• No results found

RUIMTELIKE KONFIGURASIES

3.2 Die konstruksie van die vertelde ruimte

3.3.2 Om die gapings in die teks te vul

3.3.2.1 Wiid se woonstelruimte as "nes"

Die woord mimosa (gesien Wiid se woonadres, Mimosawoonstelle) het besondere betekenismoontlikhede wanneer die leser van die romanteks die letterlike betekenis van die woord in verband bring met die proses van Wiid se karakterontwikkeling. Die woord mimosa wys letterlik na 'n boom, struik of plant van die geslag Mimosa, wat alleen in warm streke aard (vgl. HAT, 1994). Deur die proses van Wiid se karakterontwikkeling, kan sy woonstelkompleks aan die einde van sy skrywe van Memorandum 3 op metaforiese vlak gesien word as 'n boom, sy woonstel as 'n nes en hyself as 'n voel wat die boom en die nes bewoon. Wiid skryf dat "as hy reg onthou" was dit X wat gese het:

As 'n voel 'n nes maak op 'n tak, word die hele boom sy huis, by aankoms en vertrek 'n oorhang van verwyling, 'n wiegende drumpel van deemoed plus 'n glorieryke galmgat vir die gesang, en diggepeuter in die wegsteekmik, 'n kuil van twygies mos en spinnerak, die boom van nok tot wortel heem (Van Niekerk, 2006:38).

Soortgelyk aan die voel in verhouding tot die boom, maar met meervoudige implikasies, word Wiid se woonstelruimte 'n nes. Hierdie proses vind plaas deurdat Wiid X en Y se gesprekke integreer in sy eie siening van die wereld en verder uitbou deur navorsing oor die gesprek te doen. Sodoende kom Wiid tot totale herbesinning van dinge wat vir hom voorheen vanselfsprekend was. In Wiid se navorsing bring Buytendagh vir hom die teks van Bachelard, The poetics of space. Bogenoemde uiting van X is kennelik deur die volgende aanhaling van Bachelard (1969:96) gemspireer:

Here the entire tree, for the bird, is the vestibule of the nest. Already, a tree that has the honor of sheltering a nest participates in its mystery. For a bird, a tree is already a refuge. Thoreau tells of a green woodpecker that took an entire tree for its home. He compares this taking possession with the joy of a family that returns to live in a house it had long since abandoned.

In die proses waartydens Wiid tot herbesinning van sy lewe kom, merk hy die kleiner details wat hy nie vantevore opgemerk het nie. In die uiteensetting van die konstruksie van Wiid se woonstelruimte [vgl. 3.2.1.1] is gewys op die bestekopname van sy woonstelruimte. Hierin is talle voorbeelde van dinge wat Wiid eksplisiet noem wat hy nie voorheen opgemerk het nie. Hy skryf byvoorbeeld dat hy hom nooit tot die

natuur gewend het nie. In hierdie geval merk hy die voels en voelsang in 'n voetnota in sy verhalende memorandum:

Die olyflyster (Turdus olivaceus) was stil in die midsomer, het in Februarie weer begin sing, en ek hoor hom nou nog. Die gewone janfrederik {Cossypha caffra) sing saans laat en soggens voor dagbreek. Hy begin altyd op dieselfde noot - nie dat ek 'n deskundige oor het nie - en volg dit dan op met 'n wysie van twee tot tien note soos iemand wat 'n inkopielys lees: teeu tie-toe, teeu twiedeldiedoe, teeu twietoe-twietoe. Die boek se hy boots tot twintig ander voelspesies na. Vir die blote plesier daarvan? wonder ek (Van Niekerk, 2006:10).

Wiid se naam, naamlik Johannes Frederikus, het ook besondere betekenismoontlikhede ten opsigte van die proses van sy karakterontwikkeling. Volgens Wiid (vgl. Van Niekerk, 2006:10) boots die janfrederik tot twintig ander voelspesies na. Wiid word hier vergelyk met die janfrederik, waar sy naam, Johannes Frederikus Wiid, die leidraad tot die interpretasie is. In Wiid se verhalende memorandum word hy 'n nabootser, 'n na-aper en naprater. Hy rekonstrueer enersyds die gesprekke tussen X en Y wat hy in die hospitaal aangehoor het en andersyds beskryf hy uitvoerig die ruimtes en voorwerpe in die ruimtes, wat die leser inspireer om die voorwerpe te interpreteer.

Aanvanklik beskryf hy die kroonden, die voels en die voelsang (vgl. Van Niekerk, 2006:10). Die leser kan tereg vra watter betekenis die optekening van hierdie gegewens ten opsigte van Wiid se karakterontwikkeling het met spesifieke verwysing na die herbesinning oor sy woonstelruimte. Viljoen et al. (2004:9-10) se vertolking van Bachelard (1964) se idee van bewoning bring interessante

betekenismoontlikhede met betrekking tot die psigologiese dimensie van die vertelde ruimte mee.

Bachelard skryf vanuit Europese omstandighede waar drieverdiepinghuise algemeen is en verbind die dialektiek tussen die bokamer en die kelder van 'n huis met die psigoanalitiese verhouding tussen die bewuste en die onbewuste, die rasionele teenoor die donker misterieuse kelderkamer. 'n Suid-Afrikaanse vertolking hiervan sou volgens Viljoen et al. (2004:10) verband hou met skuiling teen hitte en die wye veld. Die bokamer en kelderkamer sou dus onderskeidelik met die horisontale

ekwivalente vervang kan word: die misterieuse, unheimliche veld, en die veiligheid van 'n nabygelee tuin waar die oor gesus word deur die klank van water. Die omgewing waarin Wiid woon, waar die inrigting van die strate 'n orde voorstel, kan gesien word as 'n simbool van die bewuste en die rasionele. Die tuin word dan 'n simbool van die onbewuste, waar Wiid luister na die voelsang om hom te kalmeer.

Wiid se belewing van sy woonstel in die proses van sy karakterontwikkeling kan gesien word as die koppelvlak tussen Wiid se bewuste en onbewuste. Volgens Burger (2007) gebruik Wiid "lewenslank korrekte Afrikaans en roem hom daarop dat hy 'deeglik' is." Vervolgens skryf hy dat Wiid met die skryf van die eerste twee memoranda in die romanteks (gesien Addendum 1 en 2) steun op sy korrekte en deeglike taalgebruik, maar met die skryf van Memorandum 3 tree 'n belangrike verskil in:

Geleidelik raak hy egter onder die ban van die woord - metaforiese taal glip in sy verslag in. Meegevoer deur musiek, kry sy skryfwerk al meer 'n eie ritme. Beelde wat hy self nie kan verklaar nie, doem by hom op. Deur die "mangat" na die onderwereld van die onbewuste oop te maak, word sy verbeelding vry. Hy begin om sy gewone alledaagse bestaan op 'n ander manier te ervaar. Hoewel sy omstandighede nie in wese verander nie, verander sy ervaring daarvan radikaal (Burger, 2007).

Bogenoemde interpretasie van Burger (2007) sluit ten sterkste aan by die psigologiese dimensie wat die woonstelruimte ontsluit, deurdat die kroonden, voels en voelsang hier reeds gelees kan word as beelde wat vanuit sy herbesinning oor ruimtes op die voorgrond tree. Volgens Turner (1974,253) is natuursimbole soos voels ook belangrike simbole van die liminale staat (vgl. Viljoen & Van der Merwe, 2006:xv), waarop meer uitgebrei word in Hoofstuk Vvf van hierdie verhandeling. Die uiteensetting van die beelde van die kroonden en die voels en voelsang, sien soos volg daar uit:

Wiid se woonstelruimte is die konkrete plek waar hy sy verhalende memorandum skryf. Wiid se belewing van sy woonstelruimte ondergaan 'n klemverskuiwing deurdat Wiid anders begin kyk na sy plek. Hierdie proses word belig wanneer hy op onbewuste vlak die voelsang beskryf en aanteken in sy memorandum. Die voelsang

bring mee dat hy intens bewus word van sy begeerte om sin te maak van wat met horn gebeur. In die proses besef hy dat sy woonstelruimte 'n tuiste is, soos die nes van die voel 'n tuiste is vir die voel.

Die gapings tussen die wereld van die teks en die wereld van die leser, word dus hier oorbrug deur te fokus op die psigologiese ontwikkeling van die karakter Wiid. Hierdie gedeelte het die volgende prosesse belig: hoe Wiid eerstens tot herbesinning van sy lewe kom, deurdat twee aspekte na vore getree het: (1) die gedagte aan sy naderende einde, en (2) die gesprekke tussen X en Y. Hierdie twee aspekte lei tot Wiid se herbesinning wat gepaard gaan met 'n bestekopname van sy lewe. Die gesprekke tussen X en Y noop Wiid om te keer na die natuur, om sy onbewuste te verken en om uiting te gee aan sy verbeelding. Deur hierdie proses kom Wiid tot 'n nuwe besef van wat 'n tuiste beteken.