• No results found

Toelating en verwerping van die wetenskap deur die howe

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

3.7 Deskundige getuie en die wetenskap

3.7.1 Toelating en verwerping van die wetenskap deur die howe

Menige wetenskaplikes het al die uitspraak van ‘n verhoorhof gehoor waar sy getuienis vermoedelik in teenstelling met wetenskaplike feite was. Daar bestaan verskeie moontlikhede hiervoor. Een so ’n moontlikheid is dat dit veel makliker is om wetenskaplike bevindings te verduidelik aan ‘n kollega as aan ’n leke persoon.

Die kriteria wat aangewend word om te bepaal of regsbevindings met die wetenskap versoenbaar is, is van verskeie faktore afhanklik, naamlik:502

• Of die onderliggende teorie in die wetenskap reeds gevestig is. • Of die teorie met die aangeleentheid in geskil verband hou. • Of die deskundige getuie die wetenskap volledig verstaan.

• Of die wetenskaplike beginsels korrek deur die deskundige op die feite van die saak toegepas word.

• Of die deskundige sy opinie op ’n verstaanbare wyse aan die hof kan voorhou.

• Of die hof die deskundige se opinie korrek verstaan. • Of die deskundige ’n geloofwaardige getuie is.

Volgens die Amerikaanse federale bewysregreëls vewys relevante getuienis na getuienis wat die strekking het om die bestaan van ‘n feit of

502

enige gevolgtrekking van sodanige feit aan te toon.503 Alle relevante getuienis is toelaatbaar. 504 Sodoende ontstaan die vraag of ’n deskundige toegelaat gaan word om te getuig, met ander woorde of sy getuienis relevant is al dan nie.

Volgens Bronstein 505 sal ‘n deskundige se getuienis toelaatbare getuienis wees indien sodanige persoon se tegniese, wetenskaplike of gespesialiseerde kennis die hof kan help om feite in geskil te verstaan en of sodanige getuie, as deskundige, oor voldoende kennis, vaardigheid, opleiding en ondervinding beskik om daaroor te getuig.

503

Bronstein 1999:210. Rule 401 of the American Federal Rules of Evidence; Alldridge 1996:155 - Relevance is a threshold requirement to be decided by the judge as a question of

law.

504

Bronstein 1999:210. Rule 402 of the American Federal Rules of Evidence reads as follows -

All relevant evidence is admissible, except as otherwise provided by the Constitution of the United States, by Act of Congress, by these rules, or by other rules prescribed by the Supreme Court pursuant to statutory authority. Evidence which is not relevant is not admissible. Whether evidence is relevant or not turns on whether the proffered evidence tends to make any fact of consequence more or less probable. Analysis of the relevance of any scientific testimony is not the direct standard the court uses, though, as 402 notes that if the Federal Rules of Evidence provide otherwise, the admissibility of evidence can be determined by other standards besides relevance.

505

1999:65, 211 - Rule 702 of the American Federal Rules of Evidence; Alldridge 1996:154- 155.

Rule 702 states the basic rule for the admission of expert opinion testimony - If scientific, technical, or other specialized knowledge will assist the trier of fact to understand the evidence or to determine a fact in issue, a witness qualified as an expert by knowledge, skill, experience, training, or education, may testify thereto in the form of an opinion or otherwise.

In 1993 het die Amerikaanse Hooggeregshof in die beslissing van

Daubert v Merrell Dow Pharmaceuticals Inc. 506 vereis dat die deskundige se opinie op erkende wetenskaplike beginsels, en nie op blote spekulasie nie, baseer word. Sewe regters het egter ingestem om riglyne vir die toelaatbaarheid van deskundige getuienis op te stel.507

Bogenoemde saak en die van General Electric v Joiner508 het aan voorsittende beamptes die bevoegdheid verleen om die betroubaarheid van wetenskaplike opinies te bepaal.

Sodoende is hul diskresie as sogenaamde gatekeepers van wetenskaplike opinie uitgebrei.509

506

Daubert v Merrell Dow Pharmaceuticals Inc. 509 U.S. 579, 593 (1993); Meintjes-Van der

Walt 2000(a):329.

507

Meyer 1999:74.

508

General Electric v Joiner 118 S.C. 512 (1997) US - Die respondent, ene Robert Joiner, was

gedurende 1973 as ‘n elektrisiën in die water- en elektrisiteitsdepartement van Thomasville, Georgië werksaam. Sy werksverpligtinge was van so ‘n aard dat hy genoodsaak was om in en rondom die elektroniese transformators te werk, wat van ‘n mineraalgebaseerde isolerende stof as ’n verkoelingskomponent gebruik gemaak het. Daar is van Joiner verwag om van sy ledemate (soos byvoorbeeld sy arms en hande) in hierdie vloeistof te plaas wanneer hy herstelwerk sou verrig. Die vloeistof het soms op sy klere gespat en het by tye in sy mond en ook sy oë beland. In 1983 is vasgestel dat die vloeistof in sommige van die transformators besmet was met die sogenaamde polychlorinated biphenyls of PCB’s. PCB word beskou as skadelik vir die mens se gesondheid. In 1978 is die vervaardiging en die verkoop van PCB’s verbied. Joiner is in 1999 met longkanker gediagnoseer. Hy het die daaropvolgende jaar ‘n aksie teen die vervaardigers ingestel. General Electric en Westinghouse Electric was die vervaardigers van die transformators en die isolerende stof. In sy betoog het Joiner se regspan aangevoer dat die kanker veroorsaak is deur blootstelling aan PCB’s. Joiner was egter ‘n roker vir agt jaar, beide sy ouers was rokers en daar was ook ‘n geskiedenis van longkanker in sy familie. Hy was dus moontlik alreeds in ‘n hoë- risikogroep vir die ontwikkeling van longkanker. Daar was egter geen toelaatbare wetenskaplike getuienis dat PCB’s tot die ontwikkeling van longkanker kon bydra nie.

Meyer510 som hierdie riglyne as volg op: • Die betroubaarheid van die teorie.511

• Die resultate van die teorie en of sodanige resultate geldig is.512

• Die feit of die resultate gepubliseer is al dan nie.513

• Die algemene aanvaarding van die teorie in die wetenskap.514

Meyer515 kritiseer egter die beslissing van Daubert v Merrell Dow

Pharmaceuticals Inc. 516 en wel op grond van die volgende:

509 Meyer 1999:1; Bronstein 1999:79. 510 1999:75. 511

Meintjes-Van der Walt 2000(a):332 - ‘n Betroubare toets is ‘n toets wat onder dieselfde omstandighede telkens dieselfde resultate lewer. Die betroubaarheid van die teorie is van twee faktore afhanklik, naamlik die vaardigheid van die deskundige en toerusting wat deur hom gebruik word.

512

Meintjes-Van der Walt 2000(a):332 - Validity can be defined as the quality being well-founded

on fact, or established on sound principles, and thoroughly applicable to the case or circumstances, soundness and strength.

513

Meintjes-Van der Walt 2000(a):335.

514

Bronstein 1999:72 - Die Federal Rule of Evidence 702 bepaal dat indien algemeen aanvaarde wetenskap die hof in sy feitebevinding kan bystaan, ‘n deskundige hieroor getuienis mag aanbied. Gevolglik beperk hierdie reël die onderwerp waaroor ‘n deskundige kan/mag getuig tot aanvaarde wetenskaplike kennis of tegniek. Dit verwys volgens Bronstein na ‘n algemene erkenning van die bestaan, geldigheid, gesag of egtheid van ‘n feit, tegniek of ‘n konsep. Wetenskap verwys moontlik na die beginsels, prosedures asook die metodes van die wetenskaplike veld.

515

1999:7; Meintjes-Van der Walt 2000(a):327 - Hierdie is bloot riglyne wat voorsittende beamptes kan help om die wetenskap te verstaan en illustreer voorts die wyse waarop wetenskaplikes hul eie werk kan evalueer.

516

• In die natuurwetenskap kan betroubare kennis verduidelik word en daar is geen sprake van die sogenaamde analitiese gaping of - leemte nie.

Hier is kommunikasie tydens voorverhoorverrigtinge egter van groot belang.

• Die bestaan van ‘n rasionele verduideliking maak wetenskaplike argumente betroubaar.517

• Regsverteenwoordigers en voorsittende beamptes verstaan nie voldoende die wetenskap wat onderliggend aan die deskundige se getuienis is nie.518

Indien eersgenoemde veronderstelling korrek was, sou daar geen behoefte aan patente gewees het nie, want ten einde patenteerbaar te wees, moet ‘n ontdekking nuut en vindingryk wees en nie voor die hand liggend nie. ‘n Ontdekking is volgens Meyer519 nuut indien dit verskil van sy voorganger in die opsig dat nie alle elemente van die uitvinding beskryf word nie. Die ontdekking moet ook verrassende en onverwagse gevolge hê, wat nie deur bedrewe persone op die spesifieke gebied verwag word nie. Tweedens stel die saak van Daubert v Merrell Dow

Pharmaceuticals Inc.520 voor dat daar ‘n skerp onderskeid bestaan

517

Meintjes-Van der Walt 2000(a):329 - Die voorsittende beampte moet egter vasstel of die tegnieke en teorieë waaroor die getuie se opinie handel, reeds getoets is ten einde die betroubaarheid daarvan te bepaal.

518

Meintjes-Van der Walt 2000(a):334 - The ability of an expert to explain and clarify

relationships, results and conclusion can greatly contribute to the evaluation of such evidence.

519

1999:8.

520

tussen wat Meyer521 wetenskap en kuns noem, maar hy versuim egter om die grense van wetenskap te definieer.

Dit is weereens ‘n bewys dat daar vele wetenskaplike gebiede is wat baie meer kompleks is as wat aangeneem word en dat praktiese ondervinding ‘n groter rol in die wetenskap speel as wat algemeen aanvaar word.522

Meyer523 bied die oplossing vir bogenoemde probleme, naamlik dat indien die betroubaarheid van wetenskap deur voorsittende beamptes, eerder as deur die jurie, vasgestel word, met ander woorde indien dit ’n regsvraag is en nie ‘n feitevraag nie, sal dit ’n meer praktiese benadering tot gevolg hê en sal dit ook die verhouding tussen wetenskaplikes en regsverteenwoordigers bevorder.

3.8 Samevatting

Uit bogenoemde blyk dit dat ’n deskundige getuie ’n belangrike hulpmiddel vir die howe kan wees. Die howe sal die getuienis van ’n deskundige toelaat indien die deskundige oor voldoende ondervinding

521

1999:8-10 - Die wetenskap, ingenieurswese, gesondheid en die reg resorteer elkeen onder die regsdefinisie van wetenskap, veral omdat dit ‘n rasionele benadering volg om komplekse probleme op te los. Die sukses van bogenoemde professies bevat ook ‘n substansiële hoeveelheid praktiese ondervinding wat nie bloot verkry kan word deur beredenering nie.

522

Meintjes-Van der Walt 2000(b):59-60 - Tegnologiese ontwikkeling bied ‘n groot uitdaging aan regslui en wetenskaplikes om die wetenskap effektief tydens hofverrigtinge te gebruik.

523

en opleiding beskik. Die geloofwaardigheid van die deskundige getuie dra by tot die toelaatbaarheid van sy getuienis. Die deskundige behoort in staat te wees om sy opinie aan die hof te verduidelik. Die deskundige se verslag behoort redes vir sy opinie te bevat. Hierdie verslag dien as hulpmiddel vir die deskundige wat tydens die verhoor aan hoof-, kruis- en herondervraging blootgestel word.

HOOFSTUK 4

VINGERAFDRUKGETUIENIS

4.1 Inleiding

In die lig van die voordele van biometriese identifiseringsmeganismes word vingerafdrukke vervolgens bespreek deur na die vernaamste rolspelers in die historiese ontwikkeling van vingerafdrukgetuienis te verwys. Die Suid-Afrikaanse howe se benadering tot vingerafdrukgetuienis asook die faktore wat die howe in ag neem word aan die hand van regspraak bespreek. Die rol wat die deskundige se opinie tydens die verhoor speel, word daarna bespreek in die lig van die punte van ooreenstemming van vingerafdrukke. Die betroubaarheid van die deskundige se opinie word bespreek asook die vereiste dat hy sy opinie moet verduidelik. Die neem van vingerafdrukke kragtens artikel

37(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 en die Grondwet van die

Republiek van Suid-Afrika, 1996 word ook bespreek.