• No results found

RUIMTELIKE KONFIGURASIES

3.2 Die konstruksie van die vertelde ruimte

3.2.3 Die konstruksie van die (vertelde) biblioteekruimte

3.2.4.1 Die seetonele

By die seetonele, waarvan onderskeidelik "Hospitaaltriptiek II - Die ingang" (kyk Figuur 1), "Hospitaaldiptiek I - Die wagkamer" (kyk Figuur 2) en "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15) deel uitmaak, is die werking van lyne veral dominant waar die oppervlakte van die see die sfeer van die lug ontmoet. Die horisontale rigting van die lyn word beklemtoon, wat meestal by landskapskilderye gevind word. By die uitbeelding van die oseaan, veral by "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15) is die werking van 'n diagonale lyngebruik opvallend, wat die kragtige beweging van die golwe beklemtoon.

Die waarnemingsperspektief van die leser van hierdie tekste bring ook mee dat gesien word wat nie in die tekste uitgebeeld is nie. Gilbert (1998:11) illustreer hierdie verskynsel aan die hand van Boring (kyk Figuur 25) se dubbelsinnige figuur wat gesien kan word as 'n jong vrou wat haar gesig wegdraai, of as 'n ouvrou met 'n kromneus en kennebak wat in haar mantel insak. Hierdie illustrasie beeld uit hoe die brein lynwerk waarneem en sodoende twee prente kan uitmaak. Dit hang dus van die leser se perspektief af hoe 'n prent waargeneem word. Die negatiewe ruimtes is die ruimte tussen die objekte. Die waarnemingsperspektief by die see van "Hospitaaltriptiek II - Die ingang" (kyk Figuur 1) skep die idee van 'n strand waar die golwe uitspoel. Die brein voltooi as 't ware hierdie uitbeelding, want die strand word nie uitgebeeld nie. Dit is ook 'n karakteristieke eienskap van Adriaan van Zyl se werk dat die leser die teks voltooi, dit wil se die objekte verbeel wat afgesny is deur die outeur.

Die titels van die skildertekste is 'n indeksikale teken wat verskeie konnotasies oproep. Die volgende betekenisse kan gevorm word: by die eerste twee tekste, "Hospitaaltriptiek III - Die ingang" (kyk Figuur 1) en "Hospitaaldiptiek II - Die wagkamer" (kyk Figuur 2) word die suggestie van vastigheid voorgestel; die strand word geassosieer met vaste grond. Dit word verbind met die onderskeidelike titels wat die woorde "ingang" en "wagkamer" insluit, wat 'n ruimte buitekant die simboliese diepsee of operasiesaal voorstel. Die afbeeldings wat die seetonele in

hierdie twee gevalle vergesel, is onder andere 'n wagkamer in 'n hospitaal en 'n parkeerarea buite 'n hospitaal (kyk Figuur 1), en 'n gang met stoele in 'n hospitaal (kyk Figuur 2). "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15) stel oenskynlik die diepsee voor, waar geen teken van die strand voorgestel word nie. Die eerste deel van die tweeluik is die afbeelding van 'n hospitaalbed en 'n gordyn rondom 'n ander hospitaalbed. Wat agter die gordyn is, is onbekend hoewel toegetrekte gordyne om 'n bed op 'n hospitaal dui, soos ook uit die woordteks blyk, op 'n baie siek of sterwende persoon. Die diepsee is ook ver van die strand, van vastigheid en van sekerhede. Die verloop van die siekte neem die terminale pasient, soos Wiid, na "diep waters".

Die organiese vorms van die uitbeelding van die see word vervolgens ondersoek. Daar is nie in die uitbeeldings van die seetonele enige teken van geometriese vorms

nie (geometriese vorms sluit byvoorbeeld 'n vierkant, 'n reghoek, 'n sirkel of 'n driehoek in). Die afleiding wat hier gemaak word is dat ons met 'n uitbeelding van die natuur te doen het, wat die afwesigheid van menslike geometriese vorms aandui. Daar is dus 'n groot kontras tussen die organiese aard van die uitbeeldings van die see en die anorganiese geometriese vorms in die uitbeeldings van die hospitaalruimtes.

'n Volgende aspek van vorm is die positiewe en negatiewe gebruik van ruimtes. Die see sou in al drie hierdie skildertekste gesien word as die positiewe ruimte, dit wil se die primere fokus van die skilderteks, waar die strand en die lug (kyk Figuur 2) gesien word as die negatiewe ruimte wat onderbeklemtoon is. Die fokus van die skildertekste is dus primer die see, simbolies die "oermetafoor van verganklikheid" (vgl. Rossouw, 2006).

Die ligwerking in die drie skildertekste verskaf interessante betekenismoontlikhede. Die leser van die teks is nie seker watter tyd van die dag hierdie skildertekste afspeel nie, omrede die ligbron nie aan die leser bekend is nie. Is dit nag of dag, of skemer of dagbreek in hierdie uitbeeldings? My veronderstelling is dat die ruimtes in 'n oorgangstyd soos skemer of dagbreek afspeel. Dit beklemtoon oorgangsfases wat ten sterkste met die inhoud van die romanteks verbind word en liminale assosiasie

meebring (vgl. Hoofstuk Vvf).

Die waarde ("value") wat in terme van lig of donkerheid gemeet word, stel in "Hospitaaltriptiek - Die ingang" (kyk Figuur 1) en "Hospitaaldiptiek II - Die wggkamer" (kyk Figuur 2) 'n ligte grys voor, waar "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur

15) 'n medium grys voorstel. Die eersgenoemde twee skildertekste is dus in 'n ligter tonaliteit geskilder as die laasgenoemde. Die monochrome kleurgebruik in die drie skildertekste, is weer eens soortgelyk as in "Hospitaaltriptiek - Die ingang" (kyk Figuur 1) en "Hospitaaldiptiek II - Die wagkamer" (kyk Figuur 2), waar 'n violetblou tint, geaksentueer deur 'n ligter tonaliteit die tonele oorheers. In "Hospitaaldiptiek III" (kyk Figuur 15) oorheers 'n blougroen tint geaksentueer deur 'n laer toon die spesifieke toneel. Die kleurgebruik ondersteun die semantiese betekenisveld van die onderskeie tekste en vul dit met grade van intensiteit: die sterker tonaliteit by Figuur

1 en 2 wat 'n sekere bedaardheid voorstel, staan teenoor die laer toon by Figuur 15 wat onrustigheid suggereer.

Die deurlopende seemetaforiek in die romanteks kan op verskeie vlakke interpreteer word. Wiid gebruik die metafore om uitdrukking te gee aan sy liminale toestand en die drumpelvrees wat deur sy terminale siekte beklemtoon word (vgl. Hoofstuk Vyf). Die see se simboliese betekenis korrespondeer met vloeiende water en die oseaan. Op fisiese waarnemingsvlak is die see die oorgang en bemiddelende verteenwoordiger tussen die nie-formele (lug en gas) en die formele (aarde en vaste stof), en kan gelees word as 'n analogie tussen lewe en dood. Die waters van die oseaan word nie net gesien as 'n bron van lewe nie, maar ook die bron van verganklikheid. Om terug te keer na die see, is om terug te keer na die moeder en dit beteken om dood te gaan (Cirlot, 1971:281). Volgens die Switserse psigoanalis, Carl Gustav Jung, is die see ook die gunsteling simbool vir die onbewuste en word gesien as die moeder van alles wat lewe (1990:178). Wiid maak staat op sy onbewuste in die skryf van sy verhalende memorandum, Memorandum 3 [vgl. 3.2.2.1] en die seemetafore kan gevolglik gesien word as 'n simbool van die aktivering van die onbewuste.