• No results found

3.2 ONDERRIG EN LEER IN DIE KURRIKULUM VAN

3.2.4 Vakuitkomste en leeruitkomstevir Elektriese Sisteme en

Die volgende vakuitkomste word oorkoepelend vir Elektriese Sisteme en Konstruksie in die vooruitsig gestel (SA, 2007a):

 „n Begrip van tegniese beginsels.

 Analitiese vermoë.

 Die vermoë om wiskundige berekeninge en manipulasies te doen.

 Praktiese vaardighede.

 Die vermoë om tegniese inligting te interpreteer.

Daar sal vervolgens na „n voorbeeld van een onderwerp met die gepaardgaande vakuitkomste en leeruitkomste vir die vak Elektriese Sisteme en Konstruksie gekyk word (SA, 2007a).

Onderwerp: Basiese elektriese kringe en sisteme.

Vakuitkoms: Toets, installeer of vervang die volgende basiese elektriese

kringe en sisteme:

 „n Enkelfase verdeelbord.

 Die elektriese toevoer na „n woning.

 „n Voorafbetaalde metereenheid.

 Enkelfase huisbedrading.

 Aarding en elektriese deurverbinding.

 Lae spanning transformatore.

 Elektriese meetinstrumente.

Leeruitkomste: Die leerder moet in staat wees om die volgende te kan doen:  Elektriese kringdiagramme en simbole te kan lees en korrek interpreteer.

 Die werk volgens aanvaarbare standaarde beplan.

 Hou by werksprosedures gedurende die projek.

 Die installasie volgens die relevante regulasies doen.

 Verseker dat die werk op „n aanvaarbare standaard is, en dat die werkterrein netjies en skoon agtergelaat word.

 Toets, installeer en vervang „n verdeelbord.

 Toets, installeer en vervang „n toevoerkabel.

 Toets, installeer en vervang „n voorafbetaalde meter.

 Toets, installeer en vervang aarding en deurverbinding.

 Toets, installeer en vervang laespanning transformators.

 Toets, installeer en vervang elektriese meetinstrumente.

 Toets, installeer en vervang „n ligeenheid.

„n Evaluering van die voorafgaande uitkomste dui aan dat indien die leerder bogenoemde uitkomste suksesvol wil bereik dit nodig is dat die volgende vaardighede by die leerder gekweek en versterk word:

 Denkvaardighede.

 Sosiale vaardighede.

 Kommunikasievaardighede.

 Praktiese vaardighede.

Die opvoeder wat ambagsgerigte opleiding aan VOO-kolleges doen, moet dus voldoende opgelei wees om aan hierdie aspekte aandag te gee. Aangesien ambagsgerigte opleiding teoreties sowel as prakties van aard is sal dit volgens die navorser vir die opvoeder nodig wees om aanvanklik die leidende rol in te neem wanneer „n nuwe konsep aan die leerders verduidelik word. Soos die leerders die inhoud begin bemeester, moet die opvoeder die rol van fasiliteerder inneem en leiding gee terwyl die leerders meer aktief aan die leerproses deelneem.

Gesien teen die agtergrond van die bereiking van die voorafgaande uitkomste, konseptualiseer die navorser effektiewe opleiding in die konteks van Elektriese Sisteme en Konstruksie as volg, deur te steun op die sienings van effektiewe leer van Good en Brophy (1987:175), Reinmann-Rothmeier en Mandl (1994:14-16), Hamacheck (1995:424), Slavin (2000:270-271), Pintrich

en Schunk (2002:346-350), Woolfolk (2004:328), Mwamwenda (2005:196- 197) en Fraser (2006:6):

 Leer is „n aktiewe handeling: die leerder moet aktief by die leerproses betrokke wees.

 Leer is „n selfbestuurde handeling: die leerder moet self maniere vind om die leeraksie te volvoer.

 Leer is „n konstruktiewe handeling: die leerder moet nuwe kennis met bestaande kennis verbind en nuwe strukture vorm.

 Leer is „n konteksgebonde handeling: kennis moet nie slegs in die klaskamer aangeleer en toegepas word nie, maar ook na omgewings buite die klaskamer uitgebrei word.

 Leer is „n sosiale handeling: leer is nie slegs die aanleer van feite nie, maar ook hoe om in „n groepsverband sosiale gewoontes en kommunikasievaardighede aan te leer.

 Leer is kognitiewe vakmanskap: die leerder verwerf kennis en vaardighede deur middel van noue samewerking en interaksie met „n kenner (opvoeder/portuurgroep). Die kenner dien as model vir die onervarene.

 Leer is dialoog: leerders leer deur interaksie met opvoeders en/of mede- leerders.

 Leer is „n probleemgebaseerde handeling: leerders moet met

werklikheidsgetroue probleme gekonfronteer word waarvoor hul

oplossings moet vind.

 Kennis is nie slegs „n objektiewe vervoerbare voorwerp nie, maar ook „n produk van samestellingsprosesse deur individue of leerders.

 Die opvoeder is verantwoordelik vir die daarstel van„n kwaliteit leeromgewing deur die implementering van metodes wat op suksesvolle leer fokus (Reinmann-Rothmeier & Mandl, 1994:35-64) en geleentheid moet bied vir kennisverwerwing en probleemoplossing. Verder moet die leeromgewing ook buigbaar wees om verskillende behoeftes van die leerders te akkommodeer.

„n Evaluering van die voorafgaande sienings, wys sterk daarop dat die navorser se siening baie raakpunte met die konstruktivistiese onderrig- leerteorie vertoon (cf. 3.3.3).

Die voorafgaande uitkomste vir Elektriese Sisteme en Konstruksie moet oor „n tydperk van een jaar bereik word, waarvan 40% van die tyd aan teorie en 60% aan praktiese toepassing gewy moet word. Die finale assessering dra dan ook dieselfde gewigswaarde (40% teorie en 60% prakties) (SA, 2007a).

Volgens Matea (2003:1) vorm die opleiding wat by VOO-kolleges gedoen word „n belangrike deel van beroepsgerigte opleiding. Dit is volgens Carnevale et al. (1990:15), nie meer voldoende vir „n maatskappy dat sy werkers tegnies vaardig is nie. Hulle moet ook „n aanwins vir die maatskappy wees deur teoreties sowel as prakties opgelei te wees. Matea (2003:2) het „n probleem met die opvoeders by VOO-kolleges geïdentifiseer, naamlik dat hulle nie voldoende opgelei is vir die onderrigtaak nie. Een van die redes is volgens Matea (2003:2) die sluiting van Onderwyskolleges, wat daartoe gelei het dat onderwysgerigte opleiding nie meer aan opvoeders gegee word nie. Sonder „n deeglike kennis van die leerteorieë waarop onderrig en leer berus, die verskeidenheid onderrigstyle en metodes en die verskeidenheid leerstyle en assesseringsmetodes, sal opvoeders nie in staat wees om aan die behoeftes van diverse leerders in hul klaskamers te voorsien nie (Maja, 2006:71-72). Die beplanning en voorbereiding van die opvoeder moet al hierdie faktore in ag neem.

Tydens sy studie het Matea (2003:31) bevind dat opvoeders by VOO-kolleges (voorheen Tegniese Kolleges) in drie kategorieë ingedeel kan word. Die eerste kategorie sluit in opvoeders wat as professionele opvoeders gekwalifiseer is („n onderwyskwalifikasie), maar nie „n ambagsgerigte kwalifikasie (vakman-status) het nie. In die meeste gevalle word hierdie opvoeders aangewend vir nie-beroepsgerigte vakke soos Wiskunde. Dit is gewoonlik ook die persone wat vir bevordering in aanmerking kom.

Die tweede kategorie sluit in opvoeders wat wel as vakmanne gekwalifiseer is, maar nie as professionele opvoeders nie. Hierdie groep opvoeders het „n vakleerlingskap voltooi, en ondervinding in die nywerheid opgedoen (Matea, 2003:31). Hierdie persone is die geskikste as opvoeders by VOO-kolleges,

aangesien hul die teoretiese kennis sowel as praktiese ervaring het. Hul kan dus vir teoretiese sowel as praktiese opleiding aangewend word. Omdat hul nie oor „n professionele onderwyskwalifikasie beskik nie, word hul egter nie vir bevordering oorweeg nie (Matea, 2002:31). Die derde kategorie van opvoeders is in die minderheid. Dit is die persone wat nie oor ‘n

professionele onderwyskwalifikasie of ‘n ambagsgerigte kwalifikasie

beskik nie (Matea, 2003:31).VolgensHansen en Lovedahl (2004:20) hetsommige opvoedersnie praktiese kwalifikasies nie, en hul sal wil hê dat die uitkoms van opleiding geletterdheid moet wees. Ander opvoeders het weer slegs „n praktiese kwalifikasie en hul sal wil hê dat die uitkoms van opleiding beroepsvoorbereiding moet wees.

Volgens die navorser sou die ideaal wees om „n balans tussen die aanbieding van die teoretiese en die praktiese komponente tydens ambagsgerigte opleiding te kry en dat die opvoeder oor „n onderwyskwalifikasie moet beskik. Om dit te kan doen, is dit nodig dat die opvoeders ook in beide rigtings opgelei moet wees, naamlik as vakmanne sowel as opvoeders. Die leeruitkomste en kritieke uitkomste in Elektriese Sisteme en Konstruksie (cf. 3.2.3) wat tydens die opleiding van leerders bereik moet word, bevestig dat opvoeders wat by VOO-kolleges werksaam is, opgelei sal moet wees om beide die teoretiese sowel as die praktiese komponent van ambagsgerigte opleiding te kan aanbied.

Aangesien alle onderrig en leer, wat assessering insluit (alle onderrig en leer word altyd afgestem op assessering), geanker is in „n leerteoretiese benadering, sal daar sal voorts na die verskeie leerteorieë gekyk word om te bepaal watter teorie of teorieë die effektiefste aangewend kan word vir ambagsgerigte opleiding by VOO-kolleges.