• No results found

RUIMTELIKE KONFIGURASIES

4.3 Betekenisvorming in die literere situasie

4.4.3 The idea of a town

Wiid vertel hoe hy "onbeskof geloer" (Van Niekerk, 2006:14) het om die titels van die tekste wat menere X en Y in die algemene saal gelees het, uit te maak: aan sy regterkant kon hy die naam van die outeur, "Bachelard" uitmaak, en aan sy linkerkant die titel van die boek, "The idea of a town" (Van Niekerk, 2006:14). Die twee tekste, The poetics of space deur Bachelard en The idea of a town deur Rykwert is die twee belangrikste intertekste van die romanteks. Dit word gou duidelik dat die gesprekke tussen menere X en Y deurspek is met verwysings, fragmente en aanhalings uit hierdie tekste.

Die twee vrae wat in hierdie afdeling van die verhandeling gevra word, is: (1) watter woorde en uitings is belangrik vir die ontsluiting van betekenisse in die verhouding tussen die teks The idea of a town en die romanteks; en (2) hoe sluit die verhouding aan by die diskoers van ruimte random die romanteks?

The idea of a town deur Rykwert is 'n antropologiese studie wat onder meer handel oor die stedestigtingsrituele van die Etruskiese/Romeinse stedestigters. Dit is nie die doel om elke woord en uiting wat verband hou met Rykwert se teks terug te spoor na die teks van Rykwert nie. So 'n doelstelling is in elk geval nie haalbaar nie, vanwee die onfinaliseerbaarheid van heteroglosse betekenisvorming wat "beide elemente van die middelpuntsoekende en middelpuntvlietende kragte van taal bevat" (Muller, 1994:228).

Die woorde en uitings waarop in hierdie afdeling gefokus word, gaan gepaard met die stedestigting van die antieke stede. Die eerste woord wat ondersoek word, is "mundus":

Wiid beskryf die mundus as die "[e]erste sentrale altaar by die stedestigting & stoma vir d. spoke met offerklip bo-op" (Van Niekerk, 2006:136). Die oopmaak van die mundusgate staan in 'n komplekse verhouding tot Rykwert se teks. Om te illustreer: Die datum van Wiid se aanvanklike hospitalisasie, naamlik die 5de Oktober (vgl. Van Niekerk, 2006:7) is een van die drie datums waarop die altaarklippe in antieke Rome

van die mundusgate afgehaal is: "Drie keer per jaar is die altaarklip afgehaal: 5 Oktober, 8 November en 23/24 Augustus. Geen transaksies of hofsake of veldslagte is op hierdie dae toegelaat nie omdat die geeste van die dooies dan tussen die lewendes rondgewaar het" (Van Niekerk, 2006:117).

In Wiid se voorfinale skrywe van Memorandum 3 waarin hy menere X en Y se "stemme in 'n laaste stroomversnelling" (Van Niekerk, 2006:116) versamel, verwoord hy meneer Y, die kenner op die gebied van stedestigting, boukunde en argitektuur se stem soos volg:

'n Middelpunt is die oudste wet, die grawe van die mundus, die offer van die beste vrugte af in daardie gat, en dan die plasing van die lapis manalis, jy weet, miskien is daardie die steen van dooie siele opgelig (is vandag niejuis die vyfde van Oktober nie?) en stuif ons hier reeds uit die dieptes op met ons maniese refreine (Van Niekerk, 2006:117).

Die implikasie hiervan is dat menere X en Y se stemme gelees kan word as die stemme van dooie siele. Dit skakel met die titel van die romanteks, waar die woord

memorandum 'n aandrang is om te onthou met die oog op verdere handeling. X en Y

se stemme word dan 'n metafoor vir herinnering, wat die noodsaaklikheid van herinnering beklemtoon. Die verskillende woorde en uitings wat verband hou met die stedestigtingrituele, word nou verder bestudeer:

Meneer Y sing:

Daar was nooit n kontemplasie, daar was geen konsiderasie, 'n ster is nie gekies vir hierdie stad van artse, die ploeg is nooit opgetel by hierdie he! se poorte (Van Niekerk, 2006:33).

Wiid meen dat die woorde "kontemplasie" en "konsiderasie" "hulle oorsprong in die Etruskiese/Romeinse stedestigtingsrituele het, waartydens die wiggelaars die orientasie van die nuwe stad vasgele het deur die templum, die haakse kruislyne, cardo en decamanus, binne 'n sirkel waarmee die hemelkwartiere simbolies voorgestel is, letterlik op die grond te trek. Die Latynse woord, contemplari, om te kontempleer, beteken dus dat "die hemel saamdink met die aarde". Die woord

"konsidereer" beteken om 'n stad te belyn met sy gelukkige ster "(Lat. sider of sidus)" (Van Niekerk, 2006:33). Die betekenismoontlikhede van die woorde "kontemplasie" en "konsiderasie" sluit aan by die diskoers van ruimtelikheid. Meneer Y is van mening dat daar nooit gekontempleer is by die inrigting van die hedendaagse stede nie, wat die onbewoonbaarheid van hedendaagse stede suggereer. Terselfdertyd word die plek van die dooies ontken: waar die mundus die sentrale punt in die stigting van 'n antieke stad is, word die dooies hulle plek ontneem.

Die seremonie van stedestigting behels ook dat "die wiggelaars die orientasie van die nuwe stad vasgele het deur die templum" (Van Niekerk, 2006:33). Volgens Rykwert (1989:45) word die templum op drie maniere gebruik:

'Templum is used in three ways: with reference to nature, to divination, and to resemblance, with reference to nature, in the sky; to divination, on the ground; and to resemblance underground.'

Die orientasie in verband met die gode is deur middel van voelwiggelary bekend gemaak. Volgens Rykwert (1989:44) sou Romulus (omrede hy van Latynse afkoms is) die gode vra om hulle wil te verhelder deur die vlug van voels dop te hou. 'n Kompetisie tussen Romulus en Remus sou volg, waarvan die uitslag bepaal wie die heerser van die uitgemerkte landskap sou wees. Die een wat die meeste aasvoels23

sien nadat die augur (voelwiggelaar) die tekens van die gode ontvang het, sou die heerser wees (vgl. Rykwert, 1989:45). Romulus wen, omrede hy meer aasvoels gesien het (Rykwert, 1989:45).

Die woord "lewer" (Van Niekerk, 2006:49) funksioneer ook as skakel om die verskillende betekenisse in die romanteks te aktiveer. Meneer Y se aan meneer X: "Ek hoop jou testament is klaar geskrywe, want spoke doen vandag geen burgerlike besigheid nie. Ewenwel, sien my maar as haruspex, wat ons binnegoed moet keur" (Van Niekerk, 2006:117). Die haruspex (kyk Figuur 28) is volgens Wiid se

23 "These vultures were often identified with the Roman eagle. But although the appearance of a bird

identified with the protective divinity of the site (as the eagle was with Jupiter) might have been expected, it seems that the vulture appears here as a bird of a good omen generally. Omens from eagles and from vultures were quite distinct" (Rykwert, 1989:209).

Addendum 2 'n "lewerspeurder" (Van Niekerk, 2006:136). Hierdie uiting het ook betrekking op Wiid:

En toe word hy ingehaal deur sy lewer. Die outodidak (Van Niekerk, 2006:49).

Die lewerspeurder in Wiid se situasie, is dokter Reinhard Snyman wat sy toekoms as 't ware deur lewerinspeksie voorspel. Die stedestigting gaan ook gepaard met lewerwiggelary. Volgens Rykwert (1989:51) is die lewer 'n groot en delikate orgaan wat ten enige tyd 'n sesde van die liggaam se bloed huisves, met die implikasie dat daar aan die lewer gedink is as die setel van lewe. Die lewer is beskou as 'n spieel van die wereld en dit is dan gebruik tydens offergawes van diere om voorspellings te maak.

The founder of the town had already consulted the flight of birds, the movement of stray animals, thunder perhaps, the motion of the clouds, to find out if the site and day were propitious. Why then was divination by the liver so important? It remained an essential part of many ceremonies when auguration had fallen into desuetude. Vitruvius is most insistent that the examination of livers should not be neglected: 'Our ancestors,' he says, 'when they built a town or a military post, sacrificed some of the cattle that fed on the site and examined their livers; if the livers of the first victims were dark or abnormal, they sacrificed others to see whether the peculiarities were due to disease or to their food. They never began building walls in a given place, until they had made several such examinations' (Rykwert, 1989:52).

'n Waarskynlike onderrigmodel van die Etruskiese "leerlingingewandswiggelaars" (vgl. Van Niekerk, 2006:135) is in Italie by "Piacenza" (kyk Figuur 28) opgegrawe. Wiid meen dat die "inskripsies op die brons lewer van Piacenza [...] wys dat dit net soos die wiggelaar se lug verdeel was in sestien huise (Van Niekerk, 2006:92). Rykwert (1989:51) skryf: "The augur's division of the sky correspond to the haruspex's divisions of the liver, both referring to an 'idea1, a 'model' of the world".

Ten slotte: Die betekenisvorming van die teks le hier in die nosie dat woorde en uitings nie in isolasie bestaan nie. Volgens Bakhtin (1986:136) is elke uiting 'n skakel in die ketting van betekenisvorming en kan die uiting nie buite die ketting bestudeer word nie. Die implikasie van die altaarklip wat opgelig is op die 5de Oktober, is

betekenisvol ingebed in die romanteks. Wiid se aanvanklike hospitalisasie is op die 5de Oktober 2005 en die gesprekke tussen menere X en Y ontketen die verskillende stemme wat verskillende betekenisse in die romanteks aktiveer. So word ook die woorde en uitings, waarvan onder andere "kontemplasie" en "konsiderasie", en voel-

en lewerwiggelary van toepassing gemaak op die betekenisvorming in die romanteks.

Meneer X se vir meneer Y: "Onthou net: God het die eerste tuin gemaak, Kain die eerste aardse stad' (Van Niekerk, 2006:15). Hierdie stelling word reeds in die voorwoord van Rykwert se teks genoem: "God the first Garden made, and the first city Cain" (Rykwert, 1989:preface). Die inbedding van die teks The idea of a town skakel dus met die diskoers van ruimte .