• No results found

Die Suid-Afrikaanse howe se benadering tot vingerafdrukke en vingerafdrukgetuienis

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

4.5 Die Suid-Afrikaanse howe se benadering tot vingerafdrukke en vingerafdrukgetuienis

Die Appèlhof het in die beslissing van S v Legote590 hom sterk oor die oppervlakkige beoordeling van vingerafdrukgetuienis uitgespreek.591

587 2006:327. 588 51 van 1977. 589 Schmidt en Rademeyer 2006:328. 590

S v Legote 2001 (2) SASV 179 HHA – Die feite was kortliks die volgende, op 5 November

1996 het ’n transito-roof plaasgevind op die Bloemfontein-Dealesvillepad waartydens meer as R6 miljoen gesteel is. Drie gesteelde voertuie is gebruik om die gepanserde voertuig waarin die geld was, voor te keer. Na aanleiding hiervan het drie beskuldigdes tereg gestaan op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede, vier aanklagtes van poging tot moord en drie van motordiefstal. Die saak was gebaseer op vinger- en palmafdrukgetuienis wat die drie met die misdaad moes verbind. Een van die beskuldigde se vingerafdrukke is aan die skoongeveegde agterkant van die vervalste nommerplate van twee van die gesteelde voertuie gevind terwyl ’n ander beskuldigde se palmafdruk aan een van die gesteelde voertuie gevind is. Daar was nie ander afdrukke op die voertuie nie en gomlastiekhandskoene is op die toneel gevind. Hoewel die deskundige nie die ouderdom van die afdrukke kon bepaal nie, het hy getuig dat hulle vars moes gewees het omdat die voertuie onlangs deeglik gewas is, iets wat noodwendig volg uit die feit dat die voertuie so

Volgens Meintjes-Van der Walt 592 word die tradisionele forensiese wetenskap (vingerafdruk-, handskrif- en haarontleding) daagliks in Suid- Afrikaanse howe gebruik om die staatsaak bo redelike twyfel te bewys en merk in hierdie verband as volg op: 593

The importance of forensic science to the prosecution lies in its potential to supply vital information about not only how a crime was committed, but more importantly, by whom.

Volgens Meintjes-Van der Walt594 het die forensiese wetenskap drie verskillende funksies, naamlik identifikasie,595 individualisering596 en rekonstruksie. 597 Dit is veral die individualiseringsfunksie wat wetstoepassers kan help omdat dit die volgende inligting kan bepaal, naamlik:598

min merke op gehad het. Die hof het egter bevind dat die bewyswaarde van vingerafdrukke van die getuienis as geheel afhang.

591

Kriegler en Kruger 2002:604.

592

2006(a):153.

593

Meintjes-Van der Walt 2006(a):153.

594

2006(a):152.

595

Meintjes-Van der Walt 2006(a):152 - Identification is a classification scheme whereby

evidence is placed into classes containing similar items and qualities.

596

Meintjes-Van der Walt 2006(a):152-153 - Individualization is unique to forensic science; it

refers to the demonstration that a particular sample is unique, even among members of the same class.

597

Meintjes-Van der Walt 2006(a):154 – In conjunction with agreeable witness accounts, a crime

reconstruction may be a powerful instrument of corroboration. In the face of conflicting witness accounts, it may provide an objective view that points to one possibility over another. In the absence of witness accounts, it may be used to investigate and establish the actions that occurred at the scene of the crime.

598

• die aan- of afwesigheid van ’n persoon op ’n bepaalde plek op ’n spesifieke tyd

• of ’n bepaalde persoon ’n spesifieke handeling verrig het

• om vas te stel of ’n handeling met ’n spesifieke voorwerp verrig is

• om ’n bepaalde verhouding tussen twee persone vas te stel. Kriegler en Kruger599 som die nut van vingerafdrukke as volg op, naamlik:

• Om ’n verdagte te verbind met ’n misdaad, op die toneel waarvan vingerafdrukke gevind is of moontlik gevind kan word.

• Om ’n vingerafdrukregister op te bou met behulp waarvan die identiteit bepaal kan word van ’n persoon wat afdrukke nagelaat het.

• Om iemand se vorige veroordelinge na te spoor, hetsy as hulpmiddel by oplossing van die misdaad of vir die doel van vonnis.

Forensiese vingerafdrukondersoeke bestaan uit vier fases, naamlik dat ’n afdruk wel gevind moet word, dat dit identifiseer en geïndividualiseer moet word en uitendelik moet die rekonstruksieproses voltooi word.600

599

2002:79.

600

Gedurende die eerste fase sal wetstoepassers na ’n afdruk op die misdaadtoneel soek. Indien ’n afdruk wel gevind word, sal foto’s geneem en die vingerafdruk gelig word.601

Die tweede fase vind gewoonlik in die laboratorium plaas. Gedurende hierdie fase sal die vingerafdruk met bestaande vingerafdrukke wat op ’n vingerafdrukdatabasis, of ’n verdagte se vingerafdrukke, vergelyk word.602

Skeen603 het in die beslissing van S v Nyathe604 die versameling van

vingerafdrukke as volg opgesom:

601

Meintjes-Van der Walt 2006(a):154.

602

Meintjes-Van der Walt 2006(a):154

603

1988:339.

604

S v Nyathe 1988 (2) SA 211 O - Die beskuldigde is in ‘n landdroshof aan huisbraak met die

doel om te steel en diefstal skuldig bevind. Die enigste getuienis wat die beskuldigde met die misdaad verbind het, was getuienis aangaande vingerafdrukke. Vingerafdrukke is op die misdaadtoneel gelig met folien en deur ’n vingerafdrukdeskundige vergelyk met ’n stel vingerafdrukke wat die beskuldigde se naam gedra het. ’n Hofkaart met vergrotings van die vingerafdrukke is ingehandig en die deskundige het getuig dat hulle identies was. Hy het tien punte van ooreenstemming gevind terwyl die howe aanvaar dat sewe punte genoegsaam is om identiteit bo redelike twyfel te bewys. Die persoon wat die vingerafdrukke geneem het, is egter nie geroep om getuienis te gee nie maar die vingerafdrukdeskundige het die oggend van die verhoor die beskuldigde se vingerafdrukke geneem en vergelyk. Die hof was hier bemoeid met die vraag rakende die toelaatbaarheid van ‘n vingerafdrukdeskundige se opinie. Dit is egter nie vir die hof nodig om self ‘n opinie oor die punte van ooreenstemming te gee nie. Die hof beskik nie oor die nodige opleiding, spesiale studie en tegniese kennis wat daarvoor nodig is nie. Dit is derhalwe nodig dat die deskundige die aard van die punte van ooreenstemming moet verduidelik. Hierdie ondersoek is nie daarop gerig om self die punte van ooreenstemming te bepaal nie, maar om tevredenheid te verkry dat die deskundige se mening met veiligheid aanvaar kan word. Indien die hof aan die hand van die deskundige se

The usual manner in which fingerprint evidence is obtained is as follows: a policeman will lift a print by means of folien from the object and then send off the folien and fingerprints to a police expert. The expert will then compare the fingerprints of the suspect with those found at the scene and will mount enlarged photographs of the two sets of prints side by side and mark the points of similarity. If the expert attends court he will often retake the accused’s fingerprints and compare them with the prints found at the scene as an extra precaution against any error occurring.

Schwikkard en Van der Merwe 605 beskryf die manier waarop vingerafdrukgetuienis bekom word as volg:

’n Polisiebeampte sal die afdruk deur middel van folien van die voorwerp lig en dan die folien en vingerafdrukke wat van die verdagte geneem is aan die polisiedeskundige, wat by ’n hoofsentrum gesetel is, stuur; die deskundige sal dan die verdagte se vingerafdrukke vergelyk met dié wat op die toneel gevind is; die deskundige sal dan vergrote foto’s van die twee stelle vingerafdrukke sy aan sy monteer en die punte van ooreenkoms daarop merk. Indien die deskundige die hofsaak bywoon, neem hy gewoonlik die beskuldigde se vingerafdrukke weer by die hof en vergelyk dit met die afdrukke wat op die toneel

verduideliking die punte van ooreenstemming kan bepaal, sal die hof meer geredelik tot die bevinding kom dat die deskundige se opinie met veiligheid aanvaar kan word.

605

gevind is. Die getuienis van die vergelyking kan mondeling afgelê word of by wyse van beëdigde verklaring.

In die beslissing van S v Malindi606 het Regter Le Roux as volg rakende die rol van die deskundige se getuienis met betrekking tot vingerafdrukke opgemerk:

It is, therefore, clear that the courts have taken the view that fingerprint identification is a matter for experts. Even though it cannot be clearly demonstrated to a court, the question is not so much whether the court can see the similarities or dissimilarities indicated by the expert, but whether it can trust the expert and rely on his statement and his opinion.

Regter Le Roux merk in S v Malindi607 rakende die benadering wat die

howe met betrekking tot die punte van ooreenstemming behoort te volg, as volg op:

The attempt, therefore, to examine meticulously the similarities and dissimilarities allegedly found by the experts is, in my view, not the correct approach. If there are sufficient points of similarity, the apparent similarities are unimportant, as I have already stated.

606

S v Malindi 1983 (4) SA 99 T:104C-D – Die beskuldigde is aangekla en skuldig bevind aan

huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die beskuldigde se vingerafdrukke is op die misdaadtoneel gevind en tydens die verhoor het twee vingerafdrukdeskundiges rakende die ooreenkomste wat tussen die vingerafdrukke wat op die toneel gevind en die beskuldigde se vingerafdrukke getuig; Meintjes-Van der Walt 2006(a):156 - South African courts have taken

the view that fingerprint identification is a matter for experts.

607

Regters Van Reenen en Ackermann het die plig van die verhoorhof met betrekking tot die punte van ooreenstemming in die beslissing van S v

Gumede608 as volg opgesom:

Soos ek die gesag verstaan is dit nodig vir die verhoorhof om homself tevrede te stel dat daar voldoende punte van ooreenstemming gevind is, nie dat hyself daardie ooreenstemming kan sien nie. Aan die hand van die gesag waarna ek verwys het, sien ek die plig van ’n verhoorhof in hierdie opsig as volg: die hof moet tevrede wees, eerstens, dat die getuie bevoeg is om die getuienis te gee. Met ander woorde, dat hy behoorlik opgelei is en oor afdoende ondervinding beskik. Tweedens moet die hof tevrede wees van die herkoms van die stelle afdrukke wat vergelyk word. Enersyds dat die een stel gevind is op die toneel van die misdaad en andersyds dat die ander stel die van die beskuldigde is. Derdens, dat die deskundige inderdaad ’n behoorlike ondersoek gedoen het met die vergelyking van die twee stelle en in staat is om na voldoende punte van ooreenstemming te verwys.

Die Suid-Afrikaanse howe volg die empiriese standaard oftewel die numeriese benadering met betrekking tot die aantal punte van ooreenstemming.

608

S v Gumede 1982 (4) SA 561 T:564 F-H – Die twee appellante het tereggestaan op vyf

aanklagte van huisbraak en diefstal. Die skuld van die beskuldigdes (appellante) is afdoende bewys en die enigste getuienis wat die appellante met die misdade verbind het, was die van verskeie vingerafdrukdeskundiges; Meintjes-Van der Walt 2006(a):156.

Volgens S v Kimimbi 609 en S v Nala 610 is sewe punte van ooreenstemming voldoende vir doeleindes van identifikasie.611 Hierdie punte van ooreenstemming kan deur middel van viva voce- getuienis of by wyse van beëdigde verklaring aan die hof voorgehou word.

In die beslissing van S v Ndhlovu612 het Regter-president Milne na die inhoud van die beëdigde verklaring verwys. Dit moet die aard en die ooreenstemminge waarop die deskundige sy opinie berus, bevat.

Artikels 212(4) en 212(6) van die Strafproseswet613 bepaal:

212(4)(a) Wanneer ’n feit wat bepaal is deur ’n ondersoek of proses wat bedrewenheid –

(i) in biologie, skeikunde, natuurkunde, sterrekunde, aardrykskunde of geologie;

(ii) in wiskunde, toegepaste wiskunde of wiskundige statistiek of in die ontleding van statistiek;

609

S v Kimimbi 1963 (3) SA 250 C.

610

S v Nala 1965 (4) SA 360 A - Die appellant is skuldig bevind aan die misdaad roof met

verswarende omstandighede. Die misdaad is op 15 Junie 1964 gepleeg. ’n Vingerafdruk is teen die eetkamervenster gevind en gevolglik is dit met die vingerafdrukke van die beskuldigde vergelyk. ’n Vingerafdrukdeskundige het getuienis rakende die punte van ooreenstemming tydens die verhoor gelewer.

611

Meintjes-Van der Walt 2006(a):156; Zeffertt ea 2003:310 - … this has been proved by expert

evidence so often that it might by now be a suitable subject for judicial notice; De Gama

2002:300.

612

S v Ndhlovu 1965 (3) SA 390 N – Die beskuldigde is aangekla van huisbraak. Die

beskuldigde se vingerafdrukke het ooreengestem met die vingerafdrukke wat op ’n vensterbank in ’n slaapkamer in die huis gevind is. Die hof moes beslis oor die toelaatbaarheid van die vingerafdrukdeskundige se verslag, nadat sekere belangrike inligting ontbreek het.

613

(iii) in rekenaarwetenskap of in ’n vakrigting van ingenieurswese;

(iv) in anatomie of in menslike gedragswetenskappe;

(v) in fisiologiese skeikunde, in metallurgie, in mikroskopie, in ’n vertakking van patologie of in toksikologie; of

(vi) in ballistiek, in die identifisering van vinger- of palmafdrukke of in die ondersoek van betwiste dokumente,

vereis, by strafregtelike verrigtinge by die geskilpunt relevant is of mag word, is ’n dokument wat voorgee ’n beëdigde verklaring te wees deur ’n persoon wat in daardie beëdigde verklaring beweer dat hy of sy in diens is van die Staat of van ’n provinsiale administrasie of in diens is van of verbonde is aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing of ’n universiteit in die Republiek of ’n ander liggaam wat vir die doeleindes van hierdie subartikel deur die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant aangewys is, en dat hy of sy bedoelde feit deur middel van so ’n ondersoek of proses bepaal het, by blote voorlegging daarvan by sulke verrigtinge, prima facie-bewys van daardie feit: Met dien verstande dat die persoon wat bedoelde beëdigde verklaring kan aflê, in ’n geval waarin bedrewenheid in skeikunde, anatomie of patologie vereis word, ’n sertifikaat in plaas van bedoelde beëdigde verklaring kan uitreik, in welke geval die bepalings van

hierdie paragraaf mutatis mutandis met betrekking tot so ’n sertifikaat van toepassing is.

Artikel 212(6) van die Strafproseswet614 lees soos volg:

In strafregtelike verrigtinge waarby die vind van of optrede in verband met ’n bepaalde vinger- of palmafdruk by die geskilpunt relevant is, is ’n dokument wat voorgee ’n beëdigde verklaring te wees deur ’n persoon wat in daardie beëdigde verklaring beweer dat hy in diens van die Staat is en dat hy by die verrigting van sy ampspligte –

(a) bedoelde vinger- of palmafdruk gevind het by of in die plek of op of in die voorwerp of in die posisie of omstandighede in die beëdigde verklaring vermeld; of (b) met bedoelde vinger- of palmafdruk op die in die

beëdigde verklaring vermelde wyse gehandel het, by blote voorlegging daarvan by sulke verrigtinge prima

facie-bewys dat hy bedoelde vinger- of palmafdruk aldus

gevind is of, na gelang van die geval, dat daar aldus daarmee gehandel is.

Kriegler en Kruger615 merk ten opsigte van artikel 212(4) van die

Strafproseswet616 op dat die wysigings en vervanging genoodsaak is deur die uitbreiding van nuwe natuurwetenskaplike deskundigheidsvelde. Die vraag is egter nie of die ooreenkoms tussen

614 51 van 1977. 615 2002:539. 616 51 van 1977.

die punte duidelik aan die hof deur die deskundige getuie geïllustreer kan word nie, maar of die opinie van die deskundige betroubaar is.617

Regter van Coller het in die beslissing van S v Nyathe618 na die betroubaarheid van die deskundige se opinie as volg verwys:

Die vingerafdrukdeskundige se opinie gaan oor die resultaat van ’n vergelyking wat hy gemaak het van vingerafdrukke op die toneel van die misdryf gevind en die van die beskuldigde. Die vergelyking is daarop gerig om punte van ooreenstemming tussen die twee stelle vingerafdrukke te verkry. Indien daar sewe of meer punte van ooreenstemming is, word dit aanvaar dat die afdrukke deur een en dieselfde persoon gemaak is. Dit is nie vir die hof

617

Skeen 1988:340; Meintjes-Van der Walt 2006(a):156.

618

S v Nyathe 1988 (2) SA 211 O:214-215B - Die beskuldigde is in ‘n landdroshof aan huisbraak

met die doel om te steel en diefstal skuldig bevind. Die enigste getuienis wat die beskuldigde met die misdaad verbind het, was getuienis aangaande vingerafdrukke. Vingerafdrukke is op die misdaadtoneel gelig met folien en deur ’n vingerafdrukdeskundige vergelyk met ’n stel vingerafdrukke wat die beskuldigde se naam gedra het. ’n Hofkaart met vergrotings van die vingerafdrukke is ingehandig en die deskundige het getuig dat hulle identies was. Hy het tien punte van ooreenstemming gevind terwyl die howe aanvaar dat sewe punte genoegsaam is om identiteit bo redelike twyfel te bewys. Die persoon wat die vingerafdrukke geneem het, is egter nie geroep om getuienis te gee nie, maar die vingerafdrukdeskundige het die oggend van die verhoor die beskuldigde se vingerafdrukke geneem en vergelyk. Die hof was hier bemoeid met die vraag rakende die toelaatbaarheid van ‘n vingerafdrukdeskundige se opinie. Dit is egter nie vir die hof nodig om self ‘n opinie oor die punte van ooreenstemming te gee nie. Die hof beskik nie oor die nodige opleiding, spesiale studie en tegniese kennis wat daarvoor nodig is nie. Dit is derhalwe nodig dat die deskundige die aard van die punte van ooreenstemming moet verduidelik. Hierdie ondersoek is nie daarop gerig om self die punte van ooreenstemming te bepaal nie, maar om tevredenheid te verkry dat die deskundige se mening met veiligheid aanvaar kan word. Indien die hof aan die hand van die deskundige se verduideliking die punte van ooreenstemming kan bepaal, sal die hof meer geredelik tot die bevinding kom dat die deskundige se opinie met veiligheid aanvaar kan word.

nodig om self ’n opinie oor die punte van ooreenstemming te gee nie. Die hof beskik nie oor die nodige opleiding, spesiale studie en tegniese kennis wat daarvoor nodig is nie. Die hof mag egter nie die deskundige se opinie blindweg aanvaar nie. Dit is nodig dat die deskundige die aard van die punte van ooreenstemming so duidelik as moontlik verduidelik. Hierdie ondersoek is nie daarop gerig om self die punte van ooreenstemming te bepaal nie, maar om tevredenheid te verkry dat die deskundige se mening met veiligheid aanvaar kan word.

4.6 Faktore wat die howe in ag kan neem by