• No results found

VERLOOP VAN KWANTITATIEWE NAVORSING

Die verloop van kwantitatiewe navorsing is kortliks soos volg:

2.4.1 Populasie

Die populasie word gedefinieer as die totale groep voorwerpe of persone wat die eienskap wat ondersoek word besit (Steyn, 2000: 16). „n Omskrywing van „n populasie kan ook „n verwysingsversameling of „n steekproefraamwerk ge- noem word. Die bepaling van die populasie is baie belangrik indien die navor- sing fundamentele waarde wil toevoeg (Swanepoel, 2010: 274).

Indien die hele populasie gebruik word om inligting te bekom, word dit „n sensus genoem. As gevolg van verskeie redes is dit nie altyd moontlik om in die praktyk die populasie te gebruik om navorsing te doen nie. „n Paar sulke redes is:

Die hele populasie is nie altyd toeganklik nie: Om die hele populasie te bereik mag dit dalk beteken dat lede in onherbergsame gedeeltes bly wat dit lewensgevaarlik kan maak om die inligting te bekom. Indien navorsing gedoen word oor onderwaterlewe sal dit ook nie moontlik wees om alle dieptes van die oseaan te bereik nie. „n Ander probleem is die swak reaksie wat verkry word van die betrokke lede van die populasie.

Dit is duur: Die administratiewe koste om die inligting van alle lede van „n spesifieke populasie te bekom, is gewoonlik baie hoog.

Dit kan lank neem: Indien „n entiteit inligting wil bekom oor die gewildheid van „n nuwe produk, word dit so vinnig as moontlik benodig. Indien al die lede van die populasie bepaal moet word en almal se mening verkry moet

word, sal dit baie tyd in beslag neem. Die leeftyd van die populariteit van die produk kan moontlik alreeds verby wees teen die tyd dat die navorsingsresultate bekend is.

Die populasie is te groot: Indien inligting op internasionale vlak benodig word, is die populasie baie groot. Om die populasie eindigend te maak word daar „n telling soos op „n spesifieke dag, datum en tyd bepaal. Omdat die populasie so groot is, kan dit tot langer as „n jaar neem om die data te verwerk.

Eenhede word vernietig in die ondersoek: Om die kwaliteit van klaarvervaardigte produkte te evalueer, is dit vanselfsprekend dat die varsprodukte nie vir verkoop gebruik kan word nie. Om die leeftyd van gloeilampe te bepaal, is dit ook logies dat die produk se leeftyd verby is. Onakkuraatheid: Om die data van die hele populasie in te samel kan nie

net deur een persoon gedoen word nie en die persone moet dus opgelei word om die data reg in te samel. Daarna moet gekontroleer word dat eenvormige insamelingsmetodes wel gebruik word. Dit is nie altyd moontlik om te verseker dat alle data wat ingesamel is die korrekte data is nie (Steyn, 2000: 17 - 19).

Die populasie is soms klein, versprei of sensitief; wat dit baie moeilik maak om die populasie te bepaal. Indien daar byvoorbeeld navorsing gedoen word op „n seldsame sielkundige probleem of „n mediese situasie kan „n populasie nie altyd maklik bekom word nie. Dit is belangrik om wel die navorsing te doen, sodat daar „n oplossing vir die probleem gekry kan word.

Nog „n faktor wat dit bemoeilik om „n populasie te kry, is die beperking wat burokrasie op professionele beroepe plaas. Daar is min professionele beroepe wat nog hul werk onafhanklik van groot en komplekse organisasies waaraan hulle moet behoort, kan beoefen. Burokrasie, reëls en mag verhoed hulle om hulle professionele vryheid te gebruik en hul eie persoonlike oordeel en kennis volgens hul eie oortuigings toe te pas (De Vos, 2006: 23).

2.4.2 Steekproef

„n Steekproef kan gesien word as „n deelversameling van die populasie. Die neem van steekproewe word meestal gebruik deur navorsers, maar die verkeerde gebruik daarvan is net so „n algemene verskynsel. Indien steekproefresultate gebruik wil word om populasieskattings te maak, is dit baie belangrik dat die steekproef wetenskaplik korrek geneem moet word (Steyn, 2000: 16).

Die steekproefgrootte is „n onderwerp wat ondersoek moet word vir bevre- digende resultate. In bestuursnavorsing is die effek wat nagevors word ge- woonlik baie klein, daarom moet die steekproef groot genoeg wees sodat dit die kleinste verskil wat moontlik verkry gaan word, sal uitwys (Tharenou, 2007: 215). Daar word verwys na drie vlakke vir die bepaling van die grootte van die steekproef, naamlik:

„n steekproef grootte van 30, om „n groot navorsingseffek op te spoor; „n steekproef grootte van 76, om „n gemiddelde navorsingseffek op te spoor; en

„n steekproef grootte van 464, om „n klein navorsingseffek op te spoor. Met ander woorde: Dit verg 15 keer meer deelnemers aan die steekproef om „n klein verandering uit te wys as „n groter verandering (Shaughnessy, 2009: 419).

Die volgende is punte wat in aanmerking geneem moet word in die bepaling van „n steekproefgrootte:

Die mate van betroubaarheid wat benodig word in die data; Die fout wat toegelaat gaan word in die navorsing;

Die tipe analise wat gebruik gaan word om die data te ontleed; en

Die grootte van die populasie waaruit die steekproef geneem gaan word (Welman, 2005: 70).

Indien „n kleinskaalse navorsing onderneem word, moet die volgende punte in ag geneem word:

Ekstra aandag moet gegee word aan hoe verteenwoordigend die steekproef is en die veralgemening van die inligting moet met groot omsigtigheid hanteer word. Indien die beperkings erken en in aanmerking geneem word, behoort die klein steekproef se resultate nie die geldigheid van die uitkomste te affekteer nie;

Hoe kleiner die steekproef, hoe eenvoudiger moet die ontleding gehou word;

Steekproewe behoort nie minder as 30 persone of gevalle in te sluit nie en verder behoort die resultate van die bevindinge nie as persentasies gegee te word nie, behalwe as die werklike getalle ook gegee word; en

In die geval van kwalitatiewe navorsing is daar „n ander logika vir die insluiting van sekere persone of gevalle (Denscombe, 2008: 28).

Dit is ook belangrik om aandag te gee aan die mate van reaksie wat verkry word. Daar moet „n verteenwoordigende reaksie wees om die steekproef inlig- ting te kan veralgemeen as populasie-inligting (Welman, 2005: 73).

2.4.3 Waarskynlikheidssteekproefneming

Die betekenis van waarskynlikheidssteekproefneming is dat elke lid van die gedefinieerde populasie dieselfde kans het om gekies te word en as deel van die data opgeneem te word (Steyn, 2000: 21). Die voordeel van hierdie meto- de is dat daar verskillende berekeninge op die data gedoen kan word om die betroubaarheid van die data te evalueer. Indien dit dan as betroubaar geag word, kan daar geldige afleidings vir die populasie gemaak word.

Voorbeelde van sulke tipes steekproefneming is:

Eenvoudige ewekansige steekproefneming: In klein populasies kan die hele populasie genommer word waarna die nommers in „n houer gegooi word en nommers willekeurig uit die houer getrek word, wat dit dan die lede van die steekproef maak. Indien die populasie baie groot is, kan al die lede van die populasie ook genommer word en kan „n rekenaarprogram nommers ewekansig bepaal (Warner, 2008: 3).

Gestratifiseerde ewekansige steekproefneming: Die hele populasie word in strata of groepe gedeel en dan word daar ewekansig (soos hierbo) uit elke

groep lede van die steekproef verkry. Dit word gebruik waar daar propor- sionele verhoudings uit die populasie verseker moet word, byvoorbeeld mans en vrouens in die verhouding van 40% en 60% respektiewelik (Warner, 2008: 4).

Sistematiese steekproefneming: Daar moet eerstens besluit word uit hoeveel lede die steekproef moet bestaan (veronderstel 10). Daarna moet die die hele populasie genommer word (veronderstel 100), waarna 100/10 = 10 die afstand tussen twee lede moet wees. Dan word „n nommer tussen 1 en 10 ewekansig gekies (veronderstel 3), waarna lid nommer 3 van die populasie die eerste lid van die steekproef sal wees en dan sal lid nommer (3+10) 13 die volgende lid wees, ensovoorts (Welman, 2005: 64).

Daar is nog ander metodes wat ook gebruik kan word. Hier is slegs drie voorbeeld genoem.

2.4.4 Ontleding van data

By die ontleding van die data word daar van statistiese tegnieke gebruik ge- maak.

Daar is hoofsaaklik twee stappe waarna verwys kan word, naamlik: Beskrywende statistiek

Dit is die opsomming van die data in frekwensietabelle en die verkryging van algemeen beskrywende inligting in verband met die versameling ter sprake. Ook die grafiese voorstelling van die data kan hier op verskillende maniere uitgebeeld word. Sodoende is die karaktereienskappe van die stel data bekend vir verdere gebruik.

Statistiese inferensie;

Met statistiese inferensie word daar verwys na die afleidings wat gemaak word met behulp van die steekproefinligting oor die populasie (Steyn, 2000: 5).

Alhoewel daar ‟n duidelike onderskeid tussen data-insameling en data- analisering by kwantitatiewe navorsing gemaak word, is dit nie altyd so duidelik onderskeibaar by kwalitatiewe navorsing nie: Die tipe data wat die navorser inkry, bepaal die ontleding daarvan (Myers, 2009: 165).