• No results found

Die reeks gebeurtenisse moet 'n eenheid vorm en lei tot 'n slot

DIE NARRATIEWE STRUKTURERING VAN DIE TEKS

2.3 Vertelling as bindende faktor

2.3.6 Die reeks gebeurtenisse moet 'n eenheid vorm en lei tot 'n slot

Die beeld van die legkaart word in hierdie gedeelte van die afdeling gebruik om te wys hoe die gebeurtenisse in Memorandum as 't ware inmekaar gepas kan word en sodoende 'n eenheid vorm. Daar moet wel genoem word dat 'n legkaart staties en 'n verhaal dinamies is en dat die beeld van die legkaart gebruik word om te wys hoe die struktuur van die verhaal blootgele kan word. Die vraag wat gevra word, is hoe kan die gebeurtenisse in Memorandum 'n eenheid vorm en lei tot 'n slot?

'n Rekonstruksie van die storie is reeds vroeer in hierdie hoofstuk gemaak [vgl. 2.2]. Om kortliks op te som: in Memorandum 3 is die verteller, Johannes Frederikus Wiid, aan die woord. Hy skryf sy verhalende memorandum om toeligting te verskaf by twee ander memoranda (Memorandum 1 en Memorandum 2) waaruit niemand iets sou wys word indien hy te sterwe sou kom nie (Van Niekerk, 2006:7). Memorandum 1 is 'n geskrif wat hy saamstel waarin hy die vreemde woorde in X en Y se gesprek neerskryf met die doel om die betekenis daarvan te vind.

Memorandum 2 is 'n tabel wat hy opstel waarin hy stipuleer wat moontlik in die operasie die daaropvolgende dag en in die maande na sy operasie met horn kan gebeur. Wanneer Wiid met sy navorsing begin, wend hy horn tot die Parow- biblioteek. Vanwee die wanorde en chaos in die biblioteek skryf hy 'n brief aan die Superintendent van Openbare Biblioteek (kyk Addendum 3) waarin hy sy misnoee uitspreek oor die toestand van die biblioteek. Hy maak tog melding van die hoofbibliotekaris, wat, alhoewel hy slordig voorkom, horn dadelik van die inligting kon voorsien wat hy nodig gehad het (vgl. Van Niekerk, 2006:140). Aan die einde van die skryf van Memorandum 3, kom Wiid tot die besluit om nie terug te keer na die hospitaal vir verdere chirurgie nie. Die rede hiervoor het te make met X en Y se gesprekke wat aansluiting vind by die inhoud van die artikels wat Wiid ontdek het in sy navorsing. Die artikels "History of space perceptions III" deur Robert, en "Hospitality and pain" deur lllich is voorbeelde hiervan.

Vervolgens word daar ook na 'n magdom ander onderwerpe verwys wat X en Y in hulle gesprekke aangeraak het. Dit sluit onder meer in verwysings na musiek en komponiste (vgl. Van Niekerk, 2006:6, 70, 106), voels, voelneste en ornitologie (vgl. Van Niekerk, 2006:10, 58, 87), mitologie (vgl. Van Niekerk, 2006:15, 23, 43, 44, 48, 55, 56, 58, 79-80, 106), denkers, waarvan onder meer Nietzsche (vgl. Van Niekerk, 2006:39), Foucault (vgl. Van Niekerk, 2006:30) en Levi-Strauss (vgl. Van Niekerk, 2006:72-73) deel uitmaak, skilders en skildertekste (vgl. Van Niekerk, 2006:31, 69, 71), mosaieke (vgl. Van Niekerk, 2006:98, 99, 101), argitekte en argitektuur (vgl. Van Niekerk, 2006:41, 46-47), Afrikaanse letterkunde (vgl. Van Niekerk, 2006:33, 35, 40, 49), die twee belangrikste intertekste in die romanteks, naamlik The poetics of

space (1964) deur Gaston Bachelard en The idea of a town (1989) deur Joseph Rykwert (vgl. Van Niekerk, 2006:14) en ander belanghebbende artikels.

Hierdie onderwerpe se funksie moet deur die leser self ondersoek en ontleed word. Vir die doeleindes van hierdie gedeelte van die afdeling word volstaan by die gedagte dat die onderskeie verwysings in die vertellings van die romanteks betekenisvol tot 'n sinvolle eenheid gerekonstrueer kan word, wat ten sterkste aansluiting vind by Wiid se besluit om nie na die hospitaal terug te keer vir verdere chirurgie nie. Die skilderyreeks deur Adriaan van Zyl vorm die "ander" stem in die roman wat sy eie verhaal vertel. Wanneer die twee mediums saamgelees word, ontwikkel 'n "derde verhaal" wat in die leser se gemoed afspeel wat ten sterkste gemoeid is met die hospitaalruimtes, die lewe, en die dood.

Daar word ook verwysings in Memorandum 3 gemaak na tekste wat nie bestaan nie. Hiervan is die "Die reise van Odusseus" deur 'n "Duiwelspiek Uitgewery" 'n voorbeeld (vgl. Van Niekerk, 2006:56). Hierdie gedeelte van die legkaart sou nie deur die leser van die romanteks opgespoor kan word nie. Die implikasie hiervan is dat die leser moet besef dat hy besig is met die lees van 'n fiksie wat bestaan uit fiktiewe karakters en gebeurtenisse. 'n Ander beeld wat gebruik kan word om die romanteks te lees, is die beeld van die labirint wat suggereer dat die leser in 'n doolhof is en betekenis horn telkens ontglip.

Die slot van Memorandum, naamlik die "Passacaglia" (vgl. Van Niekerk, 2006:124- 125), dien as vervlegting van die magdom tekste waarna in Wiid se verhalende memorandum verwys word. Hy sinspeel byvoorbeeld op die letterlike betekenis van die woord passacaglia wanneer hy skryf dat hy elke oggend wat horn nog gegee is, stadig deur sy stad se strate sal stap (vgl. Van Niekerk, 2006:24), gesien dat die betekenis van die woord passacaglia "stap (passer) in straat (calle)" (Van Niekerk, 2006:132) is. Op soortgelyke wyse kan elke sin in die laaste gedeelte van Memorandum 3 uitgepak word. Wiid wys op neste wat aansluit by die vele verwysings random voels, voelneste en omitologie; stedestigting waar hy die vier windrigtings sal aanroep en die "groot kwartiere van die lug uitmeet, die hemellyne

en hul kruispunt, cardo, decamanus, decussis" (Van Niekerk, 2006:124) (vgl. Hoofstuk Vier). Wiid skryf verder:

Die strome van verkeer sal ek vir twee, drie mate dirigeer, die gasse, die wiele, die geblikker van verhitte staal, die naamborde, die ligte en die tekens, die skoorstene, die stekeldraad, die grys beton, dit alles sal ek heil (Van Niekerk, 2006:125).

Hierdie verwysings sluit die ritmiese aard van die verkeer, die teksture van die metale van die motorkarre, die verskeidenheid tekens, selfs die skoorstene van die fabrieke, in wat 'n poetiese verstaan van die omgewing voorstel. Deur hierdie slotrede kom hy tot die besef van sinvolheid in die mens se bestaan en die gedagte dat alles nie verniet is nie (Van Niekerk, 2006:125). Hy noem die godin Mania, wat hy sien as die godin van sy skrywe, en hoe hy en sy en X en Y verder sal "rondwaar oor die pleintjies en plaveiselpaadjies, die taxi's en die busse, die terminusse langs, die morsige markte en die klein kafees, die pandjieswinkels en die handelaars in tweedehandse kaste totdat die laaste skemer daal" (Van Niekerk, 2006:125).

Hiermee saam verwelkom hy die mens tot die aarde met die woorde: "Vreemdeling, wees welkom in hierdie plek! Die dood is hier herstel" (Van Niekerk, 2006:125). As hy die dood aanvaar, ontdek hy die lewe: die dood is deel van die lewe. Sodoende vind hy ook 'n tuiste in die wereld en ondermyn die tuisteloosheid wat geassosieer word met die postmoderne tyd.

Ten slotte noem hy dat as hy 'n buitebergie sien "wat net soos ek behoefte het aan troos" (Van Niekerk, 2006:125), dat hy (Wiid) sy "vriend en hospies" (Van Niekerk, 2006:125) sal wees en sy nes vir horn sal voorberei as erfenis. Dit vind aansluiting by die idee van gasvryheid as opposisie teenoor die institusionalisering van sosiale fasiliteite (vgl. Illich, 1987:2-3), en vriendskap as teenvoeter vir tuisteloosheid (vgl. Robert, 1999:11). Die woord "erfenis" (Van Niekerk, 2006:125) sluit ook aan by die titel van die romanteks, Memorandum, wat te make met 'n testament, of nalatenskap wat verband hou met die tydperk na die afsterwe van 'n persoon.