• No results found

AFDELING A: BASISTEORIE

BELANGRIKE PASTORAAL-TEOLOGIESE VERTREKPUNTE VIR DIE BERADINGSPROSES

3.11 DIE ROL VAN GEBED IN DIE BERADINGSPROSES

Gebed moet die mens se eerste en nie laaste toevlug wees nie (Cherry, 1999:73). Dit sluit aan by Backus (1996:101) as hy verklaar dat gebed een van die belangrikste elemente in die beradingsproses is. Hy gaan so ver om te se dat daar geen substituut vir gebed is nie, want niks doen meer vir 'n persoon as wat gebed doen nie. lndien die emosioneel verwondene vir God vertel hoe intens die pyn hom raak, beteken dit ook dat die persoon die moed het om aktief by sy eie pyn betrokke te raak (Louw, 2006:80).

Anderson et ai (2000:116-117) bring 'n belangrike perspektief na vore, naamlik dat geen mens verantwoordelikheid kan aanvaar vir iemand anders se gebedslewe nie. Alhoewel dit waar is, vanwee die feit dat alle gelowiges gelyke toegang tot God het en daar net een Middelaar is (1 Tim 2:5), kan die vraag tog ontstaan of'n emosioneel verwonde persoon altyd vir homself kan bid.

3.11.1 Genesing van wonde van die verlede

'n Emosioneel verwonde persoon moet herinner word dat Jesus Christus in beheer van tyd is en dat Hy saam met horn gaan terugstap deur die tyd heen en die traumatiese ervaring gaan hanteer soos wat Hy sou gedoen het indien die persoon Horn daarom gevra het tydens die oorspronklike krisis (Coetzer, 2007:102). Daar moet dus aan die persoon verduidelik word dat Jesus oral is, nie net in die hede nie, maar ook in die verlede (Kraft,

1993:110). Die persoon moet ook verstaan dat in talle gevalle die dieperliggende emosionele wortels ver terug in die verlede le en daarom moet daar in gebed terugbeweeg word in die verlede in en moet Jesus Christus toegelaat word om die betrokke areas waar genesing nodig is, aan te raak (Kraft, 1993:100; Seamands, 1995:140). Daar moet verder aan die persoon verduidelik word dat hy met God moet praat asof hy nou 'n kind (of jongmens of jong volwassene) is wat die persoon was toe die oorspronklike trauma plaasgevind het. God beweeg nie slegs in die bewuste herinneringe in nie, maar Hy kan

"...even reach back into memories from the womb or early years to which we have no conscious access " (Richardson, 2005:158).

In die genesing van die verlede is dit vervolgens belangrik om te poog om die presiese tydperk te identifiseer wanneer die traumatiese gebeure plaasgevind het. Die Heilige Gees kan lang vergete insidente weer in 'n persoon se gedagtes na die oppervlak bring (Kraft, 1993:83). In die gebed wat gebid word, word die Heilige Gees dan as't ware gevra om met die beradene terug te beweeg in tyd na die feitlike gebeurtenis. Die pynlike herinneringe word dan weer beleef, maar nou in die helende teenwoordigheid van die Heilige Gees. Deur die gebruikmaking van "geestelike verbeelding" (Seamands,

1995:140), word daar dan gebid asof die persoon op die spesifieke moment is toe die traumatiese gebeure plaasgevind het en hier laat hy toe dat die Heilige Gees horn bedien soos wat dit nodig was op daardie tyd.

Wanneer Christus deur Sy Gees in die traumatiese gebeure ingenooi word, oefen Hy Sy heerskappy uit oor die ervarings en herinneringe om dit te genees (Richardson, 2005:113). Kraft (1993:119) sluit hierby aan as hy se: "Our aim is to heal the damage to emotions that resulted from actual events. "

Die genesing van die wonde van die verlede is dus 'n geleentheid om terug te keer na die verlede, nie om dit te gaan verander nie, maar om die negatiewe impak daarvan op die beradene se lewe te verander. Die oogmerk is verder om heling te ervaar van die skaamte, skuld en pyn wat hierdie persoon soms vir jare lank kon getreiter het en wat moontlik steeds 'n effek kan he. Dit is onmoontlik om 'n traumatiese ervaring uit 'n persoon se lewe te vee asof dit nooit gebeur het nie. In hierdie verband stel Richardson (2005:151) dit duidelik dat deur die genesing van herinneringe, Jesus nie die gebeure van die verlede as sodanig verander nie. Dit is egter wel moontlik om die "emosionele angel", asook die traumatiese impak daarvan, as 't ware "sagter" te maak deur middel van berading en gebed. Dit lei dan daartoe dat so 'n persoon agterna kan getuig dat die betrokke ervaring van die verlede horn emosioneel nie meer oorweldig wanneer hy daaraan terugdink nie.

3.11.2 Opstel van 'n gebedslys

Betreffende die opstei van die gebedslys word al die negatiewe herinneringe en emosies wat na vore kom, op hierdie lys geplaas (Kraft, 1993:98). Die aanvanklike gesprek is alreeds op sigself deel van die terapeutiese proses. Dit kan egter nie genoeg wees vir totale genesing nie en daarom moet daar ook in die daaropvolgende gebedsessie gefokus

word op die detail van die herinneringe aan die emosionele seer en pyn.

Wanneer 'n oortreder vergewe moet word, moet sy naam en dit wat hy gedoen het spesifiek genoem word (Payne, 1994:83). Eers as die daad genoem en die persoon wat daarvoor verantwoordelik was, vergewe is, kan genesing intree.

Nadat 'n persoon vergewe het, is dit ook nodig dat die persoon vergifnis sal vra vir sy gedrag in reaksie teenoor hulle wat horn kwaad aangedoen het (Richardson, 2005:150). So 'n persoon moet sy bitterheid, vrees en wraak erken en bely. Die persoon moet ook die kwaad wat dit homself en diegene random horn aangedoen het, erken sodat daarvoor ook genesing gevind kan word (Richardson, 2005:152).

Indien 'n persoon kwaad is vir God, moet die berader die persoon begelei om dit voor God te bely (Seamands, 2003:70). So 'n persoon moet bid en die Heilige Gees, wat gelowiges in die waarheid lei (Joh 16:13), vra om horn te wys of hy kwaad is vir God as gevolg van pyn in die verlede en moontlik ook teleurstelling omdat God nie die pyn verhoed het nie.