• No results found

Emigrant van 3 April 1860, aangehaal deur

A. J H van der Walt, in Koers, Deel VI, Wo 3, Desember 1938.

3. DRIE DRYEKRAGTE.

In die ontplooiing van die republikeinse strewe in die dertigerjare kom veral drie momente, wat in die verlede wel vaag onderskei was, steeds sterker op die voorgrond. Die

20) A.w., bl. 603.

21) Die Vaderland, 18/11/38.

22) D.E. Malan; Afrikaner-volkseenheid, en my Ervarings op die Pad Daarheen, Kaapstad, 1959, bl. 186.

eerste moment is die staatkundige aspek ten opsigte van die Britse Kroon en Ryk; die onverdraagsaamheid teen Suid-Afrika

se Britse verbondenheid ondanks „soewereine onafhanklikheid" net steeds sterker opgelaai. Die tweede moment is die strewe na Afrikanereenheid op politieke gebied, want sonder eenheid

kon geen magsuitoefening geskied en die volksideaal bereik word

nie. Die besef dat die volk in sy diepste wese eenders voel, laat 'n toenemende wantroue ontstaan teen die partypolitiek wat vir die politieke verdeeldheid aanspreeklik gehou is. Hierdie eenheidstrewe openbaar hom in allerlei pogings om die volk te verenig, sowel binne as „buite en bo" die partypolitiek. Die gevolg is dat die partypolitieke instrument in toenemende mate verwerp word. In die derde moment ontwikkel 'n steeds

duideliker standpunt ten opsigte van die Afrikaanse volkstaats- idee, wat in konsekwensie neerkom op 'n opeising van die Suid- Afrikaanse staat vir die Afrikanervolk alleen terwyl die

Engelse bevolkingsgroep daarin of as ' n aanhangsel van 'n oor- sese volk eenvoudig buite rekening gelaat word of uitgenooi word om in die Afrikaanse stroom op te los.

Die staatkundige aspek was eintlik die enigste faset wat by amptelike beleidsformulering moeilikheid veroorsaak net. Die politieke party moes hom orienteer ten opsigte van die

heersende staatsopvatting van die imperialistiese idee, die staatsvolkgedagte van algemene burgerskap. Om hierdie rede kon Afrikanereenheid nie as ' n amptelike doelstelling in die partyprogram opgeneem word nie, want dan sou die party beswaar- lik 'n beroep op Engelse steun kon doen by verkiesings. Daarom en des te meer kon van Afrikanerheerskappy geen woord gerep

word nie. Selfs die uiterste ekstremiste sou in daardie sta­ dium van die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis nie op Afri­ kanerheerskappy aangedring het nie. Gevolglik moes by die formulering van die republikeinse ideaal van die Nasionale Party geworstel word tussen die twee pole: aan die een kant 'n suiwere weergawe van die staatkundige vryheidsdrang en aan die ander kant so 'n versigtig moontlike doelstelling wat nie

broodnodige stemme van burgers wat minder sterk of selfs anti- patiek teenoor die vryheidsdrang gestaan het, sou vervreem nie.

Die eerste rigting, waarmee die Engelssprekendes ver- eenselwig is, wou die anti-republikeine buite rekening laat en hulle slegs toespits op diegene wat op grond van allerlei prak- tiese oorwegings teen republiekwording gekant was. Hulle sou

argumente aanvoer dat 'n republiek, volledig afgeskei van die Britse Ryk, nie net 'n voorvereiste was vir uiteindelike volks- eenheid nie, maar ook vir ekonomiese welvaart. laasgenoemde was 'n belangrike oorweging in daardie jare van armblankedom.

S.P.E. Jacobz se van republiekwording: (|Dit word dus "beskou as

'n weeldeartikelj met die verkryging waarvan gewag kan word totdat die volk eers deur ander middels in sy welvaart herstel is. Volgens die Eederale Raad moet die stigting van

'n republiek een van die vrugte wees van die verlossing wat die Nasionale Party meen om te bewerkstellig onder die vleuels van die Britse Ryk? terwyl ons almal weet dat ons republikeinse

onafhanklikheid slegs die begin van ons nasionale herstel sal wees omdat Suid-Afrika daardeur die Britse stelsel, wat ons

24.)

uitbuit, verbreek." ^' Dr. C.J.H. de Wet het dit so gestel:

„Eers vrymaking van Suid-Afrika en dan redding van Suid- 25)

Afrika." > y Om dieselfde rede was hierdie radikale vleuel

ook gekant teen 'n volkstemming om oor republiekwording te be- slis. Volgens hul rnening het dit ingehou dat die Engelsspre- kendes 'n soort veto-reg ten opsigte van die verkryging van ' n republiek behou. Dr. De Wet verwerp die gedagte aan 'n volk­ stemming as 'n „gevaarlike en beslis verwerplike spel, want in die eerste plek watter reg het die anti-republikeinse elemente om te beslis oor 'n Republiek vir die Afrikanervolkl

Hulle het ons Republiek afgeneem sonder om ons te vra!" '

In die derde plaas het, soos reeds aangetoon is, die verskil ook gegaan oor die vraag of 'n republiek ook sal be-

teken uittrede uit die Britse Ryk - 'n voorwaarde wat vir die radikale vleuel 'n sine qua non was.

Die oorheersende standpunt binne die Partyleiding was dat, terwyl die republikeinse ideaal so sterk wenslik bely en daar ook propaganda voor gemaak moet word, dit nie anders- denkende kiesers moes afskrik nie. Die party moes gevolglik ook aan bewind kon kom sonder verpligting om 'n republiek uit te roep, en mog in ieder geval nie 'n republiek uitroep wat

24) S.P.E. Jacobz: Nasionaliste Hou KoersI, Pamflet, Pretoria, s.j. (omstreeks 1956j. ~

25) Die Volksblad, 19/2/36.

26) Cf.J.'H. de Wets Manifes van die Konferensie van Afrikaners, Pamflet, Pretoria, 1940, bl. 2.

27)

nie deur 'n kiesersmeerderheid gerugsteun word nie. Met ander woorde, die Party is geregverdig om bloot met die oog op bewindsverowering aan die partypolitieke stryd deel te neem. Hy kon daarin strydpunte gebruik soos onder andere die kleur- vraagstuk, ekonomiese aangeleenthede en Joodse immigrasie en

J)Q \

op die wyse ook Engelse stemme trek. ' Met die oog hierop moes dus nie net versigtig te werk gegaan word met die formu- lering van die metode van republiekverkryging nie, maar ook met die formulering van die doelstelling selfs afskeiding van die Kroon, dog nie afskeiding van die Ryk nie, want laasgenoem- de kon allerlei ekonomiese implikasies vir die Unie inhou.

Sterk argumente kon vir albei standpunte aangevoer

word. Vir die amptelike partybeleid, soos hierbo uiteengesit, was daar baie te se. Die partyleiding het aangevoer dat die republikeinsgesindtes op daardie tydstip op parlementere ge- bied verdeeld gestaan het en dat daar gepoog moes word om hul- le of na die Nasionale Party oor te trek, of hulle onder-

steuning te verkry deur die republikeinse vraagstuk by wyse van 'n volkstemming uit die partypolitiek te lig. So wys dr. Malan te Boshof daarop, nadat hy beklemtoon het dat

republikanisme 'n saak van praktiese politiek is met die oog op volkseenheid, dat Ierland by die verkiesing nie 'n volstrek- te meerderheid gekry (het) nie, maar toe hy 'n beroep op die volk gedoen het om 'n oordeel oor 'n republiek te vel, was 'n meerderheid van 158,000 ten gunste van 'n republiek. '

Pie probleem was natuurlik gelee in die vraag wanneer die partyleiding die tyd ryp sou ag om so 'n mandaat van die volk te vra. As in aanmerking geneem word dat daar in I960 nog binne die Nasionale Partyleiding sterk weerstand teen 'n

30)

volkstemming was, ' kan die kritiek van dr. C.J.H. de Wet wel verstaan word: ,,Dit hou aan die volk die Republikeinse ideaal

27) Vgl. Pie Volksblad, 28/7/37; 17/8/37; 17/10/37.

Adv~ J.G. Strijdom het 'n baie sterk standpunt ingeneem oor hierdie meerderheidsbeginsel. Hy was selfs nie met

'n blote meerderheid van een tevrede nie. Vgl. dr.

Verwoerd in Pie Republiek van Suid-Afrika onder redaksie van P.A. van Jaarsveld en G.P. Scholtz, Johannesburg,

1966, bl. 6.

28) Die Volksblad, 8/7/36 en 12/11/36.

29) Die Volksb^a, 28/7/37.

voor, maar ons kan nie altyd "bly leef net van 'n ideaal nie; dit word soos ' n lugspieeling op ons paaies hoe vinniger jy be- weegj hoe verder gaan die ,waterplas' en uiteindelik verdwyn

dit sonder dat jy dit bereik het. Die Afrikanervolk wil nie meer 'n ideaal he nie ... Nee, hy wil die Republiek he!"^ '

Hoewel die Party die ideaal "by die formulering van sy program van "beginsels so beperk moontlik wou stel, is daar in toesprake "baie sterker stand punt ingeneem- Die rede daarvoor is gelee in die feit dat die amptelike program as 'n soort ge- mene deler moes dien wat lidmaatskap tot die party "bepaal, terwyl propaganda-uitlatings aanvaar is as gerig tot die alge- mene kieserspubliek met die oog op "blote ondersteuning in ' n verkiesing. Terwyl die program gespreek het van afskeiding van die Britse Kroon alleen, het ' n verkiesingsmanifes in 1938

•7.0)

ook afskeiding van „die Ryk" bevat. ; Op Schweizer-Reneke

het dr. Malan op 'n vraag tydens ' n vergadering geantwoord dat "n republiek wel dadelik na 'n verkiesing uitgeroep kan word indien die verkiesing toon „dat die volk dit wil he". ' Te

Lichtenburg het hy op 'n vraag of dit nodig is dat Mdie Engelse

seksie by ons moet staan", geantwoord: MDis baie wenslik, maar

■54.)

nie volstrek nodig nie". '