• No results found

HOOFSTUKVYF LIMINALITEIT

5.3 Die oorgangsrites

5.3.1 Die ISE as liminale ruimte

In hierdie gedeelte word ondersoek ingestel na liminaliteit op ruimtelike vlak in terme van die drieledige struktuur van die oorgangsrites. Volgens Taljard (2007:11) veronderstel liminaliteit op ruimtelike vlak ten minste die bestaan van

'n ruimte A en 'n ruimte B wat deur 'n limen verbind word. Die kern waarrondom ruimte A funksioneer, is meestal redelik goed ontwikkel, terwyl die kern van ruimte B nog nie volledig gedefinieer is nie en trans-liminaal ten opsigte van kern A gelee is. Op temporele vlak veronderstel liminaliteit die verbinding van bogenoemde ruimtes deur handeling, dus 'n beweging van ruimte A deur die limen na ruimte B (Sutton, 2000:20).

Die leser sou die volgende afleidings kon maak: die ISE is ruimte A wat deur 'n limen met die buitekant van die ISE verbind word. Die kern van ruimte A veronderstel dat dit 'n saal in die hospitaal is waar die pasientkarakters "intensief versorg" word (vgl. Van Niekerk, 2006:18). Ruimte B sou te make he met die onderskeie ruimtes waar X, Y en Wiid hulself sou begewe nadat hulle uit die ISE ontslaan is. Wiid vermeld in Memorandum 3 dat toe hy wakker word die volgende oggend, die gordyne om X en Y se beddens toegetrek was en dat die enigste bewys wat hy van hulle bestaan gehad het, in sy geheue was (vgl. Van Niekerk, 2006:23). Hierdie uitlating van Wiid suggereer dat X en Y of ontslaan is uit die ISE of ruimte B tegemoet gaan, wat die

dood as ruimte B nie uitsluit nie. Britz (2007:19) vermeld dan ook dat die liminale fase waarin die pasientkarakters is, 'n drumpel is tussen 'n lewe wat was en 'n onbekende lewe wat volg, of juis die einde van die lewe.

Die ISE as ruimte A het ook besondere betekenis in terme van die pasientkarakters se psigiese welstand. In 'n uitvoerige voetnota teken Wiid die verskynsel van intensiewesorg-delirium aan. Hy vermeld dat dit onder andere veroorsaak word "deur die feit dat die ligte nooit afgeskakel word nie, dat die geraas nooit ophou nie en dat daar voortdurend aktiwiteit is rondom die beddens" (Van Niekerk, 2006:114). Verskeie simptome word genoem wat spesifiek van toepassing is op die pasientkarakters se handelinge binne die ISE. Simptome sluit in "disorientasie, geheueverlies, onsamehangende spraak, sowel as motoriese stoomisse" en die pasiente kan tred verloor met tydsverloop en selfs nie weet of dit dag of nag is nie (Van Niekerk, 2006:114). Verder word genoem dat pasiente in psigotiese toestande kan verval, "wakende drome he en ly aan waan- en drogbeelde. Hulle kan verval in aanhoudende mompeling en vreemde gebare. Hulle kan opgewonde of aggressief word, of slaperig en passief" (Van Niekerk, 2006:114). Die gevolge van ISE-delirium in terme van X en Y se psigiese gesteldheid binne die ISE, word eers in Wiid se navorsing ontdek, waardeur hy 'n insident in ISE met ISE-delirium verbind (vgl. Van Niekerk, 2006:112-114).

Die gesprekke tussen X en Y beklee 'n besondere posisie binne die ruimte van die ISE, waar die karakters op 'n karnavaleske wyse met mekaar in dialoog verkeer. Die onderwerpe wat aangeraak word handel oor 'n verskeidenheid aspekte wat reeds in Hoofstuk Twee [vgl. 2.3.6] belig is. Daar word vir eers volstaan met die gedagte dat die gesprekke oor mediese sorg 'n sentrale posisie in X en Y se gesprekke inneem.

Die uitgebeelde hospitaalsale in die skildertekste van die "Hospitaalreeks 2004- 2006" kan ook gesien word as liminale ruimtes. Hierdie skildertekste is "Hospitaal - Aankoms" (kyk Figuur 3), "Hospitaaltriptiek I" (kyk Figuur 4), "Hospitaaldiptiek II - Die nag vantevore" (kyk Figuur 5) en "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15). Die skildertekste waarop gefokus word, is spesifiek die tonele waarin hospitaalbeddens uitgebeeld word. Liminaliteit op ruimtelike vlak in terme van die drieledige struktuur

van die oorgangsrites, veronderstel 'n ruimte A wat beddens in 'n hospitaalsaal uitbeeld, soortgelyk aan die ruimte van die ISE wat in die woordteks beskryf is. Die beddens is leeg en geen pasiSnte is in die uitbeelding te sien nie. Die ruimtes kan ook op simboliese vlak gesien word as deurgang- of oorgangruimtes wat liminale assosiasies meebring wat te make het met aankoms en vertrek. Die lee beddens suggereer ook op simboliese vlak die dood, waar veral "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15) op indeksikale vlak langsaan die diepsee geplaas is, wat 'n metafoor van verganklikheid en ewigheid is (vgl. Rossouw, 2006).

Op temporele vlak veronderstel liminaliteit in terme van die drieledige struktuur van die oorgangsrites dat ruimte A en B deur handeling met mekaar verbind word. Die liminale fase word deur die postliminale fase opgevolg. Dit sou te make he met karakters wat uit die ISE ontslaan word en weer deel word van die sosiale struktuur, maar met 'n verandering van hulle sosiale rolle. In die volgende gedeelte wat handel oor die preliminale en postliminale fases, word verder hierop uitgebrei.

5.3.2 Die preliminale fase

Die preliminale fase in Van Gennep se oorgangsrites is die eerste fase van die oorgangsrite waartydens persone simbolies (en dikwels fisies) losgemaak word van hulle sosiale rolle. In die romanteks behels die preliminale fase dat die pasientkarakters, X, Y en Wiid by die hospitaal aankom, en aanvanklik in die algemene saal vertoef [vgl. 3.2.1.2]. Die aankoms van X en Y by die hospitaal word wel nie vermeld in die romanteks nie, en word met ander woorde afgelei uit die feit dat hulle in die hospitaal aanwesig is. Volgens Britz (2007:19) is die liminale fase in X en Y se geval beperk tot die ISE-ruimte, terwyl Wiid 'n "uitgerekte drumpelervaring" ervaar na sy ontslaan uit die hospitaal, waarop in die volgende gedeelte uitgebrei word. Die preliminale fase sluit met ander woorde die onderskeie operasies in wat X, Y en Wiid ondergaan. Vervolgens word sekere rites belig wat met die preliminale fase van oorgangsrites gepaard gaan.

In die algemene saal vertel Wiid hoe hy reeds 'n paar uur in sy kooi "in sy nuwe hospitaalpajamas" (Van Niekerk, 2006:11) ingeburger was, toe sy twee medepasiente in die hospitaalbeddens weerskante van horn stelling inneem. Hier is die pasiente losgemaak van hulle normale omstandighede. Die nuwe pajamas wat hulle aanhet, beklemtoon die rites wat verband hou met die preliminale fase. Hulle moet hulle gewone klere uittrek en word op simboliese vlak deel van die hospitaalomgewing. Die karakters is nou nie meer in hulle gewone sosiale rolle nie, maar "pasiente" in 'n hospitaal. Die voorwerpe wat X en Y saam met hulle in die algemene saal dra, naamlik "persoonlike items, medisyne, toiletgoed, pantoffels, vergrootglas, leesbril" (Van Niekerk, 2006:11) en boeke (vgl. The poetics of space deur Bachelard en The idea of a town deur Joseph Rykwert), is tekens wat heenwys na die wereld buitekant die hospitaal, dit wil se, na voorwerpe wat die karakters saam met hulle gebring het na die hospitaal.

'n Volgende gebeurtenis in die preliminale fase word aangetref wanneer X en Y na die onderskeie operasiesale verplaas word (vgl. Van Niekerk, 2006:14-15) vir hulle operasies. Wiid vermeld dat sy operasie later die dag gaan plaasvind (vgl. Van Niekerk, 2006:15). Hier word die drumpel (limen) betree wat kenmerkend is van die preliminale fase. Die karakters gaan oor die drumpel tot in 'n oorgangstoestand wat deur die onderskeie operasies beklemtoon word. Dit is dan ook hierdie fase wat in metafore en simbole beskryf moet word, omdat die gebeurtenisse so radikaal anders is as die gewone, dat dit nie in gewone taal uitgedruk kan word nie. Wiid skryf byvoorbeeld die volgende oor sy "trollietog" tussen die algemene saal en die operasiesaal:

Op my eie trollietog deur die lang gange was ek gou die tel kwyt, om nie te praat van die rigting nie. 'n Doolhof was dit, al was alles helder verlig met orals kleurstrepe op die vloer en duidelike naamborde. Soos in 'n stad, het ek onthou het ek gedink op pad na die operasiesaal: Op elke hoek kry jy die helder blou- en-rooi neon van 'n KFC of die geel M van McDonald's en dan wonder mens, selfs ek wat alles oplet, of jy om dieselfde blok aan die ry is. In die hospitaal was dit die eenselwigheid van die kleure en die ruimtes wat my laat voel het ek staan stil terwyl ek voortgerol word (Van Niekerk, 2006:32).

Hier word die gange in die hospitaal metafories 'n doolhof, en word verder vergelyk met 'n stad waar daar op elke hoek 'n KFC of McDonald's is. Hierdie metafoor veronderstel dat die preliminale fase nie in gewone taal uitgedruk kan word nie. Dit word met soortgelyke beelde verbind om die impak van die ervaring aan die leser oor te dra.

Die operasiesale word in die skildertekste van die "Hospitaalreeks 2004-2006" uitgebeeld. Die skildertekste "Operasiesaal I" (kyk Figuur 7) en "Operasiesaal II" (kyk Figuur 8) beeld veral die preliminale fase besonder goed uit, waar die mediese toerusting as 't ware sy pasient inwag. Britz (2007:6) beskryf die toneel in Operasiesaal I" soos volg:

Die skilderye daaronder toon die halfgeopende deur van 'n operasiesaal. Agter wag 'n toestel met vier oorhoofse lampe; 'n mediese robot gereed vir sy volgende pasient. Die naam van hierdie angswekkende skildery - in sy oorspronklike formaat - is Operasiesaal I.

Die preliminale fase gaan oor in die liminale fase wanneer die pasiente in die ISE opgeneem word. Vervolgens word ondersoek ingestel na die postliminale fase. Die teorie veronderstel dat die betrokkenes in hierdie fase weer opgeneem word in die samelewing.