• No results found

HOOFSTUK 4 : DIE REALITEITE EN PERSEPSIES VAN

4.4 RESULTATE VAN DIE NAVORSING

4.4.8 DEPARTEMENTELE FOKUS

Een van die verrassende temas wat uit die onderhoude voortgespruit het, is departementele fokus. DiPoala en Smith (2008:118) toon ook aan dat distrikte ʼn klimaat moet skep wat skoolverbetering ondersteun en dat departementele amptenare ʼn gesamentlike visie van skoolverbetering aan die gemeenskap moet kommunikeer. Skooldeelnemers het tydens onderhoude hul bedenkinge daaroor uitgespreek dat distrikte slegs fokus op die Graad 12-slaagsyfer en dat all resources are shifted towards achieving 90 percent pass rate in Grade 12. Een van die skole het die GSE-proses as ʼn straf vir die skool se swak matriekuitslae gesien en dit soos volg verduidelik: The district just reacted out of anger, because our performance (Grade 12 results) dropped at the end of 2013. ʼn Lid van een van die evalueringspanne bevestig dat skole net op uitslae fokus en vergeet dat daar ander aspekte is wat ʼn belangrike rol speel om by daardie uitslae uit te kom. Deelnemers voel verder dat die Onderwysdepartement should put emphasis on the entire school and not on only one aspect, namely results; good results come from good management, good infrastructure, good governance and good quality of teaching in class. Een van die deelnemers van die distrik stem saam met hierdie siening dat akademiese uitslae nie al is wat behoort saak te maak vir onderwysdistrikte nie:

Om net op een of twee dinge te fokus en nie die geheelbeeld in ag te neem nie, gee nie vir jou ʼn werklike prentjie van die skool nie. Byvoorbeeld, daar word net gefokus op akademiese uitslae van Graad 12 en in ʼn mindere mate op Grade 3, 6 en 9 en ons kyk nie wat aanleiding gee tot swak uitslae nie. Sosio-ekonomiese probleme, dissipline, veiligheid, infrastruktuur, ens kan ʼn rol speel in die uitslae en moet in ag geneem word.

Een van die deelnemers van die Provinsiale Onderwysdepartement bevestig dat doeltreffende evaluerings afhanklik is van die fokus van die distrik en hoe ernstig distrikte is oor Geheelskoolevaluering. Indien onderwysdistrikte GSE as belangrik ag, kan dit ʼn bydrae tot volhoubare skoolontwikkeling lewer.

Skooldeelnemers is dit verder eens dat daar van skole verwag word om te veel verskillende dokumente op te stel, wat dit vir hulle moeilik maak om op skoolontwikkeling te fokus. Daar word van skole verwag om verskillende dokumente, soos selfevaluerings, skoolverbeteringsplanne en akademiese ontwikkelingsplanne, op te stel, wat baie tyd in beslag neem. Skoolrolspelers voel verder dat time is always against us and we cannot attend to all these issues. Dit wil voorkom of skole so besig is om verantwoording (account) te doen dat hulle nalaat om ontwikkelingsplanne te implementeer. Deelnemers van die distrik voer in hierdie verband aan dat daar baie dokumente is wat skole moet voltooi en as daar nie druk op hulle geplaas word nie, hulle dit eenvoudig nie doen nie. ʼn Lid van een van die evalueringspanne beaam dat skoolhoofde oorlaai is met administratiewe verantwoordelikhede wat hulle moeilik kan nakom:

Selfevaluering behoort te lei tot skoolverbeteringsplanne wat die ontwikkelingsbehoeftes van onderwysers insluit. Dit behoort die werk vir hoofde makliker te maak. Op die oomblik kry ek hoofde baie jammer. As ek by ʼn skool kom met selfevaluering voel ek half skuldig, want ek weet hoe oorlaai skoolhoofde is.

Skooldeelnemers en evalueringspanne is van mening dat, indien die onderwysdistrikte op selfevaluering en die ontwikkeling van skoolverbeteringsplanne na afloop van evaluerings kan fokus, dit baie van die rompslomp kan uitskakel. Een van die deelnemers toon in hierdie verband aan dat die selfevalueringsinstrument die potensiaal het om al die verskillende planne te konsolideer.

Wat verder kommerwekkend is, is dat dit lyk of skoolhoofde nie werklik skoolontwikkeling najaag nie, maar eerder ingestel is om aan sekere vereistes te voldoen en dit is just a matter of compliance and not about doing things the correct way. Die evalueringspanne beaam hierdie sentiment dat skoolhoofde geneig is om slegs aan die vereistes wat deur die verskillende afdelings gestel word te voldoen, sonder om planne te koördineer wat volhoubare skoolontwikkeling sal fasiliteer.

Bogenoemde inligting kan daarop dui dat distrikte nie voldoende fokus op GSE-prosesse nie, wat die implementering daarvan bemoeilik. Onderhoude met skooldeelnemers en evalueringspanne toon aan dat distrikte hoofsaaklik op die slaagsyfer van Graad 12- leerders fokus en in die proses word ander belangrike aspekte, soos GSE, op die

agtergrond geskuif. Een van die deelnemers van die Provinsiale Onderwysdepartement bevestig dat doeltreffende evaluerings afhanklik is daarvan dat die betrokke onderwysdistrik die belangrikheid van GSE besef. It depends whether WSE is a priority for the district, but we all know that the focus is only on results. Skooldeelnemers voer verder aan dat daar van skole verwag word om te veel verskillende dokumente op te stel, wat dit vir hulle moeilik maak om op GSE-prosesse te fokus. Selfevaluering en gepaardgaande skoolverbeteringsplanne word deur deelnemers gesien as die geskikte middel om al die ander dokumente te konsolideer. Dit behoort daartoe te lei dat skoolhoofde nie net dokumente voltooi om aan sekere vereistes te voldoen nie, maar dat volhoubare skoolontwikkeling hierdie poging sal rugsteun.

4.5

MODELOMVERBANDTUSSEN

DIETEMASAANTE

TOON