• No results found

Die deskundige se rol tydens voorbereiding vir die verhoor

OMSKRYWING, DOEL EN WAARDE VAN DESKUNDIGE GETUIENIS

3.2 Omskrywing van ‘n deskundige getuie in Suid-Afrika

3.2.4 Funksies van deskundige getuienis in Suid-Afrika

3.2.4.2 Die deskundige se rol tydens voorbereiding vir die verhoor

Die deskundige speel ’n belangrike rol gedurende die voorbereiding vir die verhoor.

Indien ‘n eiser ‘n deskundige se getuienis tydens ‘n siviele verhoor wil aanbied, moet hy aan die verweerder minstens vyftien dae kennis gee alvorens die hofverrigtinge in die Hooggeregshof volgens

332

Keane 1989:369.

333

Meintjes-Van der Walt 2000(b):61; Sales en Shuman 2005:5. Vrae soos byvoorbeeld of die eiseres se depressie die gevolg was van vorige seksuele misbruik of van beserings wat deur die verweerder se nalatige bestuur veroorsaak is, is al aan deskundiges gestel om oor advies te gee.; Nokes 1956:160.

334

Keane 1989:369.

335

Hooggeregshofreël 36(9) 336 of in die Landdroshof volgens Landdroshofreël 24(9)337 begin. ‘n Verdere vereiste is dat die eiser minstens tien dae voor die aanvang van die verhoor ‘n opsomming van die deskundige se opinie asook sy redes liasseer.

Die doel van hierdie reëls is om te verhoed dat die teenkant verras word tydens die verhoor en om die teenkant die geleentheid vir behoorlike voorbereiding te gun.

336

Die Hofreëls in die Bylae vervat, waarby die verrigtings van die provinsiale en plaaslike afdelings van die Hooggeregshof van Suid-Afrika gereël word, word uitgevaardig kragtens artikel 43(2)(a) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 en met ingang van 15 Januarie 1965 deur die Hoofregter na oorlegpleging met die regters-president van die onderskeie afdelings van die Hooggeregshof van Suid-Afrika met die goedkeuring van die Staatspresident.

36(9) Niemand mag, behalwe met verlof van die hof of die toestemming van alle partye tot die geding, iemand roep om as deskundige te getuig oor aangeleenthede waaroor deskundige getuienis toelaatbaar is nie, tensy hy-

(a) minstens vyftien dae voor die verhoor 'n kennisgewing dat hy dit wil doen, afgelewer het; en

(b) minstens tien dae voor die verhoor 'n opsomming van so 'n deskundige se menings en sy redes daarvoor, afgelewer het.

337

Die Hofreëls wat in die Bylae tot die Wet en hieronder weergegee is, is deur die Minister van Justisie ooreenkomstig artikel 25(5) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 bekragtig en het vir die eerste maal in Goewermentskennisgewing R1108, gepubliseer in Regulasiekoerant 980 van 21 Junie 1968, verskyn. Ooreenkomstig die Kennisgewing het die Hofreëls op 30 Augustus 1968 in werking getree.

24(9) Behalwe met verlof van die hof of die toestemming van al die partye by die geding, mag niemand 'n persoon as getuie roep om getuienis as 'n deskundige met betrekking tot enige aangeleentheid waaroor deskundige getuienis aangevoer kan word, af te lê nie, tensy hy-

(a) minstens 15 dae voor die verhoor 'n kennisgewing van sy voorneme om aldus te doen, afgelewer het; en

(b) minstens 10 dae voor die verhoor 'n opsomming van sodanige deskundige se menings en sy redes daarvoor, afgelewer het.

In Mkhize v Lourens and Another338 het die vraag rondom die doel van Hooggeregshofreëls 36(9)(a) en 36(9)(b) ter sprake gekom nadat die deskundige se kwalifikasies nie tydens die verhoor op rekord geplaas is nie. Die kwalifikasies van die deskundige asook ’n opsomming van sy getuienis is wel op die teenkant beteken in terme van Hooggeregshofreëls 36(9)(a) en 36(9)(b). Nadat die teenkant aangevoer het dat die deskundige se getuienis verwerp moes word, synde sy kwalifikasies nie op rekord was nie, het Regter Webster as volg rakende die funksie van Hooggeregshofreëls 36(9)(a) en 36(9)(b) opgemerk:339

It is my considered view that the objection to Shedden’s evidence is well taken. The Rule 36(9)(a) and (b) notice and summary of the evidence to be given by an expert at trial have no evidential value. Their purpose is to apprise the opposition of these facts so that proper and timeous preparation can be made to meet such evidence and to challenge it if it is necessary to do so. A party does not waive his right to object to evidence given by someone who is described as an expert if there are reasons for doing so. The court has to be satisfied that such witness does indeed possess expert and specialized knowledge which the Court does not know or can take judicial cognisance of. The failure to have

338

Mkhize v Lourens and Another 2003 (3) SA 292 TPD – Die feite was kortliks die volgende:

ene Shedden het namens die eiser getuienis gelewer in ’n saak waarin die eiser aangevoer het dat die verweerder versuim het om sekere gebreke wat aan die onroerende eiendom, wat hy vanaf die verweerder gekoop het, te openbaar. Die vraag waaroor die hof moes beslis was of Shedden wel ’n deskundige was synde sy kwalifikasies nie tydens die verhoor op rekord geplaas is nie.

339

Shedden’s qualifications and alleged expert knowledge established was accordingly a fatal flaw. His evidence remains mere opinion evidence that is irrelevant. This flaw, however, is a highly technical one.

Die deskundiges van beide die eiser en die verweerder kan ooreenstemming bereik ten opsigte van sekere feite en sodoende word tyd gespaar en kostes beperk.340

Die deskundige is by die volgende aktiwiteite tydens voorbereiding vir die verhoor betrokke:

• Samewerking met die regsverteenwoordiger.

• Voorbereiding van ‘n konsepverslag wat handel met die feite, asook ‘n opsomming van die deskundige se opinie met betrekking tot die kwessies wat in geskil voor die hof is.

• Voldoende kommunikasie met die kliënt en/of sy regsverteenwoordiger.

• Blootlegging van die opponent se dokumentasie. Die verduideliking van relevante getuienis wat vervat is in dokumentasie en rekords van byvoorbeeld ‘n pasiënt.

• Nakoming van afsprake met deskundiges wat deur die teenkant gebruik gaan word.

• Onderhandelinge ten einde ‘n skikking tussen partye te bereik. • Voorbereiding van ’n finale verslag om met die teenkant se

deskundige uit te ruil.

340

• Navorsing van bronne as hulpmiddel wanneer hy sy opinie gaan lewer.341

• Beraming/skatting van enige skadevergoeding of genoegdoening wat tussen die partye betaal staan te word.