• No results found

HOOFSTUK 4 : DIE REALITEITE EN PERSEPSIES VAN

4.4 RESULTATE VAN DIE NAVORSING

4.4.2 SKOOLONTWIKKELING

Doeltreffende evaluerings gaan nie net oor die aantal skole wat aan evaluerings blootgestel word nie, maar ook oor die ontwikkeling wat na afloop van die evaluerings plaasvind. Om dit te bepaal het ek die laaste amptelike GSE-jaarverslag van die Vrystaatprovinsie (2010) met die GSE-jaarverslag van 2008 vergelyk. Redes vir die selektering van hierdie jaarverslae word in afdeling 4.3.1 gegee. Die volgende tabel vergelyk die hoofbevindinge van 2008 (FS DBE, 2008:5), soos saamgevat uit GSE- verslae met die aanbevelings vir skoolverbetering van 2010 (FS DBE, 2010:3):

Tabel 5: Nie-implementering van Evalueringsresultate

AREAS FOR DEVELOPMENT: 2008 RECOMMENDATIONS: 2010 School Management Teams (SMTs)

neither give strategic direction nor delegate duties equitably to ensure effective leadership and management.

The District Support Services (DSS) should empower, monitor and control SMTs on roles and responsibilities pertaining to

consistent control of learners and educators’ work as well as equitable distribution of duties to staff members.

Policies and procedures are not

reviewed, adopted and implemented to ensure smooth running of schools.

School Governing Bodies (SGBs) should enlist the support of all stakeholders as well as School Management and Governance Developers (Circuit managers) to review, adopt and implement policies and

procedures effectively.

School Governing Bodies (SGBs) do not have full complement of

representatives, are not trained on roles and responsibilities and do not have systems to monitor learners’ performance, human as well as financial resources of schools.

The school should enlist services of the DSS to support SGBs on roles and responsibilities such as monitoring and control of human as well as financial resources and maintenance of proper representation of members to ensure effective governance.

Educators do not use appropriate teaching and assessment strategies

SMTs and Staff Development Teams (SDTs) should implement IQMS effectively to address educators’ professional needs

and do not analyze results to ensure achievement of Learning Outcomes.

with respect to teaching strategies and analysis of results to ensure proper intervention strategies.

Learners’ performance and

competence in Language of Learning and Teaching (LoLT) are not

satisfactory and impacts negatively achievement of expected outcomes.

Curriculum Section should assist schools with effective implementation of National Curriculum Statement (NCS) and Literacy programmes to develop learners’

knowledge, skills and values.

There is shortage of accommodation, support staff and special rooms such as laboratories and libraries to ensure effective curriculum delivery.

The Department should provide schools with additional classrooms, laboratories, libraries and administration blocks to ensure effective curriculum delivery.

Schools do not plan well for co- and extra-curricular activities.

Schools should enlist services of the Sports, Youth, Recreation and Arts (SYRAC)

Directorate to assist in implementation of co-and extra-curricular programmes to allow a diverse curriculum that will develop

learners in totality.

Schools do not involve parents in committees to afford them

opportunities to take part in school activities.

SGBs should establish representative committees that would include parents to ensure maximum involvement in school management and activities.

Ontleding van bogenoemde dokumente wys uit dat die ontwikkelingsareas wat in die Jaarverslag van 2008 geïdentifiseer is, ten volle ooreenstem met die aanbevelings van 2010, en dit wil dus voorkom of daar geen verbetering was vanaf 2008 tot 2010 nie. Dit blyk verder uit bostaande tabel dat bevindinge van GSE-spanne nie doeltreffend gebruik word om personeelontwikkelingsprogramme op te stel om die geïdentifiseerde leemtes reg te stel nie.

Die gebruik van multi-dissiplinêre spanne aan die einde van 2012 om skole te evalueer het klaarblyklik nie die gewenste uitwerking gehad om distriksondersteuning na afloop van eksterne evaluerings te verseker nie. Die moniteringsverslag van een van die distrikte toon dat four of the eight schools have completed School Improvement Plans (SIPs) in response to recommendations made in the WSE Report and seven schools (87%) did not receive support from the district to implement recommendations made in the WSE Report (FS DBE, 2013(b):3).

Die ontwikkeling van ʼn skoolverbeteringsplan in reaksie op die GSE-span se aanbevelings maak ʼn belangrike deel uit van die post-evalueringsfase. Ek het reeds

uitgewys dat die GSE-beleid nie duidelikheid verskaf oor wie primêr verantwoordelik is om die ontwikkeling van hierdie verbeteringsplan te inisieer nie (3.5.4). Artikel 3.5.5 toon aan dat dit die verantwoordelikheid van die skool is om, in samehang met die beheerliggaam en distriksondersteuningspan, ʼn verbeteringsplan te ontwikkel. Artikel 4.1.1 bepaal egter dat dit die verantwoordelikheid van die distriksondersteuningspan is om met die skoolbestuurspan, personeel en beheerliggaam te skakel ten einde verbeteringstrategieë, soos deur die evalueringspan aanbeveel, te implementeer.

Ontleding van skooldokumente bevestig dat die proses van skoolontwikkeling na afloop van eksterne evaluerings veel te wense oorlaat. GSE-verslae was nie beskikbaar by skole nie en dit was nie moontlik om skoolverbeteringsplanne met evalueringsverslae te vergelyk nie. Ontleding van skoolverbeteringsplanne het aangetoon dat dit nie in ooreenstemming is met selfevaluerings nie en dit is ook nie duidelik genoeg om skoolontwikkeling aan te moedig nie. Daar is geen inskrywings in die kolom vir kontrole nie, wat daarop dui dat strategieë nie konsekwent geïmplementeer word nie. Dit wil ook voorkom of daar geen aksieplanne is om die implementering van planne te vergemaklik nie. Voorts is strategieë vaag en nie spesifiek om ontwikkelingsareas die hoof te bied nie, soos deur die volgende voorbeelde uitgewys:

Tabel 6: Ontleding van Skoolverbeteringsplanne

Area for Development Strategy Kommentaar (deur my)

Delegation of responsibilities

“Ensure accountability

and responsibility” Strategie gee nie aanduiding van stappe wat geneem gaan word om doeltreffende

delegering te bevorder nie.

Improve involvement of parents

“Increased relationships

and cooperation” Die strategie gee ons ʼn aanduiding van die verlangde uitkoms, maar nie die

aksiestappe om hierdie uitkoms te verwesenlik nie.

Improve

communication with all stakeholders

“Works to basic systems, develop the organization and productivity”

Hierdie strategie gee geen aanduiding van hoe

kommunikasie verbeter gaan word nie.

Dit blyk uit jaarverslae dat evalueringsresultate nie doeltreffend gebruik word om skoolontwikkeling te fasiliteer nie. Die gebruik van multidissiplinêre spanne vanaf 2012 in die Vrystaatprovinsie het ook nie die gewenste uitwerking gehad om skoolontwikkeling

na afloop van evaluerings te bevorder nie. Ontleding van dokumente toon verder aan dat waar skoolverbeteringsplanne beskikbaar is, dit nie in lyn is met selfevaluerings nie en strategieë ook nie duidelik is genoeg om implementering te vergemaklik nie. Dit wil ook voorkom of distrikte nie ondersteuningspanne saamgestel het om skole na afloop van evaluerings te ondersteun nie en dat rolspelers nie voldoende bemagtig is om GSE- prosesse te implementeer nie.