• No results found

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

3.5 Aanbied van deskundige getuienis

3.5.1 Suid-Afrika

Deskundige getuienis word gewoonlik op die volgende maniere aangebied, te wete:449

• Deskundige opinie wat op feite voor die hof gebaseer is.

• Deskundige getuienis om tegniese aspekte of tegniese terme te verduidelik.450

• Feitelike getuienis wat die waarneming en omskrywing van ‘n deskundige vereis.

449

Hodgkinson 1990:14-15.

450

S v Melrose 1985 (1) SA 720 ZS:724G-I,725A - Both this Court and the High Court have said repeatedly how important it is, particularly in a case of any seriousness, that the doctor be called to amplify and explain the contents of his report and generally to assist the court in an assessment of the nature and seriousness of the injuries and the inferences to be drawn from the presence or absence, as the case may be, of injuries.

• Getuienis met betrekking tot die feite wat nie noodwendig omskrywing en waarneming van ‘n deskundige vereis nie, maar wel nodig is vir die ander vier moontlikhede.

• Toelaatbare hoorsêgetuienis van ’n spesialiteitsaard.

Dit is nie die opinie van die deskundige self wat deurslaggewend is nie, maar wel sy vermoë om die hof te oortuig dat, as gevolg van die spesiale vaardigheid, opleiding of ondervinding waaroor hy beskik, sy opinie deur die hof aanvaar moet word.451

Appèlregter Schreiner het egter in R v Nksatlala452 gewaarsku dat ‘n hof

nie deskundige getuienis blindelings moet aanvaar nie. Dit is die hof se plig om self te besluit of hy sodanige getuienis gaan aanvaar of gaan verwerp. Indien die howe sodanige getuienis aanvaar, behoort hy gevolg daaraan te gee.

In die beslissing van S v Nyathe453 het Regter van Coller ook gewaarsku dat die opinies van deskundiges nie blindweg aanvaar moet word nie. Dit wil egter vookom asof die howe ‘n streng benadering volg ten opsigte

451

Menday v Protea Assurance Co. Ltd. 1976 (1) SA 565 E:569; Meintjes-Van der Walt

2000(c):772 - Deskundige getuienis sal oor die algemeen aanvaar word indien die persoon wat dit aanbied oor spesiale kennis, opleiding of ondervinding beskik wat hom in staat stel om inligting te verskaf en ‘n opinie te lug wat in die algemeen nie tot beskikking van die gewone man is nie.

452

R v Nksatlala 1960 (3) SA 543 A:546.

453

S v Nyathe 1988 (2) SA 211 O:214J-215D. Die beskuldigde is in ‘n landdroshof aan

huisbraak met die doel om te steel en diefstal skuldig bevind. Die enigste getuienis wat die beskuldigde met die misdaad verbind het, was getuienis aangaande vingerafdrukke. Vingerafdrukke is op die misdaadtoneel gelig met folien en deur ’n vingerafdrukdeskundige

van die toelaatbaarheid van opiniegetuienis.

Die Appèlhof het egter in die beslissing van R v Vilbro and Another454 beslis dat dit bloot ‘n wyse is waarop tyd bespaar en verwarring uitgeskakel kan word.455 Derhalwe word die boodskap aan die getuie oorgedra dat die hof oor dieselfde inligting beskik as die getuie self en dat die getuienis self geen waarde vir die hof het nie en derhalwe nutteloos is.

In bogenoemde beslissing was die regsvraag of die persoon wel tot ‘n sekere ras behoort het. Die hof meen egter dat dit geen nut kan hê indien ‘n persoon bloot geroep word om na die betrokke persoon te kyk en hom dan te klassifiseer as behorende tot ‘n spesifieke ras nie, maar

vergelyk met ’n stel vingerafdrukke wat die beskuldigde se naam gedra het. ’n Hofkaart met vergrotings van die vingerafdrukke is ingehandig en die deskundige het getuig dat hulle identies was. Hy het tien punte van ooreenstemming gevind terwyl die howe aanvaar dat sewe punte genoegsaam is om identiteit bo redelike twyfel te bewys. Die persoon wat die vingerafdrukke geneem het, is egter nie geroep om getuienis te gee nie maar die vingerafdrukdeskundige het die oggend van die verhoor die beskuldigde se vingerafdrukke geneem en vergelyk. Die hof was hier bemoeid met die vraag rakende die toelaatbaarheid van ‘n vingerafdrukdeskundige se opinie. Dit is egter nie vir die hof nodig om self ‘n opinie oor die punte van ooreenstemming te gee nie. Die hof beskik nie oor die nodige opleiding, spesiale studie en tegniese kennis wat daarvoor nodig is nie. Dit is derhalwe nodig dat die deskundige die aard van die punte van ooreenstemming moet verduidelik. Hierdie ondersoek is nie daarop gerig om self die punte van ooreenstemming te bepaal nie, maar om tevredenheid te verkry dat die deskundige se mening met veiligheid aanvaar kan word. Indien die hof aan die hand van die deskundige se verduideliking die punte van ooreenstemming kan bepaal, sal die hof meer geredelik tot die bevinding kom dat die deskundige se opinie met veiligheid aanvaar kan word.

454

R v Vilbro and Another 1957 (3) SA 223 A:228D.

455

daar is wel persone wat aan die hof hulp kan verleen456 en oor die toepaslike ondervinding beskik.457 In Ruto Flour Mills Ltd. v Adelson458 het die hof die opinie van ‘n rekenmeester toegelaat. Sy opinie was gebaseer op die interpretasie van rekenkundige verslae van die betrokke onderneming. Die rede vir die toelating van sodanige opinie deur Regter Boshoff was vanweë die feit dat sodanige persoon, juis as gevolg van sy opleiding en ondervinding in die verskeie fasette van ‘n onderneming, oor beter oordeelsvermoë as die hof beskik het en dat hy in ‘n beter posisie as die betrokke verhoorhof was om afleidings te maak en tot ‘n gevolgtrekking te kon kom.459

Du Toit ea 460 is egter van mening dat die hooffunksie van opiniegetuienis die volgende is:

The chief function, viz the exclusion of supererogatory evidence.

456

R v Vilbro and Another 1957 (3) SA 223 A:228G - But there would ordinarily be people who could be of great assistance to the court. There may be people who have had a reason to apply their minds specially to the question of distinguishing the races.

457

R v Vilbro and Another 1957 (3) SA 223 A:228H. In hierdie uitspraak het die deskundige

getuie beweer dat - I have considerable experience – since 1912 – of considering whether a

child should be admitted to a particular school or not.

458

Ruto Flour Mills Ltd. v Adelson (1) 1958 (4) SA 235 T - In hierdie saak het die eiser ‘n bedrag

van £4 230, 7s. 11d. skadevergoeding geëis as gevolg van vermeende bedrog. Hierdie aksie volg nadat die verweerder namens die maatskappy meel aangekoop het gedurende Mei en Julie 1955. Die eiser het aangevoer dat die verweerder bewus was van die feit dat die maatskappy insolvent was gedurende bogenoemde tydperk. Die eiser het getuienis van ’n rekenmeester aangebied en die hof moes beslis oor die vraag of sodanige opinie deur die hof aanvaar of verwerp moes word.

459

Ruto Flour Mills Ltd. v Adelson (1) 1958 (4) SA 235 T:237H.

460

Die reël word in die algemeen as ‘n uitsluitingsreël beskou wat onderworpe is aan ‘n lys uitsluitings wat insluit deskundige getuienis en verskeie ander kategorieë van nie-deskundige getuienis oor aangeleenthede soos identifikasie, ouderdom en waarde.461

Dit wil egter voorkom asof ‘n getuie wel mag getuienis lewer met betrekking tot die feite waarvan hy bewus is, maar dat hy nie toegelaat word om ‘n opinie wat op sodanige feite gebaseer is, te lewer nie.462

Die toepassing van die insigte soos uiteengesit in die beslissing van R v

Vilbro and Another463 blyk duidelik uit die beslissing van S v Nel464 en waarin bevind is dat die deskundige se psigiatriese getuienis met betrekking tot die normale intellektuele en psigologiese gestremdhede van ‘n getuie ontoelaatbaar was. Alhoewel ‘n meer akkurate en

461

Keane 1989:364 - Frequently recurring examples of matters upon which expert evidence is

admissible include medical, scientific, architectural, engineering and technological issues and questions relating to standards of professional competence, market values, customary terms of contracts and the existence of professional and trade practices; Daar is ‘n aantal

onderwerpe waaroor die hulp van deskundiges deur die howe verlang word om ‘n opinie te vorm. Die hof sal bepaal of die aangeleentheid voor hom deskundige getuienis verlang of nie; Michael and Another v Linksfield Park Clinic (Pty.) Ltd. and Another 2001 (3) SA 1188

A:1200H-1201G - ‘n Sewentienjarige seun het ‘n sportbesering aan sy neus opgedoen en het

‘n rekonstruktiewe operasie ondergaan. Tydens die operasie het die seun breinskade opgedoen en in ’n koma verval. Die geneesheer is van nalatigheid aangekla en skadevergoeding is van hom geëis. Verskeie deskundige getuies het tydens die verhoor getuig; Zeffertt ea 2003:301.

462

Meintjes-Van der Walt 2003(b):43.

463

R v Vilbro and Another 1957 (3) SA 223.

464

S v Nel 1990 (2) SASV 136 C – Die beskuldigde is aangekla van oortreding van artikel 2(a)

van Wet 41 van 1971 wat die handeldryf van afhanklikheidsvormende stowwe verbied. Sy het dagga en ’n Mandrax-tablet aan ’n polisielokvink verkoop.

betroubare evaluering gemaak kon word indien die getuienis van ‘n deskundige aangehoor sou word, was die hof van mening dat dit aanleiding sou gee tot wat hy noem ‘n evidential pandora’s box.465 Die hof moes die waarde van sodanige getuienis opweeg teenoor ander faktore, soos die kostes verbonde asook die beskikbaarheid van sodanige getuie. Die hof het dan ook bevind dat die koste meer is as die waarde daarvan vir die regspleging.466

Die toelaatbaarheid van opiniegetuienis is in die beslissing van

Holtzhauzen v Roodt467 behandel. Die eerste getuie was ‘n kliniese sielkundige. Die klaagster het verskeie kere aan die sielkundige onder hipnose vertel dat sy deur die beskuldigde verkrag is. Die sielkundige was derhalwe van mening dat sy aan hom die waarheid vertel het. Die tweede stel getuies, ’n sielkundige en ‘n maatskaplike werker, het aangevoer dat slagoffers van verkragting sku is om so ‘n traumatiese ervaring met derde partye te deel en dat dit algemeen was dat sodanige persone gedragsversteurings geopenbaar het.468 Die hof was egter van mening dat die getuienis van die tweede stel getuies juis was omdat dit

465

S v Nel 1990 (2) SASV 136 C:143B.

466

S v Nel 1990 (2) SASV 136 C:143F-G - This cost, the court concluded, is likely to exceed by far the marginal benefit which would be gained in the administration of justice by the admission of such evidence.

467

Holtzhauzen v Roodt 1997 (4) SA 766 W – Die feite in hierdie saak was kortliks die volgende,

die eiser het die verweerder gedagvaar vir laster nadat die verweerderes aan haar moeder en vriende onthul het dat die eiser haar verkrag het. Die verweerderes het in terme van Hooggereghofreël 36(9)(a) kennis gegee van haar voorneme om van deskundige getuies se getuienis tydens die verhoor gebruik te maak. Die eiser het aangevoer dat sodanige deskundige getuienis ontoelaatbaar was; Meintjes-Van der Walt 2001(c):238.

468

Holtzhauzen v Roodt 1997 (4) SA 766 W:771 - The witness will further state that rape victims commonly exhibit a disorder known as ''rape trauma syndrome'' which is an aspect of post traumatic stress disorder. In terms of this the victims' behaviour patterns change radically.'

die hof kon help in sy bevinding en omdat die getuie beter gekwalifiseerd was as die voorsittende beampte om tot ‘n gevolgtrekking te kom.

Daar moet egter beklemtoon word dat die rol van die deskundige getuie nie is om die funksies van die hof te vervang of oor te neem nie. Dit is die verantwoordelikheid van die hof om op grond van elke feit ‘n bevinding te maak en deskundige getuienis is bloot ‘n hulpmiddel om die howe in ‘n beter posisie te plaas om die bevinding te kan maak.469