• No results found

AFDELING B: METATEQRIE

Proses 5: Bring veranderings aan om aan te pas by die nuwe fase sonder om die oue te vergeet (readjust)

1 Herroep en herleef die gevoelens

4.7.3 Proses van vergifnis

4.7.3.2 Worthington se REACH model

Worthington (2006:33) het twee tipes ervarings van individuele vergifhis gei'dentifiseer, naamlik ?n keusemakende (decisional) vergifnis en 'n emosionele (emotional) vergifnis. Die eerste manier is wanneer vergifnis slegs 'n rasionele keuse is wat die persoon uitoefen en wat bloot impliseer dat so *n persoon slegs sy gedrag verander. Hierdie tipe vergifhis is dikwels gewortel in 'n etiese raamwerk wat van die persoon vereis om te vergewe. Die tweede manier van vergifhis hou verband met emosionele vergifhis wat op 'n baie dieper vlak le. 'n Persoon se emosies is veel meer as wat hy voel - dit sluit ook so 'n persoon se gedagtes, herinneringe, assosiasies, hormone, neurochemikaliee en "terugvoering" vanaf die spierstelsel in. Emosionele vergifhis is 'n proses waar negatiewe, onvergewensgesinde emosies met positiewe emosies, soos empatie, simpatie, liefde, vervang word. Hierdie veranderende emosies word met veranderende motiverings verbind, wat die keuse om te vergewe weer kan versterk. Worthington werk hoofsaaklik

met emosionele vergifnis. Voordat hy 'n persoon help om te kan vergewe, word daar ook seker gemaak die persoon weet wat die verskil tussen keusemakende vergifnis en

emosionele vergifnis is.

Worthington (2003:73-74; 2005:126-131) se vergifnismodel staan bekend as die 'REACH'- model. Elke letter in 'REACH' dui 'n faset van die vergifnis proses aan:

• Recall (Herroep die seer)

Wanneer 'n persoon pyn ervaar, probeer hy normaalweg homself teen verdere pyn en seer beskerm. Dit gebeur gewoonlik deur die pyn te ontken. Saam met die aksie van die herroeping van die seer - waarom dit hier gaan - moet die persoon aangemoedig word om eerstens die pyn so objektief as moontlik weer in herinnering te roep. Ten einde dit reg te kry, moet die emosioneel verwonde die gebeurtenis/ervaring so volledig moontlik beskryf. Tydens hierdie fase moet die persoon ook aandui in watter mate daar moontlik onvergewensgesindheid ontwikkel het. Vrae moet gevra word oor watter emosies die persoon in die begin ervaar het en hoe hy tot nou toe die gebeurtenis asook die emosies probeer hanteer het.

Die berader moet ook die injustice gap aan die emosioneel verwonde verduidelik (vgl. Worthington et ah, 2006:35). Hierdie gaping is die verskil tussen enersyds hoe 'n persoon die oortreding hanteer wil he {desired outcome) en andersyds die persoon se perspektief van hoe dinge tans daama uitsien {current outcome). Persone moet gelei word om te poog om hierdie gaping te verklein ten einde hulle onvergewensgesindheid te verminder. Maniere waarop die huidige situasie verbeter kan word, sluit in 1) die ontvang van 'n apologie of restitusie; 2) meer begrip vir die oortreder; en 3) die soeke na wetlike of goddelike geregtigheid.

• Empathy (Empatie)

Om die oortreder te vergewe, moet die slagoffer negatiewe, onvergewensgesinde emosies na minder negatiewe en meer positiewe emosies verander. Indien die slagoffer simpatie, 'n mate van empatie, medelye of selfs liefde teenoor die slagoffer kan toon, kan dit meewerk tot die afplatting van gevoelens van onvergewensgesindheid. Volgens Worthington sal sodanige persone selfs in staat wees om gaandeweg al meer positiewe gevoelens teenoor die oortreder te toon. Om empatie te betoon, behels verder om die saak van die ander persoon se kant af te benader. In die vergewingsproses moet die slagoffer ook probeer beleef wat die oortreder beleef en probeer verstaan wat in die oortreder se lewe aangaan.

Om te probeer beleef wat die oortreder beleef het, gee Worthington huiswerk aan die slagoffer: hy moet die oortreding neerskryf asof hy die oortreder is. Hierdie skrywe moet die moontlike gedagtes, gevoelens en motivering ten opsigte van die oortreding insluit.

Die emosioneel verwonde moet nie net empatie met die oortreder he nie, maar ook simpatie en medelye. Simpatie is om jammer te voel vir die oortreder. Medelye is empatie plus simpatie, plus 'n motivering om iets vir die persoon te doen. Worthington vra dan ook die persone om "agape "-liefde teenoor die oortreder te betoon. Hierdie liefde word gemotiveer deur Christus se gebod om jou vyande lief te he (Matt 5:44; Luk 6:27-28) en om jou broer lief te he (1 Joh 4:20-21). Hoe hierdie liefde teenoor 'n mens se vyande moet lyk, moet met die slagoffer bespreek word.

• Altruistic gift (Onbaatsugtige gawe)

Dit gaan in hierdie moment daarom dat die vergewer ter wille van die ander persoon (die oortreder) sal vergewe. Die herbelewenis van die gevoel van vergifnis ten opsigte van sy eie skuld voor God, help die persoon om andere te vergewe.

• Commit publicly (Verbind openlik)

Die vergewer moet sy bereidheid om die oortreder te vergewe openlik met iemand anders deel. Dit sal die vergewer help om te onthou dat hy vergewe het.

Verder stel Worthington et al. (2000:16) ook voor dat persone hulself simbolies moet verbind aan vergifhis en wel op die volgende moontlike maniere:

■ Verbaliseer die vergifnis wat hulle ervaar het nadat vergifhis gegee is. ■ Brei uit oor die gevoelens wat met die vergifnis gepaard gegaan het.

■ Ontwerp h "Sertifikaat van Vergifnis" waarop verklaar word dat op daardie spesifieke dag die oortreder vergewe is.

■ Skryf'n brief en lees dit hardop voor. Verbrand dit dan of pos dit.

■ Tel 'n klip op en laat dit val. Dit simboliseer die opgee van die gewig van onvergewen sgesind he id.

Ander simboliese verbintenisse tot vergifhis kan die volgende insluit (Worthington, 2003:137-138):

■ Die persoon kan sy hande was as simbool van vergifnis.

■ Teken simbolies 'n kruis oor die seer as bevestiging van die vergifnis.

■ Indien die persoon nie self kan vergewe nie, kan so 'n persoon die handpalms na bo rig, vergifnis van God ontvang, en dit dan simbolies aan die oortreder gee.

• Hold on to forgiveness (Hou aan die vergifnis vas)

Daar gaan tye kom dat die persoon twyfel of hy waarlik vergewe het. Dan moet die persoon vashou aan die feit dat vergifnis daadwerklik en konkreet gegee is. Onvergewensgesindheid kan na vore kom indien die persoon aanhoudend oor die gebeure nadink. Daarom moet so 'n persoon begin om positiewe gedagtes oor die oortreder te dink of om ander dinge te doen in die plek van negatiewe gedagtes.

Ten einde die hele proses van vergiihis op die langtermyn in stand te kan hou en te kan handhaaf, stel Worthington (2003:149) ook nog die volgende riglyne voor:

■ Daar moet 'n besef wees dat die pyn van 'n emosionele wond wat onthou word, nie vanwee die vergifnis is nie.

■ Die persoon moet nie op negatiewe emosies fokus nie.

■ Die persoon moet homself gereeld herinner dat vergifnis gegee is.

■ Die persoon moet by 'n vriend of eggenoot bevestiging soek dat vergifnis gegee is. ■ Die persoon moet met behulp van die aantekeninge wat gemaak is homself

herinner dat vergifnis gegee is.

■ Gaan weer deur al die stappe aan die hand van die "REACH"-model.