• No results found

AFDELING A: BASISTEORIE

BELANGRIKE PASTORAAL-TEOLOGIESE VERTREKPUNTE VIR DIE BERADINGSPROSES

3.4 DIE DOEL VAN PASTORALE BERADING

3.4.1 Verandering

Vir Adams (1973:18) is die doel van Bybelse berading verandering deur die vrymakende krag van die Heilige Gees. Die Christelike berader weet dat God lewens kan verander en daarom moet hy met daardie feit werk (Adams, 1973:18). Die werk van die Heilige Gees is "...precisely the work of personality change" en daarom moet die Christelike berader betrokke raak as agent waardeur die Heilige Gees kan werk (Adams, 1976:74).

Die konsep van verandering staan ook vir MacArthur en Mack (1994:116) sentraal in Bybelse berading. Bybelse beraders moet in Bybelse berading met drie fundamentele veronderstellings werk, naamlik:

• God het die mens geskape. • Sonde het die mens besmet.

• God het voorsiening gemaak vir die mens om te verander.

Hierdie verandering is slegs moontlik as so 'n persoon verenig is met Christus.

Clinton et al. (2005:18) maak dit duidelik dat verandering sleutelkwessies van die hart moet raak. Hulle wys daarop dat baie mense nie bevry sal word indien hulle nie 'n genesende ontmoeting met die lewende God deur die Heilige Gees ervaar het nie. Ware vryheid kom net deur geloof in Jesus Christus. Christus-bemagtigende verandering is transformatief (Clinton et al., 2005:19). Dit is 'n proses waar "nuwe lewe" ontdek en toegepas kan word in 'n persoon se bestaan.

Een van Collins (2005:33) se beradingsdoelwitte is leer- en gedragsverandering. Berading sou dus behels die afleer van onvoldoende gedrag en die aanleer van meer doeltreffende maniere om dinge te doen.

3.4.2 Genesing/heelwording

Volgens Huston (2000:19) is Luk 4:18-19 'n allesomvattende stelling van die bediening van Christus:

"Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes

in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig. "

Christus se bediening was nie net om mense van siektes te genees nie; dit was ook om die harte te genees van hulle wat seergemaak is deur verwerping, om diegene te verlos wat deur hul eie vleeslike drange gevange geneem is, om begrip te gee aan diegene wat in die duister wandel, om vryheid te gee aan diegene wat ly as gevolg van hulle eie bitterheid en om aan almal bekend te maak dat dit die tyd is van God se aanvaarding en nie van verwerping en wraak nie (Huston, 2000:19). Nadat Christus opgevaar het, het Hy hierdie groot taak oorgedra na sy volgelinge om dit steeds voort te sit.

Die genesingsdimensie van vergifhis is daarop gefokus om ft persoon in die rigting van totale heelwording te begelei (Calian, 1981:442). Dit kan 'n mens ook sien in die bediening van Jesus. Jesus het in sy genesings die mens in sy totaliteit aangespreek. Dit word bevestig deur die feit dat die uitspraak "Jou geloof het jou gered1' soms deur Jesus

gebruik is in gevalle waar daar 'n fisiese genesing plaasgevind het (byvoorbeeld Luk 8:48 - die vrou wat aan bloedvloeiing gely het), sowel as in gevalle waar iemand geestelike verlossing ervaar het (byvoorbeeld Luk 7:50 - die vrou wat op owerspel betrap is). Afgesien van die genesing van die verlamde man, het Jesus ook vir horn gese: "Vriend,

Coetzer (2007:15) gaan dit om 'n Goddelike ingrype in die ganse bestaan van die betrokke individu en ook nie slegs net teenswoordig nie, maar ook toekomstig. Die klem word dus geplaas op redding en verlossing in sy totaliteit - elke faset van die menslike bestaan word hierdeur geraak (Coetzer, 2007:15).

Om vergifhis as genesing te beskou, is ook 'n erkenning dat die mens homself nie kan genees of vergewe nie (Calian, 1981:443). Die bron van genesing en vergifnis is God. Backus (1996:112) sluit hierby aan ashy verklaar dat genesing altyd van Godaf kom:

"Healing, whether it is accomplished by prayer, medicine, surgery, vitamins, exercise, or telling yourself the truth, is God's work. "

3.4.3 Genesing van herinneringe

Genesing van herinneringe (of soms word hierna ook verwys as innerlike genesing) is 'n terapeutiese benadering waar gebed besonder sterk figureer (Collins, 2005:415). Die berader en beradene moet saam die leiding van die Heilige Gees soek, terwyl negatiewe herinneringe of gesindhede uit die verlede in herinnering geroep word (en soms in die geheue "herleef word). Die emosioneel verwonde moet in kontak gebring word met sy onderdrukte emosies wat moontlik die oorsaak mag wees van negatiewe emosionele gedrag en/of fisiese probleme. Wanneer die herinneringe duidelik na vore kom, is daar 'n sterk moontlikheid van die herbelewing van emosies wat deel was van die oorspronklike traumatiese belewenis. Die teenoorgestelde is ook waar. Wanneer 'n persoon sekere gevoelens ervaar, is die moontlikheid daar dat die herinneringe wat met die emosies geassosieer is, weer na die oppervlak kan kom.

Wonde van die verlede word in die brein deur visuele, emosionele en fisiese/sensoriese herinneringe vasgele (Anderson et ah, 2000:261). Hierdie herinneringe beinvloed so 'n persoon se siening, gevoelens en verhoudings intens en direk (Seamands, 2004:13). Die

herinneringe affekteer ook die manier waarop so 'n persoon die lewe, God, ander mense en homself sien. Die Heilige Gees moet vervolgens toegelaat word om sy besondere genesing in so 'n persoon se seer en verwarring te bring (Seamands, 2004:14). Seamands beskryf ook die genesing van herinneringe as 'n vorm van Christelike berading en gebed wat die genesende krag van die Heilige Gees op sekere tipes emosionele/geestelike probleme fokus. Kraft (1993:37) wys daarop dat van die algemeenste probleme aspekte sal insluit soos onvergewensgesindheid, woede, bitterheid, verwerping, lae selfwaarde, vrees, bekommernis en onverwerkte trauma random seksualiteit.

Die getraumatiseerde persoon moet vervolgens gehelp word om te sien, te hoor, te voel en te verstaan wat hulle ervaar het tydens die oorspronklike traumatiese ervaring en dit dan na die Here toe te bring vir genesing (Coetzer, 2007:102). Die Heilige Gees kan herinneringe wakker maak en die persoon in staat stel om bewus te raak van onverwerkte pynlike ervarings (Richardson, 2005:153). Om uiteindelik te kan vergewe, is dit aanvanklik dikwels eers nodig dat die persoon die seer, verwerping en verwonding sal onthou en ervaar (Richardson, 2005:150). Wanneer die persoon die pyn en seerkry onthou, maar ook besef dat hy beskerm is deur die liefde van Christus, kan dit 'n kragtige stimulus wees om momentum te verleen aan die proses van vergifnis.

Smith (2000:46) fokus in sy TheoPhostiese benadering ook op die oorsprong van 'n verwonde se herinneringe. Emosionele pyn word telkens gesneller omdat die oorsprong van die pyn nog nie hanteer is nie. Die negatiewe emosie word as 'n "eggo" van die verlede beskou: 'n oop venster waardeur ingekyk kan word na die wonde van die verlede (Smith, 2000:35). Hy stel dit ook duidelik dat die Heilige Gees die verwonde in die waarheid moet lei, aangesien slegs die waarheid kan vrymaak. Die TheoPhostiese benadering neem Joh 16:13-15 as teologiese vertrekpunt waar dit duidelik gestel word dat die Gees van die waarheid die gelowige in die hele waarheid lei. Smith (2000:17) verduidelik hierdie aspek as hy se dat as die verlede genees word, so 'n persoon ook vry is in die hede.

MacNutt (2001:185) verduidelik die proses van innerlike genesing soos volg: Jesus Christus wat gister, vandag en vir ewig dieselfde is, kan die herinneringe van die verlede neem en:

• dit genees van die wonde wat steeds aanwesig is, asook van die effek daarvan op 'n persoon se lewe;

• al die plekke wat genees is van die gif van die seerkry en haatdraendheid van die verlede met Sy liefde vul.

3.4.4 Verdere doelwitte

Collins (2005:33-34) verwys ook nog na die voigende doelwitte met betrekking tot die doel van pastorale berading:

• Selfbegrip: Wanneer 'n emosioneel verwonde homself verstaan, is dit dikwels die eerste tree op die pad na genesing. Baie probleme ontstaan weens eie toedoen, maar die persoon wat gehelp word, kan dikwels nie hulle eie probleme raaksien nie. So 'n persoon kan nie self agterkom of hy bevooroordeeld is, skadelike houdings het of selfvernietigend optree nie. So 'n persoon moet daarom objektief bygestaan word sodat hy 'n ware prentjie kan kry van wat met hulle gebeur, maar ook van dit wat in die wereld rondom hulle gebeur.

• Kommunikasie: Die beradene moet aangemoedig word om akkuraat en doeltreffend uitdrukking te gee aan gevoelens, gedagtes en houdings. Die berader moet ook homself duidelik uitdruk en poog om die boodskappe vanaf die beradene korrek te interpreteer.

• Christusverheeriiking: Die doel sou wees om volkome te wees in Christus, om 'n mens se voile potensiaal te ontwikkel deur die krag van die Heilige Gees wat spirituele volwassenheid aan so 'n persoon gee.

• Ondersteuning: In 'n tyd van ongewone stres of in geval van 'n krisis het mense 'n periode van ondersteuning en bemoediging nodig waartydens iemand anders hulle help om hulle laste te dra. Dit sou moes gebeur totdat sodanige mense in staat is

om hul persoonlike en geestelike bronne te mobiliseer om die probleme van die lewe doeltreffend aan te pak.

• Geestelike volwassenheid: Mense moet gehelp word om hul geestelike behoeftes te hanteer en om geestelike volwassenheid te ervaar. Die beradene moet ook in staat gestel word om betekenisvolle oortuigings en waardes te ontdek. Daarby streef die berader nie na 'n dialoog tussen berader en beradene nie, maar liewer na 'n "trialoog" wat die teenwoordigheid van God erken as die kern van doeltreffende hulp aan mense.