• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

3. DIE VOLKSTAATGEDAGTE KA VORE.

Op grond van die openbare mening, soos weerspieel in Die Volkstem en Die Burger, is in die vorige paragraaf aange- toon dat die Afrikaners omstreeks 1918 oor die algemeen

republikeins gesind was, terwyl dit nie die geval met die Engelse was nie. Dit is dus te begrype dat selfs afgesien van die nasionale drang, praktiese partypolitieke oorwegings dit reeds vir die Nasionale Party lonend sou gemaak het om hom op die Afrikaners toe te spits. Onder druk van die vryheids- drang het die politieke party nou ook in die rigting van volks- eenheid beweeg.

Wanneer die beswaar geopper word dat die Engelse eers tot republikanisme oortuig moet word, ae dr. Malan in Septem­ ber 1918 dat „dit een onhoudbare stelling" is omdat in daardie geval 'n minderheid die lot van Suid-Afrika sal bepaal. Hy verlang; ttAls de meerderheid ervoor is, dan moet de minderheid

4-5)

onder die meerderheid buigen." Hierdie stelling is op sig- self vanuit demokratiese oogpunt heeltemal onaanvegbaar.

Wanneer dit egter in verband gesien word met die feit dat die meerderheid in hierdie geval juis 'n besondere volksgroep was

43) Die Burger, 9/12/18.

44) IbidT, 9/12/18.

en dat die Geallieerde verklaring, wat van republikeinse kant aangegryp is, juis die volkstaat"beginsel erken net, moet afge- lei word dat die nasionale "begrip hier aan die lig kom.

Trouens, vier maande later net dr. Malan in Bloemfontein vrye- lik gespreek van „ons almal" wat die vryheid "begeer en nou „uit een mond" praat. Dit sluit vanself die Engelse be- volkingsgroep uit wat toe juis almal ,,uit een mond" anti-

republikeins was. Bit open"baar 'n sterk afwyking van die uit- gesproke beleid van die verlede, nl. om die Engelse se Mge-

voeligheid" steeds in aanmerking te neem.

Sterker en onomwonde stel genl. Hertzog, met verwysing na die Geallieerdes se verklaring, die volkstaatbeginsel op die groot vryheidskongres te Bloemfontein op 16 Januarie 1919s

nWij he"b"ben de recht om vri;j te zijn. En wij zullen vrij zijn. Wie dat volk is? Sprekende als Vrijstater antwoord ik dadelijk, dat volk is net volk wiens vrijheid op geweld- dadige wijze is ontnomen, en wiens recht noch dagelijks ge- schonden wordt door de oplegging van een vreemd juk en door voortbestaan van een vreemde heerschappij. Hij die niet "be- hoort tot de volk, heeft geen medezeggensrecht in de eis van dat volk om herstel van vrigheid Het volk dat "beslis- sen zal, het volk dat "beslissen mag, is het volk wiens onaf-

4.7) hanklijkheid hem ontnomen is.!,M" '

Die vryheids"beweging5 soos binne 'n politieke party

gekanaliseer, het in die begin v a n 1919 'n hoogtepunt bereik. Toe het die party - soos twintig jaar later weer sou gebeur - die naaste aan die Afrikaanse volkstaatgedagte gekom, maar hy het dit weer losgelaat by die eerste naderende verkiesing. Op die kongres wat deur die Nasionale Party van al vier pro- vinsies bele i s , is heelwat dinge gese en gedoen wat vorige besluite en uitsprake van die party gerepudieer h e t . Dit raak daardie uitsprake wat gedaan is met die oog op die staats- burgerlike bevolking en nie met die oog op die Afrikanervolk nie. Terwyl die Pederale Raad van die Nasionale Party in Julie 1917 as rigsnoer neergele het dat die verandering v a n status nie as 'n saak van seksionele belang nagestreef moet word n i e , het genl. Hertzog nou baie duidelik gese dat dit hier alleen om die Boerevolk gaan. Terwyl die Pederale Raad

46) M.P.A. Malan, a . w . , b l . 5 1 . 47) Die B u r g e r , 1 7 7 1 / 1 9 .

agtien maande gelede nog vereis net dat die Unie as ondeelbaar beskou moet word, se die Party nou by monde van dr. Malan:

„Ons standpunt is, dat ons in die feit dat die Unie bestaan geen struikelblok wil sien in die doen van reg aan Transvaal en die Oranje Vrystaat nie As ons die Unie afbreek, breek ons dit af om dit opnieu op te bou en dit op 'n ander en beter fondament, want soos die Unie nou is, rus dit op 'n fon- dament van onreg." Genl. Hertzog kyk na 'n moontlike ver- breking van die Unie en se: „Maar wat daarvan? Ik neb de vrijheid van de Vrijstaat liever dan de onderhorigheid van de Unie."48)

Dit is opmerklik hoe die partyleiers by hierdie Uniale Kongres die uitgangspunte van hul vryheidsopvatting bloot geld net. Dr. Malan en genl. Hertzog, wat steeds die kampvegters vir die nasionale aspek van die vryheidstrewe was, net aan die

een kant baie duidelik die Afrikanervolk in gedagte wanneer dit oor die staatkundige vryheid gaan. Mnr. A. Spies van Natal verwys ook na 'n „Boererepubliek" wie se regte geskend

is. Maar aan die ander kant praat adv. Tielman Roos net van „liefde vir die land" wat as besieling dien. ' Hierdie

50)

partypolitieke opportunis by uitnemendheid ' verteenwoordig "\

die suiwer staatkundige rigting by wie dit gegaan het om die vryheid van !n staat en nie van !n volk nie.

Hoe naby die nasionale en staatkundige aspekte van die vryheidstrewe hier aan mekaar gekom het, blyk uit die gesament- like besluit wat aan die einde van die verrigtinge aangeneem isi

„Die Kongres het met dankbaarheid kennis geneem van die ver- klaring deur die Eerste Minister van Engeland, die heer Lloyd George, wat se dat geen vrede moontlik is tensy geskonde regte

en vryhede van klein volke en nasies erken word nie. Ook is kennis geneem van die stelling wat deur dr. Woodrow Wilson, President van die Verenigde State van Amerika, neergele is, nl.

'duidelike omlynde nasionale aspirasies van volke moet bevredig word'. Die kongres is dus dankbaar dat die reg van elke be-

skaafde volk in verband met die herstel van geskonde regte en vryhede aanvaar word as vaste beginsels van 'n nuwe wereldorde."

48) Ibid., 17/1/19.

49) Malan, a.w., bl. 51.

Die Kongres het verder op die volgende punte nadruk gele:

1. Die wonde van die oorlog van 1899 tot 1902, wat die ondergang van die twee Republieke meegebring het, is nog nie genees nie.

2. Die totstandkoming van die Unie in 1910 beteken nie instemming met die vernietiging van die Republieke nie, maar alleen instemming met reelings in omstan- dighede wat met geweld op die Boere afgedwing is. 3. Ondervinding in die jongste tyd het bewys dat die huidige regeringstelsel in Suid-Afrika onprakties

is en die geluk en vrede van die bevolking veel meer versteur as wat dit help om dit te verbeter.

In 'n vierde punt is gewys op die bitterheid wat ont- staan omdat dit voorkom asof die Engelse in die posisie van ' n bevoorregte klas verkeer. In die sewende punt word die volk

om wie dit gaan, aangewys as die „Hollandse deel van die be­ volking wat sy stryd om voile onafhanklikheid met alle konsti-

5l) tusionele middels tot sy beskikking sal voortsit".

G-enl. Hertzog beklemtoon later in sy onderhoud met die Britse eerste minister dat, volgens die verkiesingsyfers van 1915, die afvaardiging 78,000 kiesers verteenwoordig „en dus die

■52)

meerderheid van die ou bevolking". Hoe uitsluitend dit dan ook om die regte van die „Hollandse deel van die bevolking" gegaan het, blyk uit sy opmerking, tydens 'n latere onderhoud,

op die Britse premier se uitdruklike verwysing na die Engels- sprekendes; „Maar die antwoord is tog dat die reg om herstel te eis van 'n onreg by diegene berus wat verontreg is. Hoe kan aan die een wat onreg gedaan het of aan sy aanhangers ge- vra word om 'n beslissing? Die Engelssprekendes kan, as hulle nie tevrede is met so ' n herstel nie, glad nie praat van 'n onreg wat hulle aangedoen word nie, want watter 'regte' van hulle is ooit geskend in die Republieke? By hulle kan nie van regte gepraat word nie, maar net van begeertes. Om herstel te weier weens die begeerte is om reg aan sentiment op

te offer en om 'n noodmaatreel die skerm vir onregverdigheid te maak."53)

51) Malan, a.w., bl. 52. 52) Die Burger, 19/7/19.

Die Kongres net ook 'n afvaardiging na Europa gestuur wat by die Europese staatsmanne sou aandring op die herstel van die vryheid van die twee Boererepublieke. Die afvaardiging net slegs daarin geslaag om 'n onderhoud met die Britse premier, Lloyd George, te verkry. Laasgenoemde het op

5 Junie 1919 per brief geantwoord dat hulle nie die hele volk verteenwoordig nie, dog net ' n party en dat die Britse

regering hom nie kan bemoei met die binnelandse aangeleenthede van 'n selfregerende deel van die Eyk nie.

Die Britse premier het die status van die Unie van Suid-Afrika soos volg beskryfi As een van die Dominiums van

die Britse Statebond het die Suid-Afrikaanse bevolking in die volste sin alle beheer oor sy eie nasionale lotsbeslissinge. Sover dit imperiale aangeleenthede betref, neem hy deel aan be- raadslaginge op 'n grondslag van volkome gelykheid. Dit was dus ' n bevestiging van genl. Hertzog se ou standpunt, naamliks

„Ons het 'n vrye konstitusie - ja, maar ons besit 'n onvrye Regering ... Ons Ministers tree nie op as vrye ministers van

'n vrye staat nie, maar om die wil van die Ministers van Enge- land te doen." Met hierdie verwyt het genl. Hertzog die tweeledige aard van die vryheidsbeweging onderstreep en ter- selfdertyd die wesenlike onvryheid aangedui wat daar vir 'n volk as sodanig kan bestaan ten spyte van staatkundige onaf- hanklikheid wanneer meervoudige etniese groepering onder een staatsgesag geplaas word en uitgegaan word van die indivi- dualistiese massastaatbeginsel. Die een volksgroep sal hom steeds as regloos uitgesluit voel wanneer die bewind gevoer word in die gees van die ander volksgroep. Destyds was dit die Afrikaner wat hom oor hierdie onvryheid beklaag het. In 1961 is dit die Engelssprekende Morris Broughton wat kla dat die Engelssprekendes in praktyk die reg tot deelname aan die

56) formulering van beleid geheel en al verloor het.

Die verklaring van die Britse eerste minister het

genl. Hertzog later gebruik om te bewys dat „ons en ons alleen die reg (het) om ons konstitusie aan te tas, maar ook ons en alleen ons het die reg om te se wat ons nasionale lotsbestem- 54) Ibid., bl. 420.

55) Ibid., bl. 403s Genl. Hertzog voor Kongres, Bloemfontein, OTrtober 1917.

56) Morris Broughton; Press and Politics of South Africa, Kaapstad, 1961, bl. 1461

ming eis en hoe cms ter nakoming van die lotsbestemming 57)

regeer sal word". ' Daarmee bedoel hy dat die Unie die reg het om self te bepaal wat sy houding teenoor buitelandse

moondhede en Engeland self, sal wees, met ander woorde dat die Unie die reg het om van die Britse Ryk af te skei.