• No results found

AFDELING B: METATEQRIE

Proses 5: Bring veranderings aan om aan te pas by die nuwe fase sonder om die oue te vergeet (readjust)

1 Herroep en herleef die gevoelens

4.6.1.4 Hem felt, Minirth en Meier se stappe na herstel

Hemfelt et al. (2006:167-262) stel tien stadiums voor vir die herstel van iemand met intense emosionele pyn. Hierdie stadiums kan met behulp van die volgende grafiek gei'llustreer word (die outeurs beskryf dit as ft wipwa-rit - rollercoaster ride)'.

DIE TIEN STADIUMS VAN DIE IIKKSTHLGRARKK

Op grond van die grafiek dui die opwaartse beweging op minder emosionele pyn en die afwaartse beweging op meer. Die onderkant van die lus dui op die heel laagtepunt van hierdie terapeutiese proses, die diepste pyn. Die eerste vyf stadiums blyk op die oog af aanvanklik in die verkeerde rigting te beweeg, na erger en erger pyn. Stadium vyf wat dan die laagste punt, maar ook die draaipunt verteenwoordvg, is veral van belang vir hierdie studie, aangesien dit oor die rouproses van 'n verlies handel (Hemfelt et al, 2006:203-224).

Hemfelt et al gebruik hoofsaak dieselfde fases van die rouproses wat Kiibler-Ross aanvanklik beskryf het, maar met die verskil dat hulle 'n bykomende stap byvoeg, naamlik die van hartseer. Die proses wat hulle beskryf, is dan soos volg:

• Skok en ontkenning

Van die eerste reaksies wat 'n emosioneel verwonde persoon beleef, is 'n verlammende skok. Hemfelt et al. se dat dit byna is soos 'n persoon wat in 'n hipnotiese toestand is. In hierdie fase is dit vir die individu moeilik om enigiets emosioneels te voel terwyl hy in 'n toestand van skok is. Skok en ontkenning gaan saam, en albei hierdie reaksies sal probeer keer dat die betrokke persoon rou.

Wanneer iets onverwags of gewelddadigs gebeur, sal die liggaam in 'n skoktoestand ingaan ter oorlewing van die persoon. Sekere bloedvate sal afsluit en ander sal vergroot. Die hart en longe sal sekere aanpassings maak. Baie adrenalien sal deur die liggaam afgeskei word. Selfs die vel ondergaan verdedigende veranderings en die brein sal ook meer suurstof kry om te oorleef. Dit is lewensgevaarlik vir die persoon as die liggaam egter in hierdie traumatiese skok bly.

Net so gaan 'n kind - ten einde te kan oorleef - in 'n posttraumatiese skoktoestand in na 'n traumatiese ervaring. Wanneer daardie toestand egter voortduur tot in so 'n kind se volwasse lewe, sal dit emosioneel en geestelik uiters nadelig vir so iemand wees. Nie net die skok nie maar ook die ontkenning van die gebeurtenis sal nadelige gevolge he op die langtermyn.

• Woede

Woede is 'n natuurlike, gesonde, godgegewe, emosionele meganisme om pyn en verlies te hanteer en dit volg spontaan op skok en ontkenning. Vir sommige persone is dit makliker om uitdrukking te gee aan hul woede as ander. Vir sommiges is dit byna onmoontlik om woede te herken en uit te druk. Ander sal weer hul woede onderdruk sodat hulle dit vir diegene rondom hulle maklik en gemaklik kan maak. Die berader moet, vir diegene wat sukkel om uiting te gee aan hulle woede, help om weer in aanraking te kom met hierdie heel basiese emosie.

• Depressie

Een van die redes waarom daar afgereken moet word met woede, is die feit dat dit later kan manifesteer in die vorm van depressie, wat in baie opsigte soortgelyk is aan 'n sekondere skoksindroom. Dit is gewoonlik dan ook die resultaat van woede wat na binne gekeer is. Diepe depressie asook 'n innerlike gevoel van doodsheid, wat lewenslank kan duur, word veroorsaak wanneer depressie "ondergronds" gaan. Onder sulke omstandighede is genesing, volgens Hemfelt et ah, dan byna onmoontlik.

Depressie kan ook bloot die gevolg wees van basiese woede wat dee! uitmaak van die rouproses. Dit verskil van depressie as gevolg van woede wat na binne gekeer is. Depressie wat op hierdie wyse ontstaan, is gewoonlik tydelik van aard en klaar mettertyd vanself op. Dikwels gaan dit gepaard met valse skuldgevoelens. Terwyl 'n persoon rou, kan die depressie erger wees as voordat hy begin het, maar dit is egter net 'n halte langs die pad — dit is nie die eindbestemming nie.

Indien 'n persoon egter vassteek by die depressiegedeelte, moet hy begelei word om weer deur die voorafgaande stappe van die rouproses te werk.

• Onderhandeling en wensdenkery

Tydens hierdie fase kan persone onderhandelings veral met God of hulself aangaan. As God hulle uit 'n sekere situasie red, dan sal hulle dit of dat doen. Hulle gaan ook bewustelik of onbewustelik kontrakte met hulself aan. Hierdie ooreenkomste is eintlik maar net wensdenkery, want dit het geen werklike mag nie. Tog dink hulle dat hulle deur sulke ooreenkomste hulle lyding op die een of ander wyse kan verlig.

Ritualistiese gedrag, soos kompulsiewe handwassery of eetversteurings wat na vore kom, kan 'n aanduiding wees dat die betrokke persoon gedeeltelik vasgesteek het in hierdie stadium.

Om "tot siens te se", is 'n noodsaaklike stap tot heling en uiteindelik ook tot emosionele volwassenheid. Mense moet hulle wensdenkery waarmee hulle die wereld wou verander, prysgee. Eers wanneer hulle afskeid geneem het hiervan, is die pad oop om te rou oor hul verliese.

• Hartseer

Hartseer is normaal en die gepaste reaksie op treurige gebeurtenisse. Hartseer kan gemaklik hanteer word met trane. Anders as chroniese depressie, herhalende kompulsies of woede, is hartseer nie eindeloos nie. Die hartseer kom, dit word herken en dit gaan weer verby.

• Vergifnis, afhandeling en aanvaarding

Wanneer 'n persoon hierdie stadium wat as doelwit is, bereik, is die wipwa op pad boontoe. Hierdie fase dui dus gewoonlik op 'n keerpunt.

Wat tot dusver met die persoon gebeur het, is hoofsaaklik "a-logies", met ander woorde dit is nie teenstrydig of versoenbaar met logika nie. So 'n persoon het verby logika en rede gegaan na die binneste ruimtes van sy siel. Daar is uit die diepste emosionele putte wat God juis vir hierdie doel voorsien het, getap. Om die genesingsproses te voltooi, moet daar vervolgens uit die gebied van die logiese denke na die donker heiligdom van die emosies gegaan word. Mense sukkel dikwels om af te sien van hul logiese begeerte na vergelding en dit blokkeer dan ook die vergifnisproses. Eers wanneer die persoon afsien van logika, kan hy losbreek uit die plek waar hy vasgesteek het en hierdie allerbelangrikste stap na genesing neem. Ware, opregte vergifnis is nodig om vrede te maak met die verlede en dit is dus eers wanneer 'n mens afsien van die blokkerende logika dat die verwonde kan. begin vergewe.

Om af te sien van logika, moet 'n mens eers vra wat logika voorafgegaan het. Die antwoord hierop dui gewoonlik op emosionele reaksies - die "gedagtes" van die hart. In

die samelewing word die mens geleer om die boodskappe van die hart sorgvuldig te vermy en net die boodskappe van die verstand te aanvaar, Om dit te verduidelik, gebruik Hemfelt et al. die voorbeeld van veriies as gevolg van dood. Wanneer 'n weduwee onder sulke omstandighede byvoorbeeld haar gevoelens wegsteek en haar waardig gedra, ondersteun haar vriende haar. As sy egter telkens ineenstort - die gepaste reaksie op so 'n veriies - maan haar vriende haar om nie so emosioneel te wees nie, maar om dapper te wees. Indien sy nie gehoor gee nie, voel hulle ongemaklik en bly Hewer weg.

Om te kan vergewe, moet 'n persoon as't ware sy redelike verstand omseil en vanuit die hart werk. Hierdie vermoe om met die hart in plaas van die verstand te reageer, is in die mens ingebou.

Aanvaarding en afhandeling gaan saam met vergifnis. As die persoon die kwessies in sy lewe aanvaar, erken so 'n persoon die dinge soos dit was, maar ook dat hul uitwerking nie onomkeerbaar is nie. As dit dan wel afgehandel word, word die uitwerking omgekeer. Afhandeling is om die verhaal bevredigend af te sluit en so 'n persoon kry dan 'n bevredigende einde vir die verhaal van sy lewe.

Afhandeling is egter nie die einde van die pad nie. In Hemfelt et al. se model van herstel moet so 'n persoon nog die sesde tot tiende stadium van die herstelproses ook deurgaan sodat die afhandeling finaal voltooi kan word.

4.6.1.5 Fasesofnie?

Van Niekerk (2002:7) wys daarop dat indien daar van fases gepraat word, daar in gedagte gehou moet word dat dit relatief is en van wisselende faktore afhang. So bring verskillende maniere van sterwe verskillende reaksies mee en bepaal dit ook die tydsduur van 'n bepaalde treurproses. Kubler-Ross en Kessler (2005:7) erken dat daar nie 'n tipiese

reaksie op verlies is nie en dat daar nie 'n tipiese verlies is nie. Tog kan hierdie fases waardevol wees sodat kennis geneem kan word van die reaksies waarmee 'n treurende gekonfronteer gaan word. Indien die beradene die dinamiek van die fases ken, sal dit nie die rouproses na 'n verlies keer nie, maar sal dit die persoon help om vinniger en sonder vrees deur die fases te beweeg (Minirth & Meier, 2007:41). Wat ook van belang is, is dat die aanvanklike rou-reaksies nie met kliniese depressie verwar moet word nie (Minirth & Meier, 2007:36).

Alhoewel navorsers verskil oor hoe die taak om te rou, afgehandel moet word, is hulle dit tog eens dat die proses wel deurloop moet word. Indien dit nie gebeur nie, "...they cannot

move on with the business of living. Instead the feelings go underground." (Walsh &

McGoldrick, 1991:52).