• No results found

5.9 GELDIGHEID EN BETROUBAARHEID

5.9.4 Bekragtiging

6.3.2.2 Beleide

Sommige deelnemers het gedurende die individuele onderhoude van die volgende beleide melding gemaak:

 MIV-beleid;  Ontruimingsplan;  Dissiplinêre beleid; en ʼn  Veiligheidsbeleid.

Die terugvoering van meeste deelnemers dui daarop dat onderwysers bewus is van beleide wat by skole voorberei moet wees om hulle veiligheid te waarborg. Deelnemers se kennis oor die inhoud of aspekte wat die beleide behoort te dek, is ook op standaard. Die aspekte wat deur sommige deelnemers uitgelig word, wat veronderstel is om in die beleide aangepak te word, maar nie daarin voorkom nie, lei tot fisiese en psigologiese onveiligheidsbelewing by onderwysers.

There are a lot of things that are outstanding. Last week I was checking on the safety matters in case the fires [sic] break out or there is a bomb at school. I ask[ed] the learners what if there is a bomb in the school? The learners don’t know. Everyone give [the] wrong answers. The school have not [sic] safety in school, the one is [sic] safety policy is outdated. […] most people giving safety are not working here, is an outdated thing. If [a] safety rep come [sic] here the school will be in danger (8:20). [Daar is baie dinge wat uitstaande is. Verlede week het ek die veiligheidsake nagegaan indien daar ʼn vuur uitbreek of as daar ʼn bom by die skool is. Ek het die leerders gevra wat as daar ʼn bom by die skool is? Hulle het nie geweet nie. Almal het die verkeerde antwoorde gegee. Die skool het nie veiligheid nie, die veiligheidsbeleid is verouderd. Meeste mense wat veiligheid kan verskaf, werk nie hier nie. As hier ʼn veiligheidsverteenwoordiger moet aankom, is die skool in gevaar].

Die bogenoemde aanhaling bevestig die oningeligtheid van leerders in die geval van ʼn nood ontruiming van die skool. Die deelnemer beklemtoon die feit dat die skool nie ʼn goedgekeurde en gestandaardiseerde veiligheidsplan het om almal se veiligheid te verseker nie. Die veiligheidsplan is obsoleet en voldoen dus nie aan die bestaande behoeftes van die skool nie.

Nog ʼn deelnemer bevestig die uitgediendheid van die ontruimingsplan van die skool wat nie aangepas is om die veranderende toestande in ag te neem nie. Sy voorspel wanorde indien ʼn brand sou uitbreek, wat gevolglik onderwyserveiligheid sal bedreig.

Ons ontruiming van die skool is gebaseer op ʼn paar jaar terug se toestande en ek dink ons kan nie meer vlug [nie]. Die roetes moet verander. Ek dink as daar iets moet gebeur sal daar ʼn groot chaos wees (6:15).

Die SBL se onbevoegdheid om ʼn werkbare veiligheidsplan op te stel, aan almal bekend te stel en in te oefen, veroorsaak dat onderwysers onveiligheid by die skool ervaar.

Die meeste deelnemers is van mening dat daar wel beleide by hulle onderskeie skole bestaan, maar dat die beleide nie werklik in praktyk toegepas word nie. ʼn Deelnemer noem dat die skool ʼn toelatingsbeleid het, maar dat dit nie geïmplementeer word nie. In artikel 5(5) van die SASW word bepaal dat die toelatingsbeleid van ’n openbare skool deur die SBL van sodanige skool bepaal word. Die toelatingsbeleid kan dus die bepaling van kapasiteit van die skool ook behels. Deelnemers het tydens die fokusgroeponderhoud hulle spesifiek uitgelaat oor die oneffektiewe veiligheid- en toelatingsbeleid. Volgens die deelnemers is die veiligheid- en toelatingsbeleid hoofsaaklik die enigste beleide waarvan hulle bewus is wat veronderstel is om hulle veilig te laat voel. Die veiligheidsbeleid laat ʼn deelnemer nie so veilig voel soos dit op papier uiteengesit is nie. Die belangrikheid van konsultasie met die SBL word beklemtoon om te verseker dat onderwysers insae het by die opstel en wysiging van die veiligheidsbeleid ten einde te verseker dat die veiligheidsbeleid die onderwysers beskerm. Deelnemers meen dat die beleide tot die letter uitgevoer moet word ten einde die veiligheid van onderwysers te waarborg. Volgens ʼn deelnemer weet hy nie regtig wat die toelatingsbeleid behels nie, asook wie tot die skool toegelaat mag word nie. Die instroming van leerders by die skool veroorsaak dat klasse oorvol is, wat onderwysers se veiligheid affekteer. Dit is ook belangrik dat die SBL gereeld die beleide opdateer deur inligting in te voeg wat moontlik ontbreek aangaande prosedures wat gevolg moet word in gevaarlike situasies, byvoorbeeld as ʼn slang jou pik (voorbeeld deur ʼn deelnemer):

[…] voel ek die beleide word nie toegepas nie. Jy kan nou hoeveel keer met ʼn probleem kom na die kantoor of die prosedures volg wat gevolg moet word, maar daar word net niks opgelos nie (13:9),

Die beleide wat daar is, moet tot die letterlik [sic] uitgevoer word en op so ʼn manier sal kinders skrik vang en besef ek kan nie maak wat ek wil nie. Hier is reëls (13:16),

Ek weet van die veiligheidsbeleid wat die skool in plek in het [sic] en die toelatingsbeleid en die ander beleide ek weet spesifiek van die dit wat nou meer op ons veiligheid betrekking het. Veiligheidsbeleid voel ʼn mens nie so veilig nie as dit wat in die beleid in staan nie. Dit word nie redelik uitgevoer nie, selfs die toelatingsbeleid weet nou nie hoe ver dit strek nie en weet ook wie toegelaat word tot die skool nie. Ons as onderwysers moet alhoewel die onderwys-komponente op die beheerliggaam te same met die ouers die beleide opstel, kennis dra van wat daar in die beleide in staan sodat ons ook ʼn bydra kan lewer deur dit so wysig dat dit ons veiligheid kan verseker (13:58),

Ek sal sê dis nie so effektief nie, maar as daar ʼn insident gebeur dan sien jy is nie dit in die beleid nie […] ʼn slang kan jou pik, dan is dit nie in die beleid genoem nie (13:60),

Partykeer is ʼn skool gebou vir ʼn sekere aantal leerder[s] en daar [sic] is dan te oorvol. Dit laat ʼn mens soms onveilig voel. Die klas is oorvol jy het nie beheer oor almal nie (13:62).

Die SBL het dus die bevoegdheid om die skole vol te verklaar op grond van die kapasiteit van die skool soos deur die toelatingsbeleid bepaal. Die versuim om skole vol te verklaar kan meer leerders na ʼn skool toe lok wat nie die kapasiteit het om almal te akkommodeer nie. Dit kan ekstra sorgsaamheidsplig op onderwysers plaas, wat hulle emosioneel onveilig kan laat voel.

Baie van die beleide is daar is op skrif, maar baie keer kyk ek maak ʼn voorbeeld daar is ʼn toelatingsbeleid, maar die beleid word nie nagekom nie. Daar is beleide, maar baie van hulle is niks werd is nie. Is net daar op papier (1:39).

Die kategorie aanstellings, as ʼn familie van onderwysregsdeterminante soos deur die kodes bepaal word, word vervolgens bespreek.