• No results found

Die aanbevelings word weereens aan die hand van die drie families soos in hoofstuk 6 beskryf is, naamlik die Grondwet, onderwysregsdeterminante en SBL-bevoegdheid, bespreek.

7.6.1 Die Grondwet

Onderwysers en die SBL se gebrek aan kennis in terme van die Grondwet, tesame met die ontbreking van die Grondwetbepalings in beleide wat deur die SBL opgestel is, is ʼn pertinente probleem wat tot fisiese en psigologiese ongeborgenheid by die onderwysers lei. Die volgende aanbevelings is geskoei op die bevindings wat gemaak is aangaande die Grondwet ten einde onderwysersekuriteit te verhoog:

 Die SBL en die onderwysers moet afsonderlike opleidingskursusse ontvang ten opsigte van basiese regte soos in die Grondwet uiteengesit. Die opleiding moet spesifiek geskoei wees op aspekte wat ʼn invloed op onderwysersekuriteit het as deel van die SBL se regsplig. Die opleidingsessies moet regsdeterminante verduidelik en uitlê aan die hand van gevallestudies sodat werklike situasies aan teorie verbind kan word;

 Die prinsipaal as bestuurder moet kursusse (spesifiek met betrekking tot Onderwysreg) wat deur die Departement van Onderwys geakkrediteer is deurloop om sodoende die SBL op te lei en te adviseer insake regsaspekte wat onderwysersekuriteit raak;

 Die samestelling van ʼn eenvoudige, verstaanbare dokument deur die Nasionale Onderwys Departement wat die regsdeterminante ten opsigte van die Grondwet duidelik stipuleer en wat onderwysers maklik kan nageslaan indien hulle onduidelikheid oor regsaspekte ervaar;  Die SBL moet altyd die bekwaamheid van onderwysers in ag neem by die aanstellings van

onderwysers;

 Die geweld van leerders teenoor onderwysers wat onderwysers fisies onveilig laat voel moet dringend deur die Onderwysdepartement aangeroer word deur sodanige leerders by skole te onttrek en in spesiale programme te plaas wat leerders met sielkundige afwykings bystaan;

 Die SBL kan werkwinkels organiseer om onderwysers te help om wangedrag van leerders te bestuur en hulle te wys hoe om leerders te motiveer om te alle tye gedissiplineerd op te tree;

 Die SBL moet die oueraande en inligtingsbriewe gebruik om ouers in te lig oor die sisteem of proses wat gevolg moet word in die geval van griewe om sodoende onderwysers te beskerm teen intimidasie deur ouers;

 Prinsipale wat aangestel word moet oor die nodige kwalifikasies en vaardighede beskik, asook gedurig op werkwinkels gestuur word om op hoogte te bly oor wetgewing om hulle in staat te stel om onderwyseraangeleenthede beter te hanteer en gevolglik onderwysers fisies en psigologies te beskerm;

 Die onderwysers voel oor die algemeen dat kinderregte deur die SBL en Onderwysdepartement oorbeklemtoon word, terwyl hulle regte geïgnoreer word. Die onderwysers, SBL en leerders moet beter ingelig en opgelei word oor die implikasies en toepassing van kinderregte, asook die verantwoordelikhede wat leerders moet openbaar en wat met die kinderregte gepaard gaan.

7.6.2 Onderwysregsdeterminante

Die volgende aanbevelings kan gemaak word oor die regsplig van die SBL in terme van die onderwysregsdeterminante:

 Die SBL’e moet aangemoedig word om vrywillig by ʼn vereniging wat beheerliggame van openbare skole verteenwoordig aan te sluit, soos in artikel 20(3) van die SASW gestipuleer is. Die doel van SBL-verenigings is hoofsaaklik om die ondersteuning, leiding en hulp aan SBL’e te verskaf wat hulle kan bystaan met die opstel van effektiewe en wettige gedragskodes vir leerders. Verder moet die SBL deurlopend samesprekings met die onderwysers oor die gedragskode hou sodat die verstaan en konsekwente uitvoering van die gedragskode leerderwangedrag effektief kan aanroer. Ouers moet bewus gemaak word van die gedragskode vir leerders deur middel van ʼn ooreenkoms wat ouers en leerders moet onderteken as bewys dat hulle die reëls en regulasies van die skool sal eerbiedig, wat sodoende onderwysers fisies en psigologies beskerm;

 Die Departement van Onderwys moet hulle regsplig ten opsigte van leerders wat deur die SBL aanbeveel word vir uitsetting nakom, deur die leerders te hanteer, eerder as om hulle na dieselfde skole terug te verwys, wat gevolglik onderwysers fisiese en psigologiese ongeborgenheid laat ervaar;

 Die SBL’e moet hulle tot die howe wend indien die Departementshoof nie sy regsplig effektief uitvoer nie, aangesien hy/sy die leerders wat deur die SBL aanbeveel is vir uitsetting weer na die skole terugstuur;

 Die skole wat glad nie dissiplinêre verhore gebruik om leerders te dissiplineer nie, moet deur die onderwysers genoop word deur die toepassing van artikel 38 van die SASW, naamlik om hulle regte af te dwing;

 Die SBL moet seker maak dat beleide, onder meer die toelatingsbeleid en veiligheidsbeleid, in die praktyk ten volle uitgevoer word en deurlopend hersien en aangepas word om aspekte wat nie daarin vervat is nie, op te dateer. Gereelde konsultasie van die SBL met die onderwysers oor beleide en die monitering daarvan is ʼn vereiste vir die versekering van onderwysersekuriteit;

 Spesiale opleidingsessies vir SBL’e moet aangebied word voor die siftingsproses vir aanstellings sodat alle SBL-lede die belangrikheid van regverdige en billike aanstellings en die rol daarvan verstaan om die beste belang van die skool te bevorder en daardeur onderwysersekuriteit te bewerkstellig.

7.6.3 Bevoegdheid van die skoolbeheerliggaam

Die onderstaande aanbevelings behoort te verseker dat die SBL sy regsplig ten opsigte van die versekering van onderwysersekuriteit behoorlik sal uitvoer:

 Die John Taole Gaetsewe-distrik moet opleidingsessies vir die SBL’e se finansiële komitees en prinsipale by die skole hou wat geskoei is op probleemareas ten opsigte van finansiële bestuur wat by die betrokke skool geïdentifiseer is ten einde die SBL in staat te stel om finansies effektief te bestuur en sodoende onderwysersekuriteit te verbeter. Die SBL’e moet

aangemoedig word om samewerking met plaaslike en provinsiale besighede te inisieer vir fondse en donasies om finansies aan te vul om veiligheidsaspekte te kan verwesenlik;  Alle skole se finansiële komitees moet opgelei word om ʼn gerekenariseerde finansiële

beheerstelsel te gebruik om hierdeur oorspandering van begrotings te minimaliseer, asook om skole in staat te stel om maandelikse finansiële verslae aan personeel en ouers deur te gee. Die opleiding en die dokumentasie moet ook in die huistaal van elke SBL-lid beskikbaar wees sodat die funksies soos bespreek beter verstaan en uitgevoer kan word en sodoende die SBL in staat stel om aspekte rakende onderwyserveiligheid effektief te implementeer;  Die kriteria vir die SBL-verkiesing moet deur die Provinsiale Onderwysdepartement

aangepas word om sodoende SBL-lede aan te stel wat die nodige kundigheid en kapasiteit het om die regsplig uit te voer. Die verkose lede moet ten minste matriek hê en oor tersiêre kwalifikasies beskik om die funksies te kan uitvoer en daardeur onderwysersekuriteit te bewerkstellig.