• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

2. DIE NUWE NASIONALE PARTY.

Die dryfkrag agter die republikeinse strewe van die nuwe Nasionale Party net veral uit die Noorde gekom. Die Kaaplandse Kongres het op 26 Julie 1934 samesmelting verwerp

en die ou Nasionale Party „met sy vaste program van beginsels"'1

gehandhaaf. Ten opsigte van die konstitusionele vraagstuk het die Kongres slegs by wyse van 'n besluit versoek dat oor- weging geskenk moet word aan die vraag of die Britse konneksie

die Unie nie te duur te staan kom nie. ' Daarteenoor het die Vrystaatse kongres van die voortgesette Nasionale Party op 6 Desember 1934 die Pederale Raad versoek om artikel 4 van die program van beginsels duideliker te formuleer. Wat daarmee beoog is, word in die besluit gese: „Die Nasionale Party van die Orange Vrystaat verklaar horn beslis ten gunste van die Christelike republikeinse ideaal." '

JDie leier van die voortgesette Nasionale Party in die Vrystaat, dr. N.J. van der Merwe, het horn as een van die

leiers van die Galvinistiese Bond en die Republikeinse Bond vyf jaar vantevore verset teen die aanvaarding van die bestaan- de konstitusionele posisie. Hy was dan ook een van die

eerste Volksraadslede wat in daardie jaar tydens ' n parle- mejntere debat oor die Statuswetsontwerp sy republikeinse be- lydenis uitgespreek nets „Ek persoonlik meen dat 'n republiek die logiese gevolgtrekking van onafhanklikheid is. Ek per- sojmlik glo dat die logika van die gebeurtenisse ?n republiek

in- Suid-Afrika sal skep." ' f_Adv. J.G. Strijdom, latere

leier van die nuwe Nasionale Party in Transvaal, het die ideaal in dieselfde debat nog sterker gestel. Vir hom was dit nie net 'n logiese gevolg van gebeurtenisse nie., maar die voorvereiste vir eensgesindheid. Hy se*s „As daar werklik rasse-eensgesindheid moet wees in Suid-Afrika, moet ons uit-

-" 12)

eindelik heeltemal vry staan van die Britse Ryk." Juis Vgl. Van den Heever, a.w., bl. 678 en 670.

M.P.A. Malan, a.w., bl. 156. Die Volksblad ,"7712/34.

Debatte van~d"ie Volksraad, Deel 22, 1934, kol. 2130. Ibid., kol. 2316.

hierdie oorweging sou byna dertig jaar later vir dr.

H.E. Verwoerd deurslaggewend wees om oor te gaan tot daadwerk- like stappe vir die stigting van ' n republiek. ■*'

Die Transvaalse Kongres, wat eers op 16 April 1935 ge- hou is, net sy vryheidstrewe die duidelikste geformuleer.

Onder artikel 4 is die oortuiging uitgespreek dat 'n volk sy hoogste trap van ontwikkeling alleen kan bereik deur onafhank- likheid en 'n beleid wat histories in die volkslewe gewortel is. „In ooreenstemming met hierdie standpunt stel die party hom ten doel om die selfbeskikkingsreg van die Unie langs kon-

stitusionele weg toe te pas, totdat Suid-Afrika 'n vrye en soewereine onafhanklike republiek sal wees, afgeskei van die Britse Kroon en Gemenebes in enige vorm en die verdere ver- wydering van alle vreemde bande wat hom in sy vrye ontwik­

keling strem." '

Die hoofleiding van die Party kon egter nie tot een- stemmigheid geraak oor ' n republikeinse formule wat almal be- vredig het nie. Die „toenemende neiging" by die nuwe Nasio- nale Party om, gedurende sy stigtingsjare, die republikeinse vraagstuk „agter geslote deure" te bespreek, word deur

S.P.E. Jacobz, toe dit in 1936 geblyk het dat die Party hier­ die prosedure vir die tweede agtereenvolgende jaar sou volg, sterk afgekeur in 'n pamflet. ; Eers teen die einde van

daardie jaar het die Eederale Raad sy program van beginsels vir goedkeuring aan die provinsiale kongresse voorgele, waar dit aanvaar is. Artikel 7 het gelui: „Die Party is daarvan oortuig dat die republikeinse staatsvorm, afgeskei van die Britse Kroon, hom die beste aanpas by die tradisies, omstandig- hede en aspirasies van die Suid-Afrikaanse volk en daarom sal hy die republikeinse ideaal beskerm en hom beywer om 'n

republiek in Suid-Afrika tot stand te bring." '

Hiermee is geskiedenis gemaak, want dit was die eerste keer dat ' n politieke party hom amptelik tot die verkryging van 'n republiek verbind het, al het hy nog nie verder gegaan as om net van afskeiding van die Kroon te praat nie. Daar

13) Vgl. D.W. Kriigers South African Parties and Policies, Kaapstad, I960, bTT 2JUZ

14) M.P.A. Malan, a.w., bl. 165.

15) S.P.E. Jacobzs 'Besprekings in Komitee op Partykongresse, Pamflet, Pretoria, s. j.

was diegene wat ook afskeiding van die Britse Ryk voorgestaan het, maar eersgenoemde formule net dit nie noodwendig ver-

onderstel nie; en hoewel die Party in 1941, buite sy program van beginsels om, hierdie afskeiding voorgestaan het, sou hy

n& 1952 weer die twee sake onderskei as twee afsonderlike

stappe wat elkeen op sy eie verdienste oorweeg moes word. ''

In Transvaal het 'n groepie ontevredenes, die soge- naamde Steyn Vorster-groep, weggebreek, terwyl prof.

L.J. du Plessis en dr. C.J.H. de Wet, wat die besware in hoofsaak gedeel het, hulle voorlopig by die beleid neergele het.18)

Sommige van die bykomende bepalings het ook teenstand uitgelok, veral die vierde artikel, waarin die „soewereine on- afhanklikheid" van die Unie erken is, asook die bepaling dat

'n republiek „alleen ingevolge 'n spesiale en besliste opdrag daartoe van die volk", uitgeroep sal word.

Prof. L.J. du Plessis, nou gesamentlike onderleier van die Party in Transvaal, stel die beswaardes se standpunt onder meer soos volgs „Hierdie vaagheid skryf ons toe aan die feit dat die program nog nie sy inspirasie ten voile put uit ons histories, onder die leiding van God Almagtig, verworwe vry- heidsreg en vryheidstradisie of uit ons eweso vasgelegde Afri­ kaans e volksbestemming om die blanke Christelike beskawing tot heerskappy te voer in Afrika; maar nog gedeeltelik sy grond vind in die Britse vryheid, soos blyk uit Art. 4, terwyl die Britse vryheid uit die aard van die saak nie die grondslag kan wees van nasionale ontwikkeling nie, maar hoogstens fn hefboom

waarmee ons Suid-Afrika kan uitlig uit die Britse konneksie wat nie alleen ons staatsvorm vervals, maar ook ons staat self verbrits en as Afrikaanse staat ontma*.»«>

Uiterlik het dit gelyk asof dit om die „Britse konnek­ sie", „republikeinse staatsvorm", ensovoorts gegaan het.

Onder die oppervlakte het die nasionale selfgeldingsdrang egter soos 'n ondergrondse stroom gevloei, wat maar nie bo- gronds kon kom nie. Dit is aldeur maar onderdruk deur die

onwil van 'n Engelse bevolkingsgroep wat in die weg na poli- tieke roepingsvervulling gestaan het. Die knelpunt is

17) D . ¥ . Kriiger, a^w., b l . 9 6 . 18) Die V o l k s b l a d , 3 0 / 1 0 / 3 6 . 19) Die V o l k s b l a d , 6 / 1 1 / 3 6 .

rasioneel in buitelandse konneksies gesoek, terwyl intultief aangevoel is dat dit binnelandse toestande was wat verhinder het dat die staat ook waarlik volkstaat sal wees, dit wil se dat die staat 'n politieke medium vir die verwesenliking van die Afrikaanse idee sal wees. Van den Heever se dat „die hunkering na 'n repu"bliek meer 'n onbewuste neiging (was) om los te kom van die lastige vraag dat die Engelse nou eenmaal hier is en dat dit 'n probleem is wat nie ontvlug kan word

20)

nie". Prof. Du Plessis stel hierdie waarheid duideliker wanneer hy praat van die „Afrikaanse staat" wat deur die Britse konneksie belemmer word. In 'n toespraak te Smith-* field het genl. Hertzog gese" dat kol. Stallard se groep ge- weier het om met die Verenigde Party saam te gaan omdat hulle hul voet op die nek van die Afrikaanssprekendes wou hou, ter­ wyl die nasionale „skeurders van 1933" op hul beurt weer nie met die Engelssprekendes wou saamwerk nie omdat „hulle wil domineer". ,,Destyds kon en wou hulle dit nie se nie, maar vandag se hulle dit."21'*

Dit is opmerklik dat toe die ontevrede groepe met die Nasionale Party gebreek het, hulle met groter vrymoedigheid die grondmotief van hul strewe kon openbaar. So formuleer die Steyn Vorster-groep hul beleid soos volg; „Met een groot kraginspanning na behoorlike voorbereiding wil hulle 'n om- wenteling teweegbring, waardeur ons volk op die gebied van Ghristelikheid, onderwys, kultuur, staatlcunde, stoflike wel- vaart, in alles, herstel sal word in sy eersgeboortereg en in

22)

sy heerskappy in sy eie en enigste vaderland." / En later

sou ook dr. C.J.H. de Wet, nadat hy van die Nasionale Party weggebreek het, die eis om ' n Afrikaanse volkstaat steeds sterker beklemtoons „Suid-Afrika behoort aan die Afrikaner- volk."25^