• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

1. VERSAKING VAN DIE VRYHEIDSTREWE.

Die versaking van die republikeinse strewe deur die Nasionale Party het 'n streng toets gestel aan die partytrou van sy lede. Die ouere lede het hulle oor die algemeen by die leiding neergele, maar baie van die jongeres het in opstand ge- kom. Reeds as gevolg van die vlagooreenkoms het daar stemme begin opgaan teen die verslapping in die vryheidstrewe. In 'n verklaring in The Star se adv. 0. Pirows „My objection to the flag Bill, as a republican,is that for the first time the Union

Jack and the Imperial connection have been voluntarily recognised in an Act of Parliament. It means that those

things that have existed since the peace of Vereeniging - which was then a case of force majeure - have now been voluntarily

accepted by the whole of the population of the Union." Hy stel in Ons Vaderland die vraag „of dit nie tyd is dat diegene wat republikeinsgesind is, nader na mekaar toe staan om hierdie

2)

soort wetgewing vir die toekoms te belet nie". ' Ook in Die

Burger ' word gewag gemaak van 'n republikeinse beweging, waar-

op „Jong Republikein" antwoord: „'n Republikeinse beweging was nog altyd nodig; dit beteken vandag ons bestaan. Jong Afri­ kaners wag op leiers wat politiek nie bokant die volk stel nie ". Dit was egter nog maar die voorlopers van 'n

1) T h e Friend, 29/10/27.

veel kragtiger reaksie wat sou volg wanneer die onafhanklik- heidsartikel uit die partykonstitusie geskrap sou word.

M die kongresse waarop die wysiging van art. 4- in

die beginselprogram goedgekeur is, openbaar die partyleiers 'n sterk versoenende houding teenoor die Engelssprekendes. In die verkiesingsprogram van 18 Mei 1929 word die onafhanklik- heidstryd aangehaal as 'n historiese feits „Die beslegting van die geskille oor ons landstatus en volksvryheid was terselfder- tyd die vredesverklaring tussen Hollands- en Engelssprekende Suid-Afrika na ons lOO-jarige stryd om vryheid."^ Die naturellevraagstuk sou voortaan verhef word tot die vernaamste verkiesingskreet.

Hierdie versoeningsgedagte kry 'n verdere stoot voren- toe toe dr. W. Carey, Biskop van Bloemfontein, in 'n ope brief die beginsel van twee kulture namens die Engelse aanvaar en 'n beroep doen op wedersydse vertroue en samewerking. „Hulle

(die Afrikaanssprekendes)", se hy, „wil nie sesessie he ter wille van sesessie self nie en liulle is bewus van die voordele van lidmaatskap van die Britse Statebond." Sesessie sal egter geen brandende vraagstuk wees nie „as ons 'n ware modus vivendi kan vind 'n metode om sy aan sy saam te woon elkeen met behoud van sy eie kultuur". Die Biskop net die begrensde strewe van

die Afrikaner, indertyd beheers deur die idee van 'n twee- stroombeleid, raak gesien toe hy gese het dat dit nie soseer „sesessie ter wille van sesessie" was nie, maar dat dit gemik was op nasionale selfverwesenliking- Hy het egter - soos feitlik almal in daardie tyd - misgetas toe hy gemeen het dat soiets bereik kon word sonder staatkundige mag.

Die gevolg van hierdie oproep met sy subtiele suggestie was 'n verdere stap op die weg van uitwissing van republikanis- me. Dit het ingepas by genl. Hertzog se oogmerke, naamlik om die staatkundige onafhanklikheid voorlopig prys te gee ten

einde die vertroue en samewerking van die Engelse te wen. Dat genl. Hertzog net tydelik van die republikeinse propaganda af- gesien het, blyk baie duidelik uit sy verwysing voor die Vry- staatse kongres op 5 Desember 1930. Toe dit gelyk het of die beleid vertolk word as verloening van die vryheidstrewe self, het genl. Hertzog ondubbelsinnig beklemtoon: „Wa't betref die repudiasie van die republikeinse ideaal, se spr. dit nie.

As hy en dr. Van der Merwe lank genoeg leef, sal dr.

Van der Merwe dit eerder repudieer. Maar as julle lank daar- mee aanhou,dan sal ek julle moet repudieer en ons sal na die

5)

volk moet gaan." ' Hieruit blyk dat genl. Hertzog die

republikeinse propaganda net in die bestaande omstandighede as voorbarig "beskou het. Dat van sy lojale volgelinge dit ook

so verstaan het, word bevestig deur J. Albert Coetzee wanneer hy se dat aleer die Engelse seksie „nie geleer het om Suid- Afrika lief te kry en die handhawing van sy soewereiniteit

daardeur te steun nie, sal jy hulle in hul teenswoordige toe- stand met 'n sesessiebeweging net tot intense reaksie in die teenoorgestelde rigting prikkel Wanneer hul nageslagte tot rypheid vir Afrikanerskap ontwikkel het en toestande ont- staan wat bots met die soewereiniteit van die Unie, sal die

6' psigologiese moment aanbreek vir 'n Suid-Afrikaanse republiek".'

Teen hierdie versoeningsgedagte en die verloening van die republikeinse strewe kom veral die Calvinistiese rigting in hierdie tyd in opstand. Van hierdie „hard inner core of Afrikaans Calvinism" se D.W. Kriiger dat dit „for years (had) been exerting a quiet but strong influence in the growth of political and national consciousness in South Africa. In Afrikaans Calvinism British Imperialism and liberalism, in

fact, everything that was British, had always found its

7)

toughest opponent". ' Wanneer onthou word dat die nasionale

idee van 1n volkstaat sy beginselgrond juis in die Calvinis-

tiese roepingsgedagte vind, is hierdie stelling verstaanbaar. Dr. C.J.H. de Wet van Potchefstroom waarsku dat die kar voor die perde gespan words afskeiding van die Britse Ryk moet

9)

die middel wees om rassevrede te bewerkstellig. ' Die Cal­ vinistiese Bond, by monde van veral dr. N.J. van der Merwe en L.J. du Plessis, voer 'n kragtige propaganda in die pers in be- lang van die republikeinse ideaal en lok skerp veroordeling van die kant van die partypolitici uit. Voor die Vrystaatse kon-1

gres op 3 Desember waarsku genl. Hertzog dat „die hele saak sal vuur vat, dit kom op die platteland en word vasgeknoop aan

5) Die Weste, 5/12/30.

6) Brief in Die Weste, 5/9/30.

7) D.W. Kriiger? The Age of the Generals, Johannesburg, 1958, bl. 181.

8) Vgl. Hoofstuk I, by verwysing 10 e.v. 9) Die Volksblad, 30/4-/29.

godsdienstige sake, en dit sal 'n tog in die woestyn beteken".10^

In sy verdediging van die Calvinistiese Bond teen die aanvalle veroordeel dr. Van der Merwe op 14 Oktober die party­ politiek skerp. Hy trek weer die onderskeid tussen volk en party soos De Jonge Kalvinist in 1911 gedoen net wanneer hy set „Ek glo dat sulke volksverenigings baie gesond is om ook poli- tieke partye op die regte koers te hou. By 'n politieke party is daar altyd gevaar dat daar te veel gelet word op die werwing van stemme Dergelike volksverenigings help om jou poli­ tieke aksie in voeling te hou met die diepere strominge van die volkslewe wat anders deur die Mammon van opportunisme in die partypolitiek maklik oorskadu kan word." '