• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

2. BUITE DIE PARTYPOLITIEK.

' n Gedeelte van die volk se vertroue in die party­ politiek was in hierdie stadium geskok. Dr. Van der Merwe, self ' n leier van die Basionale Party, plaas nou sy hoop op nie-partypolitieke verenigings om die vryheidsideaal te bevor- der. Op Winburg verklaar hy: i,Ek weet egter dat die ideaal sal groei en ontwikkel afgesien van enige optrede vandag aan die kant van politieke partye. Oral kom daar reeds klein ver­ enigings buite die partypolitiek tot stand.om die ideaal toe te

12) lig en te bepleit." '

Pie volksverset is uitermate bemoeilik omdat die groter koerante, as party-organe, soms op heel teenstrydige wyses, hul- le aan die partyleiding onderwerp het. Die Weste, ' n Potchef- stroomse en enigste Kasionale blad wat nie met f,soewereine on-

afhanklikheid" tevrede was nie, pleit vir die stigting van „non- party-politieke bonde buite die partyverband" om sodoende

skeuring en botsing te voorkom. Hy se; „Voorlopig bly daar niks anders oor nie dan om alleen die republikeinse en Kalvinis- tiese beginsels stelselmatig te bepleit deur middel van georga- niseerde Bonde." '

Intussen is daar binne sowel as buite die Parlement ' n republikeinse blok gevorm. Hoewel die partypers dit verswyg

10) Ibid., 4/12/30. 11) Ibid., 14/10/30. 12) DTe""Weste, 30/9/30. 13) Ibid., 7/1Q/30-

het, het 'n buite-parlementere groep reeds op 17 Desember 1929 te Bloemfontein byeengekom. Op 26 Mei 1930 het 'n twintigtal Nasionale "Volksraadslede en senatore onder leiding van dr. N.J. van der Merwe en dr. T.C. "Visser 'n republikeinse "bond in. Kaapstad gestig. Met die oog op genl. Hertzog se afwesigheid na die "buiteland is egter gewag tot 20 September voordat die Republikeinse Bond in Johannesburg saam met die buite-

parlementere groep gestig is. Die Bond het hom nie ten doel gestel „om 'n aparte politieke party te wees nie, maar hy wil die noodsaaklike voorbereidingwerk doen om die publieke opinie op die gevare van imperialistiese neigings te wys, en die volk te oortuig dat Suid-Afrika 'n groter toekoms van vrede, een- heid en geluk kan tegemoet gaan op die weg van 'n soewereine

onafhanklike Republiek, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk". Die Bond staan nog in die teken van die tweestroombeleid en

„aanvaar die beginsel van gelyke regte vir albei offisiele landstale, en verset hom teen alle pogings van oorheersing van die een seksie van die blanke bevolking teenoor die ander". Verder verwelkom dit in sy geledere „alle blanke persone van welke ras ook, wat hulle vereenselwig met ons republikeinse

ideaal".14^

Binne die Nasionale Party het sterk waarskuwende stem- me teen hierdie ontwikkeling opgegaan. Op Somerset-Oos be- treur dr. D.F. Malan die „groepvorming binne die party" omdat dit daartoe sou lei dat die party „noodwendig moet opsplits in

'n aantal losse bendes, elkeen waarvan met grenslose getrou- heid sy eie aparte grot sal verdedig, terwyl Suid-Afrika ver- lore gaan". Dit is duidelik dat dit vir hom gegaan het om handhawing van die partybewind, want hy se dat )tdit nie nodig

is om ter wille van ons republikeinse ideaal in die hande van ons politieke vyand te speel nie, wat graag deur die aanjaging van vrees en deur verdeeldheid te wek, die mag wil verkry om

15)

ons te breek". ' Die Weste meen dat dr. Malan se waarskuwing teen die Republikeinse en Calvinistiese Bonde gerig is en dat hierdie bewegings deur hom as gevaarlik beskou word „omdat dit

tans by hom 'n kwessie van magsbehoud is". '

14) Ibid., 23/9/30; Vgl. ook Die Transvaler, 5/4/43- 15) Die Weste, 3/10/30.

Waar die partypolitiek die vryheidsgedagte probeer Y 17)

vertroebel net, ' keer die wese van die republikeinse strewe weer sterker omlyn terug in die nie-partypolitieke bewegings, en veral by die Calviniste. By geleentheid van 'n herbegraf- nis van gesneuwelde burgers te Paardeberg benadruk dr.

N.J. van der Merwe die nasionale gedagte wanneer hy se: „Julie het gesterf om julle volk se siel te behou Die Afri­ kaner wat weens onverskilligheid of lafhartigheid vandag buite

staan en weier om te handhaaf in die taal- en kultuurstryd wat sy volk te stry hets pleeg verraad teenoor hulle wat hul lewe

gegee het vir behoud van hul volk." '

Nog sterker kom die nasionale gedagte na vore by L.J. du Plessis wat reeds die afronding van die nasionale

strewe in 'n eie staat bepleit; „Met kultuur-federasies alleen sal ons nie die bittere minderwaardigheid van die Hollandse Afrikaner verwyder of die pynlike snobisme van die Engels-

sprekende uitroei nie. Nee, ons sal die eenheidsmag van 'n geheel eie staatswese agter ons moet he vir die beoogde doel. Dit alleen sal ons volksbesef en ons lojaliteit verenig." Op 31 Oktober skryf hy; (,So het ons Nasionaliste altyd gevoel,

naamlik dat ons ter wille van ons nasionale selfstandigheid in alle opsigte los moet kom van die Britse Ryk wat ons volksiel verdeel en vervals en dat ons nasionale kultuur sy afsluiting en bolwerk moet vind in 'n eie Afrikaans-Republikeinse staats-

20) vorm, vry van vreemde oorheersing." '

In hierdie stadium tree *n duidelike neiging om met die partypolitiek in die algemeen te breek, na vore. Hoewel daar aanvanklik sprake was om die Republikeinse Bond ' n organisasie

21)

binne die Nasionale Party te maak, ' word daar al heel spoedig

beklemtoon dat die Bond wyer as enige bestaande party is.

Dr. O.J.H. de Wet ontken dat die Bond binne die Nasionale Party staan. Hy set „Dit het as Bond niks te doen met enige party nie."22) Op 12 Mei skryf ds. C.W.M. du Toi-fc; „Die Bond sal

horn nie in die onmiddellike toekoms met die partypolitiek be- moei nie. Hy sal hom byvoorbeeld nie amptelik inlaat met

17) Vgl. Die Volksblad, 14/8/28. 18) Die Weste, 7/l'0/3g. 19) Xbid.; 4-/10/30. 20) T b H . , 31/10/30. 21) TbT5., 16/9/30. 22) T5Td., 6/1/31.

partybenoemings, nog deelneem in ' n stryd teen bestaande poli­ tieke partye nie Die Bond wens derhalwe om die lewe van die volk soos ' n suurdesem te beinvloed totdat republika- nisme 'n nasionale beweging vir die verwesenliking van die

23) reeds genoemde ideaal sal word."

Sowel op grond van idealistiese as ekonomiese oor- wegings word die partypolitiek nou losgelaat.

Dr. W.P. Steenkamp stig 'n „Nasionale Werkers- en Boerebond" met die oog op die stoflike nood wat gevolg het op die depres- sie en heersende droogte. Hy se hy is nog nasionalis en

republikein, maar sy volk gaan te gronde en hy stel sy volk bo 'n party. ^' l.J. du Plessis kla dat slegs lapmiddels aange-

wend word. „Daar is hierdie skreeuende behoeftes aan dade wat steeds agterwee bly. En intussen hoor ons van nuwe par­

tye en van 'n aanstaande samesmelting van die twee hoofpartye, nog meer woorde aan die een kant en 'n nog liberaler toekoms- politiek aan die ander kant. Dade is vereis - en ons poli- tiek is magteloos. Ek meen omdat ons belemmer word deur die Britse konneksie in al sy vorme en deur 'n uitgediende

regeringstelsel waarin ons regeerders self nie meer glo nie." Die volk het gedurende hierdie jare van teleurstelling en ekonomiese nood begin soek na iets meer as ' n politieke party. Aan die een kant was daar die Afrikaanse beweging buite die politieke partye Wat aan die een of ander bond ge- dink het, en aan die ander kant die politici self wat aan samesmelting van die bestaande partye gedink het. So ver- klaar genl. Hertzog in 'n toespraak op 26 Februarie 1928s „Dit alles wys dat daar iets verkeerd is met al die partye. Mense van alle seksies begin moeg word vir die gekibbel oor

onbelangrike dinge. Die gevoel van eenheid en van solidari- teit maak horn meester van die hele gemeenskap." Nadat ook Tielman Roos die idee van 'n nie-party-regering verkondig

net, loop laasgenoemde rigting uiteindelik uit op die poli­ tieke samesmelting van 1934.

Die Republikeinse Bond het 'n kortstondige bestaan ge- had, hoewel dit nooit formeel ontbind is nie, Onder die 23) Ibid., 12/5/31.

24) TbTI., 24 en 27/2/31.

25) Ibid., 16/6/31. Skrywer hiervan onderstreep, 26) Van den Heever, a.w., bl. 507.

27) D.W. Krttger, a^w., b l . 1 5 6 .

28) Die Transvaler, 5 / 4 / 4 3 .

druk van die ekonomiese nood net republikanisme nou geleidelik van die openbare verhoog verdwyn en gaan skuil in die binne- kamers van Afrikanerharte.