• No results found

AFDELING B: METATEQRIE

DIE EMOSIONEEL VERWONDE PERSOON

4.6.1 Emosionele respons op rou

4.6.1.1 Kiibler-Ross en Kessler

Kiibler-Ross (1969) het in haar boek, On death and dying, verskeie fases gei'dentifiseer waardeur 'n terminate pasient beweeg, naamlik skok, ontkenning, woede, onderhandeling, depressie en aanvaarding. Hierdie fases is instrumente wat 'n persoon kan help om sy gevoelens binne 'n gegewe raamwerk te identifiseer (Kiibler-Ross & Kessler, 2005:7). Kiibler-Ross en Kessler (2005:7) stel dit egter duidelik in hul boek, On grief and

grieving, dat nie almal deur al die fases beweeg nie of dat daar nie ?n bepaalde volgorde is

waardeur almal gaan nie. Dit kan ook gebeur dat mense deur sekere fases beweeg net om die volgende oomblik weer terug te wees waar hulle begin het.

Vervolgens word die vyf fases kortliks bespreek (Kiibler-Ross & Kessler, 2005:7-28):

■ Ontkenning

Anders as in On death and dying (1969) wat fokus op die persoon wat sterf, fokus On

grief and grieving (2005) op die persoon wat 'n geliefde verloor het, met ander woorde

die verlies ervaar het.

Vir 'n persoon wat iemand aan die dood afgestaan het, is die ontkenning meer simbolies as letterlik. Dit beteken egter nie dat 'n persoon nie konkreet besef dat sy geliefde gesterf het nie, maar dit gaan eerder om die onvermoe om werklik te kan glo dat sy geliefde gesterf het. Wanneer iemand in die fase van ontkenning is, "...we may respond at first by

being paralyzed with shock or blanketed with numbness" (Kiibler-Ross & Kessler,

2005:8).

Die ontkenning is nie 'n ontkenning van die dood nie, selfs al se iemand: "Ek kan nie glo

dat hy dood is nie." Die agtergebJewene kan selfs vra of dit waar is en of dit regtig

gebeur het. Die persoon sal so iets se of vra omdat die skok te groot vir sy psige is om te absorbeer. Persone kan ook glo dat hulle droom, al dui hulle optrede die teenoorgestelde aan. So kan iemand wat in ontkenning oor 'n geliefde se dood is byvoorbeeld wel besig wees met die begrafnisreelings van die persoon.

Ontkenning kan 'n persoon onbewustelik help om gevoelens onder beheer te kry, aangesien dit 'n mens help om net 'n sekere hoeveetheid gevoelens op 'n keer te verwerk. In hierdie verband is gevoelens soos skok, ontkenning en verlamming belangrik, aangesien dit die psige se verdedigingsmeganisme is. Om al die gevoelens wat gepaard gaan met ft verlies gelyktydig te ervaar, sal by geleentheid net te veel wees vir die betrokke persoon se psige.

Persone wat 'n verlies ervaar het, sal herhaaldelik en gedurigdeur die verhaal van hulle verlies vertel. Dit is 'n manier hoe 'n persoon sy trauma verwerk. Op hierdie wyse word die pyn in 'n sekere sin nog ontken terwyl die realiteit van die verlies aanvaar word.

Wanneer 'n persoon vrae begin vra rondom die hoekom van die verlies en die omstandighede rondom die verlies onder oe begin neem, begin die realiteit van die verlies insink. Die genesingsproses begin wanneer iemand die realiteit van die verlies aanvaar. So 'n persoon word emosioneel sterker en die ontkenning vervaag. Daarmee saam begin al die gevoelens wat ontken is nou na die oppervlak kom.

■ Woede

Woede kan gerig wees teen mense, omstandighede en situasies. Woede kan ook gerig wees teen God. Dit kan gebeur wanneer getraumatiseerdes nie verstaan hoekom Hy nie

ingegryp het en die verlies gekeer het nie. Juis die nieverstaan van die verlies kan 'n persoon in 'n geloofskrisis bring, 'n Persoon kan ook kwaad vir homself wees omdat hy nie die verlies kon verhoed het nie. lemand kan ook kwaad wees omdat hy in 'n onverwagse, onverwagte en onregverdige situasie beland het.

Onderliggend aan 'n persoon se woede is gewoonlik sy pyn. So 'n persoon kan ook verlate en alleen voel. Woede word gewoonlik gevolg deur gevoelens van hartseer, paniek, pyn en alleenheid. Woede kan ook as anker dien vir 'n persoon deurdat dit 'n tydelike struktuur gee aan die betekenisloosheid van die verlies. Rou het aanvanklik geen vashoupunt nie, maar wanneer die woede teenoor iemand of iets losbars, begin die rou struktuur kry. Nou void daar 'n verbinding plaas tussen die getraumatiseerde en die objek van die woede en het die getraumatiseerde iets om aan vas te hou, al is dit deur middel van woede.

Woede beteken dat die persoon vordering maak op die pad van genesing. Nou kan so 'n persoon toelaat dat al die gevoelens wat vantevore te veel was om te hanteer, na die oppervlak kom. 'n Getraumatiseerde kan ook in hierdie fase skuldgevoelens ervaar, met ander woorde woede wat teen homself gerig is. Woede bevestig net dat 'n persoon kan voel, liefhe en 'n verlies ervaar het. Hoe meer woede toegelaat word, hoe meer sal onderliggende gevoelens na vore kom. Die waarskynlikste gevoel is die pyn van die verlies.

■ Ondertiandeling

Na 'n verlies neem die onderhandeling die vorm van 'n tydelike ooreenkoms aan. Die persoon wat die verlies ervaar het, verval in sinne waarin die woorde "as net..." of "wat as..." voorkom. Wat as die.Iewe maar net kan terugkeer soos dit was? Die persoon wil dus in tyd terugbeweeg sodat die verlies herstel kan word.

Skuld vorm dikwels deel van die onderhandelingsproses. Die persoon vind fout met homself en dink wat hy anders kon gedoen het. So 'n persoon kan selfs met die pyn "onderhandel". Die persoon sal enigiets doen om nie die pyn van die verlies te ervaar nie. Daarom word daar dikwels terugbeweeg in die verlede sodat die pyn van die verlies ontduik kan word. Onderhandeling is gevolglik 'n belangrike komponent van die rouproses, want dit bring tydelike verligting van die pyn.

Na die afsterwe van 'n geliefde kan die onderhandeling nie net op die verlede fokus nie, maar kan dit ook beweeg na die toekoms. 'n Agtergeblewene kan onderhandel om sy afgestorwe geliefde weer eendag te sien. Of daar kan onderhandelings wees dat geen verdere tragedies die persoon se familie moet tref nie.

Terwyl die persoon steeds die "Wat as..."-vrae vra, kom die persoon elke keer tot dieselfde gevolgtrekking: die tragiese realiteit is dat die verlies waarlik plaasgevind het.

■ Depressie

In hierdie fase vind die rouproses op 'n dieper vlak plaas. Die persoon ondervind gevoelens van leegheid en alleenheid, is geirriteerd, beleef'n konsentrasi ever lies, kan in die oggend nie uit die bed uit kom nie en gee nie om vir dit wat rondom horn gebeur nie. Verder begin so 'n persoon al hoe meer onttrek, beleef intense hartseer en wonder dikwels of daar sin is om aan te gaan. Selfs daaglikse aktiwiteite word as sinloos en leeg gesien.

Om 'n geliefde aan die dood af te staan, is 'n depressiewe gebeurtenis en daarom sal depressie 'n normale reaksie wees op 'n abnormale gebeurtenis. In die rouproses is depressie ook 'n wyse waarop die betrokke individu beskerm word deurdat die senuweestelsel afgesluit word, sodat die persoon kan aanpas in 'n situasie wat na sy gevoel onhanteerbaar geraak het.

As rou 'n proses van genesing is, dan is depressie 'n belangrike fase in hierdie proses. Dit bring die persoon wat rou tot stilstand en laat horn deeglik kennis neem van die realiteit van die verlies. Volgens Kijbler-Ross en Kessler (2005, 24) help dit ook dat die persoon as't ware weer van die grond af opgebou word, 'n Persoon wat dus 'n verlies ervaar het, moet daarom kans gegun word om ook op hierdie wyse oor die verlies te kan treur.

■ Aanvaarding

Aanvaarding moet nie verstaan word dat 'n persoon dink alles is reg of dat hy dit wat gebeur het goedkeur nie. Dit gaan egter hier om die feit dat die persoon die realiteit van die verlies aanvaar en dus erken dat die realiteit 'n permanente werklikheid is. Alhoewel die persoon nie van die realiteit kan bou nie, begin hy dit tog eventueel te aanvaar. Die persoon leer om daarmee saam te lewe. Dit word dan die nuwe norm waarvolgens die persoon voortaan gaan lewe.

Aanvanklik is daar teenstand teen hierdie nuwe norm en wil die persoon die lewe bandhaaf soos wat dit was voor die verlies. Deur die fase van aanvaarding word daar egter besef dat die verlede nie in stand gehou kan word nie en daarom sal die individu begin aanpas. By die dood van 'n geliefde leer die individu dan ook om rolle te herorganiseer of self van die oorledene se rolle oor te neem.

Soos wat die persoon deur hierdie fase beweeg, leer die persoon wie hy is en wie sy geliefde is. In hierdie proses bring die heelwording die betrokke individu ook nader aan horn wat hy liefgehad het - 'n nuwe verhouding begin waarin daar begin word met 'n lewenswyse sonder die geliefde wat gesterf het. 'n Proses van reintegrasie begin, waar die stukke van die lewe weer bymekaar gemaak word.

Dit is belangrik om daarop te let dat die klem in hierdie fase op 'n proses is en nie soseer 'n finale fase met 'n eindpunt nie. Die persoon in rou se energie beweeg geieidelik weg vanaf die verlies na die lewe toe. Nuwe verhoudinge word gevorm en nuwe uitdagings

word aangepak. Die verlies kan nie vervang word nie, maar die persoon begin leer om aan te beweeg en dit kan net bereik word indien die rouproses op sy tyd deurloop is.

4.6.1.2 Rando se ses prosesse van rou in verhouding tot die drie fases van treur en rou

Rando (1993:30) wys in haar navorsing op drie tydperiodes of fases ten opsigte van rou en hartseer, naamlik vermyding, konfrontasie en akkommodasie. Hierdie drie fases moet nie totaal los van mekaar verstaan word nie. Nie alle treurende persone sal noodwendig al die reaksies in die onderskeie fases beleef nie. Gelyktydig met die drie fases ervaar die treurende ses prosesse van rou. Deur te fokus op die prosesse kan die berader dan ook meer begrip kry betreffende die punt waar die treurende in die rouproses is. Hierdie prosesse kan geevalueer, gemonitor en regdeur die rouproses bei'nvloed word (Rando,

1993:43). Hierdie prosesse word dus die teikens van intervensie. Daar moet deur hierdie ses prosesse van 'n verlies gewerk word om dit uiteindelik op 'n gesonde wyse te kan akkommodeer. Hierdie prosesse is onderling verwant en geneig om op mekaar voort te bou. Sommige van hulle kan egter selfs gelyktydig plaasvind, terwyl sommige elemente ook in meer as een fase kan voorkom (Rando, 1993:44). Die volgorde van die prosesse is nie belangrik nie, alhoewel die basiese orde die tipiese gang voorstel van die treurproses by 'n groot aantal persone. Treurendes kan ook voorwaarts en terugwaarts tussen die prosesse beweeg.

Kortliks kan die fases en die prosesse soos volg voorgestel word (Rando, 1993:45):

Vermydingsfase

Proses 1: Erken die verlies (recognize)