• No results found

Jesus si toe: "Twee mense was in die skidd by *n geldskieter Die een het vyfhonderd randgeskuld en die under een vyftig Omdat hulle niks gehad het om mee

AFDELING A: BASISTEORIE

Luk 7:41-43: Jesus si toe: "Twee mense was in die skidd by *n geldskieter Die een het vyfhonderd randgeskuld en die under een vyftig Omdat hulle niks gehad het om mee

te betaal nie, het hy die skidd vir albei kwytseskel. Wie van hulle sal horn die meeste liefde bewys?" Simon antwoord: "Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste kwytseskel het." "Jou antwoord is heeltemal reg," se Jesus...

o Ef5:32

"Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos Godjulle ook in Christus vergewe het."

Ef 5:32 is 'n bekende Skrifgedeelte waar gelowiges opgeroep word om ander te vergewe soos God hulle in Christus vergewe het. Kol 3:13 bring ook dieselfde gedagte na vore waar die gelowiges opgeroep word om hul ou manier van lewe te vervang met 'n nuwe lewenswyse wat bepaalde deugde insluit (Lincoln, 1990:309).

"Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe." (Kol 3:13)

Soos wat God goed is en vergewe, so word hulle ook opgeroep om mekaar te vergewe. Paulus se instruksie impliseer 'n Christelike plig om mekaar te vergewe, maar dit suggereer ook 'n manier van lewe wat vergifhis uitstraal (MacMinn, 1996:214). Wat God deur Christus vir gelowiges gedoen het, word nou die norm en basis vir gelowiges se eie gedrag (Lincoln, 1990:310; Best, 1998:64). Gelowiges se lewens word nou direk verbind met die Goddelike. Diegene wat self vergifhis ondervind het, moet nou andere vergewe (vgl. ook Matt 18:23-35). Best (1998:463) wys daarop dat charisomai hier dui op "an unlimited succession of acts of forgiveness." Volgens die NIB (2000:430) affekteer gelowiges se gedrag die heiligheid van die gemeenskap. 'n Gevolg om deel van die Christelike gemeenskap te wees, is dat so 'n persoon sal vergewe. Best (1998:464) wys verder ook daarop dat dit makliker is om iemand wat ver van jou af is te

vergewe as diegene wat naby jou is. Daarom word hier juis gepraat van vergifhis binne die onmiddellike Christelike gemeenskap waarbinne'n persoon beweeg. Dit dien ook as teenwig vir woede soos in vs. 31 uiteengesit (NIB, 2000:430). Woede kan 'n gemeenskap vernietig, maar wanneer goeie en barmhartige mense ander vergewe, word woede self vernietig (Best, 1998:463).

o Kol 2:13-14

"Julie was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy

ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy else teen ons tot niet

gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem."

Alhoewel die mens skuldig was voor God, het Hy die skuld gekanselleer (Schweizer, 1982:149) deur die bloed van Jesus Christus. Hierdie gekanselleer kan ook dui op die gedagte "om weg te neem, te verwyder" (Schweizer, 1982:149). Nie alleen is die skuldbewys vernietig nie, dit is permanent verwyder (Du Plessis, 1978:42). Hier is dit duidelik dat lewend gemaak met sonde vergewe verbind kan word. Aangesien daar weggedoen is met die oorsaak van die mens se geestelike dood, naamlik sonde, word die mens nou lewend gemaak (O'Brien, 1982:123). Of die individu moreel of geestelik lewend of dood is, hang af van sy verhouding met God, die enigste bron van lewe; en die verhouding, wat deur sonde geskaad is, kan net deur vergifhis herstel word (O'Brien,

1982:123).

Die verwydering van skuld word dus op twee maniere bevestig: - Die skuldbewys is tot niet gemaak.

Aangesien Jesus Christus self aan die kruis vasgespyker is, is die mens se skuld volledig vergewe. God het die skuldbewys uitgewis en so vir die mens 'n nuwe begin gegee (O'Brien, 1982:126).

2.6 GEVOLGTREKKINGS

• Vergifnis is 'n eienskap van 'n liefdevolle, barmhartige en genadige God. God neem die inisiatief by die vergifnis, nie die mens nie. Vergifnis wys op 'n vergewensgesinde God en nie op 'n God wat wil straf en vernietig nie.

• Goddelike vergifnis veronderstel die bestaan van sonde en oortredinge. • Gebed vorm dikweis die konteks waarbinne God se vergifnis gevra word.

• Berou en bekering word nie altyd as 'n direkte voorwaarde vir vergifnis gestel nie. Alhoewel daar 'n verband tussen sonde, straf en vergifnis is, is dit nie noodsaaklik dat daar eers straf op sonde moet wees voordat vergifnis kan plaasvind nie.

• Vergifnis dui op meer as die verlossing van sonde of uitwissing van skuld. Verskillende beelde word hiervoor gebruik.

• Wanneer God die mens se skuld wegneem, neem Hy dit so weg dat dit nie die mens veroordeel nie. Vergifnis maak dus die mens vry van die spanning wat deur skuldgevoelens meegebring word.

• Dit is ook duidelik dat vergifnis niemand vrystel van gehoorsaamheid aan die Here nie.

• Vergifnis sluit nie altyd straf uit nie. Vergifnis beteken dus nie dat iemand nie die gevolge van sy dade hoef te dra nie.

• Die term salach is die belangrikste term waarmee vergimis in die Ou Testament uitgedruk word.

• In die Nuwe Testament kom 'n nuwe dimensie betreffende die vergifnis van sonde na vore, naamlik Christus se daad aan die kruis. Christus het die mens se oortredinge en sonde op Horn geneem en so die straf op sonde in die mens se plek betaal. Die vryheid wat Christus hierdeur teweeggebring het, is ware vryheid.

• Die bron van genesing en vergifnis is God.

• Net soos iemand deur God vergewe is, moet hy weer iemand wat teen horn oortree, vergewe.

• Die belangrikste terme vir vergifnis in die Nuwe Testament is aphiemi, apoluo en charizomai.

• Genesing as heelwording begin met vergifnis.

H O O F S T U K 3