• No results found

DIE NARRATIEWE STRUKTURERING VAN DIE TEKS

2.3 Vertelling as bindende faktor

2.3.9 Die punt van die storie

Wiid skryf:

Die leser kan hom op hierdie stadium afvra wat die sin is van so 'n moeisame - en, laat daar geen twyfel oor wees nie, soms lukrake - rekonstruksie van 'n gesprek tussen twee oorstuurde pasiente. Soos wat ek hier vir my 'n tweede onverstandige glas skink - my maag is dolleeg na die lakseermiddels wat ek moes neem vir die operasie - moet ek eerlik beken dat ek ernstig oorweeg of ek nie Newer moet gaan slaap ten einde die dag van more enigsins uitgerus tegemoet te tree nie. Dit is alles tevergeefs en 'n gejaag na wind, soos die prediker gese het (Van Niekerk, 2006:48).

Uit die aanhaling is dit nie duidelik of die verteller self seker is oor die "punt" van die storie nie. Die leser kan tog verskeie afleidings maak oor wat die punt van die storie is, maar 'n finale woord hieroor is nie moontlik nie. Memorandum kan gelees word as 'n poging van die verteller om sin te maak van die lewe wanneer hy gekonfronteer word met die dood. Dit sluit aan by Hambidge (2007) wat skryf dat Memorandum 'n diskoers-analise is van die twee pole waarmee almal worstel: die lewe en die dood. Wiid wonder oor wat "die gepaste woorde sou wees as mens opsluit iets op jou sterfbed wil se" (Van Niekerk, 2006:38). Hy skryf dat die dood tog vanself spreek (vgl. Van Niekerk, 2006:38) en dat weinig daaroor gese kan word. Waarom dan die geskrif, die memorandum?

Reeds aan die begin van hierdie hoofstuk [vgl. 2.1.1] is gewys op die verskillende betekenisse van die woord memorandum. Die woord memorandum word gebruik vir iets wat die geheue help of ondersteun, maar ook om waarnemings op te teken, om 'n mens te herinner aan iets wat gedoen is of beleef is. Die onderskeie tekste in Memorandum kan met bogenoemde betekenis van die woord memorandum in

verband gebring word. Addendum 2 kan gesien word as 'n geskrif wat Wiid se geheue help en ondersteun deur sy soeke na die betekenis van die gesprek tussen X en Y. Memorandum 3 is gemoeid met waarnemings, beskrywings en vertellings van die gebeurtenisse waarmee Wiid gekonfronteer word. Wiid verwys na Addendum 1 as "geestelike oefeninge" (vgl. Van Niekerk, 2006:30) in die drukgang waarin sy situasie horn plaas. Addendum 3 skakel nog eens met waarnemings wat Wiid opteken van die wereld waarin hy leef. Die woord memorandum het dan ook te make met 'n testament, of 'n nalatenskap wat verband hou met die tydperk na die afsterwe van 'n persoon. Memorandum kan letterlik ook gesien word as 'n nalatenskap aan die leser.

Ten slotte: die veelvuldige meewerking van die tekste in die romanteks word beleef as 'n ontploffing van betekenis en betekenisgewing, maar ook 'n inploffing - as 'n romanteks wat swaar dra aan die tema van siekwees en verweer. Die samespel van tekste in die romanteks bring die ervaring van 'n sterwende as 'n boeiende komposisie byeen, geskenk aan die leser. Die komplekse transaksie tussen die aanbieding en die inhoud van die romanteks verskaf rede tot nadenke en inkeer, asook verdere ondersoek om die romanteks binne te dring en te verstaan.

2.4 Slot

In hierdie hoofstuk is ondersoek ingestel na die narratiewe strukturering van die romanteks, Memorandum. Aanvanklik is ten doel gestel om die narratiewe struktuur van die romanteks te ontleed, dit wil se om die verskillende dele van die teks uitmekaar te haal en afsonderlik te beskou; en tweedens, om die dele te analiseer, dit wil se die betekenismoontlikhede te ondersoek en met mekaar in verband te bring. Daar is gevind dat die organisasie van die tekste wat die vertellings onderle, op 'n buitengewone vlak met mekaar in samewerking verkeer: elke teks vertel sy eie verhaal, maar is ook met die ander tekste in gesprek.

Die woord memorandum is as kodewoord ge'fdentifiseer om te dien as sleutel tot verskeie betekenisse van die romanteks. Dit kan in verband gebring word met die beeld van die romanteks as mosai'ekwerk wat velerlei interpretasiemoontlike tot die lees van die romanteks inhou. Die inhoud van die romanteks is verken deur die ouverture van die romanteks te ondersoek, die rol van die leser te beskou, die tema van siekwees en verweer te identifiseer en 'n ikoniese (denotatiewe) beskrywing van die skildertekste van Adriaan van Zyl te maak.

Terwyl die eenhede van die teks op hierdie manier verhelder is, is daarnaas gepoog om die eenhede met mekaar in verband te bring. Dit is gedoen deur vertelling te stel as bindende faktor en 'n semantiese tot pragmatiese lesing van die romanteks aan te bied. In hierdie afdeling is gefokus op die postmoderne wereld waarin die romanteks afspeel en gewys hoe die geskiedenis as 't ware in die romanteks ingebed is, die eksterne omstandighede wat gelei het tot die verbruikerskultuur van die postmodernisme en die geskiedenis van die mediese sorg wat gelei het tot waar die pasient vandag "gemartel" (vgl. Van Niekerk, 2006:61) sou word in hospitale. Daarna is gewys op die agente wat emosioneel reageer op die stand van die wereld en in verband gebring kan word met die storie-wereld van Memorandum. Die gebeurtenisse is omlyn, wat die romanteks as eenheid vorm en eindelik lei tot 'n slot wat ge'illustreer word deur spesifiek te verwys na Wiid se laaste skrywe. Ten einde is gevra wat die punt van Memorandum is en is volstaan met die gedagte dat die onderskeie tekste gemoeid is met herinnering, om jou belewings en ervarings neer te skryf, met spesifieke verwysing na die mens se mortaliteit, sy eindigheid. Om 'n finale woord oor die punt van die romanteks te skryf, is immers nie moontlik nie.

Die ontleding en analisering van die narratiewe struktuur het ten doel om 'n basiese greep op die romanteks te verkry. Dit spreek vanself dat die betekenis van die romanteks in 'n lesing soos hierdie, waar die narratiewe struktuur uiteengesit word, gedeeltelik verlore gaan. Tog moet bygese word dat dit nie die doel van die hoofstuk is om 'n mate van beheer oor die teks uit te oefen nie, maar deur die gebruik van narratiewe teoriee en narratologiese metodes deel te neem aan en 'n bydrae te maak tot die gesprek tussen woord, beeld, struktuur en teorie en sodoende die grense van tekstualiteit te verskuif. Die beeld van die teks as 'n mosa'iek van

aanhalings (vgl. Kristeva, 1986:37) is hier gepas, omrede dit klem le op die intertekstuele aard van die romanteks en dit dring daarop aan dat 'n teks (in die enger sin van die woord), nie as 'n hermetiese of selfgenoegsame geheel kan bestaan nie (vgl. Hoofstuk Vier). Die mosai'ekwerk in die domkerk van Keulen8 dien

self as metafoor vir die intertekstuele aard van die romanteks.

Van die mosa'fekwerke in die domkerk word aangeheg in die Lys van Figure (kyk Figuur 18-22) (vgl.http://www.koelner-dom.de/index.php?id=17083&l_=1.) Die afbeeldings dui op die omvang van die multitekstuele roman, Memorandum, waarvan die geheel nie gesien, of volledig geken kan word nie.

HOOFSTUKDRIE