• No results found

Faktore wat die howe in ag kan neem by vingerafdrukgetuienis

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

4.6 Faktore wat die howe in ag kan neem by vingerafdrukgetuienis

Vervolgens word die faktore bespreek wat die Suid-Afrikaanse howe in ag kan neem indien hul met vingerafdrukgetuienis gekonfronteer word.

4.6.1 Punte van ooreenstemming wat deur die getuie geïdentifiseer is

Mears en Day619 is van mening dat daar nie eenstemmigheid is oor die aantal punte van ooreenstemming wat by vingerafdrukke vereis word nie:

619

Fingerprint examiners do not have a standard agreement as to either the precise number or nomenclature of the different characteristics.620

Sewe punte van ooreenstemming is in Suid-Afrika voldoende vir doeleindes van identifikasie:621

Presently, the SAPS Criminal Record Centre stipulates that two prints are regarded as corresponding and from the same origin if at least 7 ridge characteristics can be identified on both points that correspond in respect of type, size, direction, position and relation to each other and further, where no unexplainable differences exist between the two prints. All South African courts accepted the criterion of 7 points after its publication by Landsown in 1957.622

In Groot-Brittanje is sestien punte wat ooreenstem voldoende, terwyl twaalf punte die vereiste in Australië is. Italië en Frankryk vereis egter sewentien punte van ooreenstemming.623 Brasilië en Argentinië vereis dertig punte van ooreenstemming. 624 Die Federal Bureau of

Investigations in die Verenigde State van Amerika het egter nie ’n

620

Mears en Day 2003:712.

621

Meintjes-Van der Walt 2006(a):156; Kriegler en Kruger 2002:605.

622

Meintjes-Van der Walt 2006(a):156,159 - In 1996 Evett and Williams were instructed by

Scotland Yard to review the sixteen point identification which, until it was abolished in 2000, was applied in England and Wales.

623

Sherratt 1994:232 - The French do it at seventeen, the English do it at sixteen. Surely seven

is too low a standard to guard against a grave miscarriage of justice which could easily occur, or indeed could well already have occurred, when a safety standard is equivalent to the breaking strain.

624

minimum aantal punte wat hul vereis nie, maar ’n twaalf punte standaard word tog toegepas.625

4.6.2 Die betroubaarheid van die getuie se opinie rakende die punte van ooreenstemming

Soos blyk uit onderstaande regspraak, is ’n hofkaart ten opsigte van vingerafdrukke wat die punte van ooreenstemming duidelik aandui asook die getuie se verduideliking daarvan ’n belangrike hulpmiddel vir die hof.

Volgens Schmidt en Rademeyer626 word ’n vergelykingskaart of ’n

hofkaart as hulpmiddel voorberei en aan die hof voorgelê. Dit is egter

nie ’n vereiste ten opsigte van al die afdrukke wat aan die hof vertoon word nie.

In die beslissing van S v Blom 627 het Regter Zietsman as volg opgemerk:

625

Meintjes-Van der Walt 2006(a):166.

626

2006:328.

627

S v Blom 1992 (1) SASV 649 OK – Die feite in hierdie saak was kortliks die volgende: op 7

Februarie 1986 was daar ’n inbraak op ’n plaas in Adelaide. Die persoon wat by die huis ingebreek het, het die ruit van ’n venster naby die voordeur van die huis uitgehaal en dit op die gras neergelê. Op hierdie ruit is ’n vingerafdruk gekry en volgens die vingerafdrukdeskundiges is dié die vingerafdruk van die beskuldigde. Die beskuldigde wat getuienis afgelê het, het ontken dat hy ooit by die plaashuis was en dat dit nie moontlik is dat dit sy vingerafdruk kan wees nie. Die twee vingerafdrukdeskundiges wat getuig het, het daarop gewys dat daar ’n besluit deur hul departement geneem is dat geen hofkaarte ten opsigte van vingerafdrukke voorberei moet word nie tensy hulle minstens agt punte van identifikasie kry tussen die vingerafdruk wat by die misdaadtoneel gevind is en die

Die twee vingerafdrukdeskundiges wat getuig het was adjudant- offisier McLeod en majoor Vorster. Hulle het getuig dat daar ’n besluit deur hulle departement geneem is dat geen hofkaarte ten opsigte van vingerafdrukke voorberei moet word nie tensy hulle minstens agt punte van identifikasie kry tussen die vingerafdruk wat by die misdaadtoneel gevind is en die vingerafdruk van die beskuldigde. In hierdie geval, sê hulle, kon hulle net sewe punte van identifikasie kry. Daarom het hulle nie enige hofkaarte opgestel nie. Hulle is egter nogtans gedagvaar om getuienis in hierdie saak af te lê, en toe dit gebeur het, het adjudant-offisier Mcleod een hofkaart opgestel met vergrote foto’s van die vingerafdruk wat op die Kloppers se plaas gevind is en ’n vingerafdruk wat van die beskuldigde geneem is met die sewe punte van identifikasie daarop gemerk. Beide Mcleod en Vorster het getuig dat na hulle mening is sewe punte van identifikasie meer as wat nodig is om ’n vingerafdruk sonder enige twyfel te identifiseer. Hulle beweer dat hulle geen twyfel het nie dat die vingerafdruk wat op die plaas gevind is, die is van die beskuldigde. Ons is bewus van die feit dat ons nie vingerafdrukdeskundiges is nie. Dit beteken egter nie dat ons die getuienis en die opinies van vingerafdrukdeskundiges blindelings moet aanvaar nie. Ons moet sover as moontlik onsself tevrede stel dat hulle getuienis en die opinies met veiligheid aanvaar kan word. In die onderhawige saak is ons, vir die redes wat ek reeds genoem het, nie tevrede met die

vingerafdruk van die beskuldigde. In hierdie geval kon hul slegs sewe punte van identifikasie kry.

verduidelikings wat deur die deskundige getuies gegee is ten opsigte van die probleme wat ons met die vingerafdrukke het nie.

4.6.3 Verduideliking van die getuie se opinie

Volgens Schmidt en Rademeyer628 is dit ’n vereiste dat die hof ingelig moet word omtrent die gegewens en soms die redenasieproses waarop die opinie berus. Ten einde te bepaal of die hof ’n getuie se opinie sal aanvaar of verwerp, moet die getuie dus in staat wees om redes daarvoor te verskaf.

In die beslissing van S v Ramgobin en Andere629 is bevind dat dit onvoldoende is indien ’n deskundige slegs ’n algemene oorsig van die ondersoeke en gevolgtrekkings aan die hof voorhou. Hy moet in staat wees om sy metodes en redes vir sy opinie akkuraat aan die hof voor te hou.630

Die teendeel is egter in S v Williams en Andere631 bevind.

In die beslissing van S v Khumalo 632 het die hof die vingerafdrukdeskundige blindelings gevolg. Die Appèlhof het in die

628 2006:466. 629 S v Ramgobin en Andere 1986 (4) SA 117 N:146D-G. 630

Dit was ook in die sake van S v Gouws 1967 (4) SA 527 E en S v Govender 1968 (3) SA 14

N vereis. In eersgenoemde saak was die feite kortliks die volgende: die appellant is in die

landdroshof skuldig bevind aan oortreding van artikel 65 bis (1)(c) van Wet 13 van 1928 deurdat sy gedurende ’n periode van twee jaar ‘n skadelike medisinale middel, te wete Drinamyl, sonder ’n voorskrif aan persone verkoop of verskaf het. Tydens die verhoor is getuienis aangebied rakende die skadelikheid van hierdie middel.

631

beslissing van S v Nala 633 bevind dat, indien ’n deskundige se vergelyking van vingerafdrukke sewe punte van ooreenstemming aantoon, die vingerafdruk positief geïdentifiseer is.

4.7 Die neem van vingerafdrukke sonder die toestemming