• No results found

AFDELING A: BASISTEORIE

BELANGRIKE PASTORAAL-TEOLOGIESE VERTREKPUNTE VIR DIE BERADINGSPROSES

3.5 DIE PASTORALE BERADINGSVERHOUDING

Suksesvolle Christelike beraders sal nie onafhanklik van God hul taak probeer uitvoer nie (Anderson et al, 2000:112). Sodanige beraders weet dat hulle nie die uiteindelike antwoord vir die beradene is nie of dat hulle die rol van die Heilige Gees in die beradene se lewe kan oorneem nie (Anderson et al, 2000:112). Volgens Worthington (2005:120) is daar geen misterie in beradingstegnieke nie. Beradingstegnieke kan nie noodwendig iemand help om te vergewe nie. Beradingstegnieke is strukture waardeur God soewerein optree (Worthington, 2005:120).

Die beradingsverhouding bestaan uit drie partye, naamlik die berader, die beradene en die Drie-enige God. Berading bestaan dus uit 'n horisontale en vertikale dimensie (Clinton et al, 2005). Die horisontale dimensie bestaan uit ten minste twee persone, te wete die berader en beradene. In Christelike berading is die Heilige Gees die derde persoon. Aangesien hierdie vertikale dimensie uniek is in Christelike berading, is dit van kardinale belang dat 'n verhouding met die Drie-enige God nagestreef word. Adams (1973:4) stel dit duidelik dat wanneer die berader en beradene in die naam van Jesus Christus vergader, "...they may expect the very presence of Christ as Counselor-in-charge. "

Anderson et al (2000:113) illustreer die verhoudings in 'n beradingsituasie soos volg:

GOD

A

BERADER BERADENE

Op grond van bogenoemde is daar 'n paar sake wat na vore kom:

3.5.1 Die verhouding van die berader/beradene met God

Volgens Anderson et al. (2000:113) is daar die hoop, maar ook die noodsaaklikheid dat daar 'n verhouding sal bestaan tussen die berader en God en ook tussen die beradene en God. Arterburn (2005:25) pleit ook dat daar'n verbintenis tussen die beradene en God sal wees voordat die tog na genesing aangepak word. Clinton et al. (2005:35) wys ook daarop dat 'n berader nie net moet help om emosionele en sosiale probleme op te los nie, maar dat die beradene ook gehelp moet word om sy verhouding met God te herstel.

Housten et al. (1999:240) maak dit ook duidelik dat daar nie net 'n verhouding kan bestaan tussen die berader en beradene nie, maar dat daar nog 'n verhouding ter sprake is, naamlik die berader se verhouding met God. Om die beradene te begelei om uit God te lewe, moet die berader self n lewende verhouding met die Here he. Om mense dissipels van God te maak (Matt. 28:20), moet die berader self n dissipel van die Here wees (Matt.

16:24).

• Die waarom-vraag

Dit is belangrik dat die beradene sy vrae vra met betrekking tot waarom God die verlies toegelaat het en hoekom Hy nie ingegryp het nie. Dikwels dink Christene dat hulle van die seer van die lewe gevrywaar is (May, 2005:374). Wanneer daar dan 'n traumatiese

ervaring in hulle lewens is, is dit moeilik om te verstaan wat God se betrokkenheid in die gebeure is. Dit gee weer daartoe aanleiding dat diegene wat 'n verlies gely het, dikwels met God daaroor worstel. Sittser (1996:144) beskryf hierdie worstelstryd soos volg:

"We move toward God, then away from Him. We wrestle in our souls to believe. "

Beraders moet beradenes toelaat om aktief met God te worstel en hulle in die proses help na 'n beter verstaan en verhouding met God (May, 2005:374).

3.5.2 Die verhouding tussen berader en beradene

Die hulpverlener, hetsy pastor, berader of terapeut, is nie die geneser nie - hy is wel die een wat die verantwoordelikheid neem om toe te sien dat 'n milieu geskep word waarbinne genesing kan plaasvind (Hunter, 1990:500). Maar van nog meer belang as die milieu, is die verhouding tussen die berader en beradene (Collins, 2005:34). In hulle navorsing het Clinton et al. (2005:29) gevind dat die kwaliteit van die verhouding tussen die berader en beradene die uitkoms van die berading beduidend bei'nvloed. Dit maak nie saak watter tipe probleem ook al ter sprake is nie, die berader of pastor is geroepe om die beeld van God te vertoon deur onder andere liefdevol, meelewend, diensbaar, verantwoordelik, goedgesind, nederig en sagmoedig te wees, asook om in wysheid op te tree (Jones & Butman, 1991:405-409; vgl. ook Ef 5:1; Koi 3:12-13; 1 Pet 3:8). Collins (2005:35-36) noem verder ook nog die volgende eienskappe van die berader wat ook die verhouding tussen berader en beradene kan verbeter: hartlikheid waaronder ook verstaan word toegeneentheid, respek, of'n opregte besorgdheid oor die beradene ten spyte van sy optrede of houding; egtheid en empatie. MacArthur en Mack (1994:175) noem deernis, respek en opregtheid die boustene waarop die verhouding gebou kan word.

Bogenoemde kan opgesom word deur te se dat die berader tekens moet toon van die vrug van die Gees, naamlik Hefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22).

Beraders moet in die begeleidingsproses die klem laat val op die beradene in sy totaliteit. Daarom moet beraders nie eksklusief probleem-georienteerd wees nie, maar persoon- georienteerd (MacArthur & Mack, 1994:174).

'n Belangrike aspek wat Clinton et al. (2005:30) na vore bring, is dat die berader 'n beradingsmodel sal navolg wat persoonlik op die beradene gerig is. Daarom is dit belangrik dat die berader sal vra na dit wat werk vir die beradene met sy probleem, in hierdie situasie, op hierdie tyd van sy lewe en met horn as berader onder leiding van die Heilige Gees, 'n Berader moet dus nie in algemene teorie verval as daar met 'n spesifieke persoon gewerk word nie.