• No results found

HOPESTUK IX DIE VOLKSTAATGEDAGTE

2. DIE REPUBLIKEDTSE MOSIE,

Vroeg in 1942 net die menings weer begin uiteenloop toe veral die Herenigde Nasionale Party deur oorwegings van praktiese politiek van hierdie koers afgedwing is. Die eerste teken van koersverandering is merkbaar in 'n opmerking van Die Burger met die publikasie van die Konsepgrondwet dat twee bepalings met hulle formulering verwarring kon skep; die een „vanwee sy duistere bewoording" en die ander „omdat dit in stryd skyn te wees met 'n beginsel in dr. Malan se republi- keinse mosie en dus ook met 'n beginsel deur die Party-

kongresse aanvaar". Die eerste bepaling het betrekking gehad op burgerskap wat alleen verleen word aan onderdane van wie verwag kan word dat hulle volksopbouend sal optree. Die blad vra wie is dit wat sal kan of moet „verwag" terwyl burgerregte alleen volgens wetlike vasgestelde reels en vereistes toegeken word. Die ander „ongelukkig gestelde" bepaling het betrek­ king gehad op die amptelike taal. Volgens Die Burger spreek sowel dr. Malan se Volksraadsmosie as die besluite van die Party se Uniale Kongres van die „getroue inagneming van die gelyke taal- en kulturele regte van albei seksies van die blanke bevoIking".

Die eerste beswaar raak natuurlik nie die beginsel nie, wel die metode van burgerregbepaling en bevat 'n aanneembare wenk. Die aanvaarding van hierdie beginsel le reeds opge-

sluit in dr. Malan se openingsrede voor die Uniale Kongres in 1941, met sy verwysing na die „seggenskap in ons landsake"

wat tot hiertoe geskied net op ' n „uiters" liberale skaal, en die kieserslyste wat „volgepak (is) met onassimileerbare

elemente", wat daartoe lei dat ons 'n staat kry „wat karakter- loos en koersloos is en 'n volk sonder eenheid, sonder ' n

18)

nasionale wil en sonder krag". ' Dit is immers ook hierdie

"beginsel, wat die Party verbied het om „gelyke politieke regte" vir die Engelssprekendes te erken, waaroor die "botsing met

genl. Hertzog ontstaan het„ Die beginsel het gegaan oor die seggenskap van die Afrikanervolk.

Die taal-klousule het skynbaar wel van die aanvaarde beleid van die Nasionale Party afgewyk; laasgenoemde het net van „gelyke regte" gespreek, terwyl die Konsepgrondwet „gelyk- heid en gelyke vryheid" onderhewig maak aan die oordeel van die staatsgesag wat plek en tyd betref. In praktyk sou albei for- muleringe waarskynlik op dieselfde neergekom het, aangesien

enige regstreekse onderdrukking van die Engelse taal en kultuur die proses van assimilasie sou belemmer het. Die verskil

spits dus eintlik toe op die status wat Engels sou beklee as „tweede" of „aanvullende" taal (hoewel op ' n basis van gelyk- heid). Die konsepbepaling het blykbaar bedoel om die „eers- geboortereg" van die Afrikaner en van sy taal binne sy volk- staat prinsipieel te beklemtoon ter wille van die karakter van die staat.

Die Herenigde Nasionale Party sou egter in die volgende jare sy houding met betrekking tot burgerskap of politieke regte aanpas by die eise wat die realiteit van poli­ tieke toestande gestel het. Die volgende jaar waarborg die verkiesingsmanifes reeds „aan die Afrikaans- en Engelsspre- kende seksies van ons bevolking albei dieselfde beskerming vir hul politieke, taal- en kulturele regte". Dit was 'n

openlike afwyking van die beginsel vervat in die Konsepgrond­ wet wat selfs Die Burger in sy kritiek die vorige jaar nog gehandhaaf het.

In Januarie 1942 het die Party egter nog sterk op die grondslag van 1941 gestaan. Dr. Malan het in plaas van die gebruiklike mosie van wantroue as leier van die Opposisie 'n

20) mosie in die "Volksraad ingedien in die volgende bewoording:

18) H.N.P. of V.-Partys Uotule van die Ses-en-twintigste Kon- gres, Bloemfontein, 1941, bl. 15. ~

19) Die^urger, 15/6/43.

„Dat,

Met die oog op die ernstige krisis waarin ook ons land weens deelname aan die oorlog betrokke geraak net, die Raad verklaar

(a) dat ons hoogste volksbelange alleen gedien kan word deur die omskepping van Suid-Afrika in 'n republiek, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk en vry en onafhanklik van enige ander buitelandse mag;

(b) dat sodanige republiek nie geskoei mag wees op vreemde model nie maar opgebou moet word ooreen- komstig ons eie volksaard en tradisies op die be- ginsels van volksregering soos dit beliggaam was in die twee gewese Suid-Afrikaanse Republieke met verbreking egter van alles wat vals en volkskadelik

is in die bestaande Britse liberalistiese demokra- sie en met die nodige aanpassing aan moderne om- standighede;

(c) dat dit Christelik-nasionaal moet wees in wese en karakter en gegrond moet wees op die getroue in- agneming van die gelyke taal- en kultuurregte van albei seksies van die blanke bevolking;

(d) dat dit veilig gemaak moet word vir die blanke ras en sy beskawing ooreenkomstig die voogdy-

"beginsel; en

(e) dat dit doeltreffend beskerm moet word teen die kapitalistiese en parasitiese uitbuiting van sy bevolking sowel as teen die ondermynende in-

vloede van vyandiggesinde en onnasionale elemente." Hierdie mosie bevat al die wesenlike elemente van die eenheidsgrondslag van 1941 en die Konsepgrondwet. Die karak­ ter en vorm van die staat moes Afrikaans wees, want dit moet opgebou word ooreenkomstig „ons eie volksaard en tradisies". Daar kon geen sprake wees van 'n „Suid-Afrikaanse" volksaard en tradisie nie, omdat daar twee afsonderlike volke bestaan

21")

met verskillende volksaard en tradisies. Dit net hier be- trekking op die Afrikanervolk met sy republikeinse en Christe- lik-nasionale tradisie. Die Engelssprekendes sou met die 21) Vergelyk ook G.H. Calpint There are Wo South Africans,

volste reg op gebruik van hul taal- en kultuurgoedere hulle na hierdie „volksaardn met sy Christelik-nasionale lewensbe-

skouing moes skik - in die verwagting dat ook hulle daarin sal opgaan, of anders uitgesluit sal "bly van deelgenootskap en tot die „vyandiggesinde en onnasionale elemente", waarteen die republiek beskerm moet word, gereken sal word.

Hierdie stelling word inderdaad onderskryf deur Nasio- nale sprekers tydens die debat. Dr. T.E. Dbnges waarsku die Engelssprekende dat as hy seggenskap wil he in die stigting van die nuwe republiek, hy nie opsy durf staan buite die

stroom van nasionalisme nie. Met daadwerklike teenstand teen die nasionalisme sou die Engelssprekende homself van sy stem en sy reg om saam te bou, beroof: „As hy kan inkom in hierdie stroom van nasionalisme,-dan kan hy met ons saamgaan as mede-

22

bouers van daardie republiek van die toekoms." Ook dr. Malan se baie duidelik dat die Engelssprekendes, „deur die houding in te neem wat deur hulle ingeneem word, besig is om hulself uit te skakel". Hy beklemtoon dat, wanneer die Afri­ kaners hulle vry „nasieskap" verkry het onder andere deur 'n staatsvorm op suiwer Suid-Afrikaanse grondslag, „ons dit (sal) kan uitlewe volgens ons aspirasies en ons wense". Hulle is bereid om aan die Engelssprekendes ndie hand van vriendskap en

samewerking aan te bied, maar ons doen dit nie deur die prys

2 ^)

wat u v r a , naamlik ons Afrikaners hier te verkoop nie". ;

Genl. J.C. Smuts het die republikeinse ideaal van die mosie ook so vertolk dat daar „nie gelykheid in die land vir beide dele van die bevolking (sal wees) n i e , maar ' n kultuur-

24-) m m d e r h e i d wie se regte van taal gewaarborg word" .

Die vooruitsig van dr. Malan dat die „kring van voor- manne" 'n tyd lank „volmag moet he om die republiek te b e -

25)

skerm", is belangrik. Hy ag so 'n beskerming nodig „nie 26) alleen teen vyande van buite nie, maar teen vyande binnekant". '

Die volkstaatgedagte tree ook sterk na vore wanneer dr. Malan die verskil tussen sy opvatting en die van die Engelssprekendes aantoon. Hy se aan hulle*. ,|Vir u is Suid- Afrika niks anders as ,the land we live in'. Dit is

22) Debatte v a n die Volksraad, Deel 4 3 , 194-2, k o l . 1 9 4 .

23) Ibid., kol. 522. " 24) Ibid., kol. 53.

25) Tbid., k o l . 521.

'n geografiese uitdrukking. Dit wil se* u sien nie 'n volk in Suid-Afrika nie, of as u praat van 'n volk, is dit 'n volk son- der 'n nasionale siel." Teenoor hierdie „inwoner-beginsel" stel hy sy eie strewe om „die nasie en sy toekoms" te ver-

27)

seker. Tydens die tussenverkiesing in Riversdal, 'n paar maande later, hou dr. Malan die kandidaat van die Herenigde Nasionale Party voor as die „Afrikaners se kandidaat". Hy se: „Volgende Woensdag moet u die gevoel van die Afrikanerdom gaan vertolk." Hy onderskei die Afrikanervolk in duidelike taal van die Suid-Afrikaanse staat wat in oorlog met Duitsland ver- keer, want; „Hulle (die "buiteland) sal se: soos Riversdal

praat, so voel die Afrikanerdom", en „by die vredesluiting sal gevra words Wat wil die Afrikanerdom?" Daarom moet die

„Afrikaners van Riversdal" toon dat hulle onttrekking uit die

n • 28)

oorlog eis. '

Hierdie afsondering van die Afrikanervolk ten opsigte van die bestaande staat en met betrekking tot 'n verwagting op die verloop van die oorlog, voer dr. Malan later in die jaar nog 'n stap verder wanneer hy se? „Spreker vertrou dat Duits­ land en Italie sal se dat hulle geen rusie met die Afrikaner­ dom het nie." In verband met die toekomstige republiek se hy;

9 Q ) „Elke Afrikaner moet die sorg van die Afrikanervolk wees." '

Nadat ' n „antwoord" oor die Duitse radio gewag gemaak het van Duitsland se waardering vir die Afrikanervolk se vry- heidstryd, het dr. Malan alle nasionaalgesinde Afrikaners op- geroep om deur middel van die Herenigde Nasionale Party „op te gaan in die magtige Afrikanerdom wat bereid staan om sy God-

30) gegewe bestemming te aanvaar". '

3. TOEHADERING.

Teen die end van 1942 hoor die Uniale Kongres van die Herenigde Nasionale Party in Pretoria nog die naklanke van die volkstaatgedagte wanneer mnr. A.J. Werth in 'n voorstel melding maak van ' n »tvrye republiek op Christelik-nasionale en Afri-

31)

kaans-historiese grondslag". ; By die" geleentheid kom dr.

Malan egter met ' n nuwe beleidsverklaring wat deur die Kongres

27) Ibid., kol. 515. 28) Me~Burger, 20/4/42.

29 IbidT, W 4 2 .

30) Ibid., 27/7/42. 31) Tbid., 17/9/42.

aanvaar word. Die republikeinse strewe en eie volks"bestaan word nog sterk gestel, maar ten opsigte van die Engelsspre- kendes word 'n nuwe versoenende geluid verneem. Voortaan sou in die openbare uitlatings meer nadruk op samewerking en die ideaal van ' n Suid-Afrikaanse nasieskap gele word. Dit staan in teenstelling met die rigting van die Bloemfonteinse Uniale Kongres wat die vorige jaar die nadruk laat val net op Afrikaanse nasieskap en die uitskakeling van 'n deel van die Engelssprekendes as „vyandiggesinde en onnasionale elemente".

Dr. Malan gaan nog sterk uit van die gedagte van vry- heidj „die geboortereg van elke nasie", maar hy beklemtoon nou dat hierdie vryheid „nie net vir een deel nie, maar vir heel Suid-Afrika" verkry moet word. Die Britse konneksie word daarvoor verantwoordelik gehou dat die Engelssprekende be- volking geestelik en politiek ' n aanhangsel van 'n ander nasie en vreemd aan hul Suid-Afrikaanse mede-burgers gebly het. Dit is net 'n republiek wat die nodige konsolidasie van die Tolanke bevolking tot 'n hegte volkseenheid sal be- werkstellig. G-evolglik hoor die Engelssprekendes van dr.

Malan» „Ek weet dat daar onder u 'n groot en toenemende seksie is wat eerlik 'n verenigde volk in 'n verenigde Suid- Afrika begeer. Daarvoor wil u die samewerking van die twee wit rasse he." Hierdie strewe, op die grondslag van die Britse konneksie, het in die verlede misluk. G-evolglik hou hy die republiek voor as die enigste moontlike "basis vir

,,'n eie voile Suid-Afrikaanse nasieskap" en raai hy die Engelssprekendes aan om op hierdie grondslag met hulle Afri­ kaans sprekende mede-burgers vrede te maak. Hy waarborg hul­ le dieselfde „vryheid" en „taal- en kultuurregte" wat die Afrikaners vir hulself opeis. Hy doen daarna 'n beroep op

die Afrikaners wat Afrikaans as die enigste amptelike taal in die republiek begeer, om van hulle ideaal af te sien om- dat dit Mdie toppunt van politieke dwaasheid sou wees om

feite te ignoreer en om te doen asof daardie 45 persent Engelssprekendes van ons land nie daar was nie".

Hiermee het die Herenigde Nasionale Party in die openbaar afgesien van die volkstaatgedagte, en in die komende jaar sou „Suid-Afrikaanse" volkseenheid voorgehou word as die vernaamste rede waarom 'n republiek behoort tot

Toe 'n algemene verkiesing voor die deur was, het die Herenigde Nasionale Party nog vinniger weg "beweeg van die volkstaatgedagte. Daar was behoefte aan wyer steun as die

„eie krag" waarop die volk die vorige jaar nog by Nylstroom gehoop het. Op Potgietersrus verwys dr. Malan na die kleur- vraagstuk waaroor die Engelssprekendes „merendeels" soos die Afrikaners voel. ' n Paar weke later bestempel hy ,tdie ver-

slete beskuldiging dat ons slegs vir een ras staan en alle ander uitsluit", as vals. „Ons waarborg aan die Afrikaans- en Engelssprekende seksies van ons bevolking albei dieselfde beskerming vir hul politieke, taal- en kulturele regte." Verder word verklaar dat Suid-Afrika sy eie ngemeenskaplike"

en onafhanklike nasieskap alleen in 'n republiek ten voile kan uitlewe. So alleen sal groot vraagstukke soos die

32) „kleur- en Jode-vraagstukke" opgelos kan word. '

Die verandering in rigting word baie duidelik ge- motiveer deur dr. Malan voor die Transvaalse kongres in Pretoria in September 1944, as by die kleurvraagstuk as toe- komstige strydpunt in die volgende woorde aankondig;

„In 1929 het die Hasionale Party die kleurvraagstuk op die voorgrond geplaas en die verkiesing van toe het die Nasionale Party ' n meerderheid oor alle partye gegee. Wat in 1929 moontlik was, is weer moontlik ... Die blankes van die Noorde, of hulle Afrikaans- of Engelssprekend, of hulle Nasionaal of Sap is, staan in werklikheid in hul harte oor die saak bymekaar."

Die kongres het besluit om hierdie toespraak 00k in Engels te versprei. 'n Jaar later wys dr. Malan op die vor-

dering wat die Engelssprekendes gemaak het, sodat hulle al meer gesteld daarop is om hulself as Suid-Afrikaners te be-

skou. „Hulle het nog nie altyd sover gevorder dat hulle hul nasieskap prakties uitleef nie." Daarna poneer hy die

volgende stellings „Ons wil in Suid-Afrika een volk he, al is

32) Die Burger, 15/6/43. 33) Ibid., 21/9/44.

dit met twee tale. Maar dan moet daar ook een volks- en vaderlandsliefde wees." '

„Een volk met twee tale" is natuurlik nie meer 'n etniese begrip nie. Daarmee net dr. Malan horn en sy party nou weer op die standpunt van die burgerstaat-beginsel terug- geplaas.