• No results found

AFDELING A: BASISTEORIE

BELANGRIKE PASTORAAL-TEOLOGIESE VERTREKPUNTE VIR DIE BERADINGSPROSES

6. Om verantwoordelikheid te aanvaar

3.13.4 Stmikelblokke op die pad na vergifnis

'n Belangrike rede waarom die meeste Christene sukkel om ander te vergewe, het weinig te doen met hoogmoed, afkeur, bitterheid, o f n gebrek aan insig om die omvang van God se vergifnis vir hulself te begryp. Dit het meestal te doen met die vraag na geregtigheid (Schmidt, 2006:9). Eers as hierdie vraag aangespreek word, sal mense vergewe. Dit kan selfs so ver gaan dat sodanige mense emosioneel oortuig moet word dat God self die geregtigheidsvraagstuk sal hanteer voordat hulle bereid is om ten voile te vergewe.

Kraft (1993:190) noem twee verdere hindernisse, naamlik:

■ Vrees vir die verlede: Mense kan bang wees vir wat hulle gedoen het of aan deelgeneem het in die verlede en wil daarom nie daaraan herinner word nie. ■ Onwilligheid of onvermoe om die waarheid in die gesig te staar: Mense kan in

ontkenning wees oor wat gebeur het of wil die pynlike herinneringe nie weer beleef nie.

3.14 SELFVERGIFNIS

(Navorser stem saam met Jones en Ledwith (2005:116) dat net God waarlik die mens se oortredings kan vergewe en dat 'n term soos selfvergifnis teologies waarskynlik nie korrek is nie. Dit is egter die term wat tans deur baie navorsers gebruik word en daarom word daar volstaan met die term.)

Dawid skryf in Ps 38:4 die volgende: "...deur my sonde is daar nie meer h heel pie k aart my lyfnie" Dawid het hier erken hy was verantwoordelik vir sy eie dade en dat hierdie dade horn net pyn gebring het. Persone wat seergekry het in die verlede, ondervind dikwels 'n probleem wanneer dit kom by selfvergifhis (Coetzer, 2006:40). Selfs al was

die traumatiese ervaring nie hulle skuld nie, kan daar 'n bitterheid en woede teenoor hulself wees, asof hulle die oortreders was. Hierdie bitterheid en woede kan maklik op selfveroordeling, selfverwerping en selfhaat uitloop (Coetzer, 2006:40). Vir die terapeutiese proses is die "vergifnis van self gevolglik absoluut noodsaaklik (Wicks & Parson, 1993:483). Kendall (2002:53) stel dit baie duidelik dat daar nog nie totale vergifnis plaasgevind het as 'n persoon nie homself ook vergewe het nie. Onvergewensgesindheid wat op 'n persoon self gerig is, is meer skadelik vir so 'n persoon as enige ander vorm van onvergewensgesindheid (Meyer, 2006:68).

Meyer (2006:67) noem verskeie redes waarom selfvergifnis moeilik is:

'n Persoon kan ander se aksies regverdig, maar nie sy eie nie. 'n Persoon voel steeds skuldig, ten spyte van wat ander se. So 'n persoon aanvaar nie mistukking nie.

So 'n persoon moet nog steeds met homself saamleef 'n Mens kan nie die verlede ontsnap nie.

Dit is makliker om genade te gee as om te ontvang. ?n Mens kan nie betaal vir dit wat gebeur het nie. So 'n persoon wil homself straf.

'n Mens voel hy is nie vergifnis waardig nie.

Die insident speel horn gedurig in so 'n persoon se denke af 'n Mens glo nie ander of God het horn vergewe nie.

So 'n persoon weier om ander te vergewe.

Die persoon weet nie hoe om homself te vergewe nie.

Indien 'n persoon skuldig voel, homself blameer en nie normaal funksioneer nie, kan dit 'n aanduiding wees dat so 'n persoon nie homself vergewe het nie (Kendall, 2002:139). Wanneer iemand wel skuldig was aan 'n oortreding, moet so 'n persoon verantwoordeiikheid vir sy oortreding aanvaar (Jones & Ledwith, 2005:114). So 'n persoon moet dan nie na homself nie maar wel na God kyk vir vergifnis. Indien 'n persoon sy sonde bely het, moet God se belofte aanvaar word en moet hy homself ook

vergewe (vgl. 1 Joh 1:9 asook Lotter, 1987:53). Alleen by Christus kan 'n mens vergifnis van sonde vind (Lotter, 1987:45). Wanneer 'n persoon nie aanvaar dat hy vergewe is nie, maar eerder fokus op sy mislukkings, ontneem so 'n persoon homself die vryheid wat God se vergifnis vir die mens bring (Jones &Ledwith, 2005:115).

Vir Stoop (2003:117) begin selfVergifnis waar die blaam vir die verkeerde aanvaar word. Dit moet erken en hardop gese word. Daarna moet so 'n persoon as 't ware deur 'n rouproses gaan. So 'n persoon sal ook woede ten opsigte van sy eie gedrag ervaar, asook hartseer vir die pyn wat hy homself en ander aangedoen het. Nadat die rouproses voltooi is, moet daar oorgegaan word tot vergifnis. Indien so 'n persoon aan andere ook pyn berokken het, moet versoening met sodanige mense gesoek word.

3.15 OM "GOD TE V E R G E W E "

In 'n mens se opstand oor trauma in sy lewe, kan God maklik as die oorsaak van die lyding gesien word. Dit sien 'n mens reeds sedert Job se dae.

"God het my in sy toorn verskeur en vervolg, in sy woede het Hy my lewe bedreig, Hy, my Teestander, deurboor my met sy oe. " (Job 16:9)

Wanneer geestelike of fisieke pyn iemand se lewensideale dwarsboom en sy toekoms pootjie, mag so iemand vir God kwalik neem (Louw, 2006:81). In die rouproses sal 'n persoon se woede ook teenoor God, wat die verlies toegelaat het, gerig wees (Minirth & Meier, 2007:37). Volgens Seamands (2003:60) kan 'n traumatiese ervaring dikwels die gevolg he dat die getraumatiseerde 'n teleurstelling in God kan ervaar. Hierdie teleurstelling het weer die gevolg dat die persoon 'n gebreekte vertroue in God ervaar, dat hy woede teenoor God koester en dat valse verwagtinge wat die persoon ten opsigte van God gekoester het, ontbloot word (Seamands, 2003:62-65).

Wanneer dit ter sprake kom of 'n persoon God moet vergewe, moet daar ook gelet word op die Bybelse perspektief in hierdie verband. In Ps 103 staan dit dat God altyd

regverdig is, doen wat reg is en liefde teenoor almal bewys. Wanneer iemand kwaad is vir God, moet so iemand met God daaroor praat en weet dat die woedereaksie menslik is. Alhoewel daar woede teenoor God kan wees, stel Minirth en Meier (2007:155) dit duidelik dat 'n mens nie God hoef te vergewe nie, want Hy het niks verkeerd gedoen nie. Die verontregte moet eerder sy woede teenoor God bely, met Horn daaroor praat en Horn vra om dit op te los (Minirth & Meier, 2007:155).