevolge die sogenaamde Extraordinary Process. Die eerste wyse is gevolg in die geval waar die

beskuldigde die pleging van die misdaad ontken het of die getuienis

156

Schmidt en Rademeyer 2006:13.

157

Schmidt en Rademeyer 2006:13; Zeffertt ea 2003:8 – Die Strafproseswet 56 van 1955 is op sy beurt vervang deur die Strafproseswet 51 van 1977.

158

Schmidt en Rademeyer 2006:13-14 - Na `n grondige ondersoek het die South African Law

Reform Commission in 1988 ‘n aantal belangrike veranderings aan sowel die siviele as

strafbewysreg aanbeveel. Dié is opgeneem in die Wysigingswet op die Bewysreg 45 van

1988.

159

Wet 25 van 1965 - Schmidt en Rademeyer 2006:14.

160

onvoldoende was vir ’n skuldigbevinding. Die tweede manier is gevolg waar die beskuldigde die pleeg van die misdaad erken het en dit deur getuienis gestaaf kon word. 161 Met betrekking tot regsverteenwoordiging het ’n beskuldigde nie die reg op regsverteenwoordiging gehad nie. Hierdie voorreg sou slegs aan die beskuldigde toegeken word indien die voorsittende beampte van oordeel was dat dit noodsaaklik was.162

Die beskuldigde is binne ’n tydperk van vier-en-twintig uur van sy arrestasie voor die hof gebring. ’n Voorlopige ondersoek was deur twee heemrade gedoen. Die beskuldigde is na afloop van hierdie voorlopige ondersoek na Kaapstad vir sy verhoor gestuur.163 Somtyds het dit gebeur dat daar onvoldoende getuienis vir ’n skuldigbevinding was. In so geval kon die beskuldigde aansoek doen om vrylating, die sogenaamde handtasting. Die beskuldigde sou in so geval die hand van die President van die Hof neem en plegtig beloof dat hy weer in die hof sou verskyn indien hy weer gedagvaar sou word.164

Verhore het as volg verloop: nadat die Fiskaal die eisch en conclusie aan die hof voorgehou het, is die uitspraak van die regters gegee. Die opinies en redes vir die uitspraak is nie bekend gemaak nie. Geen vonnis is uitgedien alvorens die Goewerneur sy fiat gegee het nie.

161 Bodenstein 1915:322-323. 162 Bodenstein 1915:323. 163 Bodenstein 1915:323. 164 Bodenstein 1915:323.

Eers nadat die fiat bekragtig is, is die vonnis uitgedien.165

Gedurende die 17de en 18de eeu is strafsake in die Court of Justice verhoor wat in Kaapstad gesetel was.166 Hierdie hof was die hoogste hof in die kolonie en het uit elf lede bestaan.167 Hierdie lede het as regters en as jurielede opgetree.168 Die Romeins-Hollandse reg het die basis van die beslissings gevorm.

Bodenstein meen dat daar gewoonlik in die uitspraak na die Justiniaanse Corpus Iuris Civilis verwys is asook na Grotius,169 Voet,170 Huber171 en Van Leeuwen.172 In die Nederlande het die Romeinse reg ‘n aanvullende rol gespeel en dieselfde het vir die reg aan die Kaap gegeld.173 Tot in die 18de eeu was die strawwe wreed174 en die pynbank

165 Bodenstein 1915:323. 166 Bodenstein 1915:319. 167 Bodenstein 1915:319. 168 Bodenstein 1915:319. 169

De Vos 1992:171,180 - De Groot was ongetwyfeld die belangrikste Nederlandse regsgeleerde.

170

De Vos 1992:189 - Sonder twyfel was Voet die grootste Hollandse regsgeleerde na De Groot.

171

Bodenstein 1915:341; Visagie 1963:152-153 - Ulrich Huber, een van die sewentiende-eeuse skrywers oor die reg van Friesland, en veral na sy Heedendaegse Rechts-Geleertheyt, soo

elders, als in Frieslant gebruikelyk.

172

Bodenstein 1915:341; Visagie 1963:151 - Onteenseglik is dit Simon van Leeuwen wat die meeste as outoriteit voor die Raad van Justisie aangehaal is.

173

Visagie 1963:153; Bodenstein 1915:325 – ‘n Misdaad wat algemeen voorgekom het, was die vervalsing van geld. Die straf vir hierdie misdaad was die verbanning uit die Kolonie.

174

Bodenstein 1915:322 - The degree of torture seems to have varied. The accused was

het ‘n belangrike rol gespeel.175

2.3.5.2 Siviele sake

Vervolgens sal die proses wat tydens siviele verhore gevolg is, bespreek word.

Erasmus176 meen dat die Suid-Afrikaanse siviele reg onafhanklik van die Engelse reg ontwikkel het. Die Supreme Court of the Colony of the

Cape of Good Hope was by magte om Reëls vir die praktyk en

pleitstukke van siviele verhore op te stel.177 Die eerste Reëls is onderskeidelik op 1, 24 en 31 Januarie 1828 asook 27 en 31 Maart 1828 gepromulgeer. 178 Hierdie Reëls het vir die aksie- en die aansoekprosedure voorsiening gemaak.179 Reëls 6 en 41 het vir die aansoekprosedure voorsiening gemaak en is op 1 Januarie 1828 gepromulgeer.180 Die Reëls met betrekking tot die aksieprosedure is op 1 Februarie 1828 gepromulgeer.181

Die Romeins-Hollandse reg is reeds voor die anneksasie van Transvaal

were attached to his great toes. These weights varied according to the degree of torture. The use of torture against persons suspected of crimes was abolished at the Cape in 1797.

175 Visagie 1967:13. 176 1991:266. 177 Erasmus 1991:269. 178 Erasmus 1991:269. 179 Erasmus 1991:269. 180 Erasmus 1991:269. 181 Erasmus 1991:269.

deur die Engelse reg verdryf. 182

De Vos183 merk tereg op dat ná Uniewording, die invloed van die Engelse reg gaandeweg verdwyn het. Tog is dit noodsaaklik om, met spesifieke verwysing na die bewysreg, na die Romeins-Hollandse reg te verwys aangesien hul op daardie stadium reeds ’n duidelike onderskeid tussen die begrippe laws en fact getref het.184 Nederlandse juriste was van mening dat feite bewys moes word, terwyl dit onnodig was om die inhoud van wetgewing te bewys. Slegs indien dit ’n feitevraag was wat verband gehou het met ’n wet, byvoorbeeld by ’n vraag of ’n sekere wet wel gepromulgeer was, was bewyslewering noodsaaklik.185