• No results found

4.3 NAVORSINGSPARADIGMA

4.4.8 Etiese beginsels

Wanneer daar „n studie gedoen word waarby mense betrokke is, kom die kwessie van etiek ter sprake. Etiek is „n stel morele beginsels of gedragskodes waarvolgens respondente deur navorsers benader behoort te word (Gomm, 2004:298;Christians, 2005:144; Strydom, 2005:56-57; Welman

et al., 2005:180; Johnson & Christensen, 2008:101; Creswell, 2009:87-92).

Etiek en wette is nie dieselfde nie. Etiese norme neig om meer informeel as wette te wees, en kan beskryf word as „n metode of perspektief waarvolgens opgetree word wanneer „n probleem geanaliseer word (Resnik, 2010:1).

Volgens Strydom, (2005:57-67) en Christians (2005:144), is dit belangrik om etiese kwessies in ag te neem wanneer mense by navorsing betrokke is. Die volgende aspekte is deur die navorser vir etiese oorweging in ag geneem (Creswell, 2009:87-92):

Etiese aspekte by die navorsingsprobleem, doelstellings en navorsingsvrae: Die literatuur (cf. 1.1) en die navorser se M-studie (Du

Plessis, 2008), het dit aan die lig gebring dat ambagsgerigte opleiding aan VOO-kolleges nie op standaard is nie. Die doel van die huidige studie was om hierdie probleem te bevestig en moontlike die redes vir hierdie bevinding te bepaal en voorstelle vir die verbetering daarvan aan die hand te doen. Die navorsing was dus aktueel, en opvoeders sowel as leerders kan baat vind by die resultate en aanbevelings van hierdie navorsing.

Etiese aspekte by data-insameling: Die navorser het toestemming by die

betrokke kollege prinsipale (cf.Addendum A) en die respondente (cf. Addendum B) verkry om die navorsing te onderneem. Verder is etiese klaring deur die Noordwes-Universiteit aan die navorser verleen om die studie te onderneem (cf. Addendum G). Die respondente is vooraf ingelig waaroor die navorsing gaan en almal het vrywilliglik deelgeneem. Die respondente is ingelig wie die navorser is, waarom die studie onderneem is en waarom hul gevra is om deel te neem. Die respondente is ook ingelig dat alle inligting

anoniem en vertroulik gehanteer sou word, dat deelname vrywillig is en dat hulle te enige tyd aan die navorsing kon onttrek. Die vraelyste is met die toestemming van die kollege se bestuur gedurende klastyd uitgegee en ingeneem om optimale deelname te verseker. Hierdie periode was egter aan die begin van die jaar geskeduleer, voordat die akademiese onderrig „n aanvang geneem het. Die onderhoude is buite akademiese klastyd gedoen.

Etiese aspekte by data-analise en interpretasie: Die vraelyste is anoniem

voltooi met geen aanduiding wat die respondent met die vraelys kan verbind nie. Die kwalitatiewe data is ook nie aan respondente se name gekoppel nie, en kodes is aan respondente toegeken om hulle van mekaar te onderskei (Respondent 1). Die ingesamelde data sal vir sewe jaar bewaar word soos die etiekkomitee van die universiteit voorskryf. Slegs die navorser, studieleier en statistiese konsultant het toegang tot die data gehad.

Etiese aspekte by die rapportering en verspreiding van die navorsing:

Die navorser het teen subjektiwiteit gewaak deur op geen wyse aan die data te verander nie. Daar is erkenning aan alle respondente in die navorsing gegee. Sodra die eksaminering van die studie voltooi is, beoog die navorser om die navorsingsbevindinge aan die deelnemers bekend te maak.

4.5 HOOFSTUKSAMEVATTING

Vir die doel van hierdie studie het die navorser gefokus op „n pragmatiese navorsingsparadigma (cf. 4.3.6). Die navorser was „n objektiewe waarnemer sowel as „n subjektiewe deelnemer tydens die studie. Daar is van gelyklopende triangulasie gemengde metode navorsing deur middel van kwantitatiewe (cf. 4.4.2.2) en kwalitatiewe (cf. 4.4.2.3) metodes van dataversameling gebruik te maak. Die data is min of meer gelyk, maar apart ingesamel.

Die kwantitatiewe navorsing het die persepsies van deelnemers rakende onderrig en leerpraktyke tydens ambagsgerigte onderrig objektief ondersoek. Daar is van vraelyste gebruik gemaak wat aan leerders en opvoeders gegee is. Die kwalitatiewe navorsing is gebruik om bestuurspersoneel se ervaring van onderrig en leer beter te verstaan. Daar is semi-gestruktureerde

onderhoude met bestuurspersoneelgevoer. Die data is gekombineer om „n beter begrip van die probleem waarop die studie gefokus het te verkry.

HOOFSTUK5

DATA-ANALISE EN INTERPRETASIE

5

5.1 INLEIDING

Die doel van hierdie studie was om vas te stel in watter mate effektiewe

ambagsgerigte opleiding in Elektriese Sisteme en Konstruksie aan die Sedibeng VOO-kollege verskaf word, en indien nié, om gebaseer op die data die tekortkominge en leemtes aan te spreek deur 'n onderrig- leerprogram te ontwikkel om die effektiwiteit van die opleiding te verbeter. Om vas te stel wat effektiewe ambagsgerigte opleiding behels, is „n

literatuurstudie onderneem, ten opsigte van onderrig-, leer- en assesseringsbenaderings wat die effektiewe bereiking van leeruitkomste in Elektriese Sisteme en Konstruksie sou verseker. „n Evaluering van die verskillende benaderings het aangedui dat „n konstruktivistiese onderrig-, leer- en assesseringsbenadering suksesvol vir die bereiking van leeruitkomste vir die vak Elektriese Sisteme en Konstruksie kan wees (cf. 3.2.4). Voorts moes daar bepaal word wat die bestaande benadering tot onderrig, leer en assessering by Sedibeng VOO-kollege is, sodat leemtes bepaal kon word wat in die onderrig-leerprogram aangespreek word. Met die vraelyste het die navorser onder andere vasgestel in watter mate onderrig, leer en assessering aan die VOO-kollege aan konstruktivistiese beginsels voldoen. In aansluiting hierby, is die bestuurspersoneel se ervaring van die effektiwiteit van die opleiding aan die VOO-kollege met behulp van semi-gestruktureerde onderhoude verkry.

Die data-analise en interpretasie word op die volgende wyse gehanteer:

 Betroubaarheid en geldigheid van die vraelyste

 Die biografiese inligting van die respondente (opvoeders en leerders)

 Data-analise en -interpretasie: opvoeders en leerders se response

 Vergelyking tussen opvoeders en leerders se response

 Invloed van biografiese veranderlikes op response

 Kombinering van kwantitatiewe en kwalitatiewe data

5.2 BETROUBAARHEID EN GELDIGHEID VAN OPVOEDERS EN