• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

2. REPUBLIKEINSE TERUGGANG.

Uit partypolitieke noodsaak net genl. Smuts horn nou tot die Unioniste alleen gewend met groter sukses vir homself, maar met wrange gevolge vir sowel die Afrikaanse gedagte as die republikeinse strewe. Die Afrikaners wat Smuts hierin gevolg net en kort gelede nog bereid was om die vryheidstrewe in beginsel te aanvaar, moes hulle nou orienteer ten aansien van die imperiale rigting van hul nuwe partygenote. Die Suid- Afrikaanse Party besluit op 7 Oktober 1920 en die Unioniste op

24 November tot samesmelting. By geleentheid van sy party- kongres het genl. Smuts sy standpunt in regstreekse teenstel- ling met die nasionale gedagte duidelik gestel met die voorge-

2A-)

stelde leuse: „Suid-Afrika 'n volk". ^' Daarmee het hy be-

doel dat die geografiese begrensing van mense, ondanks uiteen- lopendheid van nasionaliteit, vir sy volksbegrip die bepalende faktor is.

'n Mens sou verwag het dat die natuurlike reaksie aan die kant van die Nasionale Party sou wees om die republikeinse ideaal nou soveel sterker te beklemtoon teenoor genl. Smuts se imperiale beleid, maar blykbaar het hulle die nuwe partykombi- nasie so gedug beskou dat die Nasionale leiers verkies het om 'n veel breer verkiesingsprogram op te stel sodat dit ook aan- neemlik sou wees vir ander lede van die staatsvolk. Toe genl. Smuts 'n verkiesing uitgeskryf het om sy samesmelting te benut, reik die Nasionale Party op 9 Desember 1920 met die oog daarop 'n manifes uit waarin die republikeinse ideaal tydelik geskrap word uit die politieke program? „Soos genl. Smuts op 3 Desember erken het, is die ideaal van die N.P. soewereine onafhanklikheid op die regte tyd. Daar nou die regte tyd na ons oordeel nog nie daar is nie, so het die N.P. die reg om, sonder die minste afstand te doen van haar strewing na vryheid, te se* dat sy die kwessie nie by die eerskomende eleksie tot

25)

stemming wens te bring nie." ' In sy verdediging teen die

Suid-Afrikaanse Party se koerante wat beweer het dat die Nasio- nale Party weggehardloop het van sy republikeinse standpunt, skryf Die Burger dat die Party nooit daadwerklik afskeiding voorgestaan het nie, maar net „de ideaal of beginsel van souvereine onafhankelijkheid en het recht om hiervoor over- tuigingswerk te doen."

Soos ook verder blyk uit die verkiesingsmanifes van 9 Desember het die Nasionale Party sy hoofplank nou ekonomiese vraagstukke gemaak en beskuldig hy die Suid-Afrikaanse Party

dat hy die „Unionistiese kapitalistiese beleid" aanvaar het. Insover daar nog sprake van ' n vryheidsideaal is, word dit in

'n negatiewe sin beklemtoon deur nouere aaneensluiting van die Ryk te veroordeel. So verklaar dr. Malan op Malmesbury dat die Nasionale Party pal staan „by die konstitusionele verhou- dinge soos hulle vandag is", maar dat hy die „Imperialisme van genl. Smuts" sal bestry, wat „ten gunste van die beweging van

27)

nouere imperiale aaneensluiting" is. ' „Onafhanklikheid" be­

gin ook 'n nuwe betekenis kry. Die ekonomiese onafhanklik- heidsgedagte tree na vore, blykens die besprekinge op die Fasionale Partykongresse van Transvaal en die Vrystaat in Oktober.28)

Die na-oorlogse ekonomiese ontwrigting wat horn in hier- die jare laat geld het, het vanselfsprekend ' n belowender stem- veld vir politieke bedrywighede gebied. Hamate die arbeids- vraagstuk meer aktueel geword het, het die Nasionale Party- leiers meer op hierdie terrein gekonsentreer. So verklaar adv. E.G. Jansen op die Watalse kongres dat „die kwessie van

onafhanklikheid nog 'n leweiade saak vir die Nasionale Party is, maar wat ons aandag nodig het, is die haglike toestand waarin

2Q) ons land ekonomies verkeer". '

Hoewel hierdie verskuiwing van die swaartepunt van sy strewe na die ekonomiese terrein, oppervlakkig beskou, 'n opportunistiese voorkoms het en ongetwyfeld teen die agter- grond van die destydse omstandighede nie hiervan vry te pleit

25) Die Burger, 10/12/20; Neame, a.w., bl. 223;

F.A. van Jaarsveld en G-.D. Scholtzs Die Republiek van Suid-Afrika, Johannesburg, 1966, bl. 162.

26) Die Burger, 14/12/20. 27) Ibid., 1271/21.

28) Tbid., 12/10/21. 29) TbTd., 21/10/21.

is nie, moet beklemtoon word dat die ekonomiese !n baie belang-

rike aspek van die vryheidstrewe gevorm het. Die Britse kon- neksie was nie net ' n saak van politieke bande nie. Afgesien van die versterking van Brittanje se politieke mag en prestige was ekonomiese oorwegings een van die belangrikste oogmerke in die imperialistiese strewe. !n Beleid om Suid-Afrika ook

ekonomies selfstandig ten opsigte van die Ryk te maak, het nog steeds parallel geloop met die vryheidstrewe.

Die goudmynstaking in Januarie-Februarie 1922 stel die Nasionale Party in die geleentheid om die samewerking te ver- kry van die Arbeidersparty. Adv. Roos doen in Julie 1922 !n

voorstel dat die twee partye in die aanstaande verkiesing moet saamwerk en beweer dat die republikeinse kwessie geen hinder- nis behoort te wees nie, omdat dit ,,'n nasionaal saak" is wat met politieke partye niks te doen het nie. nDie bestaande regering moet vernietig word, of dit sal ons vernietig." Op 2 Desember stel hy die posisie baie duidelik voor sy takbesture.

Hy set „Baie wil egter vir die Nasionale Party stem, maar voel

hulle nog nie ryp vir die republikeinse idee nie. Aan die- sulkes sal weer die versekering gegee word dat die Nasionale Party ten minste vir die tydperk van die volgende parlement

(as die N.P. die regering vorm) nie die onafhanklikheid sal 30)

uitroep nie." In Kaapland beduie dr. Malan aan sy kongres dat „republikanisme, rassehaat en die begeerte om die kleur- ling- en naturellebevolking te onderdruk", tereg as paaiboelies aangesien word. Hy se verders „Republikanisme is nooit as 'n partybeginsel aanvaar geword deur enige Nasionale Partykongres nie. Die verste wat die party as party ooit gegaan het in hierdie rigting, was om op te kom vir die vryheid van elke burger om sy mening omtrent die beste regeringsvorm uit te

spreek." Ook hy het !n belofte vir die Engelse hierins „As

die party ooit as party republikeins sal wil word, dan sal eers daartoe deur die kongres moet besluit word, en selfs dan het die Engelssprekende seksie van die bevolking die bepaalde versekering van die Nasionale leiers dat selfs as die party aan die bewind is, die teenswoordige regeringsvorms nie sal

31) afgeskaf word nie tensy hul dit ook verkies."

Hoewel dit onmoontlik lyk, moet onthou word dat hier­ die leier vier jaar tevore so !n stelling as „onhoudbaar"

gekwalifiseer het. Dit illustreer egter op 'n treffende wyse die probleem van die nasionale partypolitiek wanneer hy horn aan die een kant moet beroep op die bree staatsburgerlike volk waarin die eie volk opgelos is, en aan die ander kant bevre-

diging moet gee aan die aspirasies van daardie volk wie se een- heid versprei le oor die kunsmatige partygrense.

In 'n brief aan kol. P.H.P. Creswell, leier van die Arbeidersparty, belowe genl. Hertzog dat5 terwyl Nasionale

Partylede binne die party hul mening vryelik kan uitspreek, „in die Parlement wat dan gekies sal word, in geval 'n Nasio­ nale Regering aan bewind van sake kom, geen Nasionale Parle- mentslid sy stem sal gebruik om die bestaande konstitusionele betrekking van Suid-Afrika tot die Britse Kroon omver te werp

32)

nie". ' Op 'n vraag gedurende 'n personderhoud na die waar-

heid in die bewering dat hy bereid is om ter wille van 'n oor- eenkoms met die Arbeiders afstand te doen van die onafhanklik- heidsideaal, het genl. Hertzog geantwoord dat die Nasionale Party nerens bepaal het dat afskeiding een van sy beginsels is nie. „A1 wat hy in sy beginsels op staan, is dat die Unie in besit sal wees van voile onafhanklikheid. Dit word in ons be­ gins el nie vereis dat die onafhanklikheid ' n Republikeinse on­ afhanklikheid is nie. Waar hy op aandring in sy konstitusie

is die onafhanklikheid, nie op die regeringsvorm nie." Die leiers self gee dus voor dat hulle eintlik nooit van koers ver- ander het nie omdat hul partykonstitusie nie van die staats- vorm as Republiek of as afgeskeie staat praat nie, dog net van

onafhanklikheid wat ook binne die Britse Statebond moontlik sou wees.

Nou is dit wel so dat die konstitusie, ook soos ge- wysig in 1920, in artikel vier geen melding maak van 'n

republiek of afskeiding nie. Dit praat slegs van handhawing van die bestaande regte en vryhede en onderneem om dit langs konstitusionele weg verder uit te brei totdat Suid-Afrika as selfstandige staat gelykstaande met die Verenigde Koninkryk sou wees en om „verder sy volkome vryheid en soewereine onaf­ hanklikheid te verkry". Die Vrystaatse partykonstitusie het nietemin die volgende byvoegsel gehads nDie Nasionale Party

erken die reg van die volk van die Unie om af te skei van

32) Ibid., 21/4/23.

G - r o o t - B r i t t a n j e en om e n i g e b e s t a a n d e band weg t e ruim

^4.) of te wysig." ^

Daar moet egter in aanmerking geneem word dat die g e ­ wone partylid nie die fynere onderskeid tussen onafhanklikheid

en republiek raakgesien het nie, veral nie wanneer laasgenoemde slegs as 'n besondere staatsvorm vertolk is nie - soos poli- tieke leiers dit graag gedoen het. Vir gewone partylede het albei woorde die betekenis v a n voile staatkundige en nasionale

■55)

vryheid gehad. ' Hierdie gevoel van die gewone volkslid het

die partyleiers - selfs v a n die Suid-Afrikaanse Party - gedwing om in die jare 1917 tot 1919 in die rigting van onafhanklikheid en afskeiding te stuur. G-enl. Hertzog self het horn ondubbel- sinnig hieroor uitgespreek na aanleiding van 'n vraag van die Daily Herald in Engeland „of dit waar was dat hulle daarop uit was om 'n algehele afskeiding van die Britse Ryk te verkry". Hy het geantwoord: MJ a , dit is absoluut noodsaaklik vir ons"

en bygevoeg dat negentig persent van die Hollandssprekendes 36")

republikeins w a s . Die feit is dat die politieke partyhier nie- amptelik verbreed het tot 'n instrument van volkspolitiek, Hy het aangesluit by ' n beweging wat bo die partypolitieke idee uitgestyg het en wat dus in wese 'n volksbeweging w a s .

Ter regverdiging v a n genl. Hertzog moet egter daarop gewys word dat hy in 1923 nie strydig gehandel het met sy werk- like standpunt nie. A s Afrikaans-nasionale denker het hy v nooit die nadruk laat val op die staatkundige afskeiding van

37)

die Britse Ryk nie maar op die nasionale selfstandigheid, desnoods binne die Ryk. Hy het dus veeleer in 1917-1919 van sy koers onder aandrang van buitelandse ontwikkelinge en binne- landse begeertes afgewyk.