• No results found

1.5 METODE VAN ONDERSOEK

1.5.1 Literatuurstudie

1.5.2.6 Dataversameling: Kwalitatiewe studie

Vir die doel van die studie is van semi-gestruktureerde een-tot-een onderhoude gebruik gemaak. Volgens Nieuwenhuis (2007a:87), is die gestruktureerde onderhoud gedetailleerd en voorafontwikkel, soos vraelyste, met geen geleentheid om nuwe aspekte wat tydens die onderhoud mag opduik, te verken nie.Semi-gestruktureerde onderhoude is gebruik omdat die

navorser antwoorde op sekere vrae wou verkry, maar ook geleentheid wou toelaat vir die gebruik van polsing om meer diepte inligting te verkry. „n Onderhoud is egter meer as bloot die stel van vrae (Leedy & Ormrod, 2001:199). Die vrae moet sorgvuldig beplan word sodat die inligting waarna die navorser soek, verkry kan word. Onderhoude van ongeveer 60 minute is met elkeen van die bestuurspersoneel van die Sedibeng VOO-kollege gevoer sodat presiese antwoorde en inligting ten opsigte van die volgende verkry is:

 Hoe menslike hulpbronontwikkeling gehanteer word

 Kriteria vir die aanstel van personeel

 Hoe word kursusse/leerprogramme ontwikkel?

 Personeel-inligting, waaronder kwalifikasies en ervaring

 Geleenthede vir in-diens opleiding van personeel

 Deurvloeisyfers van leerders

 Werksetiek van personeel

 Die geskiktheid van fisiese infrastrukture en fasiliteite

1.6 DIE KONSTRUKTIVISTIESEONDERRIG-LEERPROGRAM

Uit die navorser se waarnemings as opvoeder by die Sedibeng VOO-kollege waar ambagsgerigte opleiding aangebied word, het dit geblyk dat daar 'n leemte bestaan in die wyse waarop opleiding aan leerders gegee word. Uit die navorser se agtergrond as vakman wou dit voorkom asof die wyse waarop die teoretiese en praktiese komponente van die opleiding inmekaar geskakel word, ook tekortskiet. Hierdie en ander probleme wat met die studie na vore gekom het, is in die konstruktivistiese onderrig-leerprogram wat aan die einde van die studie saamgestel is, aangespreek.

Met die ontwikkeling van „n onderrig-leerprogram is daar op „n spesifieke vak gefokus, naamlik Elektriese Sisteme en Konstruksie Vlak-2. „n Onderrig- leerprogram is ontwikkel waarin die navorser gedemonstreer het hoe die leeruitkomste vir die betrokke vak deur middel van konstruktivistiese onderrig- en leerbeginsels bereik kan word. Die onderrig-leerprogram het veral gefokus op die ontwikkeling van riglyne en voorbeelde van verskeie aktiwiteite waartydens onderrig, leer en assessering deur middel van „n verskeidenheid

onderrig- en leerstrategieë en assesseringspraktyke gedemonstreer is. Die program is slegs ontwikkel en riglyne is daargestel wat in opvolg-studies geïmplementeer moet word om die effektiwiteit daarvan te bepaal. Daar is besluit om die program vir Vlak-2 te ontwikkel aangesien dit die intreevlak van die kwalifikasie is, en dat beginsels tydens hierdie studiejaargoed vasgelê behoort te word, sodat die beginsels tydens Vlak-3 en 4 effektief toegepas kan word. Verder het die persepsies van die leerders wat tydens die navorsing ingesamel is, veral op hulle ervaring van die Vlak-2 opleiding gefokus, aangesien hulle gevra is om die vraelys te voltooi aan die begin van hulle Vlak-3 studiejaar.

1.7 DATA-ANALISE

1.7.1 Kwantitatiewe studie

Die Statistiese Konsultasiediens van die Noordwes-Universiteit,

Vaaldriehoekkampus, is genader om behulpsaam te wees met die analise en interpretasie van die data. Deur middel van beskrywende statistiek is die data- analise van die response op die vraelyste deur middel van frekwensies, persentasies en gemiddeldes bereken, en afleidings is gemaak (Jansen, 2007:15-16).

Die data wat van die ambagsgerigte opvoeders en leerders aan die Sedibeng VOO-kollege verkry is, is vergelyk en ooreenkomste en verskille is aangedui. Deur middel van inferensiële statistiek is die statistiese beduidendheid van verskille bepaal aan die hand van t-toetse.Cohen se d is gebruik om die effek van statistiese beduidendheid in die praktyk te bepaal. Daar is ook van MANOVA en ANOVA gebruik gemaak om te bepaal in watter mate biografiese veranderlikes, soos onder andere ouderdom, geslag, kultuur, tipe opleiding en ervaring, 'n invloed op die response van die deelnemers het.

1.7.2 Kwalitatiewe studie

„n Inhoudsanalise is gebruik om die response van die gestruktureerde onderhoude te analiseer (Leedy & Ormrod, 2005:140-142). Tydens „n inhoudsanalise word data vanuit verskillende hoeke beskou met die doel om sleutelelemente te identifiseer. Tydens „n inhoudsanalise word na

ooreenkomste en verskille gesoek wat „n teorie sal ondersteun of weerspreek (Nieuwenhuis, 2007b:101).

Die belangrikste taak tydens die data-analise is om gemeenskaplike temas ten opsigte van bogenoemde inligting in die verskillende deelnemers se response te identifiseer (Barkit in Leedy & Ormrod, 2005:140). Volgens Nieuwenhuis (2007b:101), is „n inhoudsanalise induktief van aard. Nadat die onderhoude getranskribeer is, is die volgende stappe, soos aangedui deur Thomas, (2003); Gilgun (2005:16); Creswell (in Leedy & Ormrod, 2005:100, 140) en Nieuwenhuis (2007b:107) gevolg. Die doel met „n induktiewe benadering tot data-analise is volgens Thomas (2003) soos volg:

 om uitgebreide rou data te kondenseer en op te som;

 om relevante inligting van nie-relevante inligting te skei en dan in klein gedeeltes op te breek wat elk op 'n spesifieke gedagte fokus;

 om gedagtes in betekenisvolle eenhede te groepeer;

 om divergente perspektiewe uit te lig;

 om verbande tussen die navorsingsdoelstellings en opsomminge vanuit die data te verkry; en

 om „n model of teorie te ontwikkel oor onderliggende ervaringe of prosesse wat voortvloei uit die rou data.

By die uitvoer van bogenoemde, verwys Strauss en Corbin (in Gilgun, 2005:16) na die proses van kodering. Drie tipes kodering word onderskei:

 Oop kodering: hiervolgens word die getranskribeerde data deurgewerk en kodes word geïdentifiseer en onderstreep.

 Aksiale kodering: kodes word met mekaar in verband gebring en gerangskik volgens kategorieë/temas.

 Selektiewe kodering: data word weereens deurgewerk op soek na nuwe kodes wat nuwe dimensies mag byvoeg.

Deduktiewe analise is ook gebruik, aangesien Gilgun (2005:16) daarop wys dat dit onvermydelik is om nie met vooropgestelde kodes vanuit, byvoorbeeld, eie ervaring en die literatuur die navorsingsproses te betree nie.

Die data wat met die kwalitatiewe studie verkry is, is bykomend tot die kwantitatiewe data gebruik om tot finale gevolgtrekkings te kom.

1.8 KWALITEITSKRITERIA

In die konteks van „n kwantitatiewe studie is dit belangrik dat die navorser kriteria vir geldigheid en betroubaarheid in ag moet neem (McMillan & Schumacher, 2006:186). Hoe die navorser geldigheid en betroubaarheid in die kwantitatiewe studie gewaarborg het, word in Hoofstuk Vier volledig uiteengesit (cf. 4.4.2.6). In die konteks van kwalitatiewe navorsing word daar na die versekering van geldigheid verwys (Nieuwenhuis, 2007a:80). Geldigheid verwys na geloofwaardigheid, veralgemening, betroubaarheid en bevestigbaarheid (Lincoln & Cuba aangehaal deur Nieuwenhuis, 2007a:80). Hoe geldigheid ten opsigte van die kwalitatiewe navorsing hanteer is, word volledig in Hoofstuk Vier bespreek (cf. 4.2.2.6.2).

1.9 ETIESE ASPEKTE

Strydom (inDe Vos et al.,eds. 2005:63-70) definieer etiek as morele beginsels en gedragskodes wat nagekom word wanneer mense aan navorsersing deelneem.

Volgens Leedy en Ormrod (2001:107), val die meeste etiese oorwegings, wanneer dit by navorsing kom, in een van die volgende kategorieë: reg tot privaatheid, eerlikheid met professionele kollegas, toestemming om navorsing te doen en beskerming teen besering. Hoe die navorser etiese beginsels tydens die navorsing in ag geneem het, word in Hoofstuk 4 uiteengesit. (cf. 4.4.2.8).

1.10 HOOFSTUKINDELING

Hoofstuk 1: Inleiding en probleemstelling

Hoofstuk 2: Ambagsgerigte opleiding: „n internasionale en nasionale perspektief

Hoofstuk 3: Benaderings vir effektiewe onderrig, leer en assessering aan VOO-kolleges

Hoofstuk 5: Data-analise en interpretasie

Hoofstuk 6: „n Konstruktivistiese onderrig-leerprogram vir die verbetering van ambagsgerigte opleiding aan die Sedibeng VOO-kollege

Hoofstuk 7: Samevatting, bevindings en aanbevelings

1.11 HOOFSTUKSAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is „n probleem by die opleiding aan VOO-kolleges geïdentifiseer, naamlik dat ambagsgerigte opleiding nie so effektief is as wat dit kan wees nie. Ten einde die probleem aan te spreek is empiriese navorsing onderneem. Figuur 1.1 verduidelik die navorsingsprosedure wat in die konteks van die studie gevolg is.

Empiriese navorsing

Literatuurstudie Triangulasie gemengde

metode-navorsing Kwantitatief Beskrywende opname-navorsing Kwalitatief Fenomenologiese navorsing

Vraelyste met geslote en oop vrae Semi-gestruktureerde onderhoude Data-analise met beskrywende en inferensiële statistiek Data-analise met behulp van „n inhoudsanalise

Kombinering en integrering van kwantitatiewe en kwalitatiewe data

Integrering van literatuur en bevindinge vanuit die data

Figuur 1.1: Navorsingsprosedure

In die volgende hoofstuk, Hoofstuk 2, sal daar meer breedvoerig na die ontwikkeling van ambagsgerigte opleiding gekyk word.

HOOFSTUK2

AMBAGSGERIGTE OPLEIDING:’N INTERNASIONALE EN

NASIONALE PERSPEKTIEF

2