• No results found

HOOFSTUKVYF LIMINALITEIT

5.2.2 Victor Turner

Die aanvanklike werk van Turner is op die vorige uitgangspunte van liminaliteit gebaseer, maar in sy publikasie Betwixt and between (1966 [1964]), beweeg hy weg daarvan om liminaliteit in terme van sosiale strukture te definieer. Hy doen dit deur liminaliteit as die basis van sosiale konfigurasies te stel (vgl. Pina-Cabral, 1997:32). Turner skryf in hierdie teks: "If our basic model of society is that of a 'structure of positions', we must regard the period of margin or 'liminality' as an interstructural position" (Turner, 1996:93). In hierdie uiting is reeds spore van *n nuwe paradigma, waarin die neiging om liminaliteit in terme van sosiale strukture te definieer, verminder. Hierdie nuwe konsep van die samelewing is dominant in Turner se teks,

30 "As Gluckman puts it, 'I would myself still advise a student, wishing to study the rites de

passage, to go to the persisting excitement of Junod rather than to Van Gennep himself

(1962:9). He explicitly states that he finds Van Gennep's writings 'boring' because, according to him, the French ethnologist 'lacked an adequate theory about the nature of society' and was thus 'unable to develop implications which he himself sensed in his major, very important, discovery' (ibid:1)" (Pina-Cabral, 1997:47-48). Hierby word reeds gesuggereer dat die teorie van liminaliteit by Van Gennep te kort skiet, deurdat liminaliteit nie gei'ntegreer word in 'n breer en meer volledige samelewingsteorie nie.

The ritual process (1969), waarin Turner 'n breer konsep van liminaliteit binne die drieledige struktuur van Van Gennep ontwikkel (vgl. Pina-Cabral, 1997:32). Turner skryf:

Liminal entities are neither here nor there; they are betwixt and between the positions assigned and arrayed by law, custom, convention, and ceremonial (Turner, 1969:81).

Hierdie omruiling stel 'n breer konsep van liminaliteit voor, en is tegelykertyd binne en buite tyd, asook binne en buite sosiale strukture aanwesjg (vgl. Pina-Cabral, 1997:32). Verder skep Turner in sy verwerking van die oorgangsrites die konsep "communitas" wat langsaan die begrip "struktuur" verstaan word. Beide struktuur en communitas representeer modelle vir menslike verwantskappe, waar struktuur 'n toestand voorstel waaronder persone in die samelewing deur differensiasie en hierargiee geplaas word en sekere persone "laer" en andere "hoer" geag word. Communitas is dan 'n toestand waaronder menslike verwantskappe slegs tydelik gestruktureerword, of ongedifferensieerd bly (vgl. Pina-Cabral, 1997: 33).

Turner (1974:245) skryf dat communitas onder andere in toestande soos buitestanderskap, marginaliteit of strukturele ondergeskiktheid te vinde is (vgl. Viljoen & Van der Merwe, 2006:xiv). Buitestanders is figure soos sjamane, mediums of priesters wat buite die strukture van 'n sosiale raamwerk staan; marginale mense is figure soos migrante, buitelanders, mense van gemengde afkoms en vroue in nie- tradisionele rolle, en somtyds filosowe, skrywers en kunstenaars, en vind 'n gemeenskapsin in die groep met laer status, maar strewe na die groep met hoer status (Viljoen & Van der Merwe, 2006:xiv). Strukturele ondergeskiktheid word in verband gebring met posisies soos armoede waar "simbole en die kleredrag van armes dikwels gebruik word as simbole van liminaliteit, veral in opposisie tot die status quo" (Viljoen en Van der Merwe, 2006:xiv). Die "essensie" van communitas is die onmiddellike en spontane aard daarvan (vgl. Turner, 1974:251) en hiermee word natuursimbole soos voels as belangrik geag wat geassosieer word met die liminale staat (vgl. Viljoen & Van der Merwe, 2006:xiv). In die volgende gedeelte van hierdie afdeling word 'n poststrukturalistiese siening van die konsep liminaliteit, ondersoek.

5.2.3 'n Poststrukturele benadering tot liminaliteit

Pina-Cabral (1997:35-37) maak van Turner se latere beskouing van liminaliteit as vertrekpunt gebruik. Sy benader liminaliteit vanuit 'n poststrukturele raamwerk benader en verbind met Pierre Bourdieu (1989 [1977]) se konsep van "simboliese mag". Bourdieu (1989:14) verduidelik hoe die prosesse van sosiale strukturering permanente prosesse is wat steun op "mag" om sekere definisies of praktyke te bekragtig en andere die swye op te le (vgl. Pina-Cabral, 1997:35):

This "Symbolic power" is [...] "the power to constitute the given by means of enunciation, to make one see and make one believe, to confirm or transform the vision of the world and, in that way, the action on the world, therefore, the world".

Die hegemoniese proses beljg sekere aspekte van sosiale lewe (persone, objekte, prosesse of betekenisse) en onderdruk ander aspekte van sosiale lewe (vgl. Pina- Cabral, 1997:36). Die beligte aspekte is die legitieme sosiale situasies en word versinnebeeld as die "dag-aspekte" van sosiale en kulturele lewe, terwyl die onderdrukte aspekte versin word as die "nagtelike aspekte"31 (vgl. Pina-Cabral,

1997:36). Dit is wel belangrik om te noem dat die onderdrukking wat hegemonie meebring altyd relatief is tot dinge wat "gese, gedoen of gesien is"32 (Pina-Cabral,

1997:36). Hegemonie en teenstrydigheid word met ander woorde op 'n nuwe manier met mekaar in verband gebring, wat strydig is met die strukturaliste se beskouing van teenstrydigheid wat gesien is as "a sort of original sin of social systems" (Pina- Cabral, 1997:39-40). Teenstrydigheid word nou gesien as 'n "diffuse" en "alom- deurdringende" kondisie vir sosiale lewe (Pina-Cabral, 1997:39-40). Dus word teenstrydigheid as 'n positiewe aspek in die dinamiek van sosiale strukturering gesien en nie as 'n destruktiewe krag soos deur die strukturaliste beskou nie.

Die spel van relativering en verberging is essensieel vir die proses van hegemonie, asook vir ontginning van betekenisse in die romanteks (vgl. Pina-Cabral, 1997:39). Daarom kan ons van Turner se nosie van die "social drama (1957)" (vgl. Pina-

31 Pina-Cabral maak gebruik van die Engels woorde, "day time and night time aspects" (vgl. Pina-

Cabral, 1997:36), waar dit vertaal word met "dag-aspekte en nagtelike aspekte".

Cabral, 1997:39) gebruik maak en die denkbeeld van sosiale en kulturele lewe baseer op 'n dialektiek tussen 'n stabiele orde wat gevorm word deur verberging, en 'n kreatiewe chaos wat teweeggebring word deur onthulling. Teenstrydigheid is daarom 'n onmisbare faktor in sosiale en kulturele lewe (vgl. Pina-Cabral, 1997:39). Die verwerking van die drieledige struktuur van die oorgangsrites lei met ander woorde daartoe dat liminale betekenisvorming binne en buite die sosiale struktuur, en binne- en buitekant tyd ondersoek kan word. Die betekenis is nie vas nie en hegemonie word deur teenstrydighede gekonstrueer en in beweging gehou.

5.2.4 Doelstelling

Die doelstelling van hierdie hoofstuk is dan om 'n heuristiese studie te onderneem waarin die hospitaalruimte in die romanteks, Memorandum, as liminale ruimte volgens Van Gennep se drieledige struktuur van die oorgangsrites ondersoek word en om sodoende die limiete van 'n strukturalistiese lesing van die liminale fase aan te toon. Vervolgens word 'n poststrukturele benadering tot die oorgangsrites voorgestel en ondersoek, waarin liminaliteit as die basis van hegemoniese prosesse dien. Hier word spesifiek ondersoek ingestel na teenstrydighede wat meervoudige liminale betekenisse in die romanteks ontgin, met spesifieke verwysing na die hospitaalruimte.