• No results found

AFDELING A: BASISTEORIE

BELANGRIKE PASTORAAL-TEOLOGIESE VERTREKPUNTE VIR DIE BERADINGSPROSES

3.7 DIE BERADENE

Die beradene in hierdie studie is die persoon wat as gevolg van trauma emosioneel verwond is. So iemand kan probeer om dit te verberg, maar die pyn en seer en woede oor wat met horn gebeur het, dra hy met horn saam.

3.7.1 'n Bybelse mensbeeld

Wanneer God na die mens kyk, kyk Hy na horn vanuit 'n hoek van liefde (Joh 3:16) - "Want so lief het God die wereld gehad.... " Uit God se hart vloei daar 'n onuitputlike stroom van liefde vir die mens (Van der Watt, 1998:13). Dis nie liefde wat die mens kan verstaan nie, want dit is te groot.. Uit die liefde kom die balsem van vergifhis. Vergifnis kom na die mens toe, toegewikkel in God se liefde (Van der Watt, 1998:14). En dit is die rede waarom die mens nog 'n kans kry by God, want Hy het die mens lief.

Wanneer Louw (1993:135-138) oor die basiese elemente van 'n Bybelse mensbeeld praat, konstateer hy dat die mensbeeld van die Bybel met die voorveronderstelling werk dat die mens van God afhanklik is en vanuit sy verhouding met God verstaan moet word. Liefde is die basis van die verhouding tussen God en mens.

Die Skrif spreek die mens in die eerste plek nie aan op grand van sy sonde en skuld nie, maar op grand van sy skepselmatige gerigtheid op God en die feitlikheid van sy nuwe syn in Christus. Die Skrif spreek dus die mens aan in terme van 'n verbondsverhouding met God; die genade wat 'n mens herstel tot nuwe mens; die eskatologiese werklikheid van die vervulde beloftes van God; die oorwinningsdimensie van die opstandingswerklikheid en die heerlikheid van God se heerskappy oor alle destruktiewe magte.

Alhoewel die Bybel nie sonde ignoreer nie, pen dit 'n mens nie vas in sy skuld en eindigheid nie. Die herstellende potensiaal word gebou op die nuutskeppende krag van die heil.

Die mens is ook iemand wat op God se liefdevolle en genadige toewending kan reageer. Die effek van hierdie reaksie deur die mens is geloof. 'n Verdere effek van die menslike bestaan as nuwe mens is liefde en dankbaarheid, asook hoop. Hierdie hoop ontsluit 'n toekoms vir die nuwe mens (Louw, 1993:135-138).

3.7.2 Die versameling van inligting oor die beradene

'n Belangrike aspek van berading is die versameling van inligting oor die beradene (MacArthur & Mack, 1994:210). Wanneer die berader weet waarom 'n persoon vir

berading kom, met watter probleme so 'n persoon worstel en hoe om verskuilde inligting navorete bring, sal dit die berader help om meer effektief te wees (Adams, 1981:43).

3.7.2.1 Die insameling van inligting

Adams (1981:45) dui onder andere aan dat sake waaroor inligting verkry moet word die volgende moet wees: die beradene se verhouding met God en ander mense, lewenstyl, sosiale lewe, tragedies en groot lewensveranderinge in die afgelope jaar, asook die persoon se gevoelens. Die persoon moet ook aandui wat die tydsverloop was sedert die traumatiese insident plaasgevind het. In huUe empiriese ondersoeke het Worthington et al. (2000:6) aan deelnemers gevra om hul begeerte om te vergewe, te evalueer, asook aan te dui hoe belangrik geloof vir huUe is. Die berader moet sorgvuldig luister na die gevolge wat deur emosies soos bitterheid veroorsaak is (Lotter, 1987:163). Lotter dui aan dat daar inligting verkry moet word oor 'n persoon se fisiese lewe, sy ondersteuningsbasis, emosionele lewe, dade, konsepte en geskiedenis. Ander aspekte in hierdie verband wat ook deur horn beklemtoon word, is byvoorbeeld 'n persoon se geloofslewe, werkslewe en algemene omstandighede. Inligting kan ook verkry word van so 'n persoon se dokter, predikant, asook ander mense met wie so 'n persoon in 'n noue verhouding staan. Tereg stel Lotter (2004:3) dit dat daar 'n voortgaande proses van inwin van inligting moet wees.

3.7.2.2 Interpretasie van die inligting

Vanuit die inligting wat ingesamel word, moet sekere gevolgtrekkings gemaak word. Nie net moet die berader die inligting interpreteer nie, maar in sommige gevalle moet die inligting vir die beradene herinterpreteer word, aangesien hy moontlik alreeds verkeerde gevolgtrekkings aangaande sy situasie kon gemaak het (MacArthur & Mack, 1994:231). Volgens MacArthur en Mack (1994:231) behels die proses van interpretasie twee basiese

elemente, naamlik enersyds die analisering van die inligting en andersyds die verduideliking daarvan aan die beradene. In die analisering van die inligting gaan dit onder andere om hoe die berader die probleem verstaan en watter Bybelse oplossing daar vir die probleem is. Die tweede element behels onder andere dat die inligting vir die beradene ge'mterpreteer word.

Op grond van die inligting wat ingesamel is, kan die volgende vrae ten opsigte van die interpretasie van die inligting gevra word:

• Watter insigte verskaf die Bybel betreffende die oorsake van die probleem? • Wat is die verhouding van die probleme tot mekaar?

• Watter hindernisse bestaan daar in die persoon se lewe wat verandering sal blokkeer?

• Watter fisiologiese en psigologiese faktore speel 'n rol in die ontwikkeling van die probleem?

• Wat is die persoon se verwagting ten opsigte van die beradingsproses?

Om te bevestig of die berader se gevolgtrekkings korrek is, moet die berader (Lotter, 2004:3):

• Homself vergewis dat hy genoeg inligting het om sodoende 'n feitelike basis te he vir sy gevolgtrekkings.

• Versigtig wees vir 'n oorvereenvoudiging. (Ander moontlikhede moet dus ook oorweeg word op grond waarvan die inligting ge'mterpreteer kan word.)

• Deurentyd die beradene op die hoogte hou van sy gevolgtrekking. Sodoende kan die gevolgtrekkings ook bevestig of verander word.

3.7.3 Die beradene se verantwoordelikheid

o Die beradene moet verantwoordelikheid neem vir sy aandeel in die beradingsproses. Seamands (2004:71) skryf dat die mens God se vennoot moet word in die proses van herstel. Daarom moet so 'n persoon horn byvoorbeeld

verbind om afsprake stip na te kom, huiswerk te doen en voorskrifte uit te voer. o Emosioneel verwondes wat uitkoms uit hulle situasie soek, moet ook op die

Heilige Gees staat maak om hulle te lei (Borchert, 2002:169).

o Die beradene moet ook die keuse maak om sy omstandighede in die verlede en hede vanuit 'n Bybelse oogpunt te beskou. Die persoon moet dus omstandighede deur die lens van die Skrif interpreteer en nie deur sy eie opinies en emosies nie (vgl. Rom. 8:28).

o Die beradene moet onderneem om te volhard. Verandering kan tyd neem en daarom moet die persoon horn verbind om met die proses deur te gaan. Hier moet die beradene gelei word om die Here te vertrou vir die krag en bronne om wel die verandering te bewerkstellig.

o Verandering begin waar persone self verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie probleme (Aponte, 1998:36).

3.7.4 Veranderlikes by die beradene

Veranderlikes by die beradene kan die effektiwiteit van vergifnis beperk (McCullough & Worthington, 1994:8). Hierdie veranderlikes sluit in die graad van pyn, die wil om te vergewe, die teenwoordigheid van geestesiektes, ouderdom, morele ontwikkeling en godsdienstigheid.

In sommige gevalle waar erge verwonding toegedien is, soos met 'n verkragting, bloedskande of verwerping, kan vergifnis moeilik en selfs in sekere stadiums anti-

aan te moedig, kan meebring dat 'n lae selfwaarde bevorder word. Beradenes kan ook die aanmoediging ervaar as 'n minimalisering van die brutaliteit wat hulle deurgaan het. Beradenes moet eers die wil he om te vergewe voordat daar oorgegaan word tot vergifnis. Waar beradenes vergifnis net as 'n plig beskou of dit doen as gevolg van verkeerde motiewe, soos selfregverdiging, sal dit net negatiewe emosves verder versterk.