• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

4. VRYHEIDSTREWE, 'H VOLKSEEWEGING.

Omdat die hele Afrikanervolk nou op die kruin van die golf verkeer het met betrekking tot die vryheidstrewe, moes die Suid-Afrikaanse Party ook sy nette na die stroom span. By sy terugkeer van die vredeskonferensie verkondig genl. Botha dat „ons deur die volke van die wereld erken (is) as 'n

onafhanklike volk" en hy skryf hierdie „verhoogde status" toe aan die welwillendheid van die Britse staatsmanne „wat vandag

58)

die wereld lei". Ook genl. Smuts se by sy tuiskoms dat Suid-Afrika op die ,,basis van een verbond van onafhankelijke

R Q)

staten" staan. '

Hierdie pogings om die republikeinsgesindes binne hul party te paai, is met weinig v/elslae bekroon, soos blyk uit die verkiesingsuitslae agt maande later. Die Nasionale Party het op die golf van republikanisme 55,400 stemme sedert die verkiesing van 1915 bygekry, 'n toename van meer as veertig persent, teenoor die 5,200 van die Suid-Afrikaanse Party. Vyf maande later wen die Nasionale Party met die Provinsiale verkiesings 21 setels in Transvaal en 20 in Kaapland teenoor die 12 en 16 tydens die Parlementere verkiesing vyf maande te- vore. In September 1919 het genl. Hertzog rondborstig erken dat die „ideaal, strewende naar een volkome vrij en onafhanke- like Zuid-Afrika, de krachtigste bezieling is van ons volk bij al zijn streven naar vooruitgang en ontwikkeling".

Neame meen dat die verkiesing van 1929 bewys gelewer het dat 'n Afrikaanse regering vir baie jare moontlik sou ge- wees het, indien „ras" (volk) die grondslag vir die party- verdeling sou gevorm het. ' Waarom daar, soos in die

volgende hoofstuk aangetoon sal word, na hierdie groot welslae

57) Van den Heever, a^w., bl. 434- 58 Die Burger, 25/7719".

59) Ibid., 5/8/19.

60) Ibid., 16/3/20. Van den Heever beweer dat die S.A. Party se stemmetal met 2,000 gedaal het, a.w., bl. 440.

in die rigting van volkseenheid op ' n "basis van onafhanklik- heid, slegs nege maande later afgestap sou word van die vry-

heidsideaal wat genl. Hertzog as „de krachtigste bezieling" geloof het, is moeilik te verklaar. Van den Heever se dat dit 'n terugkeer „na die realiteit van Suid-Afrikaanse poli- tieke toestande" was nadat „al die Afrikaanse leiers" hulle „probeer aanpas net by wat (tydens die oorlog) as 'realpolitik'

63) moes geld". ;

Dit is opmerklik dat die vryheidsbeweging horn as 'n volksbeweging buite die amptelike standpunt van die politieke party 6m geopenbaar het, want hoewel die partyleiers self daaraan deelgeneem het, het die amptelike standpunt van die party eintlik afsydig, indien nie strydig nie, daarteenoor bly voortbestaan. Die Nasionale Party het in sy program van be- ginsels nog steeds die bestaande staatkundige verhouding aan- vaar en dr. Malan kon met reg in later jare se: „Republikanisme

is nooit as ' n partybeginsel aanvaar geword deur enige Nasio- nale Partykongres nie." G.D. Scholtz merk ook in die ver- band ops „Die Rebellie van 1914-15 het die republikeinse ideaal weer skerp na vore gebring, maar hoewel die Pederale Raad in Julie 1917 erken het dat 'n republiek die mees gewenste staats- vorm vir Suid-Afrika is, het genl. Hertzog vir sy Nasionale

65) Party die ideaal nie aanvaar nie."

x x-x x

Aan die einde van hierdie politieke fase kan gekonstateer

word dat sowel die staatkundige as nasionale aspek van die vry- heidstrewe 'n vooruitgang in die partypolitiek beleef het. Die reg van Suid-Afrika om oor sy eie lot te beslis, is op

internasionale grondslag onbetwisbaar vasgele.

Daarnaas het 'n gemeenskaplike vryheidsdrang alle Afri- kanerharte bo-oor partypolitieke grense heen aaneengesnoer. Dit onderstreep die kunsmatige verdeeldheid onder Afrikaners op politieke gebied. Die behoefte aan volkseenheid sou in die volgende paar jaar tot uiting kom in herhaalde dog verydelde pogings tot hereniging.

63) Van den Heever, a.w., bl. 429 en 430.

64-} Pie Burger, l/H/22.

H00FSTUK V

VBBLOBNING VAN DIE REPUBLIKEINSE IDEAAL.

Na die republikeinse hoogtepunt in 1919 bereik is, net die Afrikaanse beweging met sy feitlik aaneengeslote politieke en kulturele.front in die volgende fase sterk en breed begin vloei. D.W. Kriiger toon dit raak aan: tiThe watchword was

'culture' and to some extent the National Party was the political counterpart of the cultural^movement. They both aimed at the emancipation of Afrikanerdom. With very few exceptions every Afrikaner intellectual took part in both movements and those Afrikaners who were members of the South African Party felt isolated culturally and left out in the

cold." Hy se ooks ,|Many of his own people who were loyal to Botha, could with growing difficulty be kept from Hertzog's movement, which was more than a political party. The pull proved to be stronger with the passing of the years." '

Terwyl groot getalle ondersteuners van die Suid-Afri- kaanse Party in hierdie na-oorlogse jare op sterkte van Afri­ kaner-sentiment hul steun aan die Nasionale Party toegese het, soos die verkiesingsuitslag in 1920 openbaar, het die volksge- note wat aan genl. Smuts lojaal gebly het, onder drang van hul volksgevoel pogings begin aanwend om die partyverdeeldheid te oorbrug. Hierdie pogings het misluk, deels omdat die Suid- Afrikaanse Party-leiding sy konsiliasiebeleid ten opsigte van

die Engelse bevolkingsgroep nie wou prysgee nie en deels van- wee die onwil van die Nasionale Party-leiding om ten opsigte van die onafhanklikheidstrewe genoegsame skiet te gee. Daarna het gevolglik 'n reorientasie op partypolitieke gebied inge-

tree, wat daartoe gelei het dat eersgenoemde party na same- smelting met die Unionisteparty sy imperiale beleid verskerp het en laasgenoemde sy republikeinse standpunt verwater het.