• No results found

5.9 GELDIGHEID EN BETROUBAARHEID

6.3.3 Skoolbeheerliggaam se bevoegdheid

6.3.3.4 Betrokkenheid van die skoolbeheerliggaamslede

Die meeste deelnemers by twee skole voel dat die SBL-voorsitter alleen betrokke is by die uitvoering van baie SBL-funksies. Voorbeelde van funksies wat deelnemers genoem het, sluit onder meer die volgende in: die soek van borge en donasies; die persoonlike installering van veiligheidshekke en diefwering; die organisering van ʼn dissiplinêre werkwinkel; en die begin van die dissiplinêre verhore. Die deelnemers praat met lof oor die betrokkenheid van die SBL-voorsitters en is dankbaar vir die pogings wat die voorsitters aanwend om te help om hulle sekuriteit te verbeter. Dit is egter ʼn gegewe dat een persoon nie alle funksies van ʼn SBL kan uitvoer nie en dit veroorsaak dat die ander funksies waarvan deelnemers nie melding gemaak het nie, wat onderwysersekuriteit moet bevorder, nie uitgevoer word nie. Dit wek negatiewe emosies by onderwysers en wantroue ten opsigte van die doeltreffendheid van die SBL word gevolglik ervaar:

I am not satisfied about the efforts they are put [sic] in the school. As I am saying now in most cases, is only the chairperson. I see the other, only a few, but some of them I can really say they are not so affective [sic] (2:15).

[Ek is nie tevrede met die pogings wat hulle by die skool instel nie. Soos ek nou sê, in meeste gevalle is dit net die voorsitter. Ek sien die ander, net ʼn paar, maar ek kan werklik sê dat sommiges nie so effektief is nie],

The chairperson is always here. He is behind us in especially in soccer. That why we wrote a letter to him. He looks for sponsors for us. I am still waiting for him. He was busy trying to find us sponsors (2:17).

[Die voorsitter is altyd hier en hy ondersteun ons veral in sokker. Dit is waarom ons aan hom ʼn brief geskryf het. Hy kyk om vir ons borge te kry. Ek wag nog steeds vir hom. Hy was besig om te probeer om vir ons borge te kry],

Die voorsitter van die SBL help ons baie met dissipline. Hy het uit sy pad uit gegaan om skoolmaatreëls om dissipline beter te laat werk wat regtig vir ons bemoedigend was. Hy het vir die personeel laat verstaan hy weet waardeur ons gaan, hy het mense gaan raadpleeg en hy het probeer om te kyk of hy nie kan help nie. Hy het ook met die verhore van die kinders wat bietjie laat slaplê in die verlede, het hy nou weer op dreef en dat kinders nie kan maak soos hulle wil nie en dit dink ek is baie goed van die voorsitter (6:20).

ʼn Deelnemer het glad nie vertroue in die SBL nie omdat sy voel dat alle lede van die SBL nie betrokke en sigbaar is nie. Deelnemers ken sommige SBL-lede glad nie, omdat die lede nie betrokke is nie. Die meeste van die SBL se pligte word volgens haar deur onderwysers uitgevoer omdat die SBL-lede nie altyd beskikbaar is nie:

Ja, die SBL bestaan nou uit ʼn hele paar lede ongelukkig, is dit so dat nie almal van hulle sigbaar is nie (6:17),

Daar is bietjie wat my nie so geborge laat voel nie, is die onbetrokke lede van die SBL wat nie hulle kant bring nie missie (6:21),

Ek sou sê ek ken nie eers al die mense op die SBL nie (7:35).

Die onbetrokkenheid van sommige SBL-lede laat die deelnemer ongeborge voel. Sy meen voorts dat dit emosies van kwaad raak aanwakker en dat daar daadwerklik iets daaraan gedoen moet word.

ʼn Ander deelnemer beklemtoon die onbetrokkenheid van SBL-lede met die volgende uitlating:

Hier is baie leemtes by die skool. Ons as onderwysers ons moet daai leemte aanvul selfs met funksies. Ek moes dan nou die werk doen. Hier is ʼn vrou, sy moet by die

draw gewees het. Hie’ by die kermis gewees het, ek moet uit my klas kom, wat die

Departement nie wil hê [nie] (7:43).

Sy noem dat die onderwysers sommige pligte van die SBL hanteer, soos byvoorbeeld deur fondsinsamelingspogings te organiseer wat veronderstellend deur een van die SBL-lede gedoen moes word. Sy stel haar dus bloot aan vervolging deur die Onderwysdepartement omdat sy baie keer uit haar klas moet gaan om sekere reëlings te tref. Indien die onderwyser SBL-pligte moet

uitvoer en iets gebeur terwyl hy/sy om dié rede nie in die klas teenwoordig is nie, word hy/sy blootgestel aan wangedrag, aangesien dit onderwysers se plig is om toesig te hou oor leerders wat vir daardie tyd by hulle moet wees.

Die fokusgroeponderhoud het die onbetrokkenheid van die SBL, spesifiek die onbetrokkenheid van die ouer-komponent, bevestig. Deelnemers het oor die algemeen gevoel dat die SBL se ouer- komponent nie by die skool betrokke is nie omdat hulle nooit daar gesien word nie. ʼn Deelnemer weet nie eens wie die voorsitter van die SBL is nie. Dit wil voorkom asof die onderwyser-komponent die skool beheer en dat ouers slegs inkom om tjeks te teken. Die funksies van die skool word ook net deur die onderwysers georganiseer en bygewoon. Dit is vir onderwysers problematies omdat die ekstra verantwoordelikheid nou op hulle skouers rus. Die ekstra verantwoordelikheid plaas geweldig druk op onderwysers, wat gevolglik lei tot ʼn gebrek aan psigologiese veiligheid, aangesien hulle normale pligte onvermydelik nagelaat gaan word.

Om eerlik te wees, dit sal nou baie snaaks klink, ek weet regtig nie wie is die voorsitter van die SBL nie en baie van die SBL-lede weet ek ook nie van die ouer- komponent wie dit rêrig is nie. Mens sien meer net die onderwys-komponent verteenwoordiging wat bedrywig is (13:39),

Daar is nie rêrig iets wat jy sien wat hulle doen nie, behalwe dat hulle tjeks teken nie. Jy sien ook nie [die] beheerliggaam by funksies van die skool nie. Dis maar net meestal onderwyser wat betrokke is (13:41),

[…] die onderwyser moet dan nou funksies reël en so aan, terwyl dit [sic] die beheerraad dit moet reël. Daar moet funksies gehou word, daar moet danse gehou word om die skool aan die gang te hou deur ons (13:43),

Die stadium soos meneer gesê het, ʼn ou sien nie die SBL nie. Jy weet nie wie die ouer-komponent is nie. Ek het nog niks leiding van die SBL ontvang nie. Ek het maar ingeval by alles (13:53).

ʼn Ander deelnemer voel baie senuweeagtig en ongeborge omdat daar nooit ʼn kworum by SBL vergaderings is nie. Dit beteken dat van die funksies wat die SBL veronderstel is om uit te voer nie realiseer nie en dan word die skool geraadpleeg om besluite rondom sekere aangeleenthede te neem.

[…] byvoorbeeld, ek is die sekretaresse van die SBL, maar sekere funksie by die skool kan nie uitgevoer word nie baie keer kry ons nie ʼn kworum nie. Dit laat jou ongeborge voel […] dit werk op jou senuwees is op. Kry jy nooit ʼn kworum nie. Aan die einde van die dag moet jy maar die skool raadpleeg (4:16).

Alle SBL-lede moet ʼn positiewe ingesteldheid teenoor die skool hê en moet bereid wees om as lid van ʼn span ʼn aktiewe rol te speel om die beste belange van die skool te bevorder. Die voortdurende samewerking van SBL-lede as ʼn eenheid is baie belangrik vir goeie beheer (Joubert & Bray, 2007:36). Na aanleiding van bogenoemde belewenisse van deelnemers kan dit bevestig word dat SBL-lede nie as ʼn eenheid werk nie en dat die meeste werk deur die SBL-voorsitter of deur die onderwyser-komponent van die SBL behartig word. Die gevolg is ʼn ongeborgenheid wat deur onderwysers ervaar word, aangesien alle SBL-lede nie die beste belang van die skool bevorder nie. Dit wek gevolglik negatiewe emosies by onderwysers.

They focus only on the infrastructure. Nothing ever happen[s]. They are not concerned about the educators (12:10).

[Hulle fokus slegs op die infrastruktuur en niks word ooit gedoen nie. Hulle is nie besorg oor die onderwysers nie].