• No results found

AFDELING B: METATEQRIE

Proses 5: Bring veranderings aan om aan te pas by die nuwe fase sonder om die oue te vergeet (readjust)

1 Herroep en herleef die gevoelens

4.7.3 Proses van vergifnis

4.7.3.1 Enright se prosesmodel

Robert Enright is verbonde aan die Universiteit van Wisconsin se Departement van Opvoedkundige Sielkunde. Die afgelope 13 jaar doen hy en sy kollegas al navorsing oor die tema van vergifnis (Enright & Reed, 2007:1). Enright (2007:1) lei ook 'n finansieringsveldtog vir vergifhisnavorsing in 46 navorsingsprojekte wat oor die effek van vergifnis handel. Enright se navorsing en onderrig oor vergifnis as 'n psychological health intervention het tot die ontwikkeling van 'n prosesmodel vir interpersoonlike vergifnis gelei (Enright & Reed, 2007:1). Hierdie model het 'n reeks van 20 stappe wat in vier duidelike fases georganiseer is. Vergifnis is nie die antwoord op alle emosionele

pyn nie; tog vind daar oor die algemeen veranderings plaas in die lewens van persone wat besluit het om wel te vergewe (Enright, 2002:6).

Een van die belangrike aspekte van vergifhis is dat dit 'n proses is wat gevolg moet word (Enright, 2002:11; Enright & Reed, 2007:1). Aangesien persone nie op dieselfde manier vergewe nie, is die proses nie 'n rigiede opeenvolging van stappe wat te alle tye gevolg moet word nie. Daarom gaan sekere persone moontlik al die stappe en ander net sommige van die stappe deurwerk (Enright & Reed, 2007:1). Wanneer Enright (2007:1) riglyne rondom die proses van vergifhis aan die orde stel, maak hy dit duidelik dat die proses van vergifhis nie uit stappe as sodanig bestaan nie, maar dat dit eerder wegwysers

(guideposts) is waardeur 'n persoon moet beweeg. In hierdie proses moet persone eers

hulle eie gevoelens verstaan en erken voordat daar oorgegaan kan word tot 'n konkrete aksie om te vergewe (Enright, 2002:11). Vir Enright (2002:24) begin vergifnis dus daar waar die slagoffer besef dat hy seergekry het en dat hy daarop geregtig is om seer, kwaad en verwerp te voel.

Die volgende wegwysers tot vergifnis word deur Enright (2007:1) aan die orde gestel:

• Fase 1: Identifiseer die woede

o Het die persoon sy woede vierkantig in die oe gekyk? o Is die persoon bang om sy woede en skuld te ontbloot? o Het die woede so 'n persoon se gesondheid beinvloed?

o Is die persoon obsessief met die seer of met die oortreder wat die pyn veroorsaak het?

o Vergelyk die persoon sy omstandighede met die van die oortreder?

o Het die seerkry die persoon se lewe of beskouing van die wereld verander?

• Fase 2: Besluit om te vergewe

o Wees gewillig om met die vergifnisproses te begin. o Besluit om te vergewe.

• Fase 3: Werk aan vergifnis Die verwonde moet:

o Werk na vergifnis toe. o Werk na medelye toe. o Sy eie pyn erken.

0 'n Daad van goedhartigheid aan die oortreder bewys, of sy eie keuse om te vergewe, eer.

• Fase 4: Ontdek vryheid betreffende die emosionele gebondenheid Die emosioneel verwonde ...

1 Ontdek die betekenis van lyding.

2 Moet sy eie behoefte aan vergifnis ontdek. 3 Moet ontdek dat hy nie alleen is nie. 4 Ontdek die doel van die lewe.

5 Moet die vryheid van vergifnis ontdek.

Tydens die eerste fase van identifisering (uncovering) raak die persoon bewus van die emosionele pyn wat die gevolg van 'n onregverdige daad was (Enright & Reed, 2007:1). Woede en selfs haat is kenmerkende gevoelens wat in hierdie fase aanwesig kan wees. Indien hierdie negatiewe emosies gekonfronteer word en die pyn eerlik verstaan word, kan sodanige persone emosionele skommelinge ervaar. 'n Belangrike oorweging in hierdie fase is die keuse wat gemaak moet word tussen die hoeveelheid energie wat bestee gaan word aan die woede enersyds, en andersyds om nog steeds effektief as mens te funksioneer. Alhoewel hierdie 'n pynlike proses is, kan genesing net begin as die woede en ander negatiewe emosies in die ope gebring word.

Fase twee is die keusefase (Enright & Reed, 2007:1). Die emosioneel verwonde moet besef dat om op die pyn en die oortreder te fokus, net verdere onnodige pyn kan voortbring. Daarom moet so 'n persoon besef dat daar 'n verandering by homself moet plaasvind sodat genesing kan begin. Die slagoffer neem vervoigens 'n doelbewuste keuse om die oortreder wat horn soveel pyn veroorsaak het, te vergewe. Volledige vergifnis het nog nie gerealiseer nie, maar die verwonde het besluit om die aanvanklike stappe in die rigting van vergifnis te neem. 'n Belangrike stap op hierdie punt is om enige negatiewe gedagtes, gevoelens of intensies van wraak teenoor die oortreder te laat vaar (Enright & Reed, 2007:1). Vergifnis vereis dus dat die verwonde sy reg tot woede en haat sal prysgee (Enright, 2002:25).

Tydens die derde fase - wat die werksfase is - het die persoon nodig om konkrete stappe te neem om sy vergifnis te laat realiseer. In hierdie fase kan die verwonde moontlik anders begin dink oor die oortreder. Die doel hiervan is nie om die oortreder te verskoon van dit wat hy gedoen het nie, maar eerder om die oortreder as mens en sy omstandighede beter te verstaan. Dikwels lei hierdie beter verstaan na 'n empatie en medelye teenoor die oortreder. Hierdie fase sluit ook die hart van vergifnis in, naamlik om die pyn te aanvaar wat die oortreder teweeggebring het (Enright & Reed, 2007:1). Dit moet nie verstaan word asof die persoon die pyn verdien het nie, maar eerder dat die persoon die pyn wat onregverdig toegedien is, sal verduur. In die proses om die pyn te verduur, kies die persoon om nie die pyn aan ander, insluitende die oortreder, oor te dra nie. Dit is juis hier waar dit 'n uitdaging is om wel die goeie te doen. Wanneer iemand daarin kan slaag om werklik te vergewe, begin negatiewe gevoelens, gedagtes en optredes teenoor die oortreder stelselmatig af te plat. Die persoon kan nou gereed wees om welwillendheid, positiewe gevoelens, gedagtes en optredes teenoor die oortreder te begin bewys (Enright, 2002:34). Die welwillendheid kan versoening insluit, of ook nie. Terwyl welwillendheid gewys word, moet die huidige kwessies soos vertroue en veiligheid in die verhouding tussen die slagoffer en oortreder in ag geneem word.

Tydens die vierde fase (vrywordingsfase) begin die emosioneel verwonde ontdek dat hy emosionele verligting ervaar as gevolg van die proses om die oortreder te vergewe (Enright & Reed, 2007:1). Die verwonde kan selfs begin om 'n mate van betekenis te ervaar in die lyding wat beleef is. Die emosionele verligting en die nuutontdekte betekenis mag selfs lei tot ft verhoogde medelye teenoor andere, asook die oortreder self. Die persoon mag selfs 'n nuwe doel in die lewe ontdek, asook *n aktiewe omgee vir die gemeenskap ontwikkel. In hierdie hele proses ontdek die vergewer die paradoks van vergifnis: soos wat die gawes van genade, welwillendheid en morele liefde aan die oortreder bewys word, ontvang die persoon self genesing.

Enright (2002:80) beklemtoon baie sterk dat 'n proses soos hierdie eintlik gefasiliteer en begelei moet word deur iemand wat deur die slagoffer vertrou kan word. Hierdie begeleier moet iemand wees met voile begrip vir die situasie, asook iemand wat voortdurend as klankbord kan dien tydens die hele proses.